• No results found

Die verskillende leerareas, gemiddeldes en groot effekgroottes vir elke vraag in Afdeling B

INTERPRETERING VAN DATA

11 D29 Beskikbaameid van elektroniese toerusting soos: internet, fotostaatmasjien,

5.4 ANALISE VAN DIE KWANTITATIEWE DATA (EFFEKGROOTTES EN D WAARDES)

5.4.4 Die effek van Afdeling A: Vraag 5 (leerarea van betrokkenheid) op Afdeling B (probleme ten opsigte van opleidingsinstansie: vrae B

5.4.4.3 Die verskillende leerareas, gemiddeldes en groot effekgroottes vir elke vraag in Afdeling B

Die verskille in die response van die vrae in die verskillende leerareas wat op 'n groot effek dui (a 0,75) word in tabel 5.12 saamgevat en daama in fyner detail bespreek (vergelyk§ 5.4.1).

Tabel 5.12 Leerareas, gemiddeldes en groot effekgroottes in Afdeling B

Vraagnommer en vrae in Afdeling B Leerareas Gemiddeldes (Gem.) Effekgrootte (d) B12, Wyse van kommunikasie

met die opleidingsinstansie

EBW & Teg 1,63 & 1,20 0,82 ***

B13. Tydige beskikbaarstelling

van studiegidse

MSW & NW 1,33 & 2,10 0,80 ***

B14. Stiptelikheid met studie-

inligting (bv. eksamenroosters) EBW & WWG Teg & WWG 1,75 & 1,09 1,60 & 1,09 0,93 *** 0,93 ***

B17. Toegang tot administratiewe

personeel van die opleidings­ instansie EBW & LO EBW & WWG 1,75 & 1,30 1,75 & 1,32 0,93 *** 0,80 ***

B18. Skedulering van praktyk-

besoeke deur personeel van die opleidingsinstansie

EBW & Teg Teg & Tale

NW & Teg Teg & Gf Teg & WWG LO & Teg 1,00 & 2,20 2,20 & 1,00 1,27 & 2,20 2,20 & 1,36 2,20 & 1,41 1,45 & 2,20 1,43*** 1,43 *** 1,11 *** 1,00 *** 0,93 *** 0,89 *** B20. Geskeduleerde kampuskontaksessies met vakdosente NW & Teg Teg & WWG MSW & NW 1,00 & 1,60 1,60 & 1,09 1,47 & 1,00 1,10*** 0,93 *** 0,90 ***

In tabel 5.12 is daar ses vrae met groot effekte ten opsigte van die verskillende vrae in Afdeling B. Indien die verskillende vrae geanaliseer word om groepsverskille in die

response van die verskillende leerareas te verkry, blyk dit dat daar 15 effekte verkry is wat op 'n groot effek dui.

Vervolgens word die verskille tussen leerareas en die vrae waarmee die mentors prakties betekenisvolle probleme ondervind, bespreek (vergelyk tabel 5.12).

• B12: Wyse van kommunikasie met die opleidingsinstansie. Die verskil in respons tussen die leerarea EBW (gem. = 1,63) en Teg (gem. = 1,20) dui daarop dat die mentors van die leerarea EBW in groter mate probleme by hierdie vraag ondervind as die by Tegnologie. Verder kom dit voor dat die omvang van de probleem varieer tussen geen tot 'n klein probleem. Die effekgrootte dui op 'n prakties betekenisvolle verskil (d = 0,82) ten opsigte van vraag B12.

Uit opklarende onderhoude (vergelyk § 5.4.1) net dit duidelik geword dat die wyse van kommunikasie deurgaans en by alle leerareas kommer wek. Wanneer mentors namens hul leerderskapkandidate navraag doen, beleef hulle Yi gevoel van totale onbeskikbaarheid aan die kant van die opleidingsinstansie se administratiewe personeel ten opsigte van die tydige hantering van noodsaaklike administratiewe en akademiesverwante aangeleenthede. Hierdie saak stem ooreen met die bevindinge van die oopantwoord-vraag (vergelyk § 5.5.4). Personeel kom selfs ongeduldig en geirriteerd voor teenoor persone wat navraag doen. Dit wil dus voorkom of dit hier veral gaan oor administrasie en oor administrering met betrekking tot inter- en intrakommunikasie. By 'n betekenisvolle aantal modules moes werksopdragte byvoorbeeld alreeds ingedien gewees net, maar dan is die voorgeskrewe handboeke wat vir die voltooiing van hierdie werksopdragte geraadpleeg moes word, steeds nie by boekhandelaars beskikbaar nie. Mentors in die leerarea: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is vanwee hulle eie akademies professionele opleiding meer ingestel op stiptelikheid en puntenerigheid. Hulle wil nie graag gedeeltes van die werk wat afgehandel moet word stuksgewys ontvang nie, maar wil graag alle inligting gelyktydig en betyds ontvang. Daarteenoor; aangesien Tegnologie 'n redelik nuwe leerarea in die skole is, gebeur dit dat die mentors wat vir die bestuur van hierdie leerarea toegewys is, self nie altyd seker is met betrekking tot die leiding wat hulle aan die leerderskapkandidate behoort te gee nie. Derhalwe kan dit wees dat hulle dalk ook nie in dieselfde mate bekommerd is oor die kommunikasie met die opleidingsinstansie as mentors in die leerarea: Ekonomiese en Bestuurs­ wetenskappe nie.

• B13: Tydige beskikbaarstelling van studiegidse. Uit die gemiddeldes toon dit dat die mentors van NW (gem. = 2,10) teenoor MSW (gem. = 1,33) 'n groter probleem ondervind ten opsigte van vraag B13. Die omvang van die probleem varieer tussen geen probleem by MSW en 'n klein probleem by NW. Uit die d-waarde (d = 0,80) blyk die probleem prakties betekenisvol te wees. Dit gebeur in die praktyk dat sommige studente hulle studiegidse vir die eerste semester van die akademiese jaar eers aan die einde van Maart ontvang. Die studiegidse vir die leerarea: Mens en Sosiale Wetenskappe was dalk nie redaksioneel verander of aangepas nie, terwyl die leerarea: Natuurwetenskappe hulle studiegidse feitlik jaarliks verander. Hierdie gegewe kan 'n moontlike vertraging in die verspreidings- proses van studiegidse teweeg bring. Verder bestaan daar in die leerarea: Natuurwetenskappe (bv. Biologie ens.) verpligte praktikumperiodes wat vir leerderskapkandidate 'n probleem kan skep en wat vanwee kurrikuleYe ontwikkelinge in hierdie spesifieke vakterrein veroorsaak dat hulle studiegidse meer gereeld opgedateer behoort te word as wat dit die geval sou wees in die Humaniora.

• B14: Stiptelikheid met studie-inligting (bv. eksamenroosters). Die gemiddeldes van leerarea EBW (gem. = 1,75) teenoor WWG (gem. = 1,09) dui daarop dat die mentors van EBW h groter probleem ondervind ten opsigte van vraag B14 as die mentors van WWG. Die omvang van die probleem strek tussen geen by die leerarea: WWG en 'n klein probleem by die leerarea: EBW, terwyl die effekgrootte op prakties betekenisvolheid dui (d = 0,82). Ook uit die gemiddeldes wat verkry is tussen Teg (gem. = 1,60) teenoor WWG (gem. = 1,09) vir dieselfde vraag, blyk dit dat Teg 'n groter probleem ondervind as WWG, maar dat die grootte steeds tussen geen en 'n klein probleem strek. Die d-waarde (d = 0,93). dui egter op 'n prakties betekenisvolle probleem.

Tydens die opklarende onderhoude (vergelyk §5.4.1) het dit geblyk dat amptelike universiteitseksamens byvoorbeeld reeds 'n aanvang sou geneem het en dat studente nog steeds nie hulle deelnamepunte in 'n bepaalde leerarea sou ontvang het nie. Ten tye van die ondersoek deur middel van die vraelyste het dit geblyk dat daar probleme voorgekom het, maar ten tye van die opklarende onderhoude het dit geblyk dat die situasie al merkbaar verbeter het. Opkampusstudente (en mentors tydens hul eie opleiding) in die leerarea: EBW is gewoond aan ondebatteerbare stiptelikheid en onmiddellike toegang tot inligting, terwyl afkampusstudente (wat hul frustrasies by hulle aangewese mentors bekla),

soos SBO-leerderskapkandidate, nie dieselfde mate van stiptelikheid ondervind nie. Mentors beleef die kommunikasielyn as lomp en wil die probleem daaraan toeskryf dat hulle deur 'n administratiewe kanaal moet kommunikeer in plaas van direk met die akademiese personeellid wat vir n bepaalde akademiese module verantwoordelik is (vergelyk § 5.5.4). Dit was nie tydens die opklarende onderhoude moontlik om bevredigend vas te stel waarom die leerarea: WWG die minste probleme hieromtrent sou ondervind nie.

• B17: Toegang tot administratiewe personeel van opleidingsinstansie. Uit die respons van die leerareas op hierdie vraag blyk dit dat mentors in die leerarea: EBW (gem. = 1,70) teenoor die mentors in die leerarea: LO (gem. = 1,30) en 'n d- waarde van (d = 0,93), die grootste probleme ondervind. Dieselfde geld vir die mentors in die leerarea WWG (gem. = 1,32, d = 0,80). Die probleem wissel in al die gevalle tussen geen probleem en 'n klein probleem maar toon tog 'n prakties betekenisvolle effek.

Uit gesprekvoering met die mentors (vergelyk § 5.4.1) het dit geblyk dat afkampusprogramme, soos die SBO-program, hoofsaaklik deur administratiewe personeel bedryf word, terwyl opkampusprogramme grootliks direk deur akademiese personeellede bedryf word. Mentors beleef die administratiewe personeel as taakgeorienteerd (wat nie noodwendig verkeerd is nie) en nie as klientvriendelik nie. Verder was die mentors wat by die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe betrokke is tydens hulle eie opleiding gewoond aan persoonlike kontak met hul dosente en in sommige gevalle ook met hul kliente. Hulle is derhalwe gewoond aan optrede wat van noukeurigheid en stiptelikheid getuig ten opsigte van hul werk en ander aangeleenthede wat saamhang in die ekonomiese vakterrein. Hulle beleef dit egter nou in die SBO-praktyk anders. Indien hulle antwoorde op sekere vrae wil bekom, moet hulle deur 'n administratiewe kommunikasielyn funksioneer, terwyl hulle eintlik direk met die akademikus, wat primer vir die verskillende modules verantwoordelik is, wil skakel. Vir EBW-kollegas gaan dit oor vooruitbeplanning en detail. Hulle beskryf hulleself as "anders" as kollegas in ander leerareas en is besonder puntenerig ten opsigte van hulle eie werk. Daarom stel hulle dieselfde eise wat hulle aan hulleself stel aan hulle werk as mentors.

• B18: Skedulering van praktykbesoeke deur personeel van die opleidings­ instansie. Uit die gemiddelde waarde blyk dit dat die mentors van die leerarea

Tegnologie die grootste probleem ondervind ten opsigte van vraag B18 indien dit teenoor die ander leerareas gestel word. Teg & EBW (gem. 2,20 & 1,00; d = 1,43), Tale (gem. = 1,00; d = 1,43), NW (gem. = 1,27; d = 1,11), Gf (gem. 1,36; d = 1,00), WWG (gem. = 1,41; d = 0,93) en LO (gem. = 1,45; d = 0,89). Die omvang van die probleem vir die mentors van Teg wissel tussen 'n klein probleem en )n probleem, terwyl die mentors van EBW en Tale geen probleme ondervind nie. Eweneens neig die gemiddeld van NW ook na geen probleem, maar die gemiddeldes van Gf, WWG en LO neig weer tussen geen probleme en )n klein probleem. Al ses die effekgroottes dui op 'n prakties betekenisvolle probleem (s 0,75).

Tydens die opklarende onderhoude (vergelyk § 5.4.1) met mentors het dit duidelik geword dat daar eintlik 'n verskil in verwagtinge tussen mentors (sowel as leerderskapkandidate by die skool) en personeel van die opleidingsinstansie bestaan ten opsigte van hierdie geskeduleerde besoeke. Die doel met baie van hierdie soorte besoeke is eintlik volgens die opleidingsinstansie dat mentors en leerderskapkandidate foutiewe en ontbrekende administratiewe dokumentasie moet invul, opdateer en korrigeer (Potgieter, 2007: persoonlike mededeling). Die besoeke is dus nie primer daarop gerig dat akademiese probleme ten opsigte van die leerarea of vakinhoude uitgeklaar kan word nie en is derhalwe nie noodwendig opleidingsgerig nie. Aangesien Tegnologie 'n nuwe leerarea (vir graad vier tot nege) en kennisveld (vir graad tien tot twaalf) is, sou mentors en leerderskapkandidate meer opleiding en leiding ten opsigte van Tegnologie wil ontvang as die ander leerareas en nie tydens kontakbesoeke slegs op die afhandeling van administratiewe verantwoordelikhede wou fokus nie. Tegnologie-mentors voel onseker in verband met die leiding wat hulle aan leerderskapkandidate gee en verwag tydens hierdie besoeke breedvoeriger terugvoer in verband met vakinhoude en akademiese uitkomste, asook in verband met aangeleenthede soos werksopdragte, werkstukke en assesserings- resultate. Ongelukkig gebeur dit nie tydens hierdie besoeke nie en dan is veral hierdie leerarea se mentors en studente teleurgesteld oor die besoeke. Mentors spreek die behoefte uit om soms besoeke deur akademiese personeel te ontvang.

B20: Geskeduleerde kampuskontaksessies met vakdosente. Uit die gemiddeldes

blyk dit dat die mentors van die leerarea Tegnologie (gem. = 1,60) die grootste probleem ondervind ten opsigte van vraag B20 indien dit vergelyk word met NW

(gem. = 1,00; d = 1,10), Teg teenoor WWG (gem. = 1,09; d = 0,93) en MSW (gem. = 1,47) teenoor NW (gem. = 1,00; d = 0,90). Al drie effekgroottes dui op praktiese betekenisvolheid.

Waarskynlik woon Tegnologie-leerderskapkandidate die kampuskontaksessies by met die verwagting dat hulle opleiding gaan ontvang (aangesien Tegnologie 'n nuwe leerarea en kennisveld is). Wat dan egter tydens hierdie kampuskontak­ sessies gebeur, is dat die tersaaklike studiegidse gewoon maar net breedvoerig met hulle "deurgewerk" word. Na afloop van die kampuskontaksessies verwag mentors dat leerderskapkandidate moet terugkeer na hulle onderskeie skole, sodat hulle weer die mentors kan help met die nuwe inhoude en leiding in die leerarea. Indien daar nie aan bg. verwagting voldoen kan word nie, staan die mentors skepties teenoor die kontaksessies. Dit blyk dat die verwagting veral gekoester word jeens die opleiding in die praktiese faset van die leerarea Tegnologie (soos die vervaardiging van projekkies en die ontwerp van 'n verskeidenheid modelle volgens die Tegnologiese proses), 'n Verdere probleem ten opsigte van die geskeduleerde kampuskontaksessies blyk te wees dat van die ouer personeel - juis aangesien Tegnologie 'n nuwe rigting is (leerarea en kennisveld met vakke), die verantwoordelikheid om die rigting by die skool uit te bou, grootliks in die hande van die leerderskapkandidaat oorlaat. Indien die kampuskontaksessies plaasvind, ontstaan daar 'n lakune by die skool, aangesien die "personeellid" wat daarvoor verantwoordelik is dan vir daardie tydperk nie meer by die skool teenwoordig is nie en onderrig in die leerarea dan nie soos normaal kan voortgaan nie (wat nie korrek is nie aangesien leerderskapkandidate onder mentors behoort in te skakel en leiding te ontvang).

5.4.5 Die effek van Afdeling A: Vraag 5 (leerarea van betrokkenheid) op