• No results found

HOOFSTUK 2: DIE ERKENNING VAN TRADISIONELE GENEESKUNDE – 'N

2.3 Gevolgtrekking

Die belang van tradisionele geneeskunde in die breë sin is in hierdie hoofstuk vanuit 'n internasionale perspektief oorweeg ten einde te bepaal tot watter mate daar op 'n internasionale skaal vereis word dat erkenning en beskerming aan tradisionele geneeskunde verleen moet word.

Dit blyk duidelik dat die WGO toenemende erkenning aan tradisionele geneeskunde in die konteks van primêre gesondheidsorg verleen. Die WGO is van oordeel dat tradisionele geneeskunde 'n wesenlike bydrae kan lewer in bereiking van die doelwit om te verseker dat elkeen toegang tot primêre gesondheidsorg geniet. Om hierdie rede het die WGO strategieë en resolusies ten opsigte van tradisionele geneeskunde gepubliseer om sodoende tradisionele geneeskunde globaal te bevorder en lidstate aan te moedig om tradisionele geneeskunde te reguleer ten einde die veilige en effektiewe gebruik van tradisionele geneeskunde te verseker.

In die lig van addisionele internasionale instrumente van die IAO en die VN wat handel oor die erkenning en beskerming van meerdere kulturele praktyke en geloofsisteme en wat wel op Suid-Afrika betrekking het, blyk dit verder dat die internasionale reg vereis dat erkenning aan tradisionele geneeskunde as 'n integrale komponent van kulturele en spirituele praktyke verleen moet word en dat dit met die nodige respek behandel moet word. Die bogenoemde internasionale standaarde bevestig die motivering dat tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika definitief erkenning moet ontvang en ook gereguleer moet word vir uiteindelike orde en regsekerheid. Vervolgens sal eers ondersoek ingestel word na die mate waartoe tradisionele geneeskunde tans in Suid- Afrika erkenning en toepassing geniet, welke erkenning deur die gemelde internasionale organisasies waartoe Suid-Afrika 'n lidstaat is, vereis word. Die regulering van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika sal in Hoofstuk 5 aandag geniet.

HOOFSTUK 3: DIE ERKENNING VAN TRADISIONELE

GENEESKUNDE – 'N SUID-AFRIKAANSE PERSPEKTIEF

3.1 Inleiding

Voor die 1990s is geen formele regserkenning aan tradisionele geneeshere in Suid- Afrika verleen nie, maar sodanige geneeshere het ten spyte van hierdie feit steeds tradisionele geneeskunde in hul onderskeie gemeenskappe beoefen.175 Mbatha et al176

voer aan dat die marginalisering van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika hoofsaaklik aan die geskiedkundige agtergrond van kolonialisme en apartheid toegeskryf kan word. Alle vorms van "African medical practices" was gedurende die Europese kolonisering van Afrika verban aangesien dit as primitief, "uncivilised", "heathen" en 'barbaric'" beskou is.177 Alhoewel die internasionale gemeenskap reeds

gedurende die 1970s die insluiting van tradisionele geneeshere by nasionale gesondheidsisteme aangemoedig het,178 is 'n mate van formele erkenning egter eers

gedurende die 1990s by wyse van die National Health Plan of the African National Congress van 1994179 en die Departement van Gesondheid se White Paper on the

Transformation of the National Health Service van 1997,180 aan tradisionele geneeshere

in Suid-Afrika verleen.181 Rautenbach182 verwys egter daarna dat tradisionele

geneeshere wel as deel van verskeie nie-amptelike regulerende strukture soos die Traditional Healers Organisation funksioneer het, selfs voordat formele erkenning aan tradisionele geneeshere in Suid-Afrika verleen is. Kale183 verwys na verdere plaaslike

175 Kale 1995 BMJ 1183.

176 Mbatha et al 2012 SAMJ 129.

177 Summerton 2006 Acta Academia 144.

178 In hierdie verband het die World Health Assembly van die WGO in 1977 die Resolution WHA30.49 on the Promotion and Development of Training and Research in Traditional Medicine aangeneem en gedurende die Alma-Ata International Conference on Primary Health Care in 1978 is die belang van tradisionele geneeshere ten opsigte van primêre gesondheidsorg bevestig. Sien Summerton 2006 Acta Academia 147. Sien ook parr 2.2.1.2 en 2.2.2 hierbo.

179 Hierna genoem die National Health Plan. 180 Hierna genoem die Witskrif.

181 Hierdie aspekte word in par 5.3.1 hieronder in meer besonderhede ontleed.

182 Rautenbach 2007 Obiter 519. Sien ook Rautenbach en Street https://theconversation.com/south- africa-wants-to-regulate-traditional-healers-but-its-not-easy-53122 besoek 03-09-2017.

organisasies waarby tradisionele geneeshere begin aansluit het.184 Hierdie organisasies

sluit die volgende in: die Southern African Traditional Healers Council, die Association of Traditional Healers of Southern Africa, die Congress of Traditional Healers of South Africa, die African Dingaka Association en die African Skilled Herbalists Association.185

Sedert die erkenning van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika is stappe geneem om die praktyke van tradisionele geneeshere statutêr te reguleer met die oog op geregtigheid, kwaliteit en regsorde.186 Dientengevolge het die THPA187 in werking

getree. Vervolgens sal eers ondersoek ingestel word na die mate waartoe tradisionele geneeskunde in die breë sin erkenning en toepassing in die Suid-Afrikaanse reg geniet. Aangesien tradisionele geneeskunde 'n wesenlike komponent van onderskeie kulturele gebruike en geloofsisteme in Suid-Afrika vorm,188 sal die erkenning en beskerming wat

ingevolge die Grondwet in die algemene sin en spesifiek ook in die werkplek aan kulturele en godsdienstige regte verleen word, eerstens oorweeg word. Verder sal die pluralistiese mediese stelsel in Suid-Afrika bespreek word. In hierdie opsig sal die bydrae van tradisionele geneeshere ten opsigte van primêre gesondheidsorg in Suid- Afrika oorweeg word. Sodanige bespreking sluit aan by die internasionale posisie ten opsigte van die potensiële bydrae van tradisionele geneeskunde in die bevordering van toegang tot primêre gesondheidsorg, wat in meer besonderhede hierbo bespreek is.189

Daarna sal die verskille tussen die konvensionele mediese sisteem en tradisionele geneeskunde uitgelig word. Die rede hiervoor is om aan te toon tot watter mate 'n tradisionele geneesheer se benadering tot die diagnose van siekte verskil van die konvensionele mediese benadering en vervolgens potensiële uitdagings ten opsigte van werklike ongeskiktheid vir doeleindes van siekteverlof kan inhou. As deel van die gemelde ontleding sal ondersoek ingestel word na die betekenis van "siekte" in onderskeidelik die konvensionele en tradisionele sin, welke toestand daartoe aanleiding sou gee dat 'n tradisionele geneesheer geraadpleeg sou word. Hierdie studie het by

184 Kale 1995 BMJ 1183. 185 Kale 1995 BMJ 1183. 186 Sien par 5.3 hieronder.

187 Sien Hoofstuk 5 hieronder vir 'n bespreking van die THPA, wat op die regulering van tradisionele geneeshere betrekking het.

188 Sien parr 1.1 en 3.2.1 hierbo. 189 Sien par 2.2.1 hierbo.

noodwendige implikasie op siekteverlof betrekking. Siekteverlof is slegs toepaslik in gevalle waar die betrokke werknemer waarlik weens siekte of besering ongeskik is om te werk.190 Om hierdie rede is dit belangrik om vas te stel tot watter mate 'n werknemer

met 'n siektetoestand soos deur 'n tradisionele geneesheer gediagnoseer, werklik siek is en vervolgens waarlik vir werk ongeskik is.