• No results found

Ecloga 1: “en van die berge val die skadu’s al hoe verder”:

4. Post-1994 pastoraal: Eclogae 1 & 9

4.1. Ecloga 1: “en van die berge val die skadu’s al hoe verder”:

Meliboeus: Tityrus, jy lê onder die breë blaardak van die njala, besig om die Bosmuse op ʼn dun riet te bedink. Ons verlaat ons vaderland se grense en soet velde. Ons moet vlug van ons vaderland. Jy, Tityrus, luilekker in die skadu, leer die bome om

“skone Amaryllis” t’rug te kaats. 5

Tityrus: O Meliboeus, dit is ʼn god wat my hierdie vrede gegee het- want hy sal ewig ʼn god vir my wees; sy altaar sal dikwels met ʼn sagte lam van ons kraal bevlek word. Hy laat toe dat my beeste wei, soos jy kan sien, en

dat ek speel wat ek wil op my plattelandse fluit. 10

Meliboeus: Ek is glad nie jaloers nie; ek is eerder verstom: in alle dele van die land is sulke onrus! Kyk, hartsiek, jaag ek self my bokkies aan en hier, Tityrus, is een wat ek skaars kan lei. Want hier, nou-net, tussen die digte braambosse, na swaar lyding, het sy haar pasgebore

tweelinkie agtergelaat - helaas, die hoop van die trop - op ʼn kaal klip! 15 Dikwels, onthou ek, het die kremetart wat uit die hemele getref

is - was my sinne tog nie so verdof nie - hierdie onheil aan my voorspel. Ma’ ve’tel my nou, Tityrus, wie is hierdie god van jou?

Tityrus: Die stad wat hulle Rome noem, Meliboeus – ek, lawwe een, dog dit was soos dié van ons waarheen ons herders gewoond is om die sagte kleintjies 20 van ons troppe aan te jaag. So het ek hondjies soos honde, so lammers

soos hulle ooie geag; so was ek gewoond om grotes met kleines te vergelyk. Maar hierdie een het wragtie haar kop so hoog bo ander

stede gelig soos sipresse gewoonlik tussen geharde lantana staan. 25

Meliboeus: En wat was die groot rede vir jou sien van Rome?

Tityrus: Vryheid, wat, hoewel laat, tog haar oë op my in my traagheid gelê het, toe my baard witter onder die skeerlem geval het. Sy het tog haar oë

71 Galatea my gelos het. Want - ja, ek moet bieg - terwyl Galatea my

vasgehou het, was daar geen hoop op vryheid of bestuur oor spaargeld nie. Alhoewel menige offerdiere my kraal verlaat het en ryk kase vir die ondankbare stad gepers is; nooit sou my regterhand swaar van die geld

huis toe kom nie. 35

Meliboeus: Ek het nogal gewonder, Amaryllis, hoekom jy so hartseer na die gode geroep het en vir wie jy die appels aan die bome laat bly hang het. Tityrus, was nie hier nie. Hierdie einste denne, Tityrus, hierdie einste fonteine, hierdie einste boorde het na jou geroep!

Tityrus: Wat moes ek doen? Nêrens anders is ek toegelaat om my slawerny 40 te verlaat nie, nêrens anders om die gode, so gretig om te help, te leer

ken nie. Hier, Meliboeus, het ek die jong man vir wie ons altare twaalf dae ʼn jaar rook, gesien. Hier was hy die eerste om op my pleidooi te antwoord: “Kêrels, gaan voer julle beeste soos voorheen,

gaan maak julle bulle groot.” 45

Meliboeus: Jy’s ʼn gelukkige ouman! So hierdie lande sal steeds joune wees,

en groot genoeg vir jou, alhoewel kaal klippe alles bedek, en die moerasse jou weilande met slymerige biesies versmoor. Steeds, geen vreemde

plante sal jou teel-ooie verlei nie, geen kwade infeksie van ʼn buurman se trop, 50

sal jou beeste bedreig nie. Jy’s ʼn gelukkige ouman! Hier, tussen bekende strome en heilige fonteine, sal jy die koel skadu uitsoek. Aan hierdie kant, soos altyd, sal die heining waar die Bolandse

bye uit die wilgerbloeisels drink, dikwels met ʼn sagte gezoem jou 55 aan die slaap sus; hier, onder die hoë krans, sal die snoeier se lied

die lug vul, terwyl die hees bosduiwe, jou troeteldiere, en die tortelduiwe nie hulle gekoer van die witstinkhouttoppe sal staak nie.

Tityrus: Daarom sal die vlugvoetige springbok eers in die lug wei en die

oseane hulle visse kaal op die strand los; in ballingskap dwalend 60 oor die ander se grens sal die Swazi uit die Oranje en die

72 Basoetoe uit die Buffels drink, voor sý gesig uit my hart verdof.

Meliboeus: Maar ons moet hier weggaan – party van ons sal na die dorre Emirate, party na Kanada en Ierland se vlugtige Shannon en ander tot in 65 die midde van die Australiërs, totaal verwyder van die wêreld.

Ag sal ek ooit, lank hierna, na my vaderland se grense kyk?

Na ʼn arm huisie met sy dik grasdak? Sal ek, lank hierna, verslae na – wat eens my koninkryk was – ʼn paar koringare staar?

ʼn Goddelose soldaat gaan hierdie goed-bewerkte grond besit; 70 ʼn barbaar hierdie oes. Kyk waar baklei ons ongelukkige burgers gebring het! Vir dié het ons ons ploeglande gesaai? Nou, Meliboeus, ent jou peerbome, plant jou wingerde in rye! Weg, my ooitjies! Weg, my eens gelukkige trop! Ek sal nie weer uitgestrek in ʼn groen grot lê en kyk hoe julle 75 in die verte teen die beboste hange wei nie; ek sal geen liedjies meer sing nie. My bokkies, julle sal nie meer onder my sorg blommende klawer en bitter wilger vreet nie.

Tityrus: Tog, vanaand kan jy hier by my op die groen blaarkombers rus.

Ons het soet appels, sagte kastaiings en ʼn magdom geperste kase. 80 Nou rol die rook reeds in die verte oor die dakke van die plaashuise en van die hoë berge val die skadu’s al hoe verder.

73