• No results found

Die Mate Waartoe Verkiesings Vry, Regverdig en Mededingend is Nadat Mauritius se eerste verkiesing in 1972, na onafhanklikheidswording in

HOOFSTUK 2: INSTELLINGS 2.1 BOTSWANA

2.2.4 Die Kiesstelsel: Veelvoudige Lid Kiesafdelings gekombineer met die Beste Verloorderstelsel

2.2.5.1 Die Mate Waartoe Verkiesings Vry, Regverdig en Mededingend is Nadat Mauritius se eerste verkiesing in 1972, na onafhanklikheidswording in

1968, gekanselleer was, is vry, regverdige, vreedsame en mededingende verkiesings gehou (Carroll & Carroll: 1999: 180). Mededinging geskied gewoonlik

tussen twee of meer alliansies of koalisies, en die konfigurasies van hierdie alliansies of koalisies het aanhoudend verander (EISA: 2005b: 7).

Die Verkiesingsgrensekommissie, Verkiesingsoorsigskommissie en die Verkiesingskommissaris is verantwoordelik vir die voorbereiding, bestuur en oorsig van verkiesingsproses. Die verkiesingsproses is geanker in die Verkiesingswet, wat die outonomie en onafhanklikheid van die verkiesingsbestuurstelsel van alle staatsorgane of politieke partye verseker. Die legitimiteit van die verkiesingsliggame, as die bestuurders van die verkiesingsproses, asook hul regverdigheid en die deursigtigheid van hul aksies, word eenparig aanvaar deur alle politieke partye en kandidate (EISA: 2005b). 2.2.5.2 Die Hoeveelheid Keer wat ʼn Insittende Party sy Magsposisie

Verloor het

Vanaf onafhanklikheid in 1968 het Mauritius verkiesings op ʼn gereelde basis gehou. Koalisies tussen verskillende partye het dikwels voor of na ʼn verkiesing ontstaan ten einde beheer te verkry. Hierdie koalisie vorming is ʼn konstante kenmerk van Mauritius se politiek en staaf die idee dat Mauritius ʼn vorm van konsosiasie is. Hierdie koalisies skeur gewoonlik tydens hul mandaat, maar die dominante party behou gewoonlik sy meerderheid in die Nasionale Vergadering deur met ʼn ander party, wat ook in die parlement verteenwoordig is, te skakel. In ander gevalle breek die junior vennoot in die koalisie weg, en gaan ʼn vennootskap met ʼn ander splinter groep aan om so ʼn meerderheid in die parlement te vorm (Darga & Joomun: 2005: 10-11).

Die dinamika van skeurings en alliansie vorming in Mauritius kan deur ʼn kort oorsig van die verskillende verkiesings geïllustreer word. Die eerste post- onafhanklikheid verkiesing, wat in 1973 gehou sou word, is deur die LP-PMSD regering uitgestel. Die opvolgende 1976 verkiesing was gekenmerk deur ʼn drie- hoekige stryd tussen die LP, PMSD en MMM. Tydens hierdie verkiesing het die MMM 34 setels gewen, die LP 28 en die PMSD 8. Die LP en PMSD het egter ʼn

koalisie gevorm en so die meerderheid setels in die parlement gehad. Die MMM, wat eers na onafhanklikheid gestig is, het egter, met sy linkse oriëntasie en klasbasis, die mees dominante party in Mauritius geword (Darga & Joomun: 2005: 11).

Tydens die 1982 verkiesing is die alliansie tussen die LP en PMSD verslaan deur ʼn alliansie tussen die MMM en PSM, wat tydens daardie verkiesing al die setels ingepalm het. Die LP-PMSD koalisie is hoofsaaklik verslaan omdat die regering onbevoeg was. Die ekonomie het nie voldoende presteer nie, aangesien Mauritius gekenmerk was deur ʼn werkloosheidkoers van 20% en twee opeenvolgende devaluasies van die rupee. Die MMM het ʼn meer bevoegde regering beloof, met gepaardgaande ekonomiese groei en sosiale geregtigheid. Die PSM was ʼn nuut gevormde klein party, en bestaan hoofsaaklik uit voormalige LP ondersteuners en geniet steun onder die Hindoe elektoraat (Darga & Joomun: 2005: 11).

Die MMM-PSM koalisie het ʼn nuwe regering gevorm met A Jugnauth, van die MMM as die Eerste Minister, en P Berenger as die Minister van Finansies. ʼn Groot skeuring in die koalisie het egter plaasgevind, met Berenger wat bedank het en die MMM saam met hom geneem het, terwyl Jugnauth ʼn nuwe party, die MSM gevorm het. Hierdie skeuring het hoofsaaklik as gevolg van drie redes plaasgevind. Eerstens was daar groot beleidsverskille tussen die meer konserwatiewe en welsyn georiënteerde elemente in die koalisie, en die Minister van Finansies wat probeer het om die fiskale stelsel te moderniseer en begrotingstekorte te verminder deur ryssubsidies te verminder. Tweedens is Berenger as bombasties beskou en dat hy sy mede kabinetslede verneder. Derdens was daar ʼn toename in druk deur drukgroepe binne die Hindoe gedomineerde staatsburokrasie, wat geglo het dat hul belange deur die regering se modernisasie beleide bedreig word (Darga & Joomun: 2005: 11-12).

Tydens die 1983 verkiesing, het die Hindoe elektoraat die MSM/LP/PMSD koalisie gesteun, en die verkiesing is deur hierdie alliansie gewen, met die MMM wat tot die opposisie gereguleer is (Darga & Joomun: 2005: 12). Hier het die eerste bewindsverandering plaasgevind. Tydens die 1987 verkiesing het die MSM/LP/PMSD koalisie sy tweede mandaat ontvang, omdat die koalisie daarin geslaag het om ʼn ekonomiese ommeswaai te weeg te bring, met gepaardgaande ekonomiese groei en ʼn toename in beide investering en werkskepping (Darga & Joomun: 2005: 12).

In 1990 het die MSM/LP/PMSD koalisie egter geskeur as gevolg van magstryde in die koalisie. Hierna het die MMM en MSM ʼn koalisie gevorm, en al die setels tydens die 1991 verkiesing gewen. Die MMM het die doel gehad om Mauritius tot ʼn republiek te laat verklaar, en die wetgewing hiervoor is aangeneem in 1993 (Darga & Joomun: 2005: 12-13).

Die 1995 verkiesing is voorafgegaan deur ʼn skeuring tussen die MMM en MSM koalisie, hoofsaaklik omdat die twee leiers toenemend van mekaar wegbeweeg het. Jugnauth het egter aangebly as die Eerste Minister, en die MMM het opgetree as die opposisie in die parlement. Tydens die 1995 verkiesing het die MMM en LP ʼn alliansie gevorm en die verkiesing gewen, terwyl die MSM verslaan is. N Ramgoolam het, as leier van die LP, die nuwe Eerste Minister geword (Darga & Joomun: 2005: 13). Die tweede bewindsverandering het dus in 1995 plaasgevind.

Die alliansie tussen die MMM en LP het egter reeds in 1995 geskeur. Ramgoolam het aangebly as die Eerste Minister, met die MMM wat as die opposisie opgetree het. Tydens die 2000 verkiesing het die MMM en MSM ʼn koalisie, en ook die nuwe regering, gevorm. Jugnauth was weer Eerste Minister, met Berenger wat optree as onder Eerste Minister en Minister van Finansies. Een van die sentrale vereistes van die alliansie was dat die pos van Eerste Minister gedeel moes word, en Berenger het hierdie posisie oorgeneem vanaf

September 2003 tot September 2005 (Darga & Joomun: 2005: 13). In 2000 het die derde bewindsverandering dus plaasgevind.

Sedert onafhanklikheid is daar dus drie dominante partye, naamlik die MMM, MSM en LP. Die FPTP kiesstelsel het veroorsaak dat hierdie partye se politieke strategieë wegbeweeg het van ideologiese of program-kwessies, en gereduseer is tot ʼn alliansie stryd aangesien indien enige twee, van die drie partye, ʼn alliansie vorm, hulle die verkiesing sal wen (Darga & Joomun: 2005: 14). Skeurings in alliansies en nuwe alliansie vorming het al drie keer veroorsaak dat die magsbekleërs in die regering by die stembusse verloor het, en hul posisies moes ontruim.

Volgens Huntington se ‘two-turnover’ toets, is Mauritius dus ʼn gekonsolideerde demokrasie aangesien ʼn bewindsverandering reeds drie keer plaasgevind het. 2.2.6 Staatsburokrasie

Mauritius het by onafhanklikheidswording ʼn bruikbare burokrasie geërf, met ondervinding in verkiesings-administrasie en kabinetbestuur. Die probleme wat gewoonlik binne ʼn staatsburokrasie ervaar word wanneer die openbare diens van beheer verander, soos wat beheer deur die koloniale magte opgegee word, is grootliks vermy. Elders in die ontwikkelende wêreld lei dit soms daartoe dat aanstellings afhang van nepotisme, in plaas van meriete, omdat die burokrasie geweldig vinnig uitbrei; en dat die land in stamlyne verdeel met die gevolg dat openbare indiensname afhang van watter groep in beheer is. Hierdie probleme ondermyn die kapasiteit van die staat om effektiewe beleide te ontwikkel en implementeer wat tot ekonomiese ontwikkeling en sosiale welsyn sal lei (Carroll&Carroll: 1999: 187).

Die bogenoemde probleme is in Mauritius egter vermy as gevolg van wyse leierskap op politieke en administratiewe vlak, met die lewering van openbare goedere en dienste asook meriete by aanstellings wat beklemtoon is. Twee

institusionele kenmerke het ook tot die suksesvolle staatsburokrasie bygedra. Die Openbare Dienste Kommissie is in die lewe geroep, en is verantwoordelik om afsprake vir die Openbare Diens te maak. ʼn Skool van Openbare Administrasie by die Universiteit van Mauritius is ook opgerig, waar diplomas in Openbare Dienste ontvang kan word (Carroll&Carroll: 1999: 187).

2.2.7 Freedom House: Tendense

2.2.7.1 Politieke en Burgerlike Vryhede soos aangedui deur Freedom House

Mauritius word sedert 1972 as ʼn ‘vry’ land geklassifiseer, behalwe vir die tydperk 1979-1981, toe die land as ‘deels vry’ geklassifiseer was (Freedom House: 2006a). Sedertdien word Mauritius deur ʼn positiewe tendens in sy klassifikasie deur Freedom House (2006b) gekenmerk. Die onderstaande tabel staaf hierdie siening.

Tabel 5: Punte toegeken deur Freedom House: Mauritius 1972 tot 2005 1972- 1977 1978 1979- 1980 1981 1982- 1990 191 1992 1993 1994- 2004 2005 PR 3 2 2 3 2 1 2 1 1 1 BV 2 2 4 3 2 2 2 2 2 1

Status Vry Vry Deels Vry

Deels Vry

Vry Vry Vry Vry Vry Vry (Freedom House: 2005a)