• No results found

KLANKE EN SPELLING.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "KLANKE EN SPELLING. "

Copied!
23
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DEEL IV.

KLANKE EN SPELLING.

IIOOFSTUK XVIII.

DIE KLANKE IN AFRIKAANS,

Taal bestaan uit klanke met be:paalde betekenisse.

Al is 'n taal dus nog nooit deur middel van tekens te boek ge.stel nie, bestaan hy tog net so goed en volmaak as 'n antler waarmee dit wel die geval is. Omdat die klanke uit die aard van die saak verbygaande is en nie oor ver distansies hoorbaar gemaak kan word nie, is die mens daartoe gekom om hulle voor te stel deur tekens, wat ons gowoonlik letters noem. Hierdie letters - daar bestaan 22 van hulle in ons taal - tesame dra die naam van alfabet. Ons alfabet is die van die Romeine, wat dit egter, op hullo beurt, van die Grieke gekry het.

Alfa en beta is die name van die eerste twee letters by die Grieke, vandaar ons benaming: alfabet.

'n Ideale alfabet sou natuurlik een wees wat 'n aparte teken het vir elke klank wat 'n mens kan uit- spreek. Maar dit is glad nie die geval met ons alfabet nie. Soms moet dioselfde teken staan vir meer as een klank, b. v., die o in born cm home; dan weer word dieselfde klank deur meer as een letter verteenwoordig, b.v. die vokaalklank in reis en rys, of die t-klank in hand en rant. Ons y staan eintlik vir 'n tweeklank, terwyl die enkele klanke soms deur .samegestelde letters gesimboliseer word, b.v. die vokaalklanke in boek en

(2)

MASKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAi\fMATIKA 167 sien. Daarby kom nog dat die klanke miskien deur geen twee mense absoluut eners uitgespreek word nie. Ons sien dus dat die lettertekens die Jdanke op seer onvol- maakte wyse voorstel.

Om die rede is daar 'n spesiale alfabet in die lewe geroep deur manne wat 'n spesiale studie van die tale gemaak het. So 'n skri:f noem ons fonetiese skri:f, en die studie van die klanke van 'n taal en hoe hulle voort- gebring word, noem ons klankleer of fonetiek. 'n Taal wat foneties geskryf word, is een wat in groot mate 'n letter het vir elke aparte klank, en waarin dieselfde letter altyd dieself de klank voorstel. Aangesien 'n mens, as jy praat, dikwels die klanke nie duidelik uit- spreek nie, spreek dit vanself dat geen taal absoluut foneties geskryf word nie.

Ons

se,

byvoorbeeld, hys innie tu in; maar ons skryf hy is in die tuin, omdat ons die woorde so sou uitspreeK as ons langsaam sou praat. Sommige tale word meer, ander minder foneties geskryf. .Engelse spelling ls

baie moeilik, omdat Engels allesbehalwe foneties geskryf word. Afrikaans is beter af in die opsig as N ederlands.

DIE VORMING VAN DIE KLANKE.

Die klanke wat ons taal noem, word gevorm deur middel van die lug of asem wat uit die longe uitgeblaas word. Eers kom die lug in die lugpyp en dan in die strottehoof, wat die boonste gedeelte van die lugpyp vorm, en wat by mans dikwels aan die buitekant van die keel as 'n uitstaande knop gesien word. Binnekant die strottehoof le van agter na voor die stembande: twee beweegbare bande wat aan een ent aan mekaar vas is en vir die res vasgegroei aan die kante van die strotte- hoof. Aan die ander ent is hulle verbind met spiere, waardeur hulle van of na mekaar beweeg kan word. By gewone asemhaling is hulle wyd van mekaar, en stroom

(3)

die lug maklik deur. Word hulle heeltemal gesluit, dan kan die lug nie deur nie. Is hulle dig by mekaar en die lug word dan deur geforseer, veroorsaak die lug 'n trilling van die stembande, soos die strykstok die snare van 'n viool laat tril. Die trilling noem ons stem. By die voortbring van party klanke tril hulle wol, by andere nie. So verdeel ons die klanke in stemhebbende en stemlose klanke. Die klinkers het altyd stem as hulle alleen uitgespreek word, en die volgende medeklinkers is stemhebbend: b, d, g (na r soos in berge en in gh aan die begin van 'n woord), w, I, m, n, r, ng. liulle kan ook as stemloos saam met stemlose klanke uitgespreek word.

As die lug deur die strottehoof is, kom dit in die keelholte, wat van die strottehoof deur 'n dekseltjie geskei is, om die kos nie in die ,, verkeerde keel"

to

laat gaan nie. Van hier kan dit deur die neus, deur die mond, of deur albei tegelyk ontsnap. In die eerste geval het ons neusklanke: m, n, ng; in die t wede, die reine of mondvokale; en in die derde, genasaleerde vokale, soos die vokaalklank in mens, gans, ens.

Die klanke word verdPel in klinkers of vokale, en medeklinkers of konsonante. Die name is enigsins mis- leidend, want, soos ons reeds gesien het, kan mede- klinkers ook met stem voortgebring word. Die verskil tussen die twee soorte berus op die stand van die under spraakorgane. By die vorming van die klinkers word die mond nerens so vernou of gesluit dat die uitstro- mende lug 'n klappende of ruisende gelnid maak nie, terwyl dit by die vorming van die medeklinkers wel die geval is. Die mond kan verskillende stande aanneem, waardeur die lugstroom gewysig word en die groot ver- skeidenheid van klanke ontstaan. Van uit die keel dan gaan die lug Of dour die neus (neusklanke), Of deur die mond. Hier het ons die onder- en die bokaak, die tong, die tande en die lippe, wat almal 'n rol speel. ·

(4)

l\CASKEW MlLLFJR SE AFRIKAANSE GRAMMATIKA 169 In die geval van die klinlrnrs is dit die tong wat veral in aanmerking kom. Dit is 'n uiters beweeglike spier wat hom in twee rigtinge beweeg: (1) vorentoe en agtertoe, en (2) up en neer. By elkeen van die twee beweginge onderskei ons drie punte, hoewel daar natuur- like baie meer is wat heel moelik is um te onderskei van die drie hoofpunte. Die horisontale beweging verdeel ons in voor, tussen en agter, en die vertikale beweging in hoog, middel en laag. Spreek ek dus die a-klank in 1 vader uit, dan is die tung heel ver na agter en ook heel laag in die mond: a is dus 'n lae agtervokaal; vir die i-klank in Piet is die tong ho9g en voor in die mond:

i (ie) is dus 'n hue voorvokaal.

Hy die uitspraak vau i (ie) is die lippe wyd van mekaar, terwyl hulle vooruitgesteek is by die uitspraak van u (uur). Die vokale word dus verder verdeel in geronde en ongeronde vokale.

V ulgens die tydsruimte gedurende welke 'n klank by die uitspraak aangehou word, verdeel ons die klanke ook in kort, halflang, en lang klanke. So is die a in ,,dag" kort, maar in ,,due" halflank. Bn as die woord ,,dae" so uitgespreek word dat die e nie as 'n aparte lettergreep gehoor word nie, dan is a heeltemal lank.

In die reel egter word van die halflang klanke as lang klanke gepraat. In fonetiese skrif word die underskeid soms op die volgende manier aangetoon: a (kart), a.

(half-lank),

a:

(lank) - 'n punt dus vir die halflaug, en twee punte vir die lang klinker. In ons gewone voor- stelling van die klanke is dit ongelukkig glad nie so eenvoudig nie, en moet ons allerhande middels aanwend om die lengte van 'n klank aan te dui. Ons stel 'n halflang klinker b.v. in 'n geslote lettergreep deur twee lettertekens voor: maa.n naas man, waarin die a kort is. Maar met dit alles is ons vuurstelling nog altyd onvolmaak en onduidelik. Wat is daar b.v. in die woord ,,besig" om aan te toon dat die e-klank halflank is?

Die aksent val' op die e, wat in 'n oop lettergreep staan.

Volgens rflel iR e dus lank. )faar tensy iemand reeds

(5)

die uitspraak van ,, besig " ken, is daar weer niks om aan te toon dat <lie aksent juis op e, en nie op i van die twede lettergreep val nie. Dit is nogeens 'n bewys van die ondoeltreff ende manier waarop ons klanke gewoonlik voorstel.

A:fgesien van baie klein verskilletjies wat <lie oor van die nie-:fonetikus nie kan opmerk nie, volg hier- onder 'n lys van klinkers in A:frik?ans. Dadelik moet daar egter op gewys word dat dit :feitlik onmoontlik is om altyd te onderskei tussen klank en letterteken, as 'n mens nie 'n :fonetiese alfabet kan gebruik nie. Om die rede word die klinker - die klank - deur die gewone letter aangedui en tussen hakies daarna 'n woord waarin die klank voorkom, gegee. Die plek waar die klinker gevorm word, word volled:lgheidshalwe ook bygegee:

a

(vat): laag, agter, ongerond, kort.

a (vader): laag, agter, ongerond, halflank.

e (been) : middel, voor, ongerond, halflank.

eu

(neus) : middel, voor, gerond, halflank.

e

(mes) : luag, voor, ongerond, kort.

~ (se): laag, voor, ongerond, halflank.

e

(sonde): middel, tussen, ongerond, kort.

i (w1e): middel, tussen, ongerond, halflank.

u

(put): middel, tussen, gerond, kort.

a

(brue): middel, tussen, gerond, halflank.

i (siek): hoog, voor, ongerond, kort.

i (mier): hoog, voor, ongerond, halflank.

u (nuut): hoog, voor, gerond, kort.

u (muur): hoog, voor, gerond, halflank.

o (boom) : rniddel, agter, gerond, halflank.

0' (pot): laag, agter, gerond, kort.

a

(more).: laag, agter, gerond, halflank.

oe

(boek): hoog, agter, gerond, kort .•

oe

(boer): hoog, agter, gerond, halflank.

(6)

MASKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAMMA'11IKA 171

TWEE KLAN KE.

'n Tweeklank ontstuan wanneer twee klinkers as een lettergreep uitgespreek word en wel so, dat die twede (in A.£rikaans altans) 'n konsonantiese karakter kry. Afrikaans het die volgende tweeklanke:

ai (kort) : baie.

aai (hal:flank) : baai.

ei (ook as y geskryf): re1s.

oi (kort): toiings.

6i (hal:flank) : noi.

ooi (halflank) : mo01.

ui: huis.

oei: koei.

ou: hout.

eeu: leeu.

LENCTE EN VOORSTELLINC VAN KLINKERS.

Party klinkers kom kort sowel as hal:flank en lank voor en word dan op verskillende maniere voorgestel.

Dit word hieronder uitvoeriger uiteengesit.

a: Kort a (kat) kom in geslote, beklemtoonde lettergrepe voor en word met een letter geskryf: vat, bad. In woorde soos manel, parallel en dergelike val die aksent nie op die a nie. Hal:flang

a

(maat) word met twee letters (aa) in geslote lettergrepe geskryf, maar met een in oop lettergrepe wat die aksent dra:

raam - ra-me. In die meervoud van woorde met kort

a

in 'n beklemtoonde geslote letter- greep word die slotmedeklinker verdubbel as die

a

van die meervoud ook kort is : kat - ka.tte. Soms word die a in die meervoud hal:flank: vat - va-te.

(7)

e (boen): Halflang e word voorgestel deur:

(a) e in oop lettergrepe: le-pel, e-ter.

(b) ee in geslote lettergrepe: been, neem.

(c) ee op die end van 'n woord: tree, mee. Hierdie ee word behou (i) in samestellinge: veepos, meegaan; in afleidinge met die halfsterk- beklemdo agtervoe!'l·sels -aard, -aardig, -agtig,

·baar, -dom, -he1d, -ling, -skap, -waarts:

skaduweeagtig, betreebaar, weedom, gedwee- heid, tweeling: (iii) voor die uitgang -tjie:

treetjie.

eu (neus) is altyd halflank behalwe in vreemde woorde wat swakbeklemtoond is, soos reumatiek.

e

(mes): Kort

e

kom in geslote, beklemtoonde letter- grepe voor en vereis 'n verdubbeling van die slotmedeklinker in die meervoud en in woorde waarin die slotmedeklinker dour 'n klinker gevolg word : mes - mes-se; bed - bed-de;

let-ter.

e

(se) is dieselfde klank as e in ,,mes," maar !anger.

Daarom word dit ook soms die gerekte kort

e

genoem. Dit is halflank SOOS die a-klank in raam. In oop lettergrepe en voor r as slot- medeklinker word die klank soms aangetre£:

se,

wereld, sker. Dit word met 'n kappie geskryf om dit te onderskei van halflang e en kort e.

e

(sonde): Hierdie klank kom in geslote sowel as in oop lettergrepe voor en is altyd kort, behalwe in 'n word soos wie, waar die i 'n gerekte of halflang klank voorstel. Dit word op twee maniere voorgestel :

(a) deur i (i) in geslote, beklemtoonde lettergrepe:

wit - witte; pit - pitte en (ii) in swakbe- klemtoonde lettergrepe voor k, nk, g, ng, en s: maklik, woninkie, stadig, koning, ergernis.

(8)

MASKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAMMATIKA 173 (b) an'ders altyd deur e: bedel, home, dikwels. In

geslote, beklemtoonde lettergrepe en in die uitgang nis word die slotmedeklinker ver- dubbel soos b:y die antler kort vokale: pitte, stadiger, makhker, ergernisse, vonnisse.

(siek) is altyd kort, behalwe voor r: Piet, mier (r laat die voorargaande klinker gewoonlik langer word. Vergelyk b.v. boom en boor; dien en di er). Di t kom in oop en in geslote lettergrepe voor en word voorgestel :

(a) deur ie (i) aan die md van 'n woord: nasie, boekie; (ii) in geslote lettergrepe: Piet, dien, (iii) in swakbeklemtoonde lettergrepe in ver- boe vorme van woorde: fiesiese, dinamiese;

(iv) in b<.>klemtoonde lettergrepe: fiesies, krieties.

(b) in antler gevalle deur i: fieSika, prinsipaal, indiwidu.

Dit verdubbel die slotmedeklinker nooit nie.

o (boom) volg die reel van halflang

a

en halfl.ang e:

boom - bo-me.

O (pot) val onder die reel van e in ,,mes" : pot - pot-te.

o

(more) val onder die reel van @ in ,,se."

oe (boek) is kort, behalwe voor r, waar dit halflank is: boer. As die twede e in koeel en vroeer nie as 'n aparte lettergreep uitgespreek word nie, dan is oe in hierdie gevalle lank. Die slotmedeklinker word nie verdubbel nie.

u (muur) is halflank voor r, anders kort: nuut, dis..

puut. In geslote lettergrepe word dit deur uu voorgestel, anders deur een letter: nuut;

maar ru, nuwe, ens.

u (put) is kort en val onder die reel van kort e en kort a: put - put-te.

(9)

0 (brue). Dit is dieselfde klank as die

u

in put, behalwe dat dit lunger of gerek is. Die kappie dien om dit te onderskei van die u in oop lettergrepe soos in nuwe.

MEDEKLINKERS.

By die medoklinkers word die volgende indeling gemaak:

(a) Klappers (of eksplosiewe): b, p, d, t, g (in berge), k, tj. Rulle word so genoem omdat die lug- stroom eers heeltemal afgesluit word, en by hulle vorming die lug dan met 'n klappende geluid ontsnap.

(b) Clyers (of spirante): f, w, s, sj, j, g (in goed).

By die vorming van die glyers word die lugstroom nie heeltemal afgesluit nie, maar tog so vernou dat 'n hoorbare g-eruis veroorsaak word. Hulle kan in die uitspraak aangehou word, maar die klappers me.

(c) Neusklanke (of nasale): m, n, ng.

(d) Ratelklank: r.

(e) Syklank: I.

V erdf'r word die medeklinkers ook nog ingedeel volgens die stand van die spraakorgane in:

ng.

(a) Agtergehemelte-medeklinkers of velare: k, g, (b) Tandmedeklinkers of dentale: d, t, n, s, I, r.

(c) Lipmedeklinkers of labiale: b, p, f (v), W, m.

( d) Voorgehemelte - medeklinkers of palatule: j, sj, tj.

Nasalering: Die medeklinkers by die vorming waar- van die lug by die neus uitstroom, het ons neusklanke of nasale genoem. R:v die vorming van die vokale kan 'n mens die lug- alleen by die mond laat uitstroom, of by die mond en die neus tegelyk ; in die eerste geval noem ons hulle rein, in die laastB genasaleer. Iemand wat, so·os o'ns

se,

,,deur sy neus praat," rrasalMr al sy klanke.

(10)

MASKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAMMATIKA li5 Die onderskeid sal duidelik blyk as ons die woordjie ,,mens " eers soos die Hollander uitspreek en <laarna soos die Afrikaner oor die algemeen dit doen. In plaas van vier klanke uit te spreek: rn + e + n -t s, spreok ons in Afrikaans net drie uit: m + genasaleerde e + S.

Die n as aparte klanke val dus weg, en die voorafgaande klinker word genasaleer.

Hierdie nasalering kan voorkom wanneer n gevolg word deur een van die glyers f (v),

g,

h, I, r,

s

(z), en

w

aan die end van 'n woord soos in die geval van s, of aan die begin van 'n volgende woord of lettergreep; ook wanneer n gevolg word deur 'n beginklinker wat die hoofklem dra. Dit word duidelik by die gewone uit- spraak van die volgende woorde en uitdrukkinge: dans, mens, onvas, ongeluk, onhoorbaar, aanleiding, aanraai, insig, inwillig, 'n os, 'n saag, Van Zyl, ens. Tegelyk met die nasalering vind daar ook 'n verlenging van die klinker plaas.

Hoewel nasalering taamlik algemcen onder Afri- kaners voorkom, is daar tog stroke, b.v. in die onderveld, waar die mense nie nasaleer nie. By sommige Afri- kaners is die neiging om te nasaleer ook sterker as by antler. Die wat nasaleer, doen dit deurgaans by die lae klinkers; by die middelklinkers verskil die gebruik; by die hoe klinkers is dit die uitsondering wat nasaleer.

Of 'n vokaal voor n + glyer genasaleer word of nie, hang ook vir 'n deel af van die nadruk of aksent wat daarop val. Waar

n

b.v. in voorvoegsels of in swak- beklemde woordjies soos 'n, kan, dan, in ens. deur een van die bogenoemde glyers gevolg word, vind nasalering maklik plaas. ('n word dan as genasaleerde middel- tussenklinker uitgespreek - die klank wat 'n mens hoor as iemand 'n bevestigende stoun laat hoor in plaas van te se ,,ja," of 'n ontkennende dubhele steun in plaas van ,,nee.")

N og meer hang nasalering ook dikwels af van die graad van hekendheid of onbekendheid van die woord.

Die persoon wat nasaleer by die uitspraak van gunste en kuns in: ,,ek vra nie om gunste en gawe nie" en ,,dis g'n kuns om 'n kind te liedrieg nie," doen dit nie

(11)

noodwPndig by die uitspraak van: ,,Gods gunsbewyse"

en ,,kuns en wetenskap" nie. Hoe meer Hollands 'n woord nog gevoel word, hoe minder neiging tot nasa- lering.

*

Cerekte vokale. Die o-klank in pot, die e-klank in mes, die i-klank in pit en die u-klank in put is almal kort, maar hulle kom soms gerek voor in oop lotter- grepe, en dan word hullo met 'n sirkumfleks of kappie geskry£: more, leer, wie, brOe. Verder word ook die e-klank in mes, wanneer dit gerek is en voor slot-r staan, met 'n kappie geskry£.

Opmerking. (1) Die f-klank word in A:friknans soms dour 'n v voorgeste1, en dies deur 'n z in eiename:

Zoutpansberg.

(2) Die g is 'n stemhobbende klapper na r soos in erger, berge, Burger. Aan die begin van vreemde woorde word clit deur die twee letters, gh, voorgestel:

ghoen, ghwarrie. Ook in die middel van 'n paar antler woorde, b. v. anghor'ra. Anders is dit altyd 'n stem lose glyer. Voor 'n voorvokaal word die g gewoonlik as 'n palat::ilo klank uitgespreek en nie, soos h.v die tussen- en agterklinkers, as 'n agi ergehemelto-medeklin ker nie.

Vergelyk hiervoor die uitspraak van gee, geel, gieter met die van guns, gans, gons. Soos by nasalering, is hier ook nie absolute eenvormigheid nie.

(3) Die h-klank het nie 'n aparte bestaan in Afri- kaans nio, maar word tegelyk met die volgende klinker in die strottehoo£ gevorm. As dit gei'soleer kon word, sou dit dus 'n kraakbeen-glyer moet genoem word.

(Die stembande word deur die kraakbeentjies beweeg.) (4) Slotmedeklinkers is altyd stemloos: b en d moet dus as p en t uitgespreek word in woorde soos rib en hand. As die b en d in die meervoud ook nie meer gehoor word nie, word bulle in die enkelvoud deur p en t vervang. Vergelyk amp en rant naas rib (ribbe) en hand (hande).

(5) On 'n paar gevalle van verkeerde uitspraak waarteen die onderwyser moot waak, word hier gewyR:

* Hulle kan ook eenvoudig halflank genoem word.

(12)

:'.\IASKEW MILLER SE AFlUKAANSE GRAMMA'l'IKA 177 (a) Die e-klank in been en die o-klank in boom word soms uitgespreek as 'n i-klank (sien) en 'n oe-klank respektie:fl.ik. Dan boor ons byna bien en

b~em, net effens langer. Voor r en I hoor ons <lit nooit

Ille.

(b) die geronde vokale word deur baie mense onge- rond uitgespreek b.v. lis i.p.v. lus, hys i.p.v. huis, wat

!lat~urlik lelik is, omdat dit nie die beskaafde uitspraak

IS Ille.

(c) d tussen twee vokale word soms as r uitgespreek:

~irrag i.p.v. middag, maar nie as die aksent na d val

Ille.

( d) die saak van g tm1sen vokale is nog nie uit- gemaak nie j dmi kan 'n mens vandag nog beide oe en oge skryf. Behalwe in die geval van nege en enkele woorde wat later uit N ederlands oorgeneem is, lyk <lit of die weglating van die

g

taarnlik algerneen is wanneer die twede vokaal ook 'n endvokaal is en swakbeklemtoon.

Ons gebruik dus oe, hoe, lae, ens., maar bespiegeling, beweging, ens. Aan die ander kant bestuan daar geen twyfel omtrent WOOl'de SOOS Spieef, Veery, IJedrieery, ens. nie, sodat dit miskien veilig is om te se dat dit alleen die uitgang ·ing is wat enige verskil veroorsaak.

(e) r word in sommige dele in die agtergehemelte in plaas van in die voorgehemelte gevorm. Sulke mense, se ons, brei. Hulle moet leer om die punt van die tong eers bo teen die voorgehemelte te laat vaskrul en dan asem uit te blaas totdat hy ratel.

(f) In woorde soos hande, kinders, hoenders, ens., word die d soms feitlik nie gehoor nie, maar ons skryf hulle met 'n d. Dus nie hanne, ens., nie.

DIE LETTERCREEP.

As gevolg van die verwarring tussen ldank en letter, is die benaming ,,lette1greep" onb;;taan. Dit moet natuurlik wees klankgreep; want in die taal het ons met klanke te doen, en met letters alleen om die klanke voor te stel. As gevolg verder van 'n mis- leidende en ondoeltreffende spelsisteem, is 'n lettergreep

N

(13)

as klank ook iets heel anders as 'n lettergreep as sim bool van 'n klank of klanke op pa pier. Dit sal struks duidelik blyk wannoer onR woorde in lettergrepe gaan verdeel. Intussen noem ons die benarning ,,letter- gTeep" aan, maar onthou daarby dat dit in die eerste plaas klanke is waarvan ons praat.

By die bespreking van die klanke en hulle voort- brenging het ons reeds gesien dat sommige klanke met stem en ander sonder stem uitgespreek word. Dit spreok dus vanself dat sommige klanke 'n groter klank- rvkheid sal

he

as under. So sal 'n klinker meer klankrykheid he aR 'n medeklinker, en 'n stomhebbende modeklinker weer klankryker wees as 'n stemlose.

Daar bestaan b.v. geen twyfel dat die m-klank meer sonoriteit het aR die t-klank nie. Elkeen kan dit hoor as hy die twee klanke uitspreek. Hier is daar egter 'n waarskuwing nodig: die naam van die lotter moet nie met die klank verwar word nie. Di0 naam is em, maar dis nie die klank nie. As ons ,,em" uit:<preek en hou dan die m-klank aan, nadat die e nie meer gehoor word nie, kan ons die m-klank isoleer. Daarna is dit dun maklik genoeg om dit weer uit te spreek. Met t gaan dit moeiliker. Die naam van die lei.tor is tee; die klank kan ems kry deur die woord ,,kat" uit te spreek en te lui<iter nu die klappende geluid wat gehoor word as die tong van agter die tande weggcneem word. Die t-klank is sander stem en kan ook nie soos die m aange- hou word nie.

As ons luistt>r na die woorde, d.i. klankgroepe wat ons uitspreek, sal dit duidelik wees dat die klanke nie elkeen apart uitgesproek word nie, dog saam in groepe.

Die spraakorgane gaan so gou van die een na die under stand oor, dat twee of moor klanke tot 'n eenheid gevorm word. Ons kan b.v. die vier verskillende klanke s, I, o, en t apart uifapreek, d.w.s., met 'n kort pom10 na elkeeu. ~lnar ous kan hulle ook aR een groep sonder onderbreking uitsprPPk, d.i. sonder dat daar 'n onder- breking van sonoriteit is tusRen die vorskillende klanke.

Dan ontstaan uit die vier aparte klanke een klank- komploks 0£ klankgroep. Daar iR egtor verRkil in die klankrykhPid van die klanke. Die o-klank het die

(14)

MASKEW MILLER SE AFRIKAAN"SE GRAMMATIKA 179 meeste sonoriteit, dan kom die I, en daarna die

s

en t, wat min of meer gelyk staan.

N eem ons nou die klankgroep ,,slotwoord" en spreek dit uit, dan vind ons dat daar 'n styging in die sonoriteit is by O,, dan 'n daling en weer 'n styging by oo, en dan weer 'n daling. Daar is dus twee klankgroepe.

En so bestaan al die woorde wat ous uitspreek in geluids- golwe wat rys en daal soos die branders van die see.

In elke golf is daar een ldank wat die meeste sonoriteit het, en rondom die klank is daar under wat meekliuk om die klankeenheid te vorm. So 'n klankgroep is 'n lettergreep.

Elke lettergreep moot dan 'n sonantiese deel he, maar het nie noodwending 'n konsonantiese deel nie. 'n Klinker kan 'n leitergreep vorm; ook 'n medeklinker soos b.v. in die gewone uitspraak van die woor<l ,,asem,"

wat dan as ,,asm" voorgestel kon word.

Dit is dikwels moeilik om uit te maak waar een lettergreep eindig en die antler begint. Want terwyl die een lettergreep uitgespreek word, kom die spraak- organe al dadelik in die stand vir die uiti:ipraak van die volgende. Die moeilikheid word b.v. gevoel by die verdeling in lettergrepe van ,,baie." So is ,,baa<ljie"

weleens verdeel as ,, baai-tjie " in plaas van ,, ba-tjie."

OngelukkiS' is die lettergreep-verdeling op skri£ nie dieselfde me. In 'n woord soos ,, vaatjie," waar daar 'n medeklinker(tj) tussen twee klinkers staan, word die lettergreop gewoonlik daar geskei waar die Apraak- organe in die stand gebring word om die mede- klinker uit te spreek. Op skri£ egter vcrdeel ons ,,vaatjie" so: ,,vaat-jie," wat heel onwaar en onna- tuurlik iA. Vir die skrif geld (i) dat waar daar '11 mede- klinker is, dit by die volgende lettergreep getrek word:

va-der, le-pel; (ii) dat as daar twee medoklinker8 is, die verdeling tussen die twee medeklinkers val. Die ver- bindinge tj, dj, sj en ng stel enkele klanke voor, maar word by die verdeling in lettergrepe as twee mcde- klinkers beskou: mes-se, han-de, hand-jie, lan-ger;

(iii) in samegestelde woorde val dio verdeling tussen die dele, mits elke deel nog in sy oorspronklike betekenis gevoel word : see-gras, slag-os,.

(15)

HOOFSTUK XIX.

SPELL INC.

Spelling is die voorstelling van die gesproke klanke van 'n taal deur middel van geskrewe lettertekens. In die meeste lande van Europa word _die Romeinse letter- tekens gebesig, en aangesien elke taal sy eie klank- stelsel het, stel een en dieself de letterteken soms heel verskillende kla.nke in die verskillende tale voor; ver- gely k b.v. die klanke wat voorgestel word deur die letterteken

a

in Eng. man, Ned. man. Selfs in dieselfde taal staan een letterteken dikwels vir verskillende klanke (kyk Hoofstuk XVIII).

Elke lewende taal is gedurig aan verandering onder- hewig - nuwe woorde word ingevoer, buigingsvorme val weg, die betekenis en uitspraak van woorde verander, ens. - en daarom is dit dus nodig dat die spelling, wat iets kunsmatigs is, die produk van mensehande, ook van tyd tot tyd moet hiersien word. om 'n meer of min fonetiese voorstelling van die ta.al te kan bly.

So vind ons spellinghervorminge van tyd tot tyd in byna al die Europese lande. In Holland was daar drie sulke spellinghervorminge gedurende die neentiende eeu;

in 1804, in 1865, en in 1891 (vereenvoudigde Nederlands).

In Suid-Afrika is die spelling vir Afrikaans in 1915 vasgestel deur die ,, Suid-Afrikaanse · Akademie vir Taal, Lettere en Kuns." In 1917 is daar veranderinge in die spelreels aangebring, en kort gelede is daar verdere

(16)

MA.SKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAMMATIKA 181 wysiginge en aanvullinge gemaak, en die resultaat het onlangs verskyn in die derde druk van die ,,Afrikaanse Woordelys en Spelreels."

Spelling is 'n meganiese kuns wat vernaamlik die oog en die hand geld, en nie soseer die geheue nie. Die oog moet gewoon word aan die afbeelding van die woord, en die hand aan die nateken van daardie afbeelding. Die regte manier om 'n leerling te leer korrek spel, is dus nie deur sy geheue te oorlaai met spelreels nie, maar deur hom baie en noukeurig te laat lees en hom dan veelvuldige oefening te gee in die afskrywe van wat hy gelees het.

Ons laat hier die vernaamste spelreels volg om as leidraad te dien vir die leerling by die skrywe, en nie om van buite geleer te word nie. Vir verder besonderhede verwys ons die leser na die , ,Afrikaanse W oordelys en Spelreels" van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns (derde, hersiende druk), uitgegee by die ,,Nationale Pers," Bloemfontein.

(Vir die gebruik van klinkers en medeklinkers, kyk Hoofstuk XVIII).

1.

As algemene reel geld dat 'n medeklinker alleen geskryf word waar dit in die beskaafde uitspraak gehoor word :

(a) d en t as slotmedeklinkers na f, g, k, p, s, val dus weg: deug, wag, korrek, manuskrip, gees; maar:

gereeld, geweld, brand, ent, voort, boord, ens.

(b) N ederlandse t voor s val weg in Afrikaans orals waar dit nie gehoor word nie: koors, plaas; maar: bits, trots, ens.

(c) W'"aar die W nie gehoor word nie, word dit ook nie geskryf nie: dou, u, leeu, ru: maar: gr'uwelik, nuwigheid, stewig, ens.

(17)

2. Vreemde woorde word nou so te se almal volgens Afrikaanse ortografie geskry£:

vreemde

ae

word Afr.

e: esteties,, preparaat.

e: popul0r, primer.

ouditeur, outokraat.

o: kado.

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

ai au eau

e

c ch

"

"

"

"

"

"

g "

gn

ph

qu

rh sh

t

th

x

z

"

"

"

"

"

"

"

"

"

"

,, OU:

"

,, ee : komitee, kanapee.

"

"

"

k 0£

s,

volgens uitspraak:

kate- draal, sirkel, sertifikaat.

g,

k,

s, sj

of tj, volgens uit- spraak :

psigologie, krono- logie, Sjinees, sjarmant, tjek.

s: horlosie;

maar die

g

bly waar dit die

g.

of

sj-

uit- spraak het:

geniaal, genre, origineel.

" nj:

" f:

kompanjie.

filologie, filosoof.

,, kw: Namakwaland, kwaliteit.

" r: rym.

sj, s: sieling.

" s: stasie, reputasie.

"

t: atleet, tesis.

eks.amen, eksellent.

,, ks:

" s: sefier, soi:ilogie.

V word behou in Afrikaans aan die begin van 'n woord:

vulkaan, vesper, Vesuwie.

In die middel van woorde word V ook hehou in lettergrepe wat die hoof- klem dra:

iniversie, konvert, provinsie.

(18)

MASKEW MILLER SE Ali'RIKAANSE GRA~D[ATlKA 183 W aar v in swakboklem<le lettergrepe tussen klinkers, o-f tussen I,

m,

n of r en 'n klinker Yoorkom, verander dit in w: i111diwidu, wrewel, wolwe, inwentaris, pro·win·

siaal, konwer'Sasie, konserwatief.

In s-wakbeklem<le lettergrepe bly

v

behou na antler medeklinkers: adverteer, dagvaar, ens.

N.B. Die woorde evangelie (en afleidinge duurvan), malva, rewolwer, vonu uitsonderingo op hienlie reel.

3. 'n :Medeklinker, Yoorafgegaau deur 'n kort beklemde klin ker, word verdubbel as dit deur 'n under klinker gevolg word: kat - katte, bom - bomme;

maar as die voorafgaande kort klinker nie die hoofklem dra nie, wor<l die medekliuker nie verdubhel nie:

deeglik - deeglike, belangrik - belangriker, wandel - wandeling.

Daar is egter baie uitsondcringe op hierdie reel:

(a) Woordo op ·dom, -s.kap, -is, •US: eiendomme, landskappe, sekret,arisse, bonusse.

(b) Woorde soos likkewaan, bobbejaan, frikkedel, pikkewyn, skrobbering, sto,ffasie, onmiddellik, maat- skappy, ens.

'1. Voor swakbeklemdo ·lik word die toonlose e geskryf net na b, d, w, ft, gt, kt, pt, st: dadelik, gruwe- lik, veragtelik, stiptelik, beestelik, onhebbelik, skrifte- lik; maar: taamlik, hartlik, stoflik, etlik, doenlik, ens.

5. Die afkappingsteken word gebruik:

(a) by aa:n't, 'ni, g'n,, s'n: Oorn Gert is hard aan't ploeg o:f aan (die) ploeg; daar is g'n (of geen) water in die huis nio; dit is 011s s'n.

(b) by die meervoud van vreemde woordo op ·Oen •U,

van woonle wat op '11 hcklemde -a eindig, en van die name vnu letters van dio alfahet: buro's, pa's, m's, l's.

(19)

6. Die deelteken word net gebruik om twee letter- grepe van mekaar te i:;kei •vat anders as een kan uit- gespreek word as daar geen aanduiding is dat hulle twee aparte lettergrepe is nie: see, geeet, hoe, kniei!, Jrnei!I, naaap, soiilogie.

Waar daar egter geen gevaar bestaan <lat die twee lettergrepe tot eon kan saamgesmelt word nie, hoe£ die deelteken nie gebruik te word nie: dae, koue, koeie, luie,

@e (mv. van eg), eeue, soe (mv. van sog), brue (mv. van brug), wie (mv. van wig); in hierdie woorde bestaan daar geen twyfol omtrent die aantal lettergrepe nie.

So is die deelteken ook nie nodig in woorde soos konfidensieel, industrieel, essensieel nie, maar in hulle verboe vorme wel: konfidensii!le, industrii!le, essensii!ile.

7. Woorde SOOS koeel, seel, voel, behou die spel- ling in verboe vorme en samestellinge: koeeltjie, koei!I·

reen,

seeltjie, seelring, voelkou.

8. Naas die besittingsaanduidende se gebruik ons ook nog haar, hare in die enkelvoud, en hul in die meer- voud: die vrou se (of haar) rok; ons ouers se (of hul)

woorde.

9. Die Nederlandse voorvoegsel voor. word in .Afrikaans ver- geskryf orals waar dit so uitgespreek word: vernaam, verby.

10. .As die voorsetsel vir nie meer as sulks gevoel word nie, word dit as vei' en aaneen met die volgende woord geskryf: vereers, verniet, vergou, ens.

11. Ons skryf SS by samestellinge van sel£standige naamwoorde:

(a) Wanneer die stam van die eerste woord op s eindig en die twede woord mets begin: jassak, grassaad, jakkalsstreke; maar: stadsaal, dorpskool, uniwersiteit·

studente, ens.

(20)

MASKEW :MILLER SE AFR!KAANSE GRA.'.\UIATIKA 185 (b) W anneer <lie eenite deel van die sames telling heRtaan uit die woorde geestes of lewens en <lie twede deel met 'n s begin : lewensstandaard, geestesskepping, ens.

12. Die verbindinge

ae,

ee, ee, eue, iee, oe, 6e, oee, ue, Oe word behou behalwo in: afdraand, geleent.

heid, geneentheid, gereeld, molik, moontlik, moondheid, ondeund, opdraand, reent (maar: reen), vabond, ver·

leentheid, weens, teen (en samestellinge van teen), maar: tee.

13.

Net die volgende vorme word nou erken: ek, my, sy (nie meer ik, myn, syn nie), as, baie, somar, somarso, toe.

14.

Waar e voor m en n dikwels as i uitgespreek word, word net die e-vorm erken: vent (nie vint nie), lem (nie lim nie), ordentlik, gewend, tent, ens.

15.

Aaneenskrywe van woorde.

(a) Woorde wat 'n vaste eenheid vorm, d.i. een begrip uitdruk, word aaneengeskryf: eetkamer, versterk·

druppels, grasgroen, doodstil, ystervark, ens.

(b) Selfstandige naamwoorde word aaneengeskry£

as die eerste snw. in 'n byvoeglike funksie gebruik word om die volgende nuder te bepaal of te omskryf: studente·

vereniging, uniwersiteitskollege, goewermentsgeboue, astertentoonstelling, kampioenprys, handelsmaatskappy, ens.

Onder hierdie klas val al die samegestelde snw.

waarvan die eerste deel 'n stofnaam is: ysterpaal, koper- ring, staalbrug, silwermedaljie, ens.

(Stofaanduidende byvoeglike naamwoorde word apart geskryf: 'n lakense broek, 'n silwere stem, ens.

Hierdio soort bnw. kan van die stofname onderskei word deurdat hulle altyd op 'I1 e uitgaan: goue, stale, kopere, ens. Ook word hulle meestal met 'n figuurlike betekenis gebruik: 'n stale geheue, 'n kopere voorhoof, ens.)

(21)

(c) Geogra:Aese eiename waarvan die laaste deel 'n soortnaam is, word aaneengeskryf: Drakensteinberge, Sambesierivier, Delagoabaai, Robbeneiland, ens.

( d) Vaste tydbepalinge en telwoorde wat Yerbind word sondN die koppelwoord en, word aaneengeskryf:

dis vyfuur, om tienuur, driehonderd, sesduisend, vier- miljoen, ens.

As by tydbepalinge egter Yerskillende ure aangedui word, bly die woordo apart: ons het ses uur geloop.

Die koppelteken word gewoonlik gebruik:

(i) Wnar by samestollinge soveel klinkers bymokaar kom dut dit verwarren<l vir die oog word: twee-uur, re-unie, weelde-artiekel, ons.

"\Vaar die samestelling as 'n Yuste oenheid govoel word, gebruik ons liewer die deelteken: meeeet, drieerlei.

(ii) By telwoorde wat verhind word deur en: vyf·

en .. veertig, honderd-en,.drie, ens.

(iii) By vordubbeliuge: kort-kort, Huit-Huit, speel- speel, ens.

(iv) By samestellinge wat nog nie as 'n vaste een- hoid gevool word nie, of wat minder gewoon is:

Afrika.ner-voormann.e, leuningstoel·vuurvreters, rasse·

haat-drywers, Suidpool·ekspediesie, ons.

(v) By to la11g smnestelliugo: swartwitpens-antiloop, H artebeespoortdam-skanda:le, ens.

(vi) By tietels waarvun een of altwee dole 'n vreemde

"'oord ic;: goewerneur-generaal; superintendent-generaal.

(vii) By samestellinge waarin eienamo, of byvoeg- like naamwoorde van eiename gevorm, voorkom: Trans•

valer-voorman, Boere-generaal.

(viii) By t·wee byvoeglike naamwoorde van geo- grafiese eiename gevorm: Anglo-Japanese verdrag.

(22)

MASKEW MILLER SE AFRIKAANSE GRAMMATIKA 187 (ix) By samestollinge waar die eerste deel betrek- king bet net op die eerste lid van die deel wat onmid- dellik volg: nuwe-skoolkommissie, ou-mannehuis.

(Nuwe-skoo,lkommissie beteken 'n kommissie vir 'n nu we skool; terwyl nuwe skoolkommissie beteken 'n skoolkommissie wat pas gekies is).

(x) by geografiese name wat bestaan uit 'n eienaam en 'n bnw. of byw.: Noord-Rusland, Suid-Amerika.

Die bnw. van sulke woorde gevorm word ook met 'n koppelteken geskryf: Suid-Amerikaanse produkte.

16. Cebruik van hoofletters:

(a) Name van die godheid en samestellin ge daar- Yan: Christus, die Heilige, ens.

(b) Name van persone en volke, en afleidinge en samestellinge daarvan : Paul Kruger, SkoUe, Cer- maanse, Russiese, ens.

(c) Geografiese eienarne en samestellinge en aflei- dinge daarvan: Kaapstad, Kaapse, Vrystaatse, Magaliesbergse, ens.

(Waar ons egter nie meer aan die herkoms van die eienaam <link nie en <lit in 'n algemene of bepalende sin gebruik, skry£ ons nie 'n hoofletter nie: afrikanerskaap, boesmangras, spaansriet, duitse-sis, engelse-sout, ens.)

(i) N amo van maande, weekdae en £eesdae: Sep- tember, Saterdag, Din,gaansdag, ens.

( e) :N" ame van godsdienste, sektes, partye, kerk- genootskappe, bewoginge, en samestellinge on afleidinge daarvan: Protestantisme, Fariseisme, Metodiste, Cere- formeerdes, Lutherse, Rasionalisme, Nasionaliste, Suid·

Afrikaanse Party, ens.

(23)

(£) Name van tydskrifte, koerante en boeke: ,,Die Huisgenoo,t," ,,Die Unie," ,,Die Volkstem," ,,Die Burger," ,, Teleurgestel," ens.

(By 'n lang tietel 0£ opskri£ ~ord gewoonlik net die vernaamste woorde met hoofletters geskryf: ,,Ons Weg deur die Wereld," ,,Sonde met die Bure," ens.)

(g) Die aanhef van 'n brief en tietels: ,,Ceagte Vriend," ,,Hoogeerwaarde Heer," ,,Sy Majesteit,"

,,Ceneraal Joubert," ,,President Wilson," ens.

Verder kan 'n hoofletter gebruik word om nadruk te le op enige woord waarby die skrywer die aandag van sy lesers wil bepaal.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Vaksecties kunnen in onderling overleg een open softwareprogramma kiezen dat schoolbreed wordt gebruikt voor het leren van betekenis en spelling van woorden.. De lijsten met

Je hebt geleerd hoe je woorden schrijft die beginnen met sch of

Je hoort aan het eind van de eerste klankgroep een korte klank: a Je schrijft daarna twee dezelfde medeklinkers: grappig.. Taal actief • instapkaarten spelling • groep 5 •

zelfde klank andere klank hele werkwoord bakken vragen zoeken verleden tijd enkelvoud bakte vroeg zocht voltooid deelwoord gebakken gevraagd gezocht.. 514141_TA4_T1.indd

[r]

[r]

[r]

[r]