• No results found

2.4 Queer teorieë

2.4.1 Strukturele posisie van queer

In aansluiting by queer teorie se dekonstruktiewe basis, is dit baie (self)bewus van die gevaar om net ‟n nuwe teenstelling op te stel teen heteronormatiwiteit wat bloot die onderdrukkende binariteit van heteronormatiwiteit sal versterk.22 As gevolg hiervan is die klem op weerstand as ʼn proses, eerder as op die aanbieding en aanvaarding van ʼn alternatiewe posisie. Hierdie volgehoue, voortdurende uitdaging en rebellie is duidelik in een van die eerste geformuleerde definisies van “queer”, soos wat Michael Warner (1993:xiii) dit in sy bekende inleiding tot Fear of a queer planet gee:

22 Heelwat queer teoretici wys juis uit hoe tradisionele queer teorie in hierdie opsig misluk, maar dit val buite die bestek van hierdie bespreking.

Every person who comes to a queer self-understanding knows in one way or another that her stigmatization is connected with gender, the family, notions of individual freedom, the state, public speech, consumption and desire, nature and culture, maturation, reproductive politics, racial and national fantasy, class identity, truth and trust, censorship, intimate life and social display, terror and violence, health care, and deep cultural norms about the bearing of the body. Being queer means fighting about these issues all the time, locally and piecemeal but always with consequences. It means being able, more or less articulately, to challenge the common understanding of what gender difference means, or what the state is for, or what “health” entails, or what would define fairness, or what a good relation to the planet‟s environment would be. Queers do a kind of practical social reflection just in finding ways of being queer.

Ten spyte van hierdie formidabele lys van dinge, instellings, houdings en waardes wat uitgedaag word, gee Warner nie ‟n definitiewe identiteit wat “queer” omskryf nie. Dit is omdat, soos Engel (2002:395) in sy bespreking van Queer Nation opmerk, queer in die meeste opsigte nie soseer ʼn positiewe identifikasie is as wat dit ʼn identifisering is van wat iemand of iets nie is nie. Dit is dus ʼn negatiewe en refleksiewe identifikasie, en uiteindelik is die enigste eenheid wat hier moontlik gemaak word een wat uit verskille voortkom.

Verder weier queer teorie ook om ʼn alternatiewe posisie te skep wat in teenstelling met die “common understanding” (heteroseksisme, heteronormatiwiteit, algemene seksuele diskoerse, homofobie) is. In Lee Edelman (2004:17) se woorde: “queerness can never define an identity; it can only ever disturb one.” Die belangrikheid van identiteit as ʼn punt van organisasie in sosiale stelsels word nie ontken nie, ten spyte van neigings van anti- identitariese politiek in sommige queer teorieë: die oogmerk van queer teorie is nie om identiteit as ‟n kategorie van kennis en politiek te verwyder nie, maar eerder om identiteit oop en betwisbaar te maak in terme van betekenis en politiese rol (Seidman, 2003:12).

Queer teorie se weiering om gekoppel te word aan ʼn vasstelbare identiteit is ʼn gevolg van die feit dat, volgens Edelman (2004:24), die politiese pogings van identitariese minderhede dikwels ‟n vorm aanneem van ‟n opposisie, wat die dominante orde ‟n “gerusstellend simmetriese, ofskoon omgekeerde, uitbeelding gee van sy eie skynbaar samehangende identiteit”. Deur ‟n teenstelling op te rig word die dominante orde se kategorieë en onderskeidinge bloot bevestig. In stede hiervan reken Edelman (2004:24):

...queer theory‟s opposition is precisely to any such logic of opposition, its proper task the ceaseless disappropriation of every property. Thus, queerness could never constitute an

authentic or substantive identity, but only a structural position determined by the imperative of figuration.

In No future: queer theory and the death drive23 opper Edelman (2004) ʼn belangrike idee,

naamlik dat queer dikwels ‟n skynbaar onmoontlike posisie inneem waar daar eintlik geen ruimte gelaat is vir ‟n posisie nie. Sommige heteronormatiewe diskoerse is sodanig gestruktureer dat enige teenstelling ondenkbaar is (Edelman gebruik die idee van “ter wille van die beswil van ons toekomstige kinders” wat deur pro-lewe en anti-gay propaganda gebruik word as voorbeeld). In ʼn binêre denkwyse is die enigste teenstelling wat skynbaar moontlik is, die omgekeerde en direk opponerende posisie wat reeds deur die oorspronklike posisie geïmpliseer word. Hierdie posisie is onbruikbaar (“ten nadele van die beswil van ons toekomstige kinders” is ʼn polities ondenkbare stelling), maar deur ʼn binêre teenstelling te weier en te vermy, kan queer teorie effektief weerstand bied deur ʼn posisie in te neem wat nié die omgekeerde en direk teenoorstaande is van die punt van verset nie – ʼn posisie waarvoor geen ruimte gelaat is in ʼn binêre bestel nie.

Michael O‟Rourke (2005) bevestig hierdie poging van queer teorie, sowel as queer teorie se verbintenis met dekonstruksie, waar hy aanhaal uit ʼn ongepubliseerde artikel van Mark Mason:

...deconstruction is a passion and prayer for the impossible; and the desire to explore the impossible by running up against the limits of what can never be present is the overarching aspiration that sets deconstruction (and I would add Queer Theory) in motion.

O‟Rourke (2005) gaan verder deur te sê dat Mason se beklemtoning van die “passie om te gaan waar jy nie kan gaan nie” verteenwoordigend is van dekonstruksie sowel as queer teorie – daar is geen aankoms, geen bestemming en geen horison nie. Dit eggo Seidman (2003:11) wat beweer queer teorie is ‟n “theoretical sensibility that pivots on transgression or permanent rebellion”. Dit is nie rebellie om iets te bereik, of rebellie met die oog op ‟n einddoel nie – inteendeel, daar is geen bestemming nie en geen aankoms is moontlik nie. Dit is eerder die rebellie op sigself wat belangrik is, die proses, die voortdurende en konstante weerstand, ontwrigting en destabilisering van heteronormatiwiteit in al sy vorme.

In die lig hiervan dui queer dus nie hoofsaaklik op ʼn identiteit nie, maar op ʼn posisie van weerstand. Dit is ʼn identiteit sonder essensie, soos Halperin (1995:62) dit stel: “[a] horizon of possibility whose precise extent and heterogenous scope cannot in principle be delimited in

23

advance”. Soos Halperin (1995:112) dit sien, is hierdie weiering van ʼn duidelike, vaste, essensiële identiteit die belangrikste grondslag van ʼn effektiewe queer politiek:

...to preserve the function of queer identity as an empty placeholder for an identity that is still in progress and has as yet to be fully realized, to conceptualize queer identity as an identity in a state of becoming rather than as the referent for an actually existing form of life. Queer politics, if it is to remain queer, needs to be able to perform the function of emptying queerness of its referentiality or positivity, guarding against its tendency to concrete embodiment, and thereby preserving queerness as a resistant relation rather than as an oppositional substance.

In terme van identiteit veronderstel queer teorie dat identiteit voortdurend in wording is, ʼn vorm van identiteit wat weerstand bied teen ʼn betekenisstelsel wat ʼn betekende veronderstel. ʼn Queer identiteit is uiteindelik gesetel in ʼn verhouding, eerder as in ʼn substansie.