• No results found

2.4.3 “Queer”: ʼn tentatiewe omskrywing

3.4 Kettings van betekenaars

3.4.3 Gedrag = identiteit

Die idee dat gedrag en identiteit een en dieselfde is, is nie nuut of uniek aan die vigsdiskoers nie. Soos in die vorige hoofstuk reeds bespreek is, het Foucault in sy historisering van homoseksualiteit in The will to knowledge aangetoon dat hierdie veronderstelling reeds ‟n kenmerk is van heteronormatiewe sieninge van homoseksualiteit sedert die laat negentiende eeu. Binne die “landscape of displacements” (Edelman, 1993:10) wat die vigsdiskoers karakteriseer, word die gelykstelling van “gedrag = identiteit” egter gekompliseer. In samehang met die narratief dat vigs te doen het met persoonlike verantwoordelikheid, of dat vigs die straf is op wangedrag en afwyking, vorm die idee dat vigs ‟n teenwoordige teken is van seksuele transgressies in die verlede (Clum, 1993:200; sien ook Sontag, 1991:158), en gevolglik kom die gelykstelling “vigs = seksuele wangedrag = identiteit” tot stand.

Waarskynlik meer as enige ander siekte in die geskiedenis, word diskoerse rondom vigs gedomineer deur verwysings na gedrag en identiteit. Cole (2003:284) som dit as volg op:

Although multiple dyads (central/not-central; body/anti-body; deviant/normalized; contained/leaky) structure AIDS narratives… the dyad of act/identity dominates the others.

14 Narratiewe se queer pogings om die magsverhouding onderliggend aan die vigsdiskoers te ondermyn, sal dus onder meer behels dat hulle die onstabiliteit van vigs as entiteit en die gebrek van ʼn referent op die

Corporeal identities… have become central to the organization of the discursive formation around AIDS.

Die samesmelting van gedrag en identiteit bring mee dat daar in terme van vigsvoorkoming gefokus word op “hoë risiko groepe” eerder as “hoë risiko gedrag” (Patton, 1990:40). Sontag (1991:132) verbind hierdie fokus op “hoë risiko groepe” met die narratief van vergelding:

AIDS is understood in a premodern way, as a disease incurred by people both as individuals and as members of a “risk group” – that neutral-sounding, bureaucratic category which also revives the archaic idea of a tainted community that illness has judged.

ʼn “Hoë risiko groep” word gedefineer in terme van identiteit, nie in terme van gedrag nie. So word ʼn homoseksuele man per assosiasie gesien as deel van ʼn hoë risiko groep, ongeag daarvan of hy wel seksueel aktief is, en of sy seksuele praktyke werklik anale omgang of die uitruil van semen insluit (Loughery, 1998:423). Volgens hierdie logika is dit nie sy gedrag wat hom in gevaar stel om MIV op te doen nie, maar sy identiteit.15

Soos die ander samesmeltings wat werksaam is binne die vigsdiskoers, geld hierdie samesmelting van gedrag en identiteit slegs vir groepe wat reeds gestigmatiseer is, aangesien dit sowel ʼn resultaat as ʼn versterking van reeds-bestaande vooroordeel is. Waar die MIV-positiwiteit van ʼn individuele gay man beskou word as bewys van ʼn afwyking in die identiteit van alle gay mans as ʼn geheel, word die MIV-positiwiteit van ʼn heteroseksuele persoon (wat Westers en blank is, en ook nie ʼn dwelmgebruiker of prostituut nie) beskou as bloot ʼn gevolg van ʼn individuele en persoonlike gebrek (Halperin, 2007:23). In sy bespreking van wat beskou word as die mislukking van vigs-voorbehoeding en -opvoeding, beweer Halperin (2007:24) die volgende:

The alleged failure of safe sex campaigns and the defective psychology of gay men that has been posited to explain it are quickly laid at the door of all gay men without qualification… epidemiological evidence provides a convenient vehicle for ratifying moral and psychological judgments against those who are already devalued on the grounds of sexuality or race (or

15

Sien ook Epprecht (2008) en Solomon (2009) vir besprekings oor hoe (Westerse) aannames omtrent seksuele identiteit en kultuur steeds die verspreiding van vigs-voorligting beïnvloed. Volgens hulle fokus vigs- voorligting wat gerig is op sogenaamde Afrika-kulture (Epprecht) of Suid-Amerikaanse en Indiese kulture (Solomon) op identiteite. Aangesien dit algemeen aangeneem word dat non-Westerse kulture nie beskik oor ʼn Westers-gedefineerde “gay identiteit” nie, word daar ook aangeneem dat man-tot-man oordrag van die MI- virus nie in non-Westerse samelewings bestaan nie, en sodoende word daar geen vigsvoorligting gebied vir MSM (“men who have sex with men”) nie.

both); members of socially privileged groups, by contrast, suffer only individual, not collective, discreditation.

Die veronderstelling is dus dat slegs sekere tipe mense met MIV geïnfekteer word. MIV- positiwiteit of vigs word beskou as ʼn bevestiging van identiteit (Sontag, 1991:110), maar slegs as hierdie identiteit reeds as afwykend beskou word. Soos Jones (1993:226) dit stel: “According to a pervasive and powerful interpretation, AIDS is acquired because one is a certain kind of person, namely one who refuses to obey social, legal, religious, or moral restrictions on behavior.”

Terselfdertyd bepaal die omgekeerde logika dat, indien iemand MIV-positief is, hy of sy ʼn sekere tipe persoon is. Voorafbestaande stigmas maak dit egter moontlik vir die algemene siening dat vigslyers in twee groepe verdeel kan word: onskuldige slagoffers wat geen sosiale, wetlike, godsdienstige of morele voorskrifte oortree het nie; en, per implikasie, dié wat die siekte verdien. Yingling (1991:303) reken dat hierdie raamwerk van “skuldige” en “onskuldige” slagoffers die onderskeie groepe etiketteer deur kategorieë van identiteit. ʼn Vigslyer se aandadigheid aan sy/haar toestand word bepaal deur sy/haar identiteit, aangesien sekere identiteite “skuld” veronderstel. “Skuldig” en “onskuldig” word dan basisse vir verdere identiteite, wat inspeel op die binêres wat reeds die diskoers struktureer, soos normaal/afwykend; homoseksueel/heteroseksueel; geestesgesond/patologies ens.

Uiteindelik kom al hierdie veronderstellings saam in die heteronormatiewe ketting van betekenaars wat veronderstel dat “homoseksualiteit = promiskuïteit = siekte = vigs = dood”.