• No results found

HOOFSTUK 5: 'N KRITIESE ONDERSOEK IN DIE GESKIKTHEID VAN DIE

5.2 Die Kievits Kroon aangeleentheid

5.2.1 Feite van die Kievits Kroon saak

Die kwessie rakende die geldigheid van 'n mediese sertifikaat deur 'n tradisionele geneesheer uitgereik, is 'n aangeleentheid wat in die Kievits Kroon saak na vore gekom het. Hierdie aangeleentheid is egter voor die inwerkingtreding van die THPA beslis.428

students and specified categories in the traditional health practitioners profession; and to provide for matters connected therewith."

426 Die voorgestelde regulasies is reeds op 3 November 2015 in die Staatskoerant gepubliseer. Behalwe vir die verlenging van die sluitingsdatum vir kommentaar, het geen verdere ontwikkeling tot dusver plaasgevind nie. Die Extension of Comment Period for the Traditional Health Practitioners Regulations 2015 is in 2016 in die Staatskoerant gepubliseer en dit is die nuutste publikasie betreffende die voorgestelde regulasies. Sien Traditional Health Practitioners Regulations in SK 39358 van 3 November 2015 en Extension of Comment Period for the Traditional Health Practitioners Regulations 2015 in SK 39685 van 12 Februarie 2016. Sien ook Street 2016 SAMJ 325. 427 Sien par 5.5 hieronder.

428 Die "mediese" sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer sal geldig wees wanneer die tradisionele geneesheer ingevolge die bepalings van die THPA by die interim Raad vir tradisionele geneeshere

Die betrokke saak429 handel oor 'n werknemer wat verlof versoek het om 'n kursus te

ondergaan om as 'n tradisionele geneesheer opgelei te word.430 Gedurende die tydperk

tussen April en Mei 2007, het die werknemer aan die werkgewer meegedeel dat sy "visions" van haar voorvaders ervaar en dat sodanige "visions" vereis dat sy opleiding as 'n tradisionele geneesheer moet ondergaan.431 Die werkgewer het ander werknemers

geraadpleeg en dit was moontlik om sekere werkskofte om te ruil om sodoende die betrokke werknemer te akkommodeer.432 Derhalwe is toestemming aan die werknemer

verleen om die kursus by te woon.433 Ten einde die kursus te voltooi het die werknemer

egter in Junie 2007 toestemming tot verdere onbetaalde verlof vir 'n tydperk van ses weke versoek.434 Alhoewel die betrokke werknemer nie genoeg verlofdae tot haar

beskikking gehad het nie, was die werkgewer wel bereid om toestemming tot een week se verdere onbetaalde verlof te verleen.435 Weens bedryfsvereistes was die werkgewer

geregistreer is. Voor die inwerkingtreding van die THPA, sou die afwesigheid van 'n werknemer wat behandeling by 'n tradisionele geneesheer ondergaan, waarskynlik in die lig van jaarlikse verlof of onbetaalde verlof hanteer word. 'n Werknemer is elke jaarlikse verlofsiklus op 21 opeenvolgende dae se betaalde jaarlikse verlof geregtig. In hierdie opsig bepaal a 20(1)-20(2) van die WBD as volg: "In hierdie Hoofstuk beteken "jaarlikse verlofsiklus" die tydperk van 12 maande diens by dieselfde werkgewer wat onmiddellik volg op die aanvang van 'n werknemer se diens; of die voltooiing van daardie werknemer se vorige verlofsiklus. 'n Werkgewer moet aan 'n werknemer minstens 21 opeenvolgende dae jaarlikse verlof met volle besoldiging toestaan ten opsigte van elke jaarlikse verlofsiklus; of by ooreenkoms, een dag jaarlikse verlof met volle besoldiging toestaan vir elke 17 dae waarop die werknemer gewerk het of op betaling geregtig was; by ooreenkoms, een uur jaarlikse verlof met volle besoldiging toestaan vir elke 17 uur waarop die werknemer gewerk het of op betaling geregtig was." In gevalle waar 'n werknemer nie verdere jaarlikse- of siekteverlofdae tot sy of haar beskikking het nie, mag 'n werkgewer 'n werknemer toelaat om onbetaalde verlof te neem. Daar is egter nie ingevolge die WBD 'n spesifieke bepaling wat 'n werknemer daarop geregtig maak om daarop aan te dring om onbetaalde verlof te neem nie. Sien aa 20 en 21 van die WBD. Sien ook Claassen http://www.labourguide.co.za/conditions-of-employment/437-types-of-leave besoek 29-04 2017.

429 In hierdie aangeleentheid was die appellant Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd, 'n maatskappy wat konferensiefasiliteite verskaf het, en die respondent was Me. Mmoledi, 'n werknemer in diens van die appellant. Sien Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 1.

430 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 2. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 113 en Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 45.

431 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 4. Sien ook Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 164.

432 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 4. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 114.

433 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 4. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 114.

434 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 5. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 483.

435 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 5, 6. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 114 en Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

egter nie bereid om toestemming tot onbetaalde verlof vir 'n verdere tydperk van vyf weke te verleen nie.436 Die werknemer het nie in ooreenstemming met die werkgewer

se instruksies op 6 Junie 2007 teruggekeer werk toe nie.437

Ter stawing van die versoek tot verlof het die werknemer twee dokumente van 'n tradisionele geneesheer by die menslike hulpbron bestuurder ingedien.438 Ingevolge die

eerste nota het die tradisionele geneesheer toestemming versoek dat die betrokke werknemer vir die tydperk van 4 Junie tot 8 Julie 2007, by die werk verskoon word om die opleidingskursus as 'n tradisionele geneesheer te voltooi.439 Die tweede dokument

was 'n mediese nota wat aangetoon het dat die werknemer reeds vanaf 13 Januarie 2007 in die sorg van die tradisionele geneesheer is aangesien die werknemer met "perminisions of ancestors" gediagnoseer is.440 Die werkgewer het die "mediese"

sertifikaat van die tradisionele geneesheer verwerp aangesien die mediese nota nie deur 'n mediese praktisyn uitgereik is nie en verder nie "proof of illness" daargestel het nie.441 Die mediese nota het nie aangetoon dat die werknemer weens siekte of besering

nie in staat is om haar normale verpligtinge na te kom nie.442

Die werknemer is van wangedrag aangekla aangesien sy versuim het om die instruksies van die werkgewer na te kom en sonder die toestemming van die werk afwesig was.443

Die argument dat die werknemer se afwesigheid as siekteverlof beskou moet word, is gedurende die dissiplinêre verhoor verwerp.444 In hierdie opsig is bevind dat die

werknemer verkeerdelik op die mediese nota gesteun het en dat die mediese nota van die tradisionele geneesheer nie aan die geldigheidsvereistes vir mediese sertifikate

436 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 6. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 114 en Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

437 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 6. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

438 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 8. Sien ook Tshehla 2015 African Journal of Indigenous Knowledge Systems 45.

439 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 8.

440 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 8. Sien ook Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 164 en Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

441 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 30 en Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 11. Sien ook Phooko en Mnyongani 2015 SA Merc LJ 170 en Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

442 Mokoena 2014 Ethno Med 114.

443 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 10. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

ingevolge artikel 23 van die WBD voldoen nie.445 Die werkgewer het aangevoer dat 'n

geldige mediese sertifikaat deur 'n mediese praktisyn uitgereik aanvaar sou word en dat die werknemer in daardie geval nie ontslaan sou word nie.446 Die werknemer het op

haar beurt aangevoer dat die mediese nota geïnterpreteer moet word as gelykstaande aan 'n mediese sertifikaat deur 'n mediese praktisyn uitgereik.447 Na die afloop van die

dissiplinêre verhoor is die werknemer weens wangedrag ontslaan.448

Die aangeleentheid is op grond van beweerde onbillike ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie449 verwys, waar 'n toekenning ten gunste van die

werknemer uitgereik is.450 Die werkgewer het die saak verder na die Arbeidshof, die

Arbeidsappèlhof en die Hoogste Hof van Appèl verwys. Die aangeleentheid is in al drie gevalle ten gunste van die werknemer beslis.451

Die KVBA, Arbeidshof en Arbeidsappèlhof het bevind dat artikel 23 van die WBD en die geldigheidvereistes vir mediese sertifikate nie in hierdie aangeleentheid van toepassing is nie aangesien die werknemer vir onbetaalde verlof aansoek gedoen het.452 Klem is

eerder op die rede vir die werknemer se afwesigheid geplaas en die mediese nota van die tradisionele geneesheer is in die lig hiervan oorweeg.

Gedurende die KVBA verrigtinge is bevind dat die werknemer 'n regverdigbare rede vir afwesigheid moes gehad het en daarom moes die werknemer bewys dat afwesigheid deur omstandighede buite haar beheer veroorsaak is.453 Die KVBA het bevind dat die

werknemer se versuim om die instruksies van die werkgewer na te kom en terug te

445 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 12. Sien ook Mokoena 2014 Ethno Med 114 en Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

446 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 30. 447 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 8. 448 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 12. 449 Hierna genoem die KVBA.

450 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 12. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 485.

451 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 29, 30; Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 28 en Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 32, 33.

452 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 18; Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 25. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 487.

453 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 18.

keer werk toe, die enigste opsie tot haar beskikking was.454 Die rede hiervoor is dat die

werknemer werklik geglo het dat haar lewe moontlik in gevaar gestel sou word indien sy die roeping van haar voorvaders geïgnoreer het en nie die kursus bygewoon het nie.455 Die werknemer het beweer dat 'n konvensionele mediese praktisyn nie die

toestand sou verstaan het nie en nie in staat sou wees om haar te behandel nie.456 Die

tradisionele geneesheer was dus die enigste persoon wat haar kon help.457 Die

tradisionele geneesheer het op haar beurt getuig dat die werknemer baie siek was toe sy haar in Januarie 2007 geraadpleeg het.458 Die ondersoek na die betekenis van

"siekte" in die tradisionele geneeskunde soos in Hoofstuk 2 hierbo gedoen, is in hierdie opsig ter sprake. Die tradisionele geneesheer het getuig dat die werknemer moontlik 'n ernstige "mysterious accident or misfortune" sou teëkom of dat haar lewe in gevaar gestel sou word indien sy nie die opleidingskursus sou bywoon nie.459 Die tradisionele

geneesheer het verduidelik dat "perminitions" beteken dat 'n persoon "visions with the ancestors" het.460 Na aanleiding van die getuienis van die werknemer en die tradisionele

geneesheer blyk dit dat "visions of ancestors" volgens die tradisionele geneeskunde benadering as 'n siektetoestand verstaan word (dus 'n spirituele ongesteldheid) en dat opleiding as 'n tradisionele geneesheer die behandeling is wat in sodanige gevalle verlang word ten einde te voorkom dat die betrokke persoon se lewe in gevaar gestel word. Die werkgewer het egter aangevoer dat dit nie duidelik was wat met die verwysing na "'perminisions of ancestors" bedoel word nie en dat dit moontlik 'n

454 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 19; Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 15.

455 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 19; Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 15.

456 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 12.

457 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 12. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 14.

458 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 14. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 14; Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

459 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 14. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 14; Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 484.

460 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 14.

verskynsel is wat met 'n siektetoestand verband hou nie.461 In hierdie opsig het die

werkgewer aangevoer dat 'n geldige mediese sertifikaat deur 'n geregistreerde mediese praktisyn uitgereik, as bewys van 'n siektetoestand aanvaar sou word.462 Die werkgewer

kon egter nie die bywoning van die kursus van 'n tradisionele geneesheer vir die verlengde tydperk van vyf weke as 'n geldige rede vir die afwesigheid van die werknemer aanvaar nie.463 Die werkgewer het wel erken dat tradisionele geneeshere 'n

integrale deel van kulturele gebruike en geloofsisteme in Suid-Afrika vorm en dat die werknemer nie daarvan weerhou is om haar kulturele gebruike uit te oefen nie.464

Na aanleiding van die bogenoemde argumente het die Kommissaris van die KVBA aangevoer dat dit duidelik blyk dat die partye teenstrydige belange het en dat 'n "lack of empathy and understanding of cultural diversity" in hierdie aangeleentheid na vore gekom het.465 Die Kommissaris het gemeld dat die werkgewer nie die wesenlikheid van

die werknemer se versoek verstaan het nie en onder die verkeerde indruk verkeer het dat die werknemer 'n keuse gehad het om die kursus van die tradisionele geneesheer by te woon.466 In ooreenstemming met die bevinding van die Kommissaris van KVBA,

het die Arbeidshof ook verwys na die feit dat die aangeleentheid 'n gebrek aan begrip vir kulturele verskille in die werkplek illustreer.467 In hierdie opsig het die Arbeidshof na

die aangeleentheid as 'n "clash of cultures" verwys.468 Die Arbeidsappèlhof het ook

461 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 7. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 13.

462 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 9. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 13.

463 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 9. Sien ook Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 13.

464 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) par 9, 10.

465 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 17.

466 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 17.

467 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 22, 26. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 485. 468 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and

Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 22. Sien ook Tshehla 2015 South African Journal of Indigenous Knowledge Systems 42.

bevestig dat kulturele verskille in die werkplek respekteer moet word.469 Die

Arbeidsappèlhof het in hierdie opsig uitgelig dat akkommodasie van kulturele verskille niks anders as "botho" of "Ubuntu"470 behels nie.471 Die Hof het bevestig dat "Ubuntu"

deel van die Suid-Afrikaanse samelewing se erfenis vorm.472 Na aanleiding van die

bogenoemde blyk dit dat howe vereis dat die nodige erkenning en respek aan kulturele gebruike en geloofsisteme in die werkplek verleen moet word, selfs al word sodanige praktyke en oortuigings nie ten volle deur die werkgewer verstaan nie.473

Die KVBA het uiteindelik bevind dat die werknemer daarin geslaag het om te bewys dat afwesigheid deur omstandighede buite haar beheer veroorsaak is, aangesien sy werklik geglo het dat haar lewe in gevaar gestel sou word indien sy die roeping van die voorvaders sou ignoreer het.474 Daarom het die KVBA bevind dat die werknemer wel 'n

regverdigbare rede vir afwesigheid gehad het en dat die werkgewer se weiering om onbetaalde verlof te verleen, onredelik was.475 Die KVBA het bevind dat die ontslag van

die werknemer substantief onbillik was.476 'n Toekenning vir die herindiensstelling van

die werknemer is gemaak.477 Die Arbeidshof het bevind dat hierdie toekenning van die

KVBA 'n "well-reasoned award" was en daarom is die aansoek om hersiening van die

469 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 26.

470 Radebe en Phooko lig uit dat Ubuntu op verskeie wyses gedefinieer kan word. Ubuntu kan onder andere soos volg omskryf word: "African philosophy which covers humanness, respect for humanity, moral virtue, interconnectedness, compassion, group solidarity and group-centred individualism, prioritising the interests of the most vulnerable, among other aspects of the idea of ubuntu." Verder kan Ubuntu ook in terme van "African maxims" soos "umuntu ngumuntu ngabantu" gedefinieer word. Dit beteken "a person is a person because of other people." Volgens Ross word Ubuntu as een van die redes vir die wye gebruik en aanvaarding van tradisionele geneeskunde in Suid-Afrika beskou. In hierdie opsig voer Ross aan dat tradisionele geneeskunde in ooreenstemming met die onderliggende waardesisteem van Ubuntu is. Sien Radebe en Phooko 2017 South African Journal of Philosophy 239, 240 en Ross 2007 Social Work in Health Care 25.

471 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 26. 472 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2012 33 ILJ 2812 (AAH) par 26. 473 Hierdie aspek is vroeër in par 3.2.2 hierbo in meer besonderhede bespreek.

474 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 20; Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Mmoledi & Others 2014 (1) SA 585 (HHA) par 15.

475 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 20. Sien ook Bellengère en Spurrett 2015 SALJ 485.

476 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 20.

477 Kievits Kroon Country Estate (Pty) Ltd v Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration and Others (JR1856/08) [2010] (AH) 146 par 20.

hand gewys.478 Die Arbeidsappèlhof het die appèl ook van die hand gewys en beslis dat

die bevinding van die KVBA nie onredelik was nie en dat redes vir die bevinding aangevoer is.479 Die bevinding dat die werknemer 'n regverdigbare rede gehad het vir

die versuim om die werkgewer se instruksies na te kom, is ook deur die Hoogste Hof van Appèl gehandhaaf.480