• No results found

H00FSTUK4 NAVORSINGSONTWERP

4.5 VRAELYS AAN DIE MENTORS

4.5.1 Doel van die vraelys

In hierdie navorsing is gestruktureerde posvraelyste ontwikkel en aan die deelnemers versend met die besondere doel om:

• inligting in te samel wat verband hou met die mate waarin bestuursprobleme ondervind word ten opsigte van die leerderskapprogram,

• vas te stel wat die aard van die bestuursprobleme in die skolepraktyk is en • deur middel van data-insameling en die verwerking daarvan, probleme te

identifiseer, gevolgtrekkings te maak en dan spesifieke aanbevelings te doen.

Daar is seker gemaak dat die afdelings van die vraelyste sodanig op mekaar volg dat aangeieenthede wat by mekaar hoort, saam gegroepeer is (Ibert ef a/., 2007:174). Hierdie posvraelyste is uit die literatuurstudie ontwikkel en fokus in die besonder op funksionele en strukturele aangeieenthede wat in die opleidingsprogram voorkom. Vraelyste is verbesonder nadat daar met verskillende persone gesprek gevoer is, byvoorbeeld met sowel skrywer se promotor en medepromotor, as met die bestuurshoof van die SBO-program in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes- Universiteit. Die beredeneerde grondrede hiervoor is die geredelike toegang tot die persone asook hul direkte betrokkenheid by die organisatoriese en bestuurs- aangeleenthede van die leerderskapprogram.

Neuman (1997:251) is die mening toegedaan dat die geprojekteerde effektiwiteit en respons op vraelyste soos vir die navorsing gebruik word, normaalweg hoog is, aangesien die populasie ten nouste betrokke is by die program.

In die laaste afdeling van die vraelyste is voorsiening gemaak vir 'n oopantwoord-vraag. Die doel met die afdeling was om aan deelnemers die geleentheid te gee om enige probleme skriftelik te verwoord wat hulle ten opsigte van die program ondervind en wat nie as sodanig in die vraelys voorgekom het nie. Die bespreking van die oopantwoord- vraag word verderaan in hierdie hoofstuk breedvoerig bespreek (vergelyk § 4.9).

4.5.2 Konstruksie van die vraelys

Die posvraelys in hierdie navorsing is vergesel van 'n dekbrief waarin aan deelnemers verduidelik is wat die doel van die navorsing is en dat hul deelname 'n belangrike bydrae kan lewer tot die optimalisering van die SBO-program. Die stap stem ooreen met die siening van verskillende navorsers dat die dekbrief kernagtig aan deelnemers die doel en funksie daarvan moet verduidelik (Gall ef a/.,1996:229; Wolf, 1997:424). Daar is veral gelet op die duidelike formulering van vrae en dat vrae wat moontlik meer as een afleier kan he, uitgeskakel is (Bell, 2002:164).

Met die saamstel van die vraelys is seker gemaak dat die verskillende aangeleenthede wat in die afdelings van die mentors vervat is, wel inligting is wat aan hulle bekend is.

Vervolgens word aandag gegee aan die verskillende afdelings wat in die vraelys voorkom (vergelyk bylaag B, p. 305).

• Afdeling A: Algemene inligting (Vrae 1-9).

Inligting wat demografiese en biografiese inligting verlang. Inligting is ingesamel om te bepaal of aangeleenthede soos die grootte en samestelling van die skool, die tipe skool, die ligging van die skool en die fase of leerarea van betrokkenheid van die mentor dalk enige organisatoriese probleme skep.

• Afdeling B: Strukturele aangeleenthede ten opsigte van die opleidings-

instansie (Vrae 10-21) (vergelyk tabel 3.1 - S7).

In hierdie afdeling is gekyk na beleidsake ten opsigte van die opleidingsinstansie. Sake wat verskillende wyses van kommunikasie insluit soos die posstelsel, E- posstelsel, telefoondiensstelsel en persoonlike kontaksessies as kommunikasie- wyse is ondersoek.

• Afdeling C: Funksionele aangeleenthede ten opsigte van die skool (Vrae 22-28) (vergelyk tabel 3.2 - F10).

Die doel met hierdie afdeling was om te probeer vasstel in watter mate mentors tyd vind om hul verantwoordelikheid as opleidingsvennoot teenoor die leerder- skapkandidaat na te kom en steeds die tyd vind om hul skooltake af te handel.

• Afdeling D: Algemene aangeleenthede in die skool (Vrae 29-40) (vergelyk tabel 3.2-F9.F10).

Die rasionaal met die afdeling was om te bepaal of die mentor op organisatoriese vlak enige probleme ondervind met aspekte wat die opleidingsinstansie moontlik nie in ag neem nie.

• Afdeling E: Oopantwoord-vraag.

Die doel met die afdeling was om voorsiening daarvoor te maak dat deelnemers enige aangeleentheid of probleem kan opper wat nie in die vraelys voorkom nie en wat 'n bydrae kan lewer tot die optimalisering van die skoolgebaseerde onderwyseropleidingprogram. Hierdeur word die geleentheid geskep dat deelnemers sake kan noem wat vir hulle werklik belangrik is of dat hulle aanbevelings sou kon doen oor aangeleenthede wat nie in die vraelys aangeraak word nie.

4.5.3 Skaal

Binne die konteks van skaalontwikkeling beskou Delport (2005:185) dit as belangrik dat daar tussen twee verskillende begrippe onderskei behoort te word. Aan die een kant is daar die enkele item wat die kleinste gedeelte is waaraan 'n waarde toegeken kan word en aan die ander kant die multi-items of uitgebreide begrippe wat getoets kan word.

Die skaal wat in die vraelyste van hierdie navorsing gebruik is, is gekonstrueer volgens 'n vierpunt-Likertskaal sodat enkele response vasgestel kan word wat wissel tussen: 1 = geen probleem

2 = 'n klein probleem 3 = 'n probleem en 4 = 'n groot probleem.

Likertskale word algemeen in navorsing gebruik en staan ook bekend as skale vir die bepaling van somtotale aangesien die keuse van afleiers waaruit die respondent moet kies, kan wissel tussen twee en nege (Neuman, 1997:159). Tellingwaardes word gekoppel aan ooreenstemmende afleiers in elke kategorie. Uiteindelik word alles verwerk en uitgedruk as die som van die response (Leedy & Ormrod, 2001:197).

Aan die einde van beide vraelyste is in 'n ope afdeling voorsiening daarvoor gemaak dat deelnemers hul menings kon lug oor enige tersaaklike aangeleentheid wat nie in die vraelys gedek is nie. Die inhoud van die antwoorde op die oopantwoord-vrae is sodanig verwerk dat aangeleenthede wat semantiese ooreenkomste toon, bymekaar gevoeg is (vergelyk § 4.9).

Vervolgens word aandag geskenk aan die loodsvraelys wat aan die mentors verskaf is.

4.5.4 Loodsvraelys

h Loodsvraelys kan beskou word as 'n vooraftoetsing wat op klein skaal uitgevoer word en wat 'n weerspieeling is van die volskaalse opname wat gaan volg (Strydom, 2005c:206). Dit kan ook beskryf word as 'n beoordeling van alle fasette van die uiteindelike vraelys en opname om sodoende enige onduidelikhede uit te wys (Gall ef a/., 1996:65, 298). Inligting wat tydens die invul van die loodsvraelys ingewin word, behoort vir die navorser 'n aanduiding te gee van die duidelikheid en betroubaarheid van die verskillende vrae in die afdelings wat gestel word (Delport, 2005:172). Nadat die fase van die loodsvraelys afgehandel is en die nodige veranderinge aangebring is, behoort die finale vraelys geldig, betroubaar, duidelik en effektief te wees vir sowel die deelnemers as die navorser self (Ibertef a/., 2007:175).

Twee loodsvraelyste is vir hierdie navorsing ontwikkel - een vir die mentors en die ander vir die leerderskapkandidate (vergelyk § 4.6.4). Beide vraelyste is eers aan die Noordwes- Universiteit se Statistiese Konsultasiediens voorgele vir aanbevelings en goedkeuring. Daama is die mentors se vraelys oorhandig aan vier mentors by verskillende skole. Die rasionaal hiervoor was om te bepaal of al die vrae wat daarin voorkom, eenduidig deur hulle gei'nterpreteer word en ook om die tydsduur vir die invul daarvan vas te stel (konstrukgeldigheid). Mentors is versoek om enige vrae wat nie duidelik in die vraelys omskryf was nie, aan te toon. Hulle is ook versoek om enige ander sake wat met die program verband hou, in die oop afdeling aan te teken sodat dit bespreek en aangepas kon word as deel van die finalisering van die vraelys.

4.5.5 Finalisering van die vraelys

Veranderinge wat aan die finale vraelyste aangebring is en voortgespruit het uit die loodsvraelyste van mentors, sluit die volgende sake in:

• byvoeging van leerareas waarby kandidate hoofsaaklik betrokke is

• weglating van vrae omdat die beoordeling daarvan naastenby dieselfde as ander vrae is en derhalwe verwarring skep

• herbewoording van vrae sodat kandidate dit eenduidig kan verstaan.

Nadat die onderskeie veranderinge aangebring is, is die bladuitleg afgehandel en omgesien na die estetiese versorging van die finale vraelys.

4.5.6 Studiepopulasie

Indien navorsing op 'n gegewe studiepopulasie uitgevoer moet word, word 'n steekproef gewoonlik gebruik. Steekproewe behoort verteenwoordigend te wees van die populasie waaruit dit gekies is voordat dit as voldoende beskou kan word (Ross & Rust, 1997:427). Om verteenwoordigend van die populasie te wees behoort steekproewe 'n spieelbeeld ten vorm van die groter populasie waaruit dit gekies is (Monteith, 2005:1; Strydom, 2005b:193,196).

Verskeie opieidingsinstansies is genader om inligting te bekom wat handel oor skoolgebaseerde onderwyseropleiding (vergelyk hfst. 3.10.1). Inligting wat uit sodanige inligtingstukke en prospektusse van die ander universiteite verkry is, was egter onvolledig en onvoldoende en kon gevolglik nie betrek word om deel uit te maak van die studiepopulasie van hierdie navorsing nie. 'n Moontlike rede sou waarskynlik kon wees dat sodanige besondere detailinligting rakende 'n onderrigprogram van 'n bepaalde universiteit bevat en weens daardie universiteit se eie universiteitsreels nie aan persone van buite beskikbaar gestel mag word nie.

Gesien in die lig van die omstandighede wat in die voorafgaande paragraaf genoem is, is daar vir die doel van hierdie navorsing besluit om gebruik te maak van 'n nie- waarskynlikheidsteekproef en dan in die besonder van sowel 'n beskikbaarheidstreekproef (convenience sampling) as 'n doelgerigte steekproeftrekking (purposive sampling) waarvolgens vasgestel kon word in watter mate probleme met die implementering van die

leerderskapprogram in skole ondervind word. Die beskikbaarheidstreekproef is gebruik omdat hierdie studiepopulasie se name en adresse beskikbaar was en aan Navorser beskikbaar gestel is. Die doelgerigte steekproeftrekking is gebruik omdat dit veral geskik is vir spesifieke groepe kandidate wat op grand van die ervaring waaroor hulle sou beskik, asook hulle direkte betrokkenheid by 'n program, die vraelyste sou kon invul (Neuman, 1997:202, 251; Leedy & Ormrod, 2001:218, 219; Fogelman, 2002:101-103).

Al die deelnemers in die skoolgebaseerde onderwyseropleidingsprogram wat in die RSA woon en wat aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) daarvoor geregistreer is (leerderskapkandidate) sowel as al die mentors, word by hierdie ondersoek betrek. Daar is vasgestel dat (n = 217) leerderskapkandidate, (n = 164) mentors en (n = 149) verskillende skole hierdie populasie uitmaak wat oor al nege provinsies heen versprei is (vergelyk tabel 4.1).

Tabel 4.1 Verspreiding van mentors in die verskillende provinsies van die RSA

Provinsies Aantal mentors per provinsie

1 Gauteng 32 2 KwaZulu-Natal 11 3 Limpopo 15 4 Mpumalanga 28 5 Noord-Kaap 5 6 Noordwes 53 7 Oos-Kaap 2 8 Vrystaat 14 9 Wes-Kaap 4 TOTAAL 164

Vervolgens word aandag geskenk aan die gegewens van die leerderskapkandidate.