• No results found

Die Muse van die herders Damon en Alphesiboeus, na wie se mededinging die verskalf so gestaar het dat sy vergeet het om te wei, oor wie se lied rooikatte verstom

gestaan het en vloeiende riviere hul water tot stilstand gebring het: die Muse

van Damon en Alphesiboeus, van dié sal ek sing. 5

Maar sê vir my , óf jy nou alreeds verby die rotse van grote Timavus is, óf teen die kus van die Illiriese see seil, sal daardie dag, wanneer ek van jou dade mag praat, ooit aanbreek? Sal ek ooit jou liedere, wat slegs

Sophocles se treurspel is, deur die wêreld mag versprei? In jou lê my oorsprong, in jou 10 eer sal ek ondergaan. Aanvaar hierdie liedere, op jou aanvraag geskryf, en laat hierdie klimop, tussen die oorwinnarslouriere deur, om jou voorkop vleg.

Die nag se koel skadu het skaars die lug verlaat, die dou op die 15

sagte gras nou die soetste vir die trop, toe Damon, terwyl hy op sy olyfstaf leun, só begin.

Damon: Ontwaak o môrester, lei die gemoedelike dag in, terwyl ek oor my beloofde Nysa ween, verkul deur ʼn onverdienstelike liefde, en, alhoewel ek met hulle as getuies niks bereik het nie, roep ek tog ter elfder ure na die gode. 20

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus!

Maenalus het altyd melodiese bosse en geselserige denne; hy luister

altyd na herders se liefdes en na Pan, wat eerste nie wou toelaat dat die riete ledig bly nie.

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus! 25 Nysa word vir Mopsus gegee! Waarvoor sou ons minnaars nie hoop nie? Griffioene sal met perde meng, en in die dae wat kom, sal die skugter rooibokke saam met die wildehonde kom drink. Mopsus, sny nuwe fakkels! Vir jou bring hulle die bruid! Strooi die neute, bruidegom!

172

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus

O verbind aan ʼn waardige heer! Terwyl jy almal andersins verag,

terwyl jy my fluit haat én my bokkies, my ruie wenkbroue en onnet baard, en terwyl jy glo die gode gee niks vir iets mensliks om nie. 35

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus

Ek het jou as ʼn klein kindjie saam met jou ma in ons boord gesien, besig om dou-nat appels te pluk (ek was julle gids). Die jaar na

my elfde een het pas aangebreek en ek kon nou die fyn takke van die 40 grond af bykom. Hoe het ek nie gekyk, hoe het ek nie daar en dan

vergaan nie. Hoe het ʼn vreeslike fout my nie meegesleur nie!

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus !

Nou weet ek wat die Liefde is; op ʼn kaal klip het die Tmarusberg aan hom geboorte geskenk- of Rhodopeberg of die Garamantes-stam in die verste uithoeke - ʼn kind nie van ons soort of ons bloed nie. 45

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus

Genadelose Liefde het ʼn ma geleer om haar hande met haar kinders se bloed te bevlek; wreed was jy ook, Moeder! Was die ma of die

bose seun die wreedste? Daardie seun was boos,

wreed was jy ook, Moeder. 50

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus

Laat nou selfs die jakkals vir die skaap vlug, laat geharde kremetarte goue appels dra, laat die rooi-els met affodille blom, laat karoobossies amberolie uit hul bas sweet, laat uile met swane meeding en laat Tityrus ʼn Orpheus wees- ʼn Orpheus van die bos, ʼn Arion tussen die dolfyne. 55

My fluit, begin saam met my, die verse van Maenalus

173 hoë krans kop eerste in die branders spring; neem hierdie laaste

geskenk van ʼn sterwende man! 60

Staak, my fluit, staak nou die verse van Maenalus!

Hierdie woorde het Damon gesing. Muses, vertel julle hoe Alphesiboeus geantwoord het; ons kan nie almal alles doen nie.

Alphesiboeus: Bring water en weef sagte wol om hierdie altaar, en brand geurige

kruie en sterk wierook, sodat ek kan poog 65

om my beminde se koue skouer deur hierdie towerspel te verander. Hier skort niks behalwe liedere nie.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af.

Liedere kan selfs die maan vanuit die hemel na die aarde trek, deur liedere het Circe Odusseus se kamerade verander, deur sang bars die koue slang 70 in die weiland uitmekaar.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af.

Eers draai ek hierdie drie drade, in drie verskillende kleure, om jou, en om hierdie altaar dra ek drie maal jou beeld. Uit ʼn onewe getal put die 75 gode genot. Bind Amaryllis, die drie kleure met drie knope vas, bind hulle nou vas, Amaryllis, en sê: “Ek knoop kettings van liefde.”

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af.

Soos hierdie klei hard raak en soos hierdie was smelt 80

(in een-en-dieselfde vlam) mag Daphnis só uit liefde vir my smelt! Strooi die graan en steek die droë lourier met pik aan die brand. Wrede Daphnis brand my, ek brand hierdie louriere vir Daphnis.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af.

Mag só ʼn liefde Daphnis beetpak soos wanneer ʼn verskalf, 85

174 groen riete langs ʼn stroom neersak, verlore, en nie dink om voor die

late nag terug te keer nie. Mag só ʼn liefde hom beetpak, en mag ek nie omgee om hom te genees nie.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af. 90 Hierdie aandenkings het daardie verraaier eens vir my gelos. Kosbare

beloftes van hom. Nou, op my einste drumpel, vertrou ek hulle aan jou toe, Aarde. Hierdie beloftes skuld my Daphnis.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af. 95 Hierdie kruie en doepas vanuit die Swartseestreek het Moeris self vir my gegee- hulle groei volop in die Swartseestreek. Onder hulle invloed het ek dikwels Moeris in ʼn hiëna sien verander en in die bos wegkruip, hom dikwels hoor geeste oproep vanuit die grafdieptes en gesien hoe hy gesaaide koring na ander velde oorplaas.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af. 100 Bring die kole, Amaryllis, en gooi hulle oor jou kop in die kabbelende

stroom, en moenie terugkyk nie. Met hulle sal ek vir Daphnis oorval; hy gee niks om vir gode of liedere nie.

Bring Daphnis huis toe, my lied, bring hom van die dorp af.

Kyk! Die as het self - terwyl ek gedraai het om dit uit te gooi - die 105 altare met bewende vlamme oorrompel. Laat dit ʼn goeie teken wees!

Dit is sekerlik iets en Wagter blaf daar by die ingang. Glo ons dit? Of skep hulle wat bemin hul eie drome?

Staak! Hy kom vanuit die dorp. Staak nou, my liedere. Daphnis kom uit die dorp terug.

175