• No results found

“watter geskenke kan ek in ruil vir ʼn lied soos joune gee?”

Menalcas: Terwyl ons nou hier bymekaar is, Mospus, albei van ons talentvol -

jy met die blaas van die dun fluit, ek met die sing van verse - hoekom sit ons nie saam nie?

Hier, waar die braambos en die witstinkhout saamstaan.

Mopsus: Dis in die haak Menalcas, ek luister na jou, jy is immers ouer as ek,

of ons nou in die skadu’s loop (wat skuif soos die Westewind roer), 5 of eerder in ʼn grot ingaan. Kyk hoe die wilde wingerd

met sy trosse oraloor die grot bedek.

Menalcas: Hier in ons geweste is Amyntas jou enigste kompetisie!.

Mopsus: O so? En wat as hy ook sou probeer om Apollo in sang te klop?

Menalcas: Begin eerste, Mopsus, as jy enige lof vir jou vlam Phyllis of vir Alcon het, 10 of ʼn rusie met Codrus. Begin. Tityrus sal na

die wei-lammers kyk.

Mopsus: Nee, ek sal hierdie verse poog, wat ek nou-die-dag op njala-bas gekerf en getoonset het, musiek en woorde apart gemerk.

Vra jy dan vir Amyntas om met my mee te ding. 15

Menalcas: Soveel as wat die soepel wilger vir die bleek olyf moet terugstaan, soveel as wat die nederige dakriet onderdanig aan die

purper-rooi roosboom is, soveel, volgens my, is Amyntas onderdanig aan jou. Nee, moet niks meer sê nie, seun. Ons is nou in die grot.

Mopsus: Vir Daphnis, weggeruk deur ʼn wrede dood, het die Nimfe geween- 20 brame en riviere, wees julle die Nimfe se getuies- toe sy ma,

haar arms om haar seun se jammerlike lyk, oor die wreedheid van

gode en die sterre uitgeroep het. Op sulke dae, Daphnis, 25

162 geen viervoetige dier het die rivier geproe of ʼn grashalm aangeraak nie. Daphnis,

selfs die leeus van Afrika het oor jou dood gebrul, so sê die wilde berge en woude.

Daphnis het gewys hoe om tiere uit die ooste voor die kar in te span,

hoe om Bacchus se dans te lei en hoe om 30

soepel spiese met sagte blare te verweef. Soos die wingerd eer vir die bome bring, soos die druif weer vir die wingerd, die bulle vir die kudde, die koring vir die ryk velde, so bring jy vir jou mense alleen die eer.

Sedert die Noodlot jou weggedra het, het selfs Pales, en selfs Apollo, 35 ons velde verlaat. Dikwels in die vore, waaraan ons die groot garskorrels toevertrou het, verskyn vervloekte onkruid en dorre hawer

Pleks van sagte viooltjies en kleurvolle affodille, kom

die distel en die doringrige noem-noem op. Bestrooi die grond met blare, herders, trek die fonteine met skadu’s toe - Daphnis vereis dat dié 40 vir hom gebeur. En bou ʼn graf, en plaas hierdie vers daarop:

“Ek was Daphnis van die woud, van hier tot by die sterre bekend. Lieflik was my trop, maar nog liefliker was ek, hulle herder.”

Menalcas: Hemelse digter, jou lied is vir my soos slaap op sagte

gras vir die uitgemergeldes, 45

soos dors les in ʼn dansende stroom se soet water as die somerhitte heers. Nie net met jou fluit nie, maar ook met jou stem is jy jou meester

se gelyke. Gelukkige seun! Nou sal jy op hom volg. Nogtans sal ek op my beurt my verse vir jou sing – soos wat ek kan - en jou Daphnis tot die

sterre ophemel. Daphnis sal ek tot by die sterre dra, 50

ook vir my was Daphnis lief.

Mopsus: Kan enige geskenk vir my groter as dié wees? Nie net was die seun self waardig om oor gesing te word nie, maar reeds lank

gelede het Stimichon jou liedere teenoor my geprys. 55

163 drumpel, en onder sy voete sien hy die wolke en die sterre. Daarom pak vrolike vreugde die woude en die hele platteland beet, én Pan, én die herders, én die boomnimfe.

Die jakkals beplan geen aanval op die kraal nie, 60

en geen wip word vir die springbok gestel nie; gawe Daphnis is lief vir vrede. Die einste ongerepte berge

laat hulle stemme uit vreugde na die sterre opklink;

die einste klippe, die einste bos weerklink met dié woorde:

“hy is ʼn god. ʼn god, Menalcas!” Wees gaaf en goed teenoor jou eie mense; Kyk, hier is vier altare- twee, sien, vir jou, Daphnis, en twee vir Apollo! 65

Ek sal elke jaar twee skuimende koppies vars melk vir jou hier plaas, en twee bakke vol ryk olyfolie, en verreweg die belangrikste: wyn, met dié sal ek die fees vrolik maak, in die winter, voor die kaggel, in die oestyd, in die skadu. Ek sal kraffies vars nektar, Stellenbosse wyn, skink. 70 Damoetas en Aegon van Kreta sal vir my sing en Aphesiboeus

die dans van die Saters naboots. Hierdie rites sal vir ewig joune wees, wanneer ons ons plegtige beloftes aan die Nimfe nakom, en wanneer ons 75 die velde reinig. So lank as wat die vlakvark vir die bergtoppe sal lief wees, en die visse vir die strome, so lank as wat die bye die tiemie sal geniet en die sonbesies die dou- sal jou eer, naam en lof altyd bly. Soos vir Bacchus en Ceres, so ook vir jou sal die boere, jaar na jaar, hulle beloftes nakom:

jy sal sorg dat hulle hul beloftes gestand doen. 80

Mopsus: Watter geskenke kan ek jou in ruil vir ʼn lied soos joune gee? Nie die sugting van die suidewind wanneer hy opkom, of die branders wat

op die strand breek, of waterstroompies wat deur rotsagtige valleie kabbel kan my soveel vreugde verskaf nie.

Menalcas: Laat ek jou eers hierdie fyn fluit gee. Hierdie een het my 85

“Corydon was aan die brand vir skone Alexis” en “Wie se trop is dit dié? Meliboeius sʼn?” geleer.

164 Al het hy dit dikwels by my gebedel- en in daardie dae was hy my

165