• No results found

HOOFSTUK 4: KONVENSIONELE EN TRADISIONELE MEDIESE

4.3 Mediese sertifikate deur 'n konvensionele praktisyn uitgereik

4.3.2 Betroubaarheid van mediese sertifikate deur 'n konvensionele

4.3.2.3 Kriteria waarvolgens standaard mediese sertifikate beoordeel word

Konvensionele mediese sertifikate moet aan spesifieke kriteria soos vervat in die Ethical Rules of Conduct voldoen. Sodanige kriteria stel aan mediese praktisyns duidelike en eenvormige riglyne betreffende die uitreiking van mediese sertifikate vir doeleindes van artikel 23 van die WBD.382 Die uitreiking van mediese sertifikate wat nie aan hierdie

kriteria voldoen nie, kan moontlik onprofessionele gedrag daarstel en tot 'n dissiplinêre ondersoekdeur 'n beroepsraad aanleiding gee.383 Rycroft384 is van oordeel dat dit nodig

is dat die Interim Raad vir tradisionele geneeshere die inhoud van "mediese" sertifikate van tradisionele geneeshere moet reguleer om te verseker dat 'n mate van eenvormigheid, soos vervat in die Ethical Rules of Conduct, daargestel word. Op hierdie stadium is daar egter nie vir tradisionele geneeshere enige riglyne of kriteria aangaande die uitreiking van mediese sertifikate vir doeleindes van artikel 23 van die WBD nie. Ingevolge die Ethical Rules of Conduct moet spesifieke inligting met betrekking tot die geneesheer en die pasiënt op die mediese sertifikaat verskyn. Die mediese sertifikaat moet eerstens die naam, adres, kwalifikasie en registrasienommer van die mediese praktisyn aandui.385 Sodoende is die betrokke praktisyn identifiseerbaar as 'n

volwaardige mediese praktisyn wat by die RGBSA geregistreer is. Verder moet die naam van die pasiënt, die datum van die ondersoek en tyd van die ondersoek aangedui word.386 Die belang hiervan is dat werkgewers in die algemeen ondersoek aangaande

die egtheid van mediese sertifikate mag instel.387 Alhoewel 'n mediese praktisyn nie

sonder die toestemming van die werknemer vertroulike inligting betreffende die

381 Sien par 5.4.1.2 hieronder.

382 2015 https://www.medicalprotection.org/southafrica/casebook-may-2015/medical-certificates- avoiding-the-pitfalls besoek 05-03-2017.

383 RGBSA http://www.hpcsa.co.za/Conduct besoek 05-03-2017. 384 Rycroft 2014 ILJ 916.

385 Reëls 16(1)(a) en 16(1)(j) van die Ethical Rules of Conduct. 386 Reëls 16(1)(b) en 16(1)(d) van die Ethical Rules of Conduct.

387 Verwey 2015 https://www.medicalprotection.org/southafrica/casebook-may-2015/medical- certificates-avoiding-the-pitfalls besoek 05-03-2017.

werknemer se siektetoestand mag openbaar nie; mag die werkgewer wel bevestig dat die werknemer inderdaad die betrokke mediese praktisyn besoek het deurdat die werkgewer inligting soos die datum en tyd van die ondersoek kan bevestig.388

Dit is vervolgens van kardinale belang dat die spesifieke siektetoestand op die mediese sertifikaat aangedui moet word indien die pasiënt daartoe toestemming verleen.389 Die

belang van hierdie vereiste is geleë in die feit dat 'n mediese sertifikaat vir doeleindes van siekteverlof as bewys moet dien dat die betrokke werknemer weens siekte of besering ongeskik is om te werk.390 So ook behoort aangetoon te word of die sertifikaat

op grond van 'n mediese ondersoek of op grond van inligting deur die pasiënt verskaf, uitgereik is.391 Die rede hiervoor is dat 'n konvensionele mediese sertifikaat op mediese

feite wat aan die praktisyn bekend is gebaseer moet wees. 392 In gevalle waar 'n pasiënt

nie toestemming verleen dat sy of haar mediese toestand bekend gemaak mag word nie, moet die mediese praktisyn bloot aantoon dat die pasiënt op grond van 'n mediese ondersoek, nie in staat is om te werk nie.393 Die Ethical Rules of Conduct vereis ook dat

die mediese praktisyn die presiese aanbevole tydperk van siekteverlof vir die betrokke pasiënt moet aandui.394 Sodoende word verhoed dat siekteverlof moontlik misbruik

word deurdat 'n werknemer afwesig is vir 'n langer periode as wat werklik vir herstel nodig is.

Verder bepaal die Ethical Rules of Conduct dat die mate van ongeskiktheid aangedui moet word.395 Die mediese sertifikaat moet aantoon of die pasiënt heeltemal ongeskik is

om te werk of moontlik in staat is om minder strawwe werksverpligtinge te verrig.396 Uit

die Patients' Rights Charter van die RGBSA, blyk dit dat pasiënte 'n algemene plig het om vir doeleindes van diagnose en behandeling relevante en akkurate inligting aan 'n

388 Verwey 2015 https://www.medicalprotection.org/southafrica/casebook-may-2015/medical- certificates-avoiding-the-pitfalls besoek 05-03-2017.

389 Artikel 16(1)(f) van die Ethical Rules of Conduct. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488. 390 Artikels 23(1) van die WBD.

391 Reël 16(1)(e) van die Ethical Rules of Conduct.

392 Grobler en Lapere 2016 Occupational Health South Africa 17. 393 Artikel 16(1)(f) van die Ethical Rules of Conduct.

394 Reël 16(1)(h) van die Ethical Rules of Conduct. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488. 395 Reël 16(1)(g) van die Ethical Rules of Conduct. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488. 396 Reëls 16(1)(g) van die Ethical Rules of Conduct.

mediese praktisyn te verskaf.397 Dit blyk egter nie duidelik of daar 'n spesifieke

verpligting op 'n pasiënt rus om aan die mediese praktisyn die aard van sy of haar werk te openbaar om die praktisyn sodoende in staat te stel om die mate van ongeskiktheid te bepaal nie. Wat egter duidelik uit die Ethical Rules of Conduct blyk, is dat 'n mediese praktisyn slegs 'n mediese sertifikaat mag uitreik indien die sertifikaat aan die bogenoemde kriteria voldoen.398

'n Mediese praktisyn moet op grond van sy of haar professionele opinie van oordeel wees dat die werknemer medies ongeskik is om te werk, welke feit die belang van geskikte opleiding en kwalifikasies van die praktisyn onderstreep.399 Dit volg derhalwe

dat 'n persoon wat nie sodanige opleiding gehad het nie, nie die vereiste vermoë sal hê om met mediese akkuraatheid so oordeel te kan fel nie. Soos reeds genoem word 'n konvensionele mediese sertifikaat juis geag om op mediese feite wat aan die praktisyn bekend is, gebaseer te wees.400 'n Mediese sertifikaat wat bloot aantoon dat die

praktisyn die werknemer gesien het of dat die praktisyn ingelig is dat die werknemer nie in staat is om normale werksverpligtinge te verrig nie, sal onvoldoende wees.401

Soos reeds hierbo uitgelig, is tradisionele geneeskunde eerder op spirituele aspekte as mediese feite gebaseer.402 Die mate waartoe die werknemer weens hulle siektetoestand

medies ongeskik is om te werk is vervolgens nie altyd duidelik nie. Wat egter onbestrede behoort te staan is dat die werkgewer nie 'n mediese sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer mag weier bloot gebaseer op sy of haar subjektiewe opinie dat die werknemer nie waarlik siek is nie. Erkenning en respek behoort steeds verleen te word aan die diepe kulturele en spirituele oortuigings van ander, selfs al behels dit konsepte wat vir die werkgewer uitheems of onverstaanbaar is.

397 RGBSA 2008

http://www.hpcsa.co.za/downloads/conduct_ethics/rules/generic_ethical_rules/booklet_3_patients_ri ghts_charter.pdf 3 besoek 06-03-2017.

398 Reël 16(1) van die Ethical Rules of Conduct.

399 Grobler en Lapere 2016 Occupational Health South Africa 17. Sien ook Verwey 2015 https://www.medicalprotection.org/southafrica/casebook-may-2015/medical-certificates-avoiding- the-pitfalls besoek 05-03-2017 en Claassen en Du Toit http://www.labourguide.co.za/most- recent/1148-medical-certificates-what-constitutes-a-valid-medical-certificate besoek 06-03-2017. 400 Grobler en Lapere 2016 Occupational Health South Africa 17.

401 Claassen en Du Toit http://www.labourguide.co.za/most-recent/1148-medical-certificates-what- constitutes-a-valid-medical-certificate besoek 06-03-2017.

Hoe dit ook al sy, behoorlike bewyse van die werknemer se ongeskiktheid is nodig, soos in die geval van konvensionele mediese sertifikate, maar die potensiële gebrek aan behoorlike opleiding van die tradisionele geneesheer om met akkuraatheid die werknemer se ongeskiktheid te verklaar speel 'n groot rol in die toenemende onsekerheid.

Dit blyk dat die bogenoemde moniterings- en reguleringsmaatreëls wat ingevolge die WGB asook etiese en professionele gedragskodes op die mediese praktyk van toepassing is, dit vir werkgewers makliker maak om in die geval van 'n aansoek om siekteverlof op die gesaghebbendheid van konvensionele mediese sertifikate staat te maak.403 Wat meer is bied sodanige maatreëls 'n raamwerk waarbinne howe die

bewyswaarde van konvensionele mediese sertifikate kan beoordeel.404 In hierdie

verband kan na Old Mutual Life Assurance v Gumbi405 verwys word. In die gemelde

aangeleentheid406 moes die hof die vraag rakende die prosedurele billikheid van die

ontslag van die respondent weens wangedrag, oorweeg. Gedurende die dissiplinêre verhoor wat op 29 April 2004 plaasgevind het, het die respondent versuim om terug te keer nadat die respondent se verteenwoordiger 'n verdaging versoek het.407 Dit het

duidelik geblyk dat die respondent se verteenwoordiger die voorsetting van die

403 Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488. 404 Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488.

405 Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA). 406 In hierdie aangeleentheid is die appellant Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd en die respondent is

Mr Thamela Gumbi, 'n werknemer in diens van Old Mutual. Die respondent het aangevoer dat hy nie die geleentheid tot 'n dissiplinêre verhoor voor sy ontslag gehad het nie. Die respondent het versuim om die eerste dissiplinêre verhoor op 31 Maart 2004 by te woon. Die respondent het aangevoer dat hy siek was en nie die verhoor van 31 Maart 2004 kon bywoon nie. In hierdie verband is 'n mediese sertifikaat deur die respondent voorgelê. Die dissiplinêre verhoor is in die afwesigheid van die respondent afgehandel en die respondent is ontslaan. Die respondent se verteenwoordiger het skriftelik aan die appellant vertoë, vir die heraanstelling van die respondent, gerig. Die appellant het beoog om die respondent na heraanstelling weer van wangedrag aan te kla en 'n dissiplinêre verhoor is vir 29 April 2004 geskeduleer. Die tweede dissiplinêre verhoor is in die afwesigheid van die respondent afgehandel. Die hof het bevind dat ontslag nie prosedureel onbillik was nie. Aangesien die mediese sertifikaat nie aangetoon het dat die respondent glad nie in staat was om die dissiplinêre verhoor by te woon nie, is die respondent en die respondent se verteenwoordiger vir die respondent se afwesigheid by die dissiplinêre verhoor aanspreeklik gehou. Sien Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA) parr 1, 2, 11, 19, 21.

407 Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA) par 12.

verrigtinge wou verhoed.408 In hierdie verband is 'n mediese sertifikaat namens die

respondent voorgelê.409 Die hof het egter die mediese sertifikaat verwerp aangesien die

bewyswaarde van die sertifikaat laag was. In hierdie opsig het die mediese sertifikaat na 'n "tension headache" verwys, maar die sertifikaat het geen melding van 'n "independent medical diagnosis of the illness" of 'n opinie betreffende die ongeskiktheid van die respondent om normale werksverpligtinge na te kom of om die dissiplinêre verhoor by te woon, gemaak nie.410 Die hof het egter nie verdere besonderhede

aangaande die belang van sodanige inligting verskaf nie. Die uitspraak van die hof bevestig wel die feit dat 'n mediese sertifikaat nie as voldoende bewys van 'n siektetoestand sal dien waar sodanige sertifikaat nie op die professionele opinie van 'n mediese praktisyn en mediese feite wat aan die praktisyn bekend is, gebaseer is nie en waar die sertifikaat verder nie aantoon tot watter mate die betrokke werknemer ongeskik is om normale werk te verrig nie.

Ten spyte van die feit dat onsekerheid rondom die betroubaarheid van die "mediese" sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer bestaan, sal 'n werkgewer verplig wees om siekteverlof toe te staan mits die mediese sertifikaat van 'n konvensionele praktisyn of dié van 'n tradisionele geneesheer aan die geldigheidsvereistes vir mediese sertifikate ingevolge artikel 23 van die WBD voldoen. Sodanige verpligting strek egter net tot op 'n sekere punt: waar 'n werknemer gereeld weens (konvensionele of tradisionele) siekte afwesig is en dit 'n impak op die besigheid begin hê, kan die werknemer op grond van ongeskiktheid ontslaan word. Behoorlike bewyse van 'n werknemer se ongeskiktheid in die tradisionele sin is derhalwe nie net noodsaaklik vir doeleindes van siekteverlof nie, maar 'n werkgewer sal ook hierdie bewyse benodig om aan te toon dat hy billike gronde vir die werknemer se ontslag weens mediese ongeskiktheid het. Vervolgens word die ontslag van 'n werknemer op hierdie grond oorweeg

408 Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA) par 15. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 488.

409 Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA) par 14.

410 Old Mutual Life Assurance Co SA Ltd v Gumbi 2007 (5) SA 552 (HHA); (2007) 28 ILJ 1499 (HHA) par 17.