• No results found

Bepalings betreffende registrasie, kwalifikasies en die standaard van

HOOFSTUK 5: 'N KRITIESE ONDERSOEK IN DIE GESKIKTHEID VAN DIE

5.5 Die voorgestelde regulasies in terme van die THPA

5.5.1 Bepalings betreffende registrasie, kwalifikasies en die standaard van

Die voorgestelde regulasies bied 'n regulerende raamwerk ten opsigte van die registrasieprosedure wat deur tradisionele geneeshere, studente en persone wat opleiding as 'n tradisionele geneesheer verskaf, gevolg moet word.642 In hierdie opsig

bevat die regulasies die voorgeskrewe aansoekvorms643 en registrasiefooie.644 Die

regulasies is egter gekritiseer aangesien dit in verskeie opsigte tot verwarring en onduidelikhede aanleiding gee. In hierdie verband is Street645 van mening dat die

regulasies onduidelik geformuleer is en dat die gebrek aan gedetailleerde inhoud ruimte vir interpretasie laat.

Eerstens blyk dit nie duidelik uit die regulasies of alle registrasies gelyktydig of stapsgewys gaan geskied nie.646 Die regulasies bepaal bloot dat 'n aansoek om

registrasie as 'n tradisionele geneesheer, student of 'n persoon wat opleiding verskaf, op die voorgeskrewe vorm tesame met die registrasiefooi by die registrateur van die

638 Sien par 5.4.1.1 hierbo.

639 Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. Sien ook Street 2016 SAMJ 325.

640 Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

641 Extension of Comment Period for the Traditional Health Practitioners Regulations 2015 in SK 39685 van 12 Februarie 2016.

642 Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

643 Die voorgestelde regulasies bevat die volgende aansoekvorms: Aansoekvorm THPA 1 vir registrasie as tradisionele geneesheer, aansoekvorm THPA 2 vir registrasie as 'n student en aansoekvorm THPA 3 vir registrasie as 'n persoon wat opleiding as tradisionele geneesheer, verskaf. Sien Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

644 In die geval van 'n aansoek om registrasie as 'n tradisionele geneesheer, is die voorgeskrewe registrasiefooi R200. In die geval van 'n student, is die voorgeskrewe registrasiefooi R100 vir die eerste jaar en R50 vir daaropvolgende jare. In die geval van 'n persoon wat opleiding verskaf, is die registrasiefooi R500. Sodanige fooie word deur die Raad bepaal. Sien Regulasie 2(2) en Table of Fees in die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

645 Street 2016 SAMJ 325. Street, en tot 'n mate Rautenbach, is die enigste outeure wat tot op hede die voorgestelde regulasies ontleed en gekritiseer het.

Raad ingedien moet word.647 Dit skep 'n administratiewe uitdaging vir die Raad

aangesien 'n groot aantal aansoeke moontlik gelyktydig verwerk sal moet word.

Tweedens blyk dit nie duidelik uit die regulasies of registrasie as tradisionele geneesheer steeds kan geskied indien die vereiste dokumente soos vervat in artikel 21 van die THPA648 wat die aansoek moet vergesel, nie bestaan nie.649 Dit skep 'n

probleem deurdat dit nie duidelik blyk hoe die Raad in die afwesigheid van dokumentêre bewyse van kwalifikasies, sal bepaal of 'n persoon wel vir doeleindes van registrasie as 'n gekwalifiseerde geneesheer beskou kan word nie. Ter aansluiting hierby is dit egter ingevolge die THPA nog onduidelik welke kwalifikasies vereis word en waar sodanige kwalifikasies verwerf kan word.650 Daarom is dit egter moontlik dat

aansoeke om registrasie as 'n tradisionele geneesheer waarskynlik tans in die afwesigheid van bewyse van toepaslike kwalifikasies gerig kan word.

Bykomend tot bogenoemde het die voorgestelde regulasies op standaarde van opleiding en bewyse van voldoening aan opleidingsvereistes betrekking. Ingevolge die regulasies word bepaal dat tradisionele geneeshere binne die kategorieë van "divination", "herbalism", "traditional birth attendant's practice" en "traditional surgeon practice", onderwys of opleiding by enige geakkrediteerde opleidingsinstelling, opvoedkundige owerheid of by 'n "traditional tutor" moet ondergaan.651 'n "Traditional tutor" of 'n

instelling wat opleiding as 'n tradisionele geneesheer verskaf, moet by die Raad geregistreer en geakkrediteer wees om enige opleidingskursus as 'n tradisionele geneesheer aan te bied.652 Die minimum vaardighede en kwalifikasies wat verlang word

in die geval van 'n persoon wat opleiding as 'n tradisionele geneesheer verskaf, word egter nie ingevolge die regulasies uiteengesit nie.653 Die gevolg hiervan is dat dit

647 Regulasies 2(1), 2(2), 4 en 8 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

648 Sien par 5.4.1.1 hierbo. Ingevolge a 21 van die THPA sluit vereiste dokumente bewys van die hoogste graad geslaag en kwalifikasies as tradisionele geneesheer, in. Sien ook Street 2016 SAMJ 325.

649 Street 2016 SAMJ 325. 650 Sien par 5.4.1.1 hierbo.

651 Regulasie 3 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. 652 Sien Regulasie 5 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November

2015.

653 Rautenbach en Street 2016 https://theconversation.com/south-africa-wants-to-regulate-traditional- healers-but-its-not-easy-53122 besoek 07-02-2017.

onduidelik blyk hoe die Raad sal bepaal of 'n persoon wel gekwalifiseerd is en oor die nodige vaardighede beskik om opleiding as 'n tradisionele geneesheer te verskaf. Daarom ontstaan die vraag verder of die akkreditasie wat die Raad aan 'n instelling of tutor verleen, enigsins gesaghebbend is in vergelyking met die formele opleiding wat 'n konvensionele mediese praktisyn by 'n geakkrediteerde opvoedkundige owerheid654

moet ondergaan. Verder word ingevolge die regulasies slegs vir studente655 algemene

riglyne betreffende die duur van opleidingprogramme en die standaard van opleiding656

bepaal. Daar word egter geen spesifieke kurrikuluminhoud vir opleiding voorsien nie.657

Persone wat opleiding as 'n tradisionele geneesheer verskaf, moet wel afskrifte van opvoedkundige materiaal by die Raad indien.658 Street659 verwys egter na die

omskrywing van 'n geakkrediteerde instelling ingevolge die THPA660 en die Nasionale

Kwaliteitsraamwerk,661 en voer aan dat dit nie duidelik blyk hoe die indiening van

opvoedkundige materiaal deur tradisionele geneeshere aan die Raad, 'n nasionale opleidingsprogram in terme van die NKR daar sal stel nie. Verder kan die

654 Sien par 4.3.2.1 hierbo.

655 In die geval van studente word verder ingevolge die regulasies bepaal dat Basiese Onderwys- en Opleidingsertifikaat vir Volwassenes vlak 1 (hierna genoem BOOV vlak 1) of ekwivalent 'n voorvereiste vir registrasie is en die student moet ook 'n toelatingsbrief wat die voorgenome opleidingkursus by 'n geregistreerde tutor of geakkrediteerde instelling aandui, kan toon. Sien Regulasie 5 van Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. 656 In hierdie verband bepaal Regulasie 6 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK

39358 van 3 November 2015 as volg:

"The Divination student must attend or undergo training for minimum period of twelve months in which period the student practitioner must learn at least diagnosis, preparation of herbs, and traditional consultation. The student herbalist must undergo training for a minimum period of twelve month in which period the student must learn to identify and prepare herbs, sustainable collection of herbs and dispense herbs and consultation. The student traditional birth attendant must undergo training for a minimum period of twelve months during which the practitioner must learn issue of conception, pregnancy, delìvery of baby and, pre and post natal care. The student traditional surgeon (circumcision) practice must undergo training for at least five years during which the practitioner must observe in three initiation schools and do supervised practice for two years." Verder moet "divination" en "herbalism" studente ten minste 18 jaar oud wees om vir registrasie te kwalifiseer. "Traditional surgeons" en "traditional birth attendants" moet ten minste 25 jaar oud wees om vir registrasie te kwalifiseer. Street voer egter aan dat dit onduidelik blyk waarom die minimum ouderdom vir registrasie as 'n "traditional birth attendant" 25 jaar is, siende dat opleiding vir 'n minimum tydperk van slegs 12 maande ondergaan moet word en dat daar slegs 'n BOOV vlak 1 kwalifikasie as voorvereiste verlang word. Sien Regulasie 7 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015 en Street 2016 SAMJ 326.

657 Street 2016 SAMJ 325, 326.

658 Sien aansoekvorm THPA 3 in Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. Sien ook Street 2016 SAMJ 326.

659 Street 2016 SAMJ 326. 660 Sien par 5.4.1.1 hierbo.

661 Hierna genoem die NKR. Street voer aan dat die NKR ontwerp is om afsonderlike onderwys- en opleidingsisteme in 'n enkele nasionale sisteem te integreer. Sien Street 2016 SAMJ 326.

opvoedkundige materiaal by die Raad ingedien van mekaar verskil aangesien opleiding as 'n tradisionele geneesheer van persoon tot persoon kan verskil.662 Daarom wil dit

voorkom asof daar nie werklik eenvormige standaarde is waarvolgens tradisionele geneeshere opgelei sal word nie.

Ingevolge die regulasies word verder vereis dat studente bewys van voldoening aan opleidingsvereistes moet voorsien. Geregistreerde studente moet die "log book"663 as

bewys van voldoening aan die vereistes vir die kwalifikasie as tradisionele geneesheer, by die Raad indien.664 Die betrokke instelling of tutor moet die "log book" onderteken

en geregistreerde studente moet die sertifikaat van voltooiing van hul opleiding deur hulle instelling of tutor uitgereik, aan die Raad verskaf.665 In die geval van

praktiserende tradisionele geneeshere kan 'n applikant egter op grond van skriftelike bewyse aan die registrateur of bewyse dat die gemeenskap die betrokke persoon as 'n "diviner", "herbalist", "traditional birth attendant" of "traditional surgeon" beskou, as 'n tradisionele geneesheer geregistreer word sonder dat bewyse van voldoening aan opleidingsvereistes ingedien word.666 Dit kan egter problematies wees aangesien dit 'n

subjektiewe benadering sal behels wat moontlik tot gevolg kan hê dat 'n persoon as 'n tradisionele geneesheer geregistreer word sonder dat die betrokke persoon enigsins opleiding ondergaan het. Ter aansluiting hierby blyk dit ook nie duidelik of registrasie as 'n tradisionele geneesheer ingevolge die THPA uitgestel sal word of voorwaardelik sal wees totdat die vereiste opleiding ondergaan is nie.667 Verder word die minimum

standaard van opleiding vir praktiserende tradisionele geneeshere nie ingevolge die regulasies uiteengesit nie.668

662 Sien par 4.3.2.1 hierbo.

663 Ingevolge die regulasies is die "log book" 'n gedetailleerde uiteensetting van alle waarnemings en prosedures wat deur die student onderneem is. Sien Regulasie 9(1) van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

664 Regulasie 9(1) van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

665 Regulasies 9(2) en 9(3) van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

666 Regulasie 10 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015. 667 Regulasie 3 van die Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015.

Sien ook Street 2016 SAMJ 325. 668 Street 2016 SAMJ 325.

Die feit dat die voorgestelde regulasies betreffende die registrasieprosedure, standaarde van opleiding en bewys van voldoening aan opleidingsvereistes vaag en verwarrend geformuleer is, kan tot gevolg hê dat dit vir die Raad moeilik kan wees om objektief en met eenvormigheid en akkuraatheid te bepaal of 'n persoon wel as 'n gekwalifiseerde geneesheer met die nodige bevoegdheid ingevolge die THPA geregistreer kan word. Daarom blyk dit dat die Raad nog nie in staat is om hul funksies volkome te verrig nie.669

5.6 Gevolgtrekking

Die THPA is 'n innoverende regsinstrument ten opsigte van die formele regserkenning wat aan tradisionele geneeshere in Suid-Afrika verleen word. Hierdie wet verleen ook groter erkenning en beskerming aan die kulturele en godsdienstige regte van werknemers wat verkies om tradisionele geneeshere te raadpleeg. Om hierdie redes is die THPA in ooreenstemming met die internasionale posisie aangaande die belang van tradisionele geneeskunde. Verder word die kwessie rakende die geldigheid van "mediese" sertifikate van 'n tradisionele geneesheer vir doeleindes van siekteverlof, met die inwerkingtreding van die THPA aangespreek. 'n Geregistreerde tradisionele geneesheer behoort 'n geldige "mediese" sertifikaat vir doeleindes van 'n aansoek om siekteverlof te kan uitreik.

Soos vroeër aangetoon,670 vereis die WGO ook dat tradisionele geneeskunde behoorlik

binne lidstate gereguleer moet word. Alhoewel die THPA poog om 'n regulerende raamwerk vir tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika daar te stel, kan die geskiktheid van die THPA tans bevraagteken word. In hierdie opsig is die THPA en die voorgestelde regulasies in verskeie opsigte gekritiseer. In hierdie verband word kriteria aangaande die standaarde van opleiding en kwalifikasies wat vir doeleindes van registrasie ingevolge die THPA verlang word, nie duidelik ingevolge die THPA uiteengesit nie. Ter aansluiting hierby is daar 'n aantal administratiewe uitdagings aan die implementering van die registrasievereiste ingevolge die THPA verbonde. Die voorgestelde regulasies wat op standaarde van opleiding en kwalifikasies asook die registrasieprosedure van

669 Tshehla 2015 SAMJ 280. 670 Sien par 2.2.1 hierbo.

tradisionele geneeshere betrekking het, is vir kommentaar gepubliseer maar dit blyk egter dat die regulasies in verskeie opsigte tot verwarring en onduidelikheid lei. Na aanleiding hiervan is dit onduidelik hoe die Raad sal bepaal of 'n persoon wel as 'n gekwalifiseerde geneesheer ingevolge die THPA geregistreer kan word. Sou so tradisionele geneesheer wel geregistreer word sal die kwessie van die standaard van die persoon se opleiding en/of kwalifikasie die bewyswaarde van die mediese sertifikaat van so persoon in twyfel kan plaas. Werknemers wat as deel van hul geloofsisteme en kulturele praktyke verkies om tradisionele geneeshere te raadpleeg, geniet wel wesenlike voordeel met die inwerkingtreding van die THPA; die regte en belange van albei die werknemer en die werkgewer moet egter in hierdie gevalle gedien word. Op hierdie stadium blyk dit dat die statutêre bepalings betreffende die kwalifikasie en opleiding van geregistreerde tradisionele geneeshere egter nie leiding bied in kwessies soos in Hoofstuk 4 geïdentifiseer nie; te wete die potensiële regsonsekerheid van die werkgewer ten opsigte van die bewyswaarde en betroubaarheid van sodanige mediese sertifikate in vergelyking met dié van konvensionele geneeshere. Die gevolg hiervan is dat dit blyk dat die belange van die werkgewer tans nie in hierdie gevalle gedien word nie.