• No results found

Vakleerlingskappe as voorloper van leerderskappe

1 SOSIALE INSET

2.4 HISTORIESE OORSIG OOR LEERDERSKAPPE AS OPLEIDINGS MODEL VIR ONDERWYSERS IN DIE RSA

2.4.1 Vakleerlingskappe as voorloper van leerderskappe

Om die oorgang van vakleeriingopleiding na leerderskapopleiding te verduidelik en te verstaan, blyk dit die sinvolste te wees om na verskillende wette, organisasies en liggame te verwys wat 'n rol gespeel het om die verandering en oorgang te bewerkstellig.

Voorbeelde van vakleerlingskapkontrakte in Europese Iande is reeds sedert die 12 de eeu aangeteken (Snell, 1996:303) en die vroegste vorm daarvan in Suid Afrika kan nagespeur word tot 1857 (Mdladlana, 2001:2).

Gedurende die twintiger- en dertigerjare van die twintigste eeu het vakleeriingopleiding van krag tot krag gegaan. 'n Belangrike rede hiervoor was die ontdekking van goud, wat 'n groot behoefte aan gekwalifiseerde ambagslui by die mynbou laat ontstaan het (Potgieter, 2001:5). Die Regering het ambagslui veral aangewend om arbeidstekorte op die gebied aan te spreek (Potgieter, 2003:169).

Vakleerlinge het ongeveer honderd weke praktykervaring opgedoen onder die toesig van 'n gekwalifiseerde ambagsman. Dit was ook nodig dat die vakleerling sekere tydperke by 'n Nasionale Tegniese Kollege moes deurbring om die teorie van die betrokke ambag te bemeester, waarna 'n ambagstoets dan afgele kon word (Department of Labour, 2001 g:11). Vakleerlingskappe het die kandidaat gevolglik toegerus en voorberei op teoretiese en praktiese terrein vir die arbeidsmark (Department of Labour, 2001a).

Daar was nie altyd voldoende kommunikasie tussen die instansies wat verantwoordelik was vir die opieiding, en die arbeidsmark self nie. Werkers kon gevolglik dikwels nie werk kry nadat hulle hul opieiding voltooi het nie. Daar het nie genoeg ambagsopleiding plaasgevind sodat dit bevorderlik was vir 'n groeiende ekonomie en veral vir die behoefte binne die verskillende beroepsvelde nie (Department of Labour, 2001g:10,11).

Uit die geraadpleegde literatuur van Departement van Arbeid blyk dit dat daar tydens die periode vanaf 1940 tot en met die laat sewentigerjare, 'n groeiende belangstelling in ambagsopleiding bestaan het.

Wetgewing soos, byvoorbeeld, die Manpower Training Act (56/1981), was die vernaamste wet wat opleiding in ambagte gereguleer het. Hierdie Wet het die National Training Board (NTB) as adviesliggaam oor ambagsopleidings tot stand gebring, met die doel om die Minister van Arbeid ingelig te hou oor sake wat ambagsopleiding raak (Manpower Training Act 56/1981). As gevolg van die wetgewing en adviesliggaam is slegs 'n deel van die Suid-Afrikaanse bevolking se behoeftes en vermoens in ag geneem in die opleiding van ambagte op verskillende ambagsterreine.

Gedurende die jare 1981 tot 1990 het daar 'n beduidende afname ontwikkel in die opleiding van vakleerlinge (Department of Labour, 2001a). Daar kan waarskynlik verskillende redes aangevoer word vir die afname in vakleerlingskappe, maar die belangrikste probleem wat daardeur veroorsaak is, was 'n tekort aan kundige ambagslui wat tot die arbeidsmark toegetree het (Mdladlana, 2000:4; Potgieter, 2001:5; Potgieter, 2003:170). As gevolg van die tekort aan gekwalifiseerde, kundige arbeid op talle vlakke, het die Regering besef dat die land nie genoegsaam toegerus is met voldoende vaardighede op ekonomiese terrein en sakegebied om aan die vereistes van 'n gesonde stabiele ekonomie en samelewing te voldoen nie (Department of Labour, 2001 b:3).

Vroeg in 1990 is verskeie politieke organisasies ontban. Baie uitgewekenes het vanoor die hele wereld na Suid-Afrika teruggekeer met verskillende idees, kennis en ervaring. Dit sou verskillende veranderinge op 'n wye verskeidenheid terreine tot gevolg he; ook op die terrein van onderwys en opleiding. Tydens 1991 is die Congress of South African Trade Unions (COSATU) bygevoeg tot die geledere van die NTB om as vakbond om te sien na die belange van die gekwalifiseerde en ongekwalifiseerde werkers binne die arbeidsmag. Alle organisasies wat by opleiding betrokke is, is betrek by die onderhandelings oor 'n nuwe stelsel van onderwys en opleiding vir alle werkers. Kundigheid is oor 'n bree front betrek en 'n uitgebreide onderhandelingspan is tot stand gebring om bogenoemde probleem te help oplos (Department of Labour, 2001g:12).

Die doel was, om nie net ambagsopleiding nie, maar opleiding in die algemeen in oenskou te neem. In die onderhandelings wat tydens 1993 plaasgevind het was daar verteenwoordigers wat kennis gedra het van beide algemene en beroepsgerigte onderwys en opleiding. Voortspruitend uit die samesprekings van die onderhandelingsgroepe het 'n

verslag tydens April 1994 die lig gesien wat bekend gestaan net as die National Training Strategy Initiative (NTSI). In hierdie verslag is menings, kundigheid en ervaring van internasionale omvang vervat. Van die belangrikste veranderinge wat hierin voorgestel is, was die integrasie van onderwys en opieiding en die totstandkoming van 'n nasionale

raamwerk vir standaarde en kwalifikasies (Department of Labour, 2001 f:3).

Die NTSI was die wegvoorbereider vir drie stukke wetgewing wat belangrik was vir die implementering van leerderskappe. Dit het die ruggraat gevorm waarom Suid-Afrika se vaardigheidsontwikkeling en opieiding sou draai. Die wette is: die South African Qualifications Authority Act 1995 (SAQA Act 58/95), die Skills Development Act 1998 (SDA 97/98) en die Skills Development Levies Act 1999 (SDLA 9/99) (Department of Labour, 2001 g:12). Die wyse waarop die inhoud van hierdie wette leerderskappe bei'nvloed het, word later meer breedvoerig bespreek (vergelyk § 2.3.2).

In die Skills Development Act (97/1998:36) word beklemtoon dat leerderskappe ontwikkel is as 'n wyse van opieiding om vakleerlingskappe te vervang. In die beplanning en ontwikkeling van leerderskapopleidingsprogramme is die effektiewe elemente van vakleerlingskappe behou. Kontraktuele ooreenkomste tussen partye, werkplekgebaseerde opieiding wat teorie en praktiese ervaring insluit en besoldiging van die kandidate terwyl hulle hulle kwalifiseer, kan as voorbeelde genoem word. Daar is aanpassings aan vakleerlingskapopleidingsprogramme gemaak met die doel om leerderskappe aand die hand daarvan te laat baat. Laasgenoemde moes meer buigsaam, toeganklik en bekostigbaar wees vir die leerders (Mercorio, 2001:2).

Daar sou met die opieiding van vakleerlingskappe voortgegaan word tot tyd en wyl die Minister van Arbeid 'n datum sou afkondig waarop alle vakleerlingskappe vervang moet word met leerderskappe (Skills Development Act 97/1998:36).

Na aanleiding van bogenoemde, kan die volgende redes aangevoer word vir die vervanging van vakleerlingskappe met leerderskappe:

• 'n tekort aan vaardigheid het as gevolg van regulerende wetgewing, soos die Manpower Training Act (56/1981), ontstaan. Yi Oplossing vir die vaardigheidstekort blyk die infasering van leerderskappe te wees om sodoende die kundigheid vinniger en op groter skaal aan te vul.

• voorstelle, soos deur die onderhandelingspan gedoen is, ten einde ongelykhede uit die weg te ruim. Insette deur die span was daarop gerig om die kloof te

oorbrug wat bestaan het tussen "onderwys" en "opleiding". Verder word die ou wyse van kwalifikasieverwerwing vervang met 'n nuwe raamwerk vir opleiding (SAQA Act 58/95; Department of Labour, 2001g:12).

• die groot mate van ooreenkoms wat bestaan het tussen vakleerlingopleiding en leerderskapopleiding (Mercorio, 2001:2).

Uit voorafgaande bespreking, waarin daar in die besonder na die onderhandelinge wat plaasgevind het tussen die organisasies betrokke by opleiding w w y s is, word dit duidelik waarom die ETDP SETA aanvoer dat leerderskappe vanuit vakleerlingskappe ontwikkel het.