• No results found

2.4.3 “Queer”: ʼn tentatiewe omskrywing

3.2 Die verloop van die vigs-krisis 1 Aanvanklike diagnosering van vigs

3.2.2 Vigs onder gestigmatiseerde sosiale groepe

Alhoewel vigs in die ontwikkelde lande grootliks met gay mans geassosieer is, het nuwe gevalle onder ander sosiale groepe bloot stigmatisering van die toestand versterk. Die feit dat die eerste gevalle van vigs voorgekom het – of raakgesien is – onder groepe wat reeds sosiaal gestigmatiseerd en gemarginaliseerd was (soos homoseksuele mans, binneaarse dwelmgebruikers, prostitute en mense van ʼn gemarginaliseerde sosio-ekonomiese groep, naamlik Haïtiane, en later ook Afro-Amerikaners) het ʼn wye politiese impak gehad. Die persepsie was dat vigs ʼn siekte van die “ander” was: “a disease of, or contracted from, dangerous others, AIDS is perceived as afflicting... the already stigmatized” (Sontag, 1991:113).

Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie gestigmatiseerde groepe nie tot stand gekom het as gevolg van vigs nie, maar dat hulle reeds voor die verspreiding van die vigsepidemie gestigmatiseerd was binne ʼn heteronormatiewe, rassistiese, klasverdeelde samelewing. Vigs het bloot diepliggende kulturele magte gemobiliseer (Watney, 2000:3), en terselfdertyd het hierdie magte ʼn invloed gehad op die persepsie van vigs. Die sosiale betekenis van vigs het tot stand gekom deur die verhouding tussen vigs en vooroordele omtrent ras, klas, seksualiteit en verslawing (Patton, 1990:25). Na aanleiding hiervan beweer Epstein (1996:10-11) dat die kulturele betekenis van vigs nou verbind is aan die kulturele opvattings rakende die sosiale groepe wat die meeste deur vigs geraak word:

Unlike many other diseases, which affect the population in a relatively random fashion, AIDS has had a strikingly uneven impact, being disproportionately prevalent within specific groups, subcultures, and communities... From the start – and up to the present day – AIDS has been understood both in epidemiological and lay parlance as a disease of certain already- constituted social groups distinguished by their „lifestyle‟, their social location, or both. The result is that the very meaning of AIDS has been bound up with the cultural understanding of what such groups are like, while the very identity of the groups has been shaped by the perception of them as „the sort of people who get this illness.‟

Soos Epstein hier suggereer, het die aanvanklike demografiese verspreiding van vigs komplekse kulturele gevolge gehad. Vigs het reeds-bestaande sosiale stigmas bevestig en versterk,8 soos Halperin (2007:23) dit stel: “epidemiological evidence provides a convenient

8 Sien ook Patton (1990) se afdeling getiteld The invention of African AIDS vir ʼn bespreking van hoe kulturele vooroordele omtrent die “Ander” en Afrika as “the heart of darkness” die diskoers rondom “Afrika-vigs”

vehicle for ratifying moral and psychological judgments against those who are already devalued on the grounds of sexuality or race (or both)” (sien ook Reiheld, 2010:84).

Terselfdertyd het die sosiale stigmas wat verbind word met groepe wat as hoë-risiko beskou is daartoe gelei dat vigs, per assosiasie, gestigmatiseer word.9 Die betekenisse en waardes wat reeds aan hierdie gestigmatiseerde groepe toegeken is op grond van hulle gedrag en leefstyl, het die publieke siening van vigs gevorm. Epstein (1996:31) reken dat ʼn verskeidenheid van “apparently tangential beliefs and values” – soos houdings jeens homoseksualiteit, promiskuïteit en dwelmgebruik – oorgedra is na die etiologiese debatte rondom vigs. Herek et al. (2005:16) verwys na hierdie verskynsel as “simboliese stigma”, waar daar ʼn samesmelting is van die stigma wat met vigs as ʼn siekte geassosieer word, en die stigma wat geassosieer word met die groepe wat in populêre opvattings met vigs verbind is. Vigs word dus ʼn “vehicle for expressing hostility toward sexual minorities and injecting drug users”10 (Herek et al., 2005:16); of soos Edelman (1993:9-10) dit stel: vigs as

betekenaar “both connotes and denominates a dense and contradictory array of medical diagnoses, social experiences, projective fantasies, and „political‟ needs”.

Die minderheidsgroepe wat die ergste onder die vigs-verwante stigma gelei het – soos gay mans, binneaarse dwelmgebruikers, en prostitute – word grootliks gedefinieer in terme van sosiaal-onaanvaarbare gedrag. Aangesien hulle ook gedefinieer word in terme van vigs, word vigs en sosiaal-onaanvaarbare gedrag aan mekaar verbind, soos duidelik is in Cole (2003:280) se siening dat veral die hoofstroom-media vigs karakteriseer as die bewys van immorele gedrag en leefstyle wat identiteitskategorieë aandui,11 asook Sontag se stelling dat vigs beskou word as ‟n straf op sekere gedrag wat deur die samelewing afgekeur word (1991:112).

Van al die groepe wat deur hierdie vooroordeel geraak is, is dit egter veral gay mans wat gestigmatiseer is. Alhoewel die voorkoms en verspreiding van MIV/vigs soveel verskil van een land tot ʼn ander, en so sterk afhanklik is van sosiale en politiese faktore dat dit nie sin

9

Hier kan verwys word na Watney (1996:3) se stelling dat vigs, in ontwikkelde lande, wesenlik ’n private epidemie is – wat aansluit by die onderdrukkende dualisme tussen publieke heteronormatiwiteit en private queerheid wat reeds in die tweede hoofstuk aangeraak is (vgl. 2.2).

10

In hierdie stelling, sowel as die aanhaling van Halperin (2007:23) voor dit, is die suggestie dat vigs ’n “vehicle” is van ’n metafoor waar vyandigheid teenoor vigslyers oorgedra word op seksuele minderhede. Vigs as ’n metafoor, ’n proses waar tekens vervang en betekenis uitgestel word, is ’n belangrike beskouing vir die poging om die vigsdiskoers te queer. Dit sal in meer detail bespreek word in 3.4, ’n afdeling oor die kettings van betekenaars wat binne die vigsdiskoers operatief is.

11 Hierdie siening hou implikasies in vir die samesmelting van gedrag en identiteit, wat in 3.4.3 bespreek sal word.

maak om die oorsaak daarvan by gay mans te soek nie, is die stigmatisering van gay mans byvoorbeeld in Noord-Amerika, volgens Halperin (2007:34), nog steeds baie sterk. Ook Herek et al. (2005:30) wys uit dat, in die persepsie van self-geïdentifiseerde heteroseksuele persone, homoseksualiteit steeds gelykgestel word aan MIV-posititiwiteit en vigs. Hierdie stigmatisering het ook ʼn hernude intensiteit in homofobie meegebring, soos blyk uit Ruel en Campbell (2006) se studie wat aantoon hoe die opkoms van MIV/vigs in Noord-Amerika ʼn direkte korrespondensie getoon het met vlakke van onverdraagsaamheid jeens homoseksuele persone en gedrag.

Die stigmatisering van vigs en gay identiteit is egter nie bloot ʼn gevolg van eksterne homofobie nie, maar het ook ʼn invloed op gay mans se siening van hul eie identiteit. Van al die groepe wat met vigs geassosieer word, is gay mans die groep wie se identiteit die meeste gevorm is deur die konfrontasie en assosiasie met die epidemie (Epstein, 1996:11). Hierdie tendens is selfs in 2009, drie dekades na die eerste diagnosering van vigs, duidelik. Dean (2009:7) toon aan dat alhoewel die “kas” rondom homoseksualiteit toenemend irrelevant geword het, dit grootliks vervang is met die “closet around serostatus”, oftewel die stigma van MIV-positief wees en die gevolglike stilswye oor serostatus. Hy gaan verder deur aan te toon dat die gesondheidskwessies van gay mans tans gesentreer is rondom MIV/vigs, in so ʼn mate dat seks tussen twee mans feitlik gereduseer word tot kwessies rakende die moontlike oordrag van die MIV-virus (Dean, 2009:11-13).

Te oordeel na onlangse studies oor manlike gay identiteit, riskante seks en MIV/vigs, soos dié van Halperin (2007), Adam (2009) en Dean (2009), is kwessies omtrent MIV/vigs steeds van uiterste belang vir gay mans. Verder dui die probleme wat deur hierdie studies – veral dié van Halperin en Dean – aangespreek word daarop dat die hermedikalisering van homoseksualiteit wat deur vigs meegebring is, ʼn onontkenbare aspek van kontemporêre beskouings van gay identiteit uitmaak.