• No results found

BEPALINGS VAN DIE NQF TEN OPSIGTE VAN DIE STRUKTURE EN FUNKSIES VAN LEERDERSKAPPE

IN DIE ONDERWYS

3.4 BEPALINGS VAN DIE NQF TEN OPSIGTE VAN DIE STRUKTURE EN FUNKSIES VAN LEERDERSKAPPE

Die NQF is tot stand gebring om onderwys en opleiding binne Suid-Afrika te verander (Department of Labour, 20011:5). Alle formele kwalifikasies moet deur die korrekte strukture by die NQF geregistreer word. In die bespreking wat volg, word slegs die verskillende strukture met hul funksies uitgewys wat die NQF ondersteun - en nie 'n bespreking van die NQF se funksies in die algemeen nie (vergelyk hfst. 2.4.2.6).

Die bespreking toon aan hoedat die strukture met mekaar verband hou en inskakel met die NQF in die uitvoering van hul taak, totdat dit uiteindelik neerslag vind in Yi leerderskap (Department of Labour, 2001 i:7, 12; vergelyk figuur 3.1).

• Die SAQA het die verantwoordelikheid gehad om twaalf National Standards Bodies (NSBs) tot stand te bring, een NSB vir elke studieveld.

• Elke studieveld is verder verdeel in sub-studievelde.

• Elkeen van die NSBs is daarvoor verantwoordelik om Standards Generating Bodies (SGBs) binne elke besondere studieveld te vestig.

• Die persone wat dien op die SGBs is veronderstel om almal genomineerde, ervare en kundige mense binne die spesifieke studieveld te wees.

• Die funksies van die SGBs is om eenheidstandaarde en kwalifikasies te ontwikkel vir elke spesifieke veld en om dit aan die NSBs voor te le.

» NSBs beveel die voorstelle van die SGBs by die SAQA aan vir registrasie op die NQF.

• NSBs skakel deur SAQA met 'n toepaslike Education and Training Quality Assurance Body (ETQA).

• Die SAQA Act maak voorsiening vir die vestiging van ETQAs. Alle diensverskaffers wat as opleidingsinstansies wil funksioneer, moet aansoek doen om akkreditering by Yi ETQA. ETQAs behoort weer op hulle beurt verantwoording te doen aan die SAQA.

» Alle ETQAs is by die SAQA geakkrediteer en die hooffunksie van 'n ETQA is die monitering van die opleidingsgehalte wat deur die opleidingsinstansie verskaf word. ETQAs moet hulle daarvan vergewis dat die leeruitkomste en standaard van opleiding, vir elke vlak en kwalifikasie, wel geskied volgens die vereiste kriteria wat by die NQF geregistreer is.

• Voorbeelde van Standard Generating Bodies (SGBs) binne die onderwyssektor sluit die volgende in:

o SGB vir Assessorstandaarde o SGB vir Ontwikkeling en o SGB vir Inklusiewe Onderwys

Bogenoemde voorbeelde is in Oktober 2005 deur SAQA geregistreer.

• 'n Voorbeeld van 'n National Standards Body (NSB) binne die onderwyssektor is

o die NSB 05: Education, Training and Development.

o Die ETQA liggaam wat al die programme van die Hoeronderwyssektore vir gehalte moet verseker, staan bekend as die Higher Education Quality Assurance Council (HEQC). Dit is een van die liggame wat redelike bekendheid in Afrikaans geniet, naamlik die Hoer Onderwys-kwaliteits- kontrolekomitee (HOKK). Die opleidingsprogramme van Opvoedkunde Fakulteite word dus deur hierdie komitee geevalueer. Leerderskap- programme word hierby insluit.

o Die verskillende SETAs beskik ook oor ETQA-funksies binne die sektor waarin hulle funksioneer (Skills Development Act 97/1998; Department of Labour, 2001 i: 12).

Uit die voorafgaande gedeelte blyk dit dat die funksionering van beide die SAQA en die registrasie van kwalifikasies by die NQF veral gerig is op gehalteversekering. Vaardigheid en kwalifikasieverwerwing, deur onderwys en opleiding, kan voortaan gestruktureerd binne alle Suid-Afrikaanse opleidingsektore plaasvind.

Deur die Skills Development Act (97/98) word voorsiening gemaak vir alle SETAs, wat impliseer dat die struktuur en funksies daarvan onder die Departement van Arbeid ressorteer. Ook die ETDP SETA, waar die Onderwysdepartement ingedeel is, ressorteer derhalwe volgens die SDA slegs onder die Departement van Arbeid.

ETDP SETA sluit die volgende departemente in:

• alle openbare skole wat onder die Onderwysdepartement ressorteer • onafhanklike skole (independent schools)

• voorsieners van privaat onderwys en opleiding • universiteite van tegnologie

• nie-regeringsorganisasies (NGOs) • museums

• biblioteke en argiewe en • professionele instansies

Bogenoemde situasie kan moontlik belemmerende omstandighede tot gevolg he. Die rede hiervoor is dat die Minister van Onderwys nie die verantwoordelikhede met die Minister van Arbeid deel wanneer dit by aangeleenthede kom wat die onderwys direk raak nie.

'n Verdere dilemma kan moontlik ook ontstaan, aangesien sowel die ETDP SETA (met ETQA-funksies) as die HOKK (met ETQA-funksies) klaarblyklik moontlik oorvleuelende belang of funksies kan he wanneer die programme van 'n HoeYonderwysinstansie geevalueer moet word. Die vraag wat gestel kan word, is: - watter liggaam besit die gesag om die evaluering te doen en aan watter aanbevelings behoort fakulteite wat geevalueer word, hulle te steur? (vergelyk figuur 3.1)

Uit die voorafgaande blyk dit dat die promulgering van die SAQA Act 'n beslissende rol gespeel het in die vestiging van 'n nuwe onderwys- en opleidingsklimaat in Suid-Afrika. Opleidingsinstansies, leerders, werkgewers asook werknemers het voor nuwe uitdagings te staan gekom met betrekking tot vaardigheidsopleiding en -ontwikkeling. Die SAQA Act het die grondslag gel6 waarop die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie gebou is en wat soos 'n veelvlakkige steen geslyp is om rigting te gee aan verskillende aanverwante fasette.

Die NQF pas by een van bogenoemde fasette in, naamlik die bevordering van 'n milieu waarin onderwys- en opleidingsgeleenthede asook lewenslange leer moet plaasvind. Indien skole sou besluit om betrokke te raak by die opleiding van leerderskapkandidate, moet hulle by 'n geregistreerde opleidingsinstansie inskakel. Hierdeur is die weg gebaan vir werkplekgebaseerde opleiding wat lei tot 'n erkende, geregistreerde kwalifikasie op die nasionale kwalifikasieraamwerk. Die NQF, met sy besondere funksies, kan beskou word as die grootskerm vertoondoek waarteen alle kwalifikasies geprojekteer moet word vir goedkeuring voordat opleiding 'n aanvang kan neem.

Vervolgens word aandag geskenk aan die verskillende funksies en strukture wat deur die SDA tot stand gebring is. Daarna word gefokus op die invloed wat elkeen daarvan op die implementering van leerderskappe uitoefen.

3.5 BEPALINGS IN DIE SKILLS DEVELOPMENT ACT TEN OPSIGTE VAN