• No results found

STRUKTURELE EN FUNKSIONELE AANGELEENTHEDE IN DIE OPLEIDING VAN ONDERWYSKANDIDATE BINNE ENKELE

National Skills Authority Adviseer die Minister van Arbeid

3.9 STRUKTURELE EN FUNKSIONELE AANGELEENTHEDE IN DIE OPLEIDING VAN ONDERWYSKANDIDATE BINNE ENKELE

ONDERWYSSTELSELS IN AFRIKALANDE

Verskeie rekenaarsoektogte is uitgevoer om die jongste praktyk in onderwyseropleiding buite Suid-Afrika te probeer bepaal. Die doel daarmee was eerstens om vas te stel of leerderskappe (skoolgebaseerde opleiding) wel elders in Afrika as wyse van opleiding aangebied word. Daar is ook aandag geskenk aan ander wyses van onderwyseropleiding om vas te stel in watter mate daar ooreenkomste bestaan met die Suid-Afrikaanse situasie.

Elektroniese databasisse wat geraadpleeg is, sluit ERIC, EBSCOhost en Google in. Trefwoorde en kombinasies daarvan wat in die soektog gebruik is, sluit die volgende in: Workplace-based, teacher training, schools, learnerships, initial teacher training, teacher apprenticeships, education, tertiary teacher training, structures.

Anders as in die geval met die Verenigde Koninkryk kon uit die internetsoektog slegs beperkte inligting bekom word oor verskillende opleidingsinstansies wat handel oor werkplekgebaseerde opleiding.

Die soektog is oor die volgende lande gedoen: Botswana, Burundi, Djibouti, Ethiopie, Ghana, Kameroen, Kongo, Kenya, Madagaskar, Nigerie, Somalie, Sudan, Senegal, Tanzanie, Uganda, Zaire, Zambie, Zimbabwe.

Vervolgens word aandag geskenk aan enkele wyses van opleiding soos dit uit die rekenaarsoektog duidelik geword het.

Die Multi-site Teacher Education Research Project (MUSTER) is 'n samewerkings- en navorsingsprojek van die Centre for International Education at the University of Sussex

Institute of Education. Dit is gedoen in vennootskap met universiteite in Afrikalande soos Ghana, Lesotho, Malawi, Suid-Afrika asook die Universiteit van Wes-lndie in Trinidad.

Die ondersoek en die projek net onder andere gefokus op nuwe inisiatiewe van opieiding wat in Malawi plaasvind. Daar is gelet op inisiele opieiding en ook op dit wat lei tot kwalifikasieverwerwing binne die onderwys. Verdere ondersoek is ingestel na die vaardighede wat benodig word sodat effektiewe onderwys kan plaasvind asook moontlike voordele van verskillende wyses van inisiele onderwyseropleiding (Kunje & Chirembo, 2000:i).

3.9.1 Malawi

In Malawi bestaan die Malawi Integrated In-service Teacher Education Programme (MIITEP). Die program bied toegang tot 'n opleidingskursus wat oor twee jaar strek. Opieiding is in twee hoofkomponente verdeel. Die eerste deel vind plaas by die opieidingsinstansie (residensieel) en die ander deel binne die skolepraktyk (skoolgebaseerd). Die residensiele komponent bestaan daaruit dat alle onderwys- kandidate hul program begin met 'n drie-maande lange opieiding by die instansie en die opieiding word afgesluit met 'n ses-weke lange hersienings- en eksamentydperk by die instansie.

Die middelfase of tweede deel van die opieiding strek oortwintig maande heen en vind in primere skole plaas. Studente word van 'n studente-onderwyserhandboek voorsien en dit kan as hul belangrikste inligtingsbron beskou word.

Tydens die skoolgebaseerde opleidingstydperk word daar veral verwag dat die onderwyskandidate leiding en ondersteuning van die skool (personeel) moet ontvang (soos in die geval van leerderskappe). Hulp en toesig word deur eksterne Primary Education Advisors en dosente van die opieidingsinstansie verleen. Bykomend tot die hulp en toesig word daar verder van onderwyskandidate verwag om sone-seminare by te woon waar die verskillende studente hul praktykervaringe met mekaar kan deel. Ingeslote by hul studiemateriaal is daar 'n module wat van die studente verwag om werksopdragte en projekte te voitooi en aan die opieidingsinstansie te stuur vir assessering (Kunje & Chirembo, 2000:2).

Uit die voorafgaande wil dit voorkom of daar sekere elemente van ooreenstemming tussen hierdie opleidingsmodel en leerderskappe (soos dit in Suid-Afrikaanse skole

plaasvind) bestaan, maar dat dit nie as leerderskappe as sodanig beskou kan word nie (vergelyk hfst. 2.4.4).

3.9.2 Ander Afrikalande

Die resultate van rekenaarsoektogte het getoon dat die bekostigbaarheid en gewildheid van veral twee opieidingsopsies besig is om toe te neem, naamlik afstandsonderwys asook oop- en elektroniese leer. Hierdie opieidingsopsies staan as die Open, Distance and electronic Learning-method (ODeL) bekend. Dit is 'n wyse van opieiding wat in verskillende Afrikalande aangetref word soos Djiboutie, Etiopie, Kenia, Madagaskar, Somalie, Tanzanie, Uganda, Zambie en Zimbabwe (Dzvimbo et a/., 2006:5-7; Kinyanjui, 2005:1).

Deur gebruikmaking van elektroniese hulpmiddele word onderwyspersoneel bemagtig om in belang van die onderwys nuwe vaardighede te bemeester (Olakulehin, 2007:140). Die formele wyse waarvolgens onderwyseropleiding en kwalifikasieverwerwing plaasvind, naamlik dat onderwyskandidate op voltydse basis aan die opieidingsinstansie studeer met tydperke van praktiese-onderwysplasings, bestaan steeds.

Verskeie aanduidings bestaan dat indiensopleiding as wyse van kwalifikasieverbetering voorkom, maar daar word in die onderhawige studie geen verdere aandag hieraan geskenk nie (Olakulehin, 2007:135).

3.9.2.1 Gevolgtrekkings ten opsigte van onderwyseropleiding binne enkele Afrikalande

Uit die geraadpleegde literatuur wil dit voorkom of die verskillende wyses waarvolgens inligting- en kommunikasietegnologie aangewend word, verruimend bydra tot die onderwysprofessie en die opieiding van toetreders. Nerens in die rekenaarsoektog wat handel oor inisiele onderwyseropleiding in die gemelde onderwysstelsels in Afrikalande kon inligting opgespoor word rakende werkplekgebaseerde opieiding binne skole ten einde te bepaal hoe leerderskappe gestruktureer word en funksioneer nie.

• Dit kom voor of daar tekorte voorkom ten opsigte van gekwalifiseerde onderwyspersoneel in die praktyk. Dit blyk dat onderwyspersoneel 'n behoefte

net aan indiensopleidingskursusse wat die bestaande onderwyskorps beter kan ondersteun en toerus.

• Geleenthede word geskep waartydens onderwyspersoneel, leiding van eksterne primere onderwyskundige adviseurs en dosente van opleidingsinstansies ontvang ten opsigte van praktykaangeleenthede. Hieruit word dit duidelik dat daar 'n ondersteuningskomponent bestaan wat akademiese ondersteuning aan die onderwysprofessie verleen, alhoewel dit nie deur 'n universiteit of opleidingsinstansie beheer en behartig word nie.

• Daar bestaan in Malawi geleenthede vir studente wat volgens die Malawi Integrated In-service Teacher Education Programme (MIITEP) studeer, om sone-seminare by te woon sodat onderlinge skakeling en 'n akademiese ondersteuningsbasis bewerkstellig kan word.

• Dit blyk dat daar wel 'n kommunikasie-ondersteuningsbasis in die MIITEP bestaan, aangesien studente-opdragte en projekte na die opleidingsinstansie gestuur moet word vir assessering.

• Deur gebruikmaking van die Open, Distance and electronic Learning-method (ODeL) in die huidige opleiding van onderwyskandidate kom dit voor of daar 'n ontwikkeling van multimediakommunikasie-geleenthede bestaan.

Elektroniese soektogte in Afnkalande het geen inligting opgelewer wat enige strukturele of funksionele bestuursaangeleenthede weerspieel rakende werkplek-gebaseerde of skoolgebaseerde opleiding wat ooreenkomste toon met opleidingswyses in die Verenigde Koninkryk of Suid-Afrika nie.

Vervolgens word ondersoek ingestel na verskillende organisatoriese aangeleenthede vir die implementering van leerderskappe binne Opvoedkundefakulteite aan Suid-Afrikaanse universiteite.

3.10 BEPALINGS BINNE OPVOEDKUNDEFAKULTEITE (MESOVLAK) TEN