• No results found

Kritiese evaluering van Mensekapitaalteorie in die onderwys

1 SOSIALE INSET

2.3.9 Kritiese evaluering van Mensekapitaalteorie in die onderwys

Die belangrikheid van onderwys as belegging in mense word telkens in die literatuur oor die Mensekapitaalteorie beklemtoon. Met die tyd het dit die toepaslike konseptuele basis geword van waaruit onderwysbeleid geformuleer is (Quiggin, 1999:130). Volgens die Mensekapitaalteorie word dit wat die mens doen (mense se handelinge) gebaseer op

ekonomiese belang binne vrye mededingende markte. Ook in Suid-Afrika beklemtoon verskeie belangegroepe en rolvennote hierdie veronderstelde verband tussen belegging in Onderwys en ekonomiese winste (Pandor, 2005:1; Johanson & Adams, 2004:15; Mdladlana, 2001:1).

'n Kritiese lees van die beskikbare literatuur oor die Mensekapitaalteorie toon dat hierdie Teorie verskeie voor- en nadele inhou. Vir doeleindes van hierdie navorsing word kortliks hiema gekyk.

Voordele

• 'n Belegging in vaardigheidsverwerwing, hetsy deur die individu of die werkgewer, hou toekomsdividende vir die individu asook ekonomiese voordeel vir die land in, wat oor etlike jare kan strek. Dit beinvloed ook die bree gemeenskap. Die oortuiging bestaan dat 'n vaardige, bevoegde werker wat sukses binne die werkplek smaak, deur sy/haar gedrag ook ander werkers sal aanspoor tot effektiwiteit en produktiwiteit binne die werkomgewing asook samelewing.

• Werkplekgebaseerde opleiding verskaf 'n bekostigbare belegging in "mensekapitaal" vir die individu. Dit hou voorts die verdere voordeel in dat werkers, met hul arbeid, vir hulle eie opleiding kan betaal. Hierdie voordeel is van besondere belang vir toekomstige bekostigbare onderwysersopleiding in Suid- Afrika.

• Dit wil voorkom of die verwerwing van "mensekapitaal", deur voltydse onderwys en opleiding, as 'n toekomsbelegging beskou kan word, aangesien die leerderskap- kandidaat afstand doen van 'n onmiddellike verdienste, in ruil vir die potensiaal wat 'n verhoogde toekomstige inkomste inhou (Niibler, 1997).

• Die verworwe kundighede en vaardighede waaroor 'n persoon wat leerderskap- opleiding ondergaan het, beskik, kan hom/haar in staat stel om deel te neem aan aktiwiteite wat ekonomiese waarde vir hom/haarself, asook die breer gemeenskap en landsekonomie inhou (Sung Jun Jo, 2005:4).

• Ho§r vlakke van "mensekapitaal" (vaardigheidsvlakke) binne die werkplek toon dat dit tot hoer produktiwiteit kan lei - werkers is toegerus en bekwaam om toerusting optimaal te kan benut.

• Dit kan nie bo redelike twyfel gestel en aangeneem word dat dit slegs onderrig en opleiding in vaardighede (binne skoolverband) is, wat die individu se uiteindelike finansiele suksesse bepaal nie. Ander faktore, wat fmansiele verdienstes kan be'i'nvloed, behoort eweneens in ag geneem te word. Dit sluit in skaars- en uniekheid van natuurlike aanleg, die immer-dreigende moontlikheid van nepotisme, diskriminasie en die feit dat geleenthede soms deur blote toeval op 'n persoon se weg kom (Reed & Wolniak, 2005:2-5; Sung Jun Jo, 2005:2).

• Baptiste (2001:184) en Baptiste en Nyanugo (2004:39) meen dat voorstaanders van die Mensekapitaalteorie hulle verdediging daarvan veral baseer op dit wat hulle as die primere ekonomiese voordeel daarvan beskou. Die medebelangrikheid van, onder andere, menslike gedraginge en die beste belang van alle rolvennote wat aan onderwysverwante aktiwiteite deelneem, word grootliks geTgnoreer. • Die moontlikheid bestaan dat werkgewers hul werkers na opleiding kan verloor,

omdat hulle elders hulle nuut verworwe kundighede en vaardighede teen 'n beter prys aan 'n werkgewer kan verkoop. Daarteenoor neig meeste werkgewers deesdae om eerder in spesifieke, intreevlakvaardigheidsopleiding te bele (Kraak, 2008:24-27).

• Die sukses wat een individu op grand van sy/haar belegging in onderwys en opleiding bereik, is geen waarborg dat alle ander dieselfde suksesse sal bereik nie.

• Die verwerwing van kennis en vaardighede word dikwels gelyk gestel aan alle ander natuurlike hulpbronne en kommoditeite wat 'n rol speel binne die ekonomie. Mense se kennis en vaardighede word gevolglik as 'n ekonomiese bate beskou en die implikasie is dat hoe beter die hulpbron ontgin en benut word, hoe hoer sal die opbrengs vir beide die ondememing en die gemeenskap wees (Livingstone, 1997:9; Field, 2004:12).

• Voorstaanders van die Mensekapitaalteorie beskou mense-as-werkers grootliks as

kapitale hulpbronne wat deur die beleidstrukture wat deur die politieke

maghebbers gemaak en in stand gehou word, bestuur (behoort te) word. Dit impliseer dai mense-as-werkers as't ware aan arbeidsverwante wetgewing en beleid ondergeskik is en gevolglik nie hulle eie besluite kan neem nie.

• Lin (1999:29) argumenteer dat die Mensekapitaalteorie essensieel 'n kapitalistiese plan is wat in die gemeenskap ingemessel is, ingevolge waarvan die kapitalistiese maghebbers2 pleit vir beleggings om in mense - as sodanig - gemaak te word,

sodat die oorskotwaarde wat sodoende gegenereer word, deur hulleself (as kapitalistiese maghebbers) gefiltreer, opgevang en verder beheer kan word. • Die SDA se bedoeling met belegging in Onderwys kan grootliks as 'n

nuttigheidsbenadering beskou word en dan in die besonder as 'n nuttigheidsbenadering wat op die veronderstelling berus dat belegging in Onderwys tot die verbetering van ekonomiese voorspoed in Suid-Afrika sal lei. Skoolgebaseerde leerderskapkandidate kan dus, ongeag die edelste motiewe van die Mensekapitaalteorie, toenemend ontmagtig en geproletariseer word, aangesien daar geargumenteer sou kon word dat hulle soms slegs ter wille van hulle veronderstelde nuttigheidswaarde aangewend sou kon word. Deur middel van hierdie enigsins vreemde heldeverering vir praktiese opleiding, mag onderwysersopleiding in die oe van sekere waamemers tot 'n soort tweedehandse vakleerlingskap verbleek word (Morrow, 2005:1).

Vir toekomstige onderwysersopleiding in Suid-Afrika, behoort daar - ten spyte van bovermelde nadele - veel eerder op die positiewe aspekte van die Mensekapitaalteorie klem gele te word en moet aanvaar word dat die Mensekapitaalteorie tans 'n gegewe is by vaardigheidsopleiding in die RSA. Onderwys behoort steeds as een van die groeipunte vir die bewusmaking van ekonomiese en politieke verandering en ontwikkeling binne Afrika beskou te word (Tikly, 2003:545, 546, 549, 550). Dit kan gevolglik in die toekoms steeds 'n krities belangrike rol in die voorsiening van die nodige "mensekapitaal" speel (Tikly, 2003:558). Mits daar deeglike koordinering ten opsigte van 'n gebalanseerde verspreiding van opleiding tussen die verskiiiende vlakke van "mensekapitaal" bestaan, kan die bestaande stelsel van onderwysersopleiding (deur leerderskappe) in die toekoms steeds bekostigbaar bly en koste-effektief benut word (Tikly, 2003:562).

2.3.10 Gevolgtrekking

Ten spyte van verskiiiende kritiese standpunte rakende die Mensekapitaalteorie, kan tot die konklusie gekom word dat die aanmoediging om vaardighede deur middel van onderwys en opleiding te verwerf, in sigself nie h nadelige uitwerking op enige individu kan h£ nie. Dit blyk uit voorafgaande gedeeltes dat die oordeelkundige aanwending van kennis en die implementering van vaardighede, aanleiding kan gee tot ekonomiese vooruitgang sowel as sosiale aanvaarding en opheffing vir die individu en die gemeenskap. Daar kan dus afgelei word dat die teorie besliste voordele inhou indien dit omsigtig aangemoedig en toegepas word deur 'n regering. Mense, met hul onderskeie

vaardighede en kennis, moet nie bloot as kommoditeite gesien word wat ontgin en aangewend behoort te word nie. In so 'n geval sou mensehulpbronne dus uitgeput en opgebruik kan word, wat nie bloot oneties sal wees nie, maar ook teen die fundamentele reg van enige mens en die grondwet van Suid-Afrika.

2.4 HISTORIESE OORSIG OOR LEERDERSKAPPE AS OPLEIDINGS-