• No results found

Mediese sertifikate ingevolge die Traditional Health Practitioners Act : die kwessie van geldigheid en betroubaarheid

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Mediese sertifikate ingevolge die Traditional Health Practitioners Act : die kwessie van geldigheid en betroubaarheid"

Copied!
150
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Mediese sertifikate ingevolge die Traditional

Health Practitioners Act: Die kwessie van

geldigheid en betroubaarheid

J Van Niekerk

orcid.org/

0000-0001-8469-7148

Skripsie voorgelê ter gedeeltelike nakoming vir die graad

Magister Legum

in

Perspektiewe op die Reg

aan die

Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Mnr MC Stoffels

Medestudieleier: Dr A Botes

Gradeplegtigheid Mei 2018

Studentenommer: 23465905

(2)

DANKBETUIGINGS

Eerstens wil ek graag 'n spesiale dankie rig aan my ouers, Frikkie en Gerda, my sussie, Elmè, en my broer, Gerrit. Dankie vir julle ondersteuning, bemoedigende woorde en die vertroue wat julle altyd in my vermoëns het.

Verder wil ek graag my studieleier, Mr MC Stoffels, en my mede-studieleier, Dr A Botes, bedank vir hul geduld en leiding. Ek sou nie hierdie verhandeling sonder hul bystand kon voltooi het nie.

Laastens wil ek die Noordwes-Universiteit bedank vir die befondsing wat my studies moontlik gemaak het.

(3)

OPSOMMING

In Suid-Afrika geniet kulturele en godsdienstige regte grondwetlike beskerming en dit hou in dat elkeen ook die reg het om ingevolge sy of haar kulturele praktyke en geloofsisteme 'n tradisionele geneesheer te raadpleeg. Alhoewel, tradisionele geneeskunde het vir lank nie in Suid-Afrika regserkenning ontvang nie. Op 1 Mei 2014 het 'n aantal bepalings van die Traditional Health Practitioners Act 22 van 2007 egter in werking getree. Die gevolg hiervan was die vestiging van die interim Raad vir tradisionele geneeshere en die nuwe vereiste dat tradisionele geneeshere nou by die interim Raad geregistreer moet wees ten einde wettiglik in Suid-Afrika te praktiseer. Weens hierdie nuwe vereiste sal 'n geregistreerde tradisionele geneesheer nou by die bepalings van artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 vir doeleindes van die uitreiking van 'n geldige mediese sertifikaat, ingesluit word. In hierdie opsig bepaal artikel 23(2) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes dat 'n geldige mediese sertifikaat vir doeleindes van siekteverlof uitgereik en onderteken moet word deur 'n mediese praktisyn of 'n ander persoon wat by 'n beroepsraad geregistreer is en wat gekwalifiseer is om pasiënte te diagnoseer en te behandel. Hier kom die kwessie van tradisionele geneeshere na vore. Die vereiste is dat die betrokke persoon gekwalifiseerd moet wees om 'n persoon te kan diagnoseer en te behandel, maar die kwalifikasie van tradisionele geneeshere in hierdie konteks is juis 'n "bone of contention."

Alhoewel 'n geregistreerde tradisionele geneesheer nou 'n regsgeldige mediese sertifikaat vir doeleindes van artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes kan uitreik, kan bepaalde problematiek betreffende die mediese sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer geïdentifiseer word. Veral die betroubaarheid van sodanige sertifikate in vergelyking met dié van konvensionele mediese sertifikate kan bevraagteken word. Die kwessie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat, gegewe die aard van tradisionele geneeskunde en wat in daardie sin as ongesteldheid beskou kan word, die tradisionele geneesheer se vermoë om 'n siekte met die oog op werklike ongeskiktheid vir werk te diagnoseer, bevraagteken kan word. Die idee van 'n mediese sertifikaat in die konvensionele sin is juis dat dit moet kan bewys dat die

(4)

werknemer weens sy of haar siektetoestand nie sal kan werk nie. Weens die aard van tradisionele geneeskunde en wat in daardie opsig as siektetoestande geklassifiseer kan word, kan die vraag gevra word of die werknemer wat aan so siektetoestand ly, op 'n soortgelyke wyse waarlik ongeskik vir werk sal wees. Dit sou regsekerheid in die hand werk as die tradisionele geneesheer die nodige opleiding het om met akkuraatheid te kan oordeel of die werknemer werklik vir werk ongeskik is alvorens hy of sy 'n mediese sertifikaat uitreik.

Dit blyk egter dat die statutêre bepalings aangaande standaarde van opleiding en kwalifikasies wat vir doeleindes van registrasie ingevolge die Traditional Health Practitioners Act verlang sal word, leemtes toon. Vervolgens kan betwyfel word of volwaardige tradisionele geneeshere ingevolge die Traditional Health Practitioners Act geregistreer word en of 'n geregistreerde tradisionele geneesheer wel voldoende bekwaam is om 'n betroubare diagnose vir doeleindes van siekteverlof te maak. Dit kan derhalwe vir werkgewers moeilik wees om sekerheid oor die betroubaarheid van 'n tradisionele geneesheer se diagnose en die ongeskiktheid van die werknemer te hê. Mits die mediese sertifikaat van 'n konvensionele praktisyn of dié van 'n tradisionele geneesheer egter aan die voorgeskrewe vereistes vir mediese sertifikate ingevolge artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voldoen, sal sodanige mediese sertifikaat vir doeleindes van siekteverlof geldig wees. Ten spyte van hierdie feit moet die betroubaarheid en akkuraatheid van die mediese sertifikate van 'n tradisionele geneesheer steeds ondersoek word ten einde te bepaal tot watter mate die werkgewer se behoefte aan betroubare mediese sertifikate vir doeleindes van siekteverlof in hierdie gevalle vervul word.

Die vraag wat ontstaan is tot watter mate 'n werkgewer op die betroubaarheid en akkuraatheid van 'n tradisionele geneesheer se diagnose (in vergelyking met dié van 'n konvensionele mediese praktisyn) en die ongeskiktheid van die werknemer vir doeleindes van siekteverlof, kan staatmaak. Die doel van hierdie studie is om uiteindelik aan te toon dat regsonsekerheid in hierdie opsig vir die werkgewer 'n sterk moontlikheid is. Verder word met hierdie studie beoog om aan te toon dat die Traditional Health Practitioners Act tans nie die potensiële regsonsekerheid uit die weg

(5)

ruim om sodoende vir die werkgewer se belange voldoende beskerming te gee nie. Die voorstel sal gemaak word dat onduidelikhede in die Traditional Health Practitioners Act opgeklaar behoort te word.

Sleutelwoorde: tradisionele geneeshere; mediese sertifikate; Wet op Basiese Diensvoorwaardes; Traditional Health Practitioners Act; geldigheid; betroubaarheid

(6)

ABSTRACT

In South Africa cultural and religious rights enjoy constitutional protection and this implies that everyone also has the right to consult a traditional healer in accordance with his or her cultural practices or belief system. Although, for a long period traditional healing has not received legal recognition in South Africa. However, on 1 May 2014 various provisions of the Traditional Health Practitioners 22 of 2007 came into effect. This resulted in the establishment of the interim Council for traditional health practitioners and the new requirement that traditional healers must now be registered with the interim Council in order to practice lawfully in South Africa.

Due to this new requirement a registered traditional healer will now be included in the provisions of section 23 of the Basic Conditions of Employment Act 75 of 1997 for the purposes of issuing a valid medical certificate. In this regard section 23(2) of the Basic Conditions of Employment Act states that a valid medical certificate for the purposes of sick leave must be issued and signed by a medical practitioner or any other person registered with a professional council and qualified to diagnose and treat patients. Here the issues in regard to traditional healers arise. The requirement is that the person concerned must be qualified to diagnose and treat a person, but the qualification of traditional healers in this context is a bone of contention.

Although a registered traditional healer can now issue a legally valid medical certificate for purposes of section 23 of the Basic Conditions of Employment Act, certain problem areas with regard to the medical certificate of a traditional healer can be identified. Especially the reliability of these certificates in comparison to that of conventional medical certificates can be questioned. The issue can mainly be attributed to the fact that, given the nature of traditional healing and what is regarded as illness in this sense, the traditional healer's competence to diagnose illness with a view of actual incapacity for work, can be questioned. The idea of a medical certificate in the conventional sense is that it must prove that due to his or her illness, an employee will not be able to work. Due to the nature of traditional healing and what can be classified as illness in this sense, the question that can be asked is whether an employee suffering from such an illness, will truly be unfit for work in a similar way. It would

(7)

effect legal certainty if the traditional healer has the necessary training to determine with accuracy whether the employee is truly unfit for work, before he or she issues a medical certificate.

It seems, however that the statutory provisions regarding standards of training and qualifications required for purposes of registration in terms of the Traditional Health Practitioners Act, show gaps. Therefore, it can be doubted whether fully fledged traditional healers are registered in terms of the Traditional Health Practitioners Act and whether a registered traditional healer is competent enough to make a reliable diagnosis for purposes of sick leave. Therefore, it can be difficult for an employer to have certainty about the reliability of a traditional healer's diagnosis and the incapacity of the employee.

However, if the medical certificate of a conventional practitioner or that of a traditional healer satisfies the prescribed requirements for medical certificates in terms of section 23 of the Basic Conditions of Employment Act, these certificates will be valid for purposes of sick leave. In spite of this fact, the reliability and accuracy of the medical certificates from a traditional healer must still be investigated in order to determine to which extent the employer's need for reliable medical certificates for purposes of sick leave is fulfilled in these situations.

The question that arises is to which extent an employer can depend on the reliability and accuracy of a traditional healer's diagnosis (in comparison to that of a conventional medical practitioner) and the incapacity of the employee for purposes of sick leave. Ultimately the aim of this study is to show that legal uncertainty is a strong possibility for the employer is this regard. Furthermore, this study intends to show that currently the Traditional Health Practitioners Act does not clear up the potential legal uncertainty in order to provide adequate protection for the interests of the employer. The recommendation will be made that uncertainties in the Traditional Health Practitioners Act should be cleared up.

Keywords: traditional healers; medical certificates; Basic Conditions of Employment Act; Traditional Health Practitioners Act; validity; reliability

(8)

INHOUDSOPGAWE

DANKBETUIGINGS ... I OPSOMMING ... II ABSTRACT... V LYS VAN AFKORTINGS ... XI

HOOFSTUK 1: INLEIDING ... 1

1.1 Agtergrond ... 1

1.2 Probleemstelling ... 4

1.3 Navorsingsmetodologie ... 5

1.4 Beperking en struktuur van die studie ... 5

1.5 Doel van die studie ... 8

HOOFSTUK 2: DIE ERKENNING VAN TRADISIONELE GENEESKUNDE – 'N INTERNASIONALE PERSPEKTIEF ... 9

2.1 Inleiding... 9

2.2 'n Internasionale perspektief op tradisionele geneeskunde ... 11

2.2.1 Die posisie van die WGO aangaande tradisionele geneeskunde ... 11

2.2.1.1 Die toenemende gebruik van tradisionele geneeskunde op internasionale skaal ... 12

2.2.1.2 Internasionale regulering van tradisionele geneeskunde ... 15

2.2.2 Addisionele internasionale instrumente ter erkenning van die belang van tradisionele geneeskunde ... 21

(9)

HOOFSTUK 3: DIE ERKENNING VAN TRADISIONELE GENEESKUNDE – 'N

SUID-AFRIKAANSE PERSPEKTIEF... 28

3.1 Inleiding... 28

3.2 Die erkenning en beskerming van kulturele praktyke en geloofsisteme ... 30

3.2.1 Die grondwetlike erkenning en beskerming van kulturele en godsdienstige regte ... 30

3.2.2 Kulturele praktyke en geloofsisteme in die werkplek ... 31

3.3 'n Pluralistiese mediese stelsel in Suid-Afrika ... 38

3.3.1 Bydrae van tradisionele geneeshere in Suid-Afrika ... 39

3.3.2 Verskille tussen tradisionele geneeskunde en die konvensionele mediese sisteem ... 40

3.4 Gevolgtrekking ... 45

HOOFSTUK 4: KONVENSIONELE EN TRADISIONELE MEDIESE SERTIFIKATE – 'N VERGELYKING VAN BETROUBAARHEID ... 48

4.1 Inleiding... 48

4.2 Siekteverlof en mediese sertifikate ingevolge die WBD ... 51

4.3 Mediese sertifikate deur 'n konvensionele praktisyn uitgereik .. 55

4.3.1 Omskrywing van 'n mediese praktisyn ingevolge die WBD ... 55

4.3.2 Betroubaarheid van mediese sertifikate deur 'n konvensionele praktisyn uitgereik ... 57

4.3.2.1 Registrasie, kwalifikasies en opleiding van 'n mediese praktisyn ... 57

(10)

4.3.2.3 Kriteria waarvolgens standaard mediese sertifikate beoordeel word ... 63

4.4 Ontslag weens ongeskiktheid... 68

4.5 Gevolgtrekking ... 69

HOOFSTUK 5: 'N KRITIESE ONDERSOEK IN DIE GESKIKTHEID VAN DIE THPA ... 72

5.1 Inleiding... 72

5.2 Die Kievits Kroon aangeleentheid ... 73

5.2.1 Feite van die Kievits Kroon saak ... 73

5.2.2 Beslissing van die Hoogste Hof van Appèl... 80

5.3 Aangeleenthede wat die THPA voorafgegaan het ... 84

5.3.1 Formele erkenning aan tradisionele geneeshere in Suid-Afrika verleen ... 84

5.3.2 Statutêre regulering van tradisionele geneeshere in Suid-Afrika ... 87

5.4 Kernbepalings van die THPA ... 90

5.4.1 Die regulering van tradisionele geneeshere ingevolge die THPA ... 92

5.4.1.1 Die registrasie van tradisionele geneeshere ... 92

5.4.1.2 Dissiplinêre prosedures ingevolge die THPA ... 98

5.5 Die voorgestelde regulasies in terme van die THPA... 101

5.5.1 Bepalings betreffende registrasie, kwalifikasies en die standaard van opleiding vir tradisionele geneeshere ... 102

5.6 Gevolgtrekking ... 106

(11)

6.1 Gevolgtrekkings ... 107 6.2 Aanbevelings ... 117 BIBLIOGRAFIE ... 120

(12)

LYS VAN AFKORTINGS

AFSA AIDS Foundation of South Africa

AHPA Allied Health Professions Act

AMREF African Medical and Research Foundation

ANC African National Congress

AU Afrika Unie

CMPB Chinese Medicine Practitioners Board

EEA Employment Equity Act

IAO Internasionale Arbeidsorganisasie

KVBA Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie

NKR Nasionale Kwaliteitsraamwerk

NPPHCN National Progressive Primary Health Care Network

NRVP Nasionale Raad van Provinsies

PEPFAR US President's Emergency Plan for AIDS Relief RGBSA Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika THPA Traditional Health Practitioners Act

UNICEF United Nations Children's Fund

VN Verenigde Nasies

WAV Wet op Arbeidsverhoudinge

WBD Wet op Basiese Diensvoorwaardes

WGB Wet op Gesondheidsberoepe

(13)

HOOFSTUK 1: INLEIDING

1.1 Agtergrond

In die internasionale arena word toenemende belangstelling in die gebruik van tradisionele geneeskunde1 getoon en erkenning word ook aan die belang van hierdie

tipe geneeskunde verleen.2 In hierdie opsig verleen die Wêreldgesondheidsorganisasie3

erkenning aan die potensiële bydrae wat tradisionele geneeskunde in die konteks van bevordering van toegang tot primêre gesondheidsorg kan lewer.4 Ander internasionale

organisasies soos die Verenigde Nasies5 en die Internasionale Arbeidsorganisasie6

verwag verder behoorlike erkenning en beskerming van diverse kulturele praktyke en geloofsisteme en verleen vervolgens erkenning aan tradisionele geneeskunde as 'n wesenlike komponent van sodanige diversiteit.7

Suid-Afrika in die besonder is 'n land waarin diversiteit met betrekking tot verskeie kultuur- en godsdiensgemeenskappe bestaan en Tshehla8 is van mening dat hierdie

diversiteit veral op die gebied van medisyne en genesingspraktyke van siektes na vore kom. In hierdie verband het Suid-Afrika 'n pluralistiese mediese stelsel wat uit die meer konvensionele "bio-medical" sisteem9 en tradisionele geneeskunde bestaan.10

1 Sien par 2.1 hieronder vir die Wêreldgesondheidsorganisasie se omskrywing van tradisionele geneeskunde. Hierdie omskrywing kan ook in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind aangesien Suid-Afrika 'n lidstaat tot hierdie organisasie is.

2 Gemelde aspekte word in par 2.2 hieronder in meer besonderhede bespreek.

3 Hierna genoem die WGO. Suid-Afrika is 'n lidstaat tot hierdie organisasie. Sien WGO http://www.who.int/choice/demography/by_country/en/ besoek 24-08-2017.

4 Die strategieë en resolusies van die WGO in hierdie opsig sal in par 2.2.1 hieronder in meer besonderhede aandag geniet.

5 Hierna genoem die VN. Suid-Afrika is wel 'n lidstaat tot die VN. Sien VN http://www.un.org/en/member-states/ besoek 21-09-2017.

6 Hierna genoem die IAO waartoe Suid-Afrika ook 'n lidstaat is. Sien IAO http://www.ilo.org/public/english/standards/relm/country.htm besoek 21-09-2017.

7 Hierdie aspek word in par 2.2.2 hieronder in meer besonderhede bespreek. 8 Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 43.

9 Die "bio-medical" mediese sisteem kan beskryf word as die meer konvensionele Westerse mediese sisteem en Tshehla beskryf dit as die "mainstream sector". Die konvensionele mediese sisteem is op die mediese wetenskap gebaseer en 'n mediese praktisyn moet formele opleiding by 'n geakkrediteerde instelling ondergaan. In die algemeen is die mediese praktyk aan streng monitering onderworpe. Hierdie aspek sal in hoofstuk 4 in meer besonderhede ontleed word. Sien Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 26. Sien ook Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 43 en Summerton 2006 Acta Academica 149.

(14)

Tradisionele geneeskunde speel 'n integrale rol in Suid-Afrika as deel van die kulturele gebruike en godsdienstige oortuigings van 'n aansienlike gedeelte van die bevolking.11

Ongeveer 80% van die Suid-Afrikaanse bevolking verkies om tradisionele geneeshere vir fisiese, emosionele en spirituele welstand te raadpleeg.12 Daar word beraam dat

ongeveer 200 000 tradisionele geneeshere13 in Suid-Afrika werksaam is.

Kulturele en godsdienstige regte word ingevolge die Grondwet erken en beskerm.14

Vervolgens word die reg van elke persoon om 'n tradisionele geneesheer as deel van sy of haar kulturele praktyke of oortuigings te raadpleeg by implikasie ook ingevolge die Grondwet erken en beskerm. Suid-Afrikaanse howe bevestig ook dat verskeie kulturele praktyke en geloofsisteme grondwetlike beskerming geniet.15 Bykomend tot die

bogenoemde gee die Employment Equity Act16 en die Wet op Arbeidsverhoudinge17

uitvoering aan die grondwetlike reg van elke persoon om sy of haar kultuur, geloof en

10 Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 43. Sien ook Summerton 2006 Acta Academica 149.

11 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 23, 24. Sien ook Street 2016 SAMJ 325 en Van Niekerk 2012 SAMJ 105.

12 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 24. Sien ook

WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 1 besoek 21-06-2016; Mbatha et al 2012 SAMJ 129; Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 168. 13 Rautenbach voer aan dat die Minister van Gesondheid in 2004 beraam het dat daar ongeveer 200

000 tradisionele geneeshere in Suid-Afrika werksaam is en dat 70%-80% van die bevolking verkies om tradisionele geneeshere te raadpleeg. Rautenbach voer egter verder aan dat geen amptelike statistieke in hierdie verband bestaan nie en verwys bloot na die Minister van Gesondheid se toespraak gedurende die Conference on Traditional Medicine gehou te Kopaneng op 30 Maart 2004. In 2007 het Gqaleni et al op grond van statistieke wat self deur die outeurs versamel is, bevestig dat daar tussen 150 000 en 200 000 tradisionele geneeshere in Suid Afrika werksaam is. In 2015 het Child verwys na die skatting van die voorsitter van die Traditional Healers Organisation dat daar ongeveer 250 000 tradisionele geneeshere in Suid-Afrika is. Street verwys na die aantal tradisionele geneeshere as ongeveer 200 000, maar daar word geen duidelike onderskeid tussen geregistreerde-

en ongeregistreerde tradisionele geneeshere getref nie. Sien Child 2015

http://www.pressreader.com/south-africa/the-times-south-africa/20151105/281500750127146 besoek 07-05-2017; Rautenbach 2007 Obiter 518, 519, vn 2; Gqaleni et al 2007 South African Health Review 178; Street 2016 SAMJ 325. Sien ook Tshehla 2016 SALJ 31.

14 Die relevante grondwetlike bepalings word in meer besonderhede in par 3.2.1 hieronder bespreek. 15 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 23;

Department of Correctional Services and Another v POPCRU and Others 2013 (4) SA 176 (HHA) par 25; MEC for Education, KwaZulu-Natal & others v Pillay 2008 (1) SA 474 (KH) par 107; Dlamini & Others v Green Four Security 2006 (27) ILJ 2098 (AH) par 13, 14, 26, 27, 29, 39, 62. Sien ook Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 168.

16 Employment Equity Act 55 van 1998 (Hierna genoem die EEA). 17 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (Hierna genoem die WAV).

(15)

oortuigings in die werkplek uit te leef deurdat hierdie wetgewing 'n duidelike verbod op onbillike diskriminasie op een van hierdie gronde in die werkplek plaas.18

Alhoewel die reg van elke persoon om 'n tradisionele geneesheer te raadpleeg ingevolge die Grondwet beskerm word en deur howe erken word, kan die uitoefening van hierdie reg deur werknemers verskeie implikasies in die werkplek tot gevolg hê. Vir doeleindes van hierdie studie sal hoofsaaklik op die uitreiking van mediese sertifikate deur 'n tradisionele geneesheer gefokus word.

Vir doeleindes van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes19 moet 'n werknemer in die

geval van 'n aansoek om siekteverlof 'n mediese sertifikaat as bewys van ongeskiktheid voorlê.20 Die WBD skryf spesifieke geldigheidsvereistes voor waaraan 'n mediese

sertifikaat in die werkplek moet voldoen.21 Ingevolge artikel 23 van die WBD22 moet 'n

mediese sertifikaat eerstens verklaar dat die betrokke werknemer weens siekte of besering nie in staat is om te werk nie.23 Tweedens moet die mediese sertifikaat

uitgereik en onderteken word deur 'n mediese praktisyn of 'n persoon wat by 'n beroepsraad geregistreer is en wat gekwalifiseer is om pasiënte te behandel.24

Hier is dit van belang om te noem dat die Traditional Health Practitioners Act25 reeds in

werking getree het. Ter aansluiting hierby is die voorgestelde regulasies26 op 3

18 Hierdie aspek sal in par 3.2.2 hieronder in meer besonderhede aandag geniet.

19 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (hierna genoem die WBD). Die aanhef van die WBD lees as volg:

"Om uitvoering te gee aan die reg op billike arbeidspraktyke soos bedoel in artikel 23(1) van die Grondwet deur voorsiening te maak vir die reëling van basiese diensvoorwaardes en dit te vestig; en daardeur te voldoen aan die verpligtinge van die Republiek as 'n lidland van die Internasionale Arbeidsorganisasie; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan." 20 Artikel 23(1) van die WBD.

21 Artikels 23(1) en 23(2) van die WBD. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 113. 22 Artikel 23 van die WBD word in par 4.2 hieronder in meer besonderhede bespreek. 23 Artikel 23(1) van die WBD. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 113.

24 Artikel 23(2) van die WBD. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 113; Chenia 2013 Without Prejudice 18; Mbatha et al 2012 SAMJ 130.

25 Traditional Health Practitioners Act 22 van 2007 (Hierna genoem die THPA). Sien Hoofstuk 5 hieronder vir bespreking van die THPA. Die THPA is onder andere gerig op die vestiging van die interim Raad en verder word 'n algemene regulerende raamwerk ten opsigte van tradisionele geneeskunde daargestel. Die THPA is op 7 Februarie 2005 onderteken en bekragtig. Aangesien verskeie implementeringsmeganismes eers in plek gestel moes word voordat die THPA implementeer kon word, het 'n gedeelte van die bepalings op 30 April 2008 in werking getree en 'n verdere gedeelte op 1 Mei 2014. Artikels 7, 10, 11(3), 12, 13, 14, 15, 47, 48 en 50 het op 30 April 2008 in werking getree en artikels 4, 5, 6, 8, 9, 16, 17, 18-46, 49 en 51 het op 1 Mei 2014 in werking

(16)

November 2015 deur die Minister van Gesondheid, na konsultasievoering met die Raad, in die Staatskoerant gepubliseer.27 Die regulasies gee uitvoering aan die THPA en het

hoofsaaklik op die registrasieprosedure en standaarde van opleiding en kwalifikasies vir tradisionele geneeshere betrekking.28 Ingevolge die THPA moet 'n tradisionele

geneesheer nou by die interim Raad29 vir tradisionele geneeshere geregistreer wees ten

einde wettiglik te praktiseer.30 In die lig van hierdie nuwe vereiste sal 'n geregistreerde

tradisionele geneesheer nou by die bepalings van artikel 23 van die WBD vir doeleindes van die uitreiking van 'n geldige mediese sertifikaat, ingesluit word.31 Voor die

inwerkingtreding van die THPA was dit nie 'n vereiste dat 'n tradisionele geneesheer by 'n beroepsraad geregistreer moet wees nie.32 Gevolglik was 'n tradisionele geneesheer

vir doeleindes van 'n geldige mediese sertifikaat by die bepalings van artikel 23 van die WBD uitgesluit.33

1.2 Probleemstelling

Alhoewel 'n geregistreerde tradisionele geneesheer sedert die inwerkingtreding van die THPA 'n regsgeldige mediese sertifikaat vir doeleindes van artikel 23 van die WBD kan uitreik, wil dit egter voorkom asof bepaalde problematiek rondom die betroubaarheid van die mediese sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer in vergelyking met dié van 'n konvensionele mediese praktisyn bestaan.34 In hierdie opsig blyk dit dat aspekte met

betrekking tot die kwalifikasie en opleiding van 'n geregistreerde tradisionele geneesheer en die vermoë van so 'n tradisionele geneesheer om 'n siekte met die oog op werklike ongeskiktheid vir werk te diagnoseer, veral problematies is. Dit blyk verder

getree. Sien Mbatha et al 2012 SAMJ 130. Sien ook Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 44 en Tshehla 2015 SAMJ 279.

26 Die voorgestelde regulasies word in par 5.5 hieronder bespreek.

27 Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. Sien ook Street 2016 SAMJ 325.

28 Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. Sien ook Street 2016 SAMJ 325.

29 Die interim Raad het 'n wye reeks funksies en die bevoegdhede wat met die regulering van tradisionele geneeshere verband hou. Sodanige funksies en bevoegdhede word par 5.4 hieronder bespreek.

30 Artikel 21 van die THPA. Sien ook Tshehla 2015 SAMJ 280. 31 Tshehla 2015 SAMJ 279.

32 Chenia 2013 Without Prejudice 18.

33 Tshehla 2015 SAMJ 280. Sien ook Chenia 2013 Without Prejudice 18. 34 Hierdie kwessie word in par 4.3.2 hieronder in besonderhede bespreek.

(17)

dat die statutêre bepalings aangaande standaarde van opleiding en kwalifikasies wat vir doeleindes van registrasie ingevolge die THPA verlang sal word, onduidelik en onvoldoende geformuleer is.35 In die lig hiervan kan bevraagteken word of volwaardige

tradisionele geneeshere ingevolge die THPA geregistreer sal word en of 'n geregistreerde tradisionele geneesheer wel oor die nodige bevoegdheid sal beskik om 'n betroubare en akkurate diagnose vir doeleindes van siekteverlof te maak. Die bogenoemde kwessies gee aanleiding tot die potensiële regsonsekerheid van die werkgewer ten opsigte van die betroubaarheid van 'n tradisionele geneesheer se diagnose en vervolgens die ongeskiktheid van die werknemer vir doeleindes van siekteverlof. Laasgenoemde laat natuurlik ruimte vir misbruik deur werknemers.

1.3 Navorsingsmetodologie

Hierdie navorsing berus op 'n literatuurstudie. Deur hierdie metode te gebruik was primêre bronne van die reg hoofsaaklik van belang. Hierdie bronne sluit toepaslike wetgewing, regspraak en internasionale regsinstrumente soos verdrae en konvensies in. Verder is na relevante sekondêre bronne as agtergrondbronne verwys. Sodanige bronne sluit handboeke, akademiese tydskrifartikels en internetbronne in. Die gemelde navorsingsmetode was vir doeleindes van hierdie studie geskik juis omdat die kritiese ontleding van die statutêre bepalings aangaande die registrasie, kwalifikasies en opleiding van tradisionele geneeshere die kern van die betrokke studie is.

1.4 Beperking en struktuur van die studie

Hierdie studie het spesifiek betrekking op die mediese sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer. Die geldigheid van sodanige sertifikate voor en na statutêre ingryping sal ontleed word. Kern tot hierdie studie is egter dat dit blyk dat die betroubaarheid van mediese sertifikate van tradisionele geneeshere (in vergelyking met dié van konvensionele geneeshere) problematies is en hierdie kwessie moet vervolgens onder die loep geneem word.

(18)

Alvorens 'n studie van mediese sertifikate in die konvensionele en tradisionele sin gedoen kan word, sal eerstens ondersoek ingestel moet word na die erkenning en toepassing van tradisionele geneeskunde in die breë sin. Beide 'n internasionale en Suid-Afrikaanse perspektief sal voorsien word. In Hoofstuk 2 sal 'n algemene agtergrond aangaande die belang van tradisionele geneeskunde vanuit 'n internasionale perspektief uiteengesit word. Hierdie bespreking sal beperk word tot die WGO se posisie aangaande tradisionele geneeskunde asook 'n aantal internasionale instrumente ter erkenning van die belang van tradisionele geneeskunde, wat op Suid-Afrika betrekking het. Tradisionele geneeskunde word vanuit 'n internasionale perspektief oorweeg om sodoende aan te toon tot watter mate die internasionale reg vereis dat erkenning aan tradisionele geneeskunde verleen moet word en om verder aan te toon of Suid-Afrika tans aan internasionale verpligtinge in hierdie opsig voldoen.

Na bespreking van die internasionale perspektief op tradisionele geneeskunde, sal die kwessie in Hoofstuk 3 spesifiek vanuit 'n Suid-Afrikaanse oogpunt oorweeg word. Aangesien tradisionele geneeskunde deel van meerdere kulturele praktyke en geloofsisteme vorm, sal die erkenning en beskerming van kulturele en godsdienstige regte in Suid-Afrika eers oorweeg word. In hierdie opsig sal na die relevante grondwetlike bepalings verwys word. Die beskerming wat spesifiek in die werkplek aan kulturele praktyke en geloofsisteme verleen word, sal daarna oorweeg word. Tweedens sal die pluralistiese mediese stelsel bespreek word; met spesifieke verwysing na die wyses waarop die konvensionele mediese sisteem en tradisionele geneeskunde van mekaar verskil. Hierdie vergelyking word getref ten einde aan te toon hoe 'n konvensionele mediese praktisyn en 'n tradisionele geneesheer onderskeidelik, siekte vir doeleindes van siekteverlof en werklike ongeskiktheid vir werk sal diagnoseer. Klem sal geplaas word op die betekenis van siekte volgens konvensionele asook tradisionele geneeskunde. Die rede hiervoor is om vas te stel tot watter mate 'n werknemer met 'n siektetoestand wat deur 'n tradisionele geneesheer gediagnoseer is, werklik siek is en ongeskik is om te werk. Hierdie vraag het betrekking op die feit dat siekteverlof slegs toepaslik is in gevalle waar die betrokke werknemer waarlik weens siekte of besering ongeskik is om te werk.

(19)

In Hoofstuk 4 sal 'n vergelyking tussen die betroubaarheid van konvensionele en tradisionele mediese sertifikate getref word. Om hierdie ontleding moontlik te maak sal 'n ondersoek gedoen moet word na die algemene geldigheidsvereistes vir mediese sertifikate ingevolge die WBD en of dit gesê kan word dat mediese sertifikate van tradisionele geneeshere ook hieraan voldoen. Sodanige geldigheidsvereistes sal spesifiek in die konteks van konvensionele mediese sertifikate oorweeg word. In hierdie opsig sal verwys word na die moniterings- en reguleringsmaatreëls wat ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe36 asook etiese en professionele gedragskodes op die

registrasie, kwalifikasies, opleiding, dissiplinêre prosedures en mediese sertifikate van 'n mediese praktisyn, betrekking het. Die ontleding hier vermeld sal begrip bied vir die vlak van betroubaarheid van mediese sertifikate in die konvensionele sin. In sulke gevalle sou die werkgewer waarskynlik regsekerheid gehad het oor die omvang van die werknemer se ongeskiktheid om vir 'n wyle te werk. 'n Begrip vir laasgenoemde sal dan 'n persoon in staat stel om vervolgens 'n vergelyking te kan doen tussen die betroubaarheid van konvensionele en tradisionele mediese sertifikate.

Die kwessie met betrekking tot die geldigheid en betroubaarheid van tradisionele mediese sertifikate (gebore uit die vraag na die bevoegdheid van 'n tradisionele geneesheer om waarlik 'n gesaghebbende diagnose van ongeskiktheid te maak) hou direk verband met die huidige statutêre regulering daarvan in Suid-Afrika. Weens hierdie feit sal die regulering van tradisionele geneeshere in Hoofstuk 5 oorweeg word ten einde te bepaal tot watter mate die bepalings van die THPA en die voorgestelde regulasies ingevolge die THPA die kwessies rakende tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika uitkristaliseer of slegs verdere vrae ontlok. Sodoende sal kritiese ondersoek ingestel word na die mate waartoe die THPA en die voorgestelde regulasies 'n aanvaarbare standaard van regulering vir tradisionele geneeshere daarstel, soos wat die internasionale reg vereis. As vertrekpunt sal Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi37 in Hoofstuk 5 bespreek word ten einde te illustreer hoe die kwessie met

betrekking tot mediese sertifikate deur 'n tradisionele geneesheer uitgereik, voor die inwerkingtreding van die THPA aangespreek is. Die rede hiervoor is om aan te toon dat

36 Wet op Gesondheidsberoepe 56 van 1974 (Hierna genoem die WGB).

37 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) (Hierna genoem die Kievits Kroon saak).

(20)

'n aantal vrae betreffende die geldigheid en betroubaarheid van sodanige mediese sertifikate voor die statutêre regulering van tradisionele geneeshere ontlok is en dat die gemelde kwessies nie werklik in die Kievits Kroon aangeleentheid aangespreek is nie. Verder sal die aangeleenthede en beleidsdokumente wat spesifiek aanleiding gegee het tot die formele regserkenning en statutêre regulering van tradisionele geneeshere ingevolge die THPA, uiteengesit word. Daarna sal die kernbepalings van die THPA en die voorgestelde regulasies betreffende registrasie, kwalifikasies en opleiding krities ontleed word. In beginsel sou behoorlike opleiding en 'n geskikte kwalifikasie 'n tradisionele geneesheer daartoe in staat stel om 'n gepaste diagnose te maak en om dan by noodwendige implikasie 'n betroubare mediese sertifikaat uit te reik. Dit behoort ondersoek te word of dit tans ingevolge die THPA die geval is. Kern tot hierdie laasgenoemde ondersoek is die vraag of nie net alleenlik gevolg aan die grondwetlike regte van die werknemer gegee is nie, maar ook of die werkgewer se behoefte aan betroubare mediese sertifikate vir doeleindes van siekteverlof terselfdertyd vervul is.

1.5 Doel van die studie

Met hierdie studie word beoog om eerstens aan te toon dat regsonsekerheid ten opsigte van die betroubaarheid en bewyswaarde van 'n tradisionele geneesheer se diagnose (in vergelyking met dié van 'n konvensionele geneesheer) en die ongeskiktheid van die werknemer vir doeleindes van siekteverlof, vir die werkgewer 'n sterk moontlikheid is. Die uiteindelike doel van hierdie studie is om aan te toon dat die THPA tans nie potensiële regsonsekerheid rakende die betroubaarheid en bewyswaarde van 'n tradisionele geneesheer se mediese sertifikaat opklaar nie. In hierdie studie sal aangetoon word dat dit blyk dat die gemelde Wet selfs verdere vrae in hierdie opsig ontlok en vervolgens nie die werkgewer se behoefte aan betroubare mediese sertifikate vervul nie. Die voorstel sal gemaak word dat onduidelikhede in die THPA opgeklaar moet word om regsekerheid in die hand te werk en sodoende ook die belange van die werkgewer in die gemelde gevalle te dien.

(21)

HOOFSTUK 2: DIE ERKENNING VAN TRADISIONELE

GENEESKUNDE – 'N INTERNASIONALE PERSPEKTIEF

2.1 Inleiding

Tradisionele geneeskunde word wêreldwyd beoefen38 en kan verskeie vorme

aanneem.39 In die algemeen word tradisionele geneeskunde as volg deur die WGO

gedefinieer:

The sum total of the knowledge, skill, and practices based on the theories, beliefs, and experiences indigenous to different cultures, whether explicable or not, used in the maintenance of health as well as in the prevention, diagnosis, improvement or treatment of physical and mental illness.40

In teenstelling met die konvensionele mediese sisteem wat op die mediese wetenskap gebaseer is,41 blyk dit dat tradisionele geneeshere se benadering betreffende die

diagnose en behandeling van fisiese siektetoestande en geestestoestande, hoofsaaklik op die kulturele gebruike en geloofsisteme van onderskeie bevolkingsgroepe gebaseer is. Aangesien Suid-Afrika 'n lidstaat tot die WGO is,42 sal die bogenoemde definisie in

die Suid-Afrikaanse reg toepassing kan vind. Die Hoogste Hof van Appèl het in Kievits Kroon43 ook na die WGO se omskrywing van tradisionele geneeskunde44 verwys. Soos

38 In Europa maak ongeveer 100 miljoen mense gebruik van tradisionele- en "complementary" geneeskunde. Verder was daar in 2009 in China ongeveer 907 miljoen besoeke aan tradisionele geneeshere en in Afrika lande word tradisionele geneeshere deur ongeveer 80% van die bevolking

geraadpleeg. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 25, 26 besoek 21-06-2016.

39 Vorme van tradisionele geneeskunde sluit "Ayurveda", "traditional Chinese medicine" en "Unani medicine" in, terwyl "anthroposophic medicine, chiropractic, homeopathy, naturopathy and osteopathy" vorme van "complementary medicine" is. Sien WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 15 besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 57.

40 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 15 41 Hierdie aspek word in meer besonderhede in par 3.3.2 hieronder bespreek.

42 WGO http://www.who.int/choice/demography/by_country/en/ besoek 24-08-2017. 43 Sien par 5.2 hieronder vir bespreking van die Kievits Kroon saak.

44 In hierdie verband het die WGO in 2002 tradisionele geneeskunde soos volg omskryf: "Diverse health practices, approaches, knowledge and beliefs incorporating plant, animal and/or mineral based medicines, spiritual therapies, manual techniques and exercises applied singularly or in combination to maintain well-being, as well as to treat, diagnose or prevent illness." Ter aansluiting hierby het die Hof na die Centre for Health Development van die WGO verwys, wat tradisionele geneeskunde in Afrika gedefinieer het as: "The sum total of all knowledge and practices, whether explicable or not, used in diagnosis, prevention and elimination of physical, mental or societal

(22)

wat hieronder uitgelig sal word, poog die WGO om by wyse van strategieë en resolusies tradisionele geneeskunde op 'n internasionale vlak te bevorder.45 Bykomend tot die

strategieë en resolusies van die WGO word die belang van tradisionele geneeskunde ingevolge 'n aantal internasionale instrumente, wat op Suid-Afrika betrekking het, uitgelig. In hierdie opsig sal na die WGO se Declaration of Alma-Ata International Conference on Primary Health Care,46 die United Nations Declaration on the Rights of

Indigenous Peoples,47 die United Nations Convention on the Protection and Promotion

of Diversity of Cultural Expressions48 en die Convention Concerning Indigenous and

Tribal Peoples in Independent Countries49 van die IAO, verwys word.50

Die mediese sertifikate wat deur tradisionele geneeshere uitgereik word, is kern tot hierdie studie en vervolgens is dit nodig om eers ondersoek in te stel na die belang van tradisionele geneeskunde in die breë sin. Voordat die belang van tradisionele geneeskunde spesifiek in die Suid-Afrikaanse konteks oorweeg sal word,51 sal in hierdie

hoofstuk eers 'n internasionale perspektief aangaande tradisionele geneeskunde voorsien word. Aangesien die erkenning van tradisionele geneeskunde en die regulering van tradisionele geneeshere in Suid-Afrika kernaspekte is wat later in hierdie studie in meer besonderhede aandag sal geniet,52 sal internasionale standaarde in hierdie opsig

hieronder bespreek word. Hierdie bespreking sal op die strategieë en resolusies van die WGO en die bogenoemde internasionale instrumente van die VN en die IAO fokus. Soos

imbalance, and relying exclusively on practical experience and observation handed down from generation to generation, whether verbally or in writing." Sien Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 24, 25. Sien ook WGO 2002 www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf besoek 21-06-2016.

45 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16 besoek 21-06-2016.

46 Declaration of Alma-Ata International Conference on Primary Health Care van 1978 (Hierna genoem die Alma-Ata Declaration).

47 United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples van 2007 (Hierna genoem die United Nations Declaration).

48 United Nations Convention on the Protection and Promotion of Diversity of Cultural Expressions van 2005 (Hierna genoem die United Nations Convention).

49 Convention Concerning Indigenous and Tribal Peoples in Independent Countries van 1989 (Hierna genoem Konvensie 169).

50 Sien par 2.2.2 hieronder vir bespreking van die onderskeie internasionale instrumente. 51 Sien Hoofstuk 3 hieronder.

52 Die erkenning en toepassing van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika word in Hoofstuk 3 hieronder bespreek terwyl die statutêre regulering van tradisionele geneeshere in Hoofstuk 5 aandag sal geniet.

(23)

wat hieronder uitgelig sal word, dui die internasionale perspektief op tradisionele geneeskunde daarop dat hierdie tipe geneeskunde as 'n integrale komponent van meerdere kulturele gebruike en geloofsisteme erkenning moet ontvang en met die nodige respek behandel moet word.53 Dit dui verder daarop dat tradisionele

geneeskunde 'n wesenlike bydrae ten opsigte van primêre gesondheidsorg kan lewer en om hierdie rede behoort tradisionele geneeskunde behoorlik gereguleer te word om sodoende die veilige en effektiewe gebruik daarvan te bevorder.54

2.2 'n Internasionale perspektief op tradisionele geneeskunde

2.2.1 Die posisie van die WGO aangaande tradisionele geneeskunde

Die WGO is gevestig weens die behoefte aan 'n organisasie wat aangeleenthede betreffende gesondheid en toegang tot gesondheidsdienste op 'n internasionale vlak kontroleer.55 Die grondwet van die WGO is reeds in 1946 gedurende die International

Health Conference56 aangeneem en het op 7 April 1948 in werking getree.57 Die WGO

streef daarna om die "highest attainable level of health for all people" te verseker.58 Een

van die primêre doelwitte van die WGO in hierdie opsig is om universele gesondheidsdekking te bevorder.59 Laasgenoemde behels dat elkeen toegang tot die

hoogste moontlik gehalte gesondheidsorg geniet.60 Volgens die WGO is tradisionele

geneeskunde 'n belangrike maar dikwels onderskatte komponent van gesondheidsorg en dat veilige en effektiewe tradisionele geneeskunde daartoe kan bydra dat elke

53 Sien par 2.2.2 hieronder vir bespreking van die internasionale instrumente ter erkenning van die belang van tradisionele geneeskunde in die konteks van kulturele diversiteit.

54 Die posisie van die WGO aangaande tradisionele geneeskunde word in hierdie opsig in par 2.2.1 hieronder bespreek.

55 WGO 2016 http://www.who.int/about/what-we-do/global-guardian-of-public-health.pdf 6 besoek 08-05-2017.

56 Die International Health Conference is gedurende 19 Junie tot 22 Julie 1946 in New York gehou. Sien WGO http://www.who.int/governance/eb/who_constitution_en.pdf besoek 08-05-2017.

57 WGO http://www.who.int/governance/eb/who_constitution_en.pdf besoek 08-05-2017.

58 WGO http://www.who.int/governance/eb/who_constitution_en.pdf besoek 08-05-2017. Sien ook WGO 2016 http://www.who.int/about/what-we-do/global-guardian-of-public-health.pdf 1 besoek 08-05-2017.

59 WGO 2016 http://www.who.int/about/what-we-do/global-guardian-of-public-health.pdf 2 besoek 08-05-2017.

60 WGO 2016 http://www.who.int/about/what-we-do/global-guardian-of-public-health.pdf 2 besoek 08-05-2017.

(24)

persoon toegang tot die gesondheidsorg van sy of haar keuse kan geniet.61 Daarom het

die WGO in samewerking met lidstate daartoe, internasionale organisasies62 en 'n aantal

organisasies63 van die VN die WHO Traditional Medicine Strategy 2002–200564 en die

WHO Traditional Medicine Strategy 2014-202365 gepubliseer.66 Die kerndoelwitte van

sodanige strategieë is om die integrasie van tradisionele geneeskunde by nasionale gesondheidsorg sisteme te bevorder, om die benutting van tradisionele geneeskunde ten opsigte van welstand en gesondheidsorg binne lidstate te bevorder en om die veilige en effektiewe gebruik van tradisionele geneeskunde by wyse van regulering van sodanige produkte, praktyke en geneeshere te bevorder.67 Vervolgens sal na die

kernkomponente van die gemelde strategieë verwys word.

2.2.1.1 Die toenemende gebruik van tradisionele geneeskunde op internasionale skaal Die WGO het, met verwysing na statistieke in onderskeie lande soos hieronder genoem, ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy aangetoon dat die gebruik van tradisionele geneeskunde wêreldwyd opmerklik toeneem.68 Verskeie redes vir hierdie

toename is in hierdie verslag deur die WGO voorgehou.69 Eerstens, tradisionele

geneeskunde vorm deel van die kulturele of godsdienstige gebruike van verskeie bevolkingsgroepe wat gevolglik daarop steun as 'n betroubare bron van

61 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 5 besoek 21-06-2016.

62 Soos die Collaborating Centres for Traditional Medicine van die WGO en die Expert Advisory Panel on

Traditional Medicine van die WGO. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 5 besoek 21-06-2016. 63 In hierdie verband kan na die World Intellectual Property Organization, World Trade Organization en

die Food and Agriculture Organization verwys word. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 5 besoek 21-06-2016. 64 WHO Traditional Medicine Strategy 2002–2005 (Hierna genoem die 2002 Traditional Medicine

Strategy).

65 WHO Traditional Medicine Strategy 2014-2023 (Hierna genoem die 2014 Traditional Medicine Strategy).

66 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 5 besoek 21-06-2016.

67 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 8 besoek

21-06-2016; WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 43 besoek 21-05-2016.

68 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 7 besoek 21-06-2016.

69 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 15, 16 besoek 21-06-2016.

(25)

gesondheidsorg.70 In hierdie verband het die WGO byvoorbeeld aangetoon dat 76% van

die bevolking in Singapoer en 86% van die bevolking in die Republiek van Korea weens hul kulturele praktyke en geskiedkundige agtergrond voorkeur aan tradisionele geneeskunde gee.71 In die Afrika lande aan die ander kant word tradisionele

geneeshere om hierdie rede deur ongeveer 80% van die bevolking geraadpleeg.72 In

Suid-Afrika spesifiek verkies ongeveer 80% van die bevolking om tradisionele geneeshere as deel van hul kultuur en geloofsisteme te raadpleeg.73

Tweedens is tradisionele geneeskunde, in teenstelling met konvensionele medisyne, meer toeganklik in ontwikkelende lande.74 Soos hierbo genoem speel kultuur en

oortuigings wel 'n groot rol in die wye gebruik van tradisionele geneeskunde in ontwikkelende lande soos die Afrika lande, maar hierdie tipe geneeskunde kan ook die enigste of primêre bron van gesondheidsorg in landelike gemeenskappe wees.75 In

Afrika is konvensionele gesondheidsdienste dikwels nie in landelike gemeenskappe beskikbaar nie of sodanige dienste kan beperk wees.76 Daarom word tradisionele

geneeshere in Afrika dikwels as die primêre verskaffers van gesondheidsorg ten opsigte van 'n aansienlike gedeelte van die bevolking beskou.77

70 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16 besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 61.

71 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16 besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 61.

72 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 26 besoek 21-06-2016.

73 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 24. Sien ook

WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 1 besoek 21-06-2016; Mbatha et al 2012 SAMJ 129; Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 168. 74 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16, 27

besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 61.

75 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16, 27

besoek 21-06-2016; WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 2 besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 61. 76 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16, 27

besoek 21-06-2016; WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 2 besoek 21-06-2016. Sien ook Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 61.

77 In Afrika is die verhouding van tradisionele geneeshere tot die bevolking 1:500, terwyl die verhouding van mediese dokters tot die bevolking 1:40 000 is. Sien WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 16, 27, 29 besoek 21-06-2016.

(26)

'n Verdere rede vir die toenemende internasionale belangstelling in tradisionele geneeskunde is dat dit in verskeie ontwikkelde lande saam met gevestigde mediese sisteme as aanvullende behandeling van siektetoestande gebruik word.78 Europa en

Noord-Amerika het byvoorbeeld goed gevestigde nasionale mediese sisteme, maar tradisionele geneeskunde word dikwels as aanvullende behandeling van siektetoestande gebruik.79 Die WGO het aangetoon dat sommige pasiënte tradisionele geneeskunde as

aanvullend tot die konvensionele mediese sisteem gebruik veral om chroniese siektes80

te bestuur.81 Die WGO het uitgelig dat die toename in chroniese siektes op 'n

internasionale skaal tot gevolg het dat pasiënte en gesondheidsorg verskaffers vereis dat gesondheidsdienste hersien word en dat groter klem op geïndividualiseerde sorg geplaas word.82 In hierdie opsig fokus tradisionele geneeskunde veral op die behoeftes

van die individu.83 Die voordeel wat geleë is in die gebruik van tradisionele geneeskunde

as aanvullende behandeling, is dat pasiënte meer gesondheidsorg moontlikhede tot hul beskikking het. Pasiënte kan vervolgens die gesondheidsorg dienste van hul eie keuse gebruik wat hulle glo vir hulle die beste gehalte gesondheidsorg sal bied. In hierdie opsig kan tradisionele geneeskunde byvoorbeeld in die geval van chroniese siektes natuurlike metodes bied wat daardie persoon glo vir hulle meer wenslik en voordelig as konvensionele medisyne sal wees. Hier is dit egter van belang om uit te lig dat tradisionele geneeskunde steeds behoorlik gereguleer moet word om die veilige en effektiewe gebruik daarvan te bevorder en sodoende verbruikers te beskerm.

Vanuit die bogenoemde blyk dit duidelik dat tradisionele geneeskunde wêreldwyd gebruik word en dat verbruikers ook toenemende belangstelling in hierdie tipe

78 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 27 besoek 21-06-2016.

79 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 27 besoek 21-06-2016.

80 Chroniese siektes sluit onder andere kanker, diabetes en kardiovaskulêre siektetoestande in. Sien Payyappallimana 2010 Yokohama Journal of Social Sciences 69.

81 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 28 besoek 21-06-2016. 82 WGO 2002 www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 14 besoek 21-06-2016. 83 WGO 2002 www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 14 besoek 21-06-2016.

(27)

geneeskunde toon. Volgens die WGO moet lidstate egter verseker dat verbruikers ingeligte besluite ten opsigte van gesondheidsorg moontlikhede kan neem.84 In hierdie

opsig beklemtoon die WGO dat lidstate, Suid-Afrika in kluis, 'n kernverpligting het om die gesondheid van hul bevolkings te beskerm deur die versekering van veilige tradisionele geneeskunde en deur die effektiewe bestuur van die moontlike risiko's85

wat daaraan verbonde mag wees.86 Om hierdie rede poog die WGO om globaal die

regulering van tradisionele geneeskunde te bevorder.

2.2.1.2 Internasionale regulering van tradisionele geneeskunde

In breë trekke was die kerndoelwitte van die 2002 Traditional Medicine Strategy om die ontwikkeling van tradisionele geneeskunde beleide en programme binne lidstate te bevorder, om die integrasie van tradisionele geneeskunde by nasionale gesondheidsorg sisteme te bevorder en om die veiligheid, effektiwiteit en kwaliteit van tradisionele geneeskunde te bevorder.87 Sedert die 2002 Traditional Medicine Strategy gepubliseer

is, het die aantal lidstate met nasionale beleide aangaande tradisionele geneeskunde soos volg toegeneem: 1999: 25 lande, 2003: 39 lande, 2005:45 lande, 2007:48 lande en in 2012: 69 lande.88 Die 2014 Traditional Medicine Strategy bou op die 2002

Traditional Medicine Strategy voort.

Een van die kerndoelwitte van 2014 Traditional Medicine Strategy is om by wyse van regulering, die veilige en effektiewe gebruik van tradisionele geneeskunde te

84 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 18 besoek 21-06-2016.

85 Risiko's wat aan die gebruik van tradisionele geneeskunde verbonde mag wees sluit die volgende in: die gebruik van lae kwaliteit of nagemaakte produkte, ongekwalifiseerde geneeshere, blootstelling aan verwarrende of onbetroubare inligting, verkeerde diagnose van siektetoestande en

newe-effekte. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 31 besoek 21-06-2016.

86 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 30 besoek 21-06-2016.

87 WGO 2002

www.wpro.who.int/health_technology/book_who_traditional_medicine_strategy_2002_2005.pdf 43 besoek 21-05-2016.

88 In hierdie opsig verwys die WGO nie na die spesifieke lande wat onder elke jaar-kategorie val nie en vervolgens is dit nie duidelik onder watter jaar-kategorie Suid-Afrika val nie. Sien WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 21 besoek 21-06-2016.

(28)

bevorder.89 Ingevolge die gemelde strategie word algemene riglyne vir die regulering

van tradisionele medisyne of -produkte,90 tradisionele geneeshere91 en tradisionele

geneeskundige praktyke,92 daargestel. Eerstens word ingevolge die 2014 Traditional

Medicine Strategy bepaal dat 'n basiese regulerende raamwerk op die kwaliteit, veiligheid en effektiwiteit van tradisionele geneeskunde gerig moet wees.93 In hierdie

opsig behoort byvoorbeeld vir die registrasie van tradisionele medisyne voorsiening gemaak te word.94 Ter aansluiting hierby behoort lidstate ook voorsiening te maak vir

maatreëls wat op die praktyke, opleiding, kwalifikasies,95 registrasie en akkreditasie van

tradisionele geneeshere gerig is.96 Lidstate behoort verder die ontwikkeling van 'n etiese

gedragskode en praktykstandaarde te ondersteun. Gemelde maatreëls verseker die veiligheid van tradisionele medisyne en dit verseker ook die kwaliteit, vermoëns en

89 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 43 besoek 21-06-2016.

90 Ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy sluit sodanige produkte "herbs, herbal materials, herbal preparations and finished herbal products that contain parts of plants, other plant materials

or combinations thereof as active ingredients" in. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 31 besoek 21-06-2016.

91 Ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy sluit tradisionele geneeshere "traditional medicine practitioners, complementary medicine practitioners, conventional medicine professionals and health care workers such as doctors, dentists, nurses, midwives, pharmacists and physical therapists who provide traditional and complementary medicine services to their patients" in. Sien WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 31 besoek 21-06-2016.

92 Ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy behels tradisionele geneeskundige praktyke "medication therapy and procedure-based health care therapies such as herbal medicines, naturopathy, acupuncture and manual therapies such as chiropractic, osteopathy as well as other related techniques including qigong, tai chi, yoga, thermal medicine, and other physical, mental,

spiritual and mind-body therapies." Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 31 besoek 21-06-2016.

93 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 50 besoek 21-06-2016.

94 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 50 besoek 21-06-2016.

95 Die strategie verwys egter nie spesifiek na die aard van die instansies waar tradisionele geneeshere opleiding behoort te ondergaan om toepaslike kwalifikasies te verwerf nie. In hierdie opsig word uitgelig dat opleiding van land tot land kan verskil. Die strategie verwys bloot na vordering wat gemaak is deurdat 30% van die lidstate tot die WGO, tradisionele geneeskunde programme op universiteitsvlak aanbied. Die afsonderlike lande word nie gespesifiseer nie. Die strategie verwys verder daarna dat tradisionele geneeskunde kennis in Afrika lande mondelings oorgedra word en dat sommige lande opleidingsprogramme in hierdie verband verbeter het. Verdere besonderhede word

egter nie voorsien nie. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 23, 30, 33 besoek 21-06-2016.

96 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 50, 51 besoek 21-06-2016.

(29)

professionele en etiese optrede van tradisionele geneeshere. Sodoende word die veiligheid, effektiwiteit en kwaliteit van tradisionele geneeskunde bevorder. Die 2014 Traditional Medicine Strategy gee egter nie spesifieke leiding oor hoe die bogenoemde deur lidstate bereik moet word nie.

Tweedens moet lidstate verseker dat die regulerende sisteem prakties is en tot die behoeftes van die betrokke land aangepas is.97 In hierdie opsig word ingevolge die 2014

Traditional Medicine Strategy bepaal dat lidstate die algemene riglyne in die konteks van die bestaande regsraamwerk en spesifieke nasionale omstandighede moet oorweeg.98 Nasionale omstandighede sluit unieke kulturele oortuigings aangaande

tradisionele geneeskunde, die tipes tradisionele geneeskunde wat gebruik word en die redes vir die gebruik daarvan, in.99 Sodoende kan lidstate spesifieke nasionale beleide

en standaarde daarstel wat in ooreenstemming met die behoeftes van die betrokke regstelsel en nasionale behoeftes ten opsigte van tradisionele geneeskunde is.

'n Verdere riglyn wat ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy gestel word, is dat lidstate moet poog om die kennisbasis ten opsigte van die nasionale tradisionele geneeskunde sektor, te verbreed.100 In hierdie opsig behoort navorsers, verbruikers en

tradisionele geneeshere se betrokkenheid by die regulerende raamwerk bevorder te word ten einde lidstate in staat te stel om die aard van die betrokke tradisionele geneeskunde sektor beter te verstaan.101 Die belang hiervan is dat dit lidstate in staat

sal stel om tradisionele geneeskunde meer effektief te reguleer. Prioriteit kan verleen word aan aspekte wat regulering vereis102 en ingeligte besluite rakende die regulering

97 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 51 besoek 21-06-2016. 98 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 40, 43, 44 besoek 21-06-2016. 99 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 40, 43, 44 besoek 21-06-2016. 100 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 50, 51 besoek 21-06-2016. 101 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 45, 52 besoek 21-06-2016.

102 In hierdie opsig maak die WGO telkens melding van aspekte betreffende die kwalifikasies, opleiding,

akkreditasie en praktyke van tradisionele geneeshere. Sien WGO 2013

http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 43-57 besoek 21-06-2016.

(30)

van tradisionele geneeskunde kan geneem word.103 Die 2014 Traditional Medicine

Strategy stel in samehang hiermee dat internasionale samewerking ten opsigte van die beskikbaarstelling van inligting rakende tradisionele geneeskunde, ontwikkel moet word.104 Die belang hiervan is om 'n internasionale kennisbasis daar te stel wat

betrekking het op vooruitgang in tradisionele geneeskunde navorsing en spesifieke reguleringsmaatreëls wat reeds deur lidstate aangeneem is.

Ingevolge die 2014 Traditional Medicine Strategy word na spesifieke reguleringsmaatreëls verwys wat reeds deur lidstate aangeneem is. Ter illustrasie kan onder andere na die regulering van tradisionele geneeshere in China verwys word.105 In

gemelde regstelsel word vereis dat 'n persoon 'n eksamen by die Chinese Medicine Practitioners Board106 moet aflê ten einde as 'n tradisionele geneesheer geregistreer te

kan word.107 Verder moet om 'n sertifikaat aansoek gedoen word, ingevolge waarvan

die persoon gemagtig sal wees om tradisionele geneeskunde te beoefen.108 Opleidings-

en navorsingsinstansies vir tradisionele geneeskunde word deur die CMPB goedgekeur en gedragskodes word daardeur opgestel om professionele standaarde en praktyke te handhaaf.109 Die bogenoemde is wel 'n goeie praktyk om te hê. Die feit dat 'n

tradisionele geneesheer 'n eksamen by die CMPB moet aflê alvorens registrasie moontlik sal wees, dui daarop dat 'n formele standaard van opleiding en kwalifikasies vir doeleindes van registrasie vereis sal word en dat volwaardige tradisionele geneeshere met die nodige bevoegdheid in alle waarskynlikheid geregistreer sal word. Die feit dat die CMPB opvoedkundige instellings goedkeur, dui verder daarop dat beheer oor die opleiding en kwalifikasies van tradisionele geneeshere uitgeoefen word en dat tradisionele geneeshere volgens eenvormige gesondheidsorg standaarde opgelei word.

103 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 45 besoek 21-06-2016.

104 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 50 besoek 21-06-2016.

105 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 34 besoek 21-06-2016.

106 Hierna genoem die CMPB.

107 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 34 besoek 21-06-2016.

108 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 34 besoek 21-06-2016.

109 WGO 2013 http://www.who.int/medicines/publications/traditional/trm_strategy14_23/en/ 34 besoek 21-06-2016.

(31)

Verder dui gedragskodes daarop dat streng beheer oor die optrede en praktyke van tradisionele geneeshere uitgeoefen word en sodoende sal professionele en etiese standaarde gehandhaaf word. Die gemelde maatreëls dra by tot die veilige en effektiewe beoefening van tradisionele geneeskunde. Dit wil voorkom asof die THPA inderdaad poog om 'n soortgelyke standaard van regulering vir tradisionele geneeshere in Suid-Afrika daar te stel aangesien tradisionele geneeshere nou ingevolge die bepalings van die THPA by die interim Raad vir tradisionele geneeshere geregistreer moet wees om wettiglik te praktiseer.110 Die THPA ruim egter nie onduidelikheid oor

aspekte betreffende die kwalifikasies, opleiding, akkreditasie en die professionele en etiese praktyke van tradisionele geneesheer uit die weg nie. Die gemelde kwessies sal later in meer besonderhede aandag geniet.111 Onder die genoemde omstandighede kan

bevraagteken word of die THPA op hierdie stadium wel die veilige en effektiewe beoefening van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika bevorder.

Bykomend tot die strategieë het die WGO reeds verskeie resolusies ten opsigte van tradisionele geneeskunde aangeneem.112 Resolusies van die WGO word deur die World

Health Assembly aangeneem.113 Resolusies weerspieël bloot die oogmerke van die WGO

en lidstate ten opsigte van 'n spesifieke aangeleentheid.114 Resolusies word as

nie-bindende "soft global health norms" beskou en lidstate tot die WGO is nie regtens daartoe gebind nie.115 Die oorweging van die resolusies deur WGO lidstate kan egter

wel 'n invloedryke rol op 'n nasionale vlak speel.

Verskeie resolusies116 van die WGO het op tradisionele geneeskunde aspekte in die breë

sin betrekking, maar verwys nie spesifiek na die regulering van tradisionele geneeskunde nie en is vervolgens nie vir doeleindes van hierdie bespreking van belang

110 Hierdie aspek word in par 5.4.1.1 hieronder in meer besonderhede bespreek. 111 Sien parr 5.4.1.1 en 5.5.1 hieronder.

112 Le Roux-Kemp 2010 CILSA 274. Sien ook Summerton 2006 Acta Academia 147. 113 Gostin Sridhar en Hougendobler 2015 Public Health 2.

114 Gostin Sridhar en Hougendobler 2015 Public Health 2. 115 Gostin Sridhar en Hougendobler 2015 Public Health 2.

116 In hierdie opsig kan verwys word na Resolution WHA30.49 on the Promotion and Development of Training and Research in Traditional Medicine van 1977, Resolution WHA41.19 on Traditional Medicine and Medicinal plants van 1988 en Resolution WHA44.34 on Traditional Medicine and Modern Health Care van 1991. Sien Le Roux-Kemp 2010 CILSA 274 en Summerton 2006 Acta Academia 147. Sien ook WGO http://who.int/medicines/areas/traditional/trm_assembly_doc/en/ besoek 30-08-2017.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Toch wordt het Rijksmuseum Volkenkunde als casestudie gekozen omdat dit museum veel groeipotentie heeft en als voorbeeld kan dienen voor musea die ook weinig eigen inkomsten

Manifestations of masculinity, the sexual double standard and media representations all work together in order to provide us with certain expectations of male bartenders and the

Laten mensen met een door manipulatie aangeleerde incremental theorie meer volharding zien om door te gaan op een taak waar ze eerst op falen dan mensen met een door manipulatie

The indigenous maize stemborer, Busseola fusca (Fuller) (Lepidoptera: Noctuidae) and the exotic sorghum stemborer, Chilo partellus (Swinhoe) (Lepidoptera: Pyralidae) are

Day, depression, anxiety, nighttime worrying, daytime worrying, stress and insomnia severity index as predictors of wake after sleep onset.. No significant relationship was

Dit geldt niet voor de (doelgroep specifieke) competenties Zelfbeleving en Assertiviteit, waarvoor ook geen significant verschil werd gevonden tussen beide groepen. Wellicht dat

The present study examined the potential effect of agreeableness diversity and leader emotional management skills on the group relational processes such as cohesion, conflict