• No results found

2.4.3 “Queer”: ʼn tentatiewe omskrywing

3.4 Kettings van betekenaars

3.4.2 Vigs en die liggaam

Patton (1990:161) merk in ʼn voetnota op dat, aangesien niemand vigs “het” nie, maar slegs ʼn vigs-diagnose en enige van ʼn verskeidenheid van opportunistiese infeksies wat simptomaties is van die immunologiese gebrek wat, per definisie, vigs is, die “voor-en-na” foto van ʼn vigslyer eintlik ʼn “multiple army of misleading metaphors” is. Hierdie metafore (of gelykstellings) is onder andere die liggaam as die self; die simptoom as die siekte; die siekte as ʼn persoon; en die representasie van die siekte op die liggaam as die besit van die siekte – die persoon “het” vigs. Die liggaam binne die vigsdiskoers is dus ʼn versamelpunt vir samesmeltings soos die bogenoemde. Aan die een kant dien die liggaam met vigs as ʼn

konkrete, skynbaar stabiele, samehangende verliggaamliking van die ontwykende en onstabiele verskynsel van vigs, en voldoen die liggaam sodoende aan die noodsaak van ʼn referent. Terselfdertyd word die “tekens van vigs‟” (wat eintlik die tekens is van die infeksies wat vigs aandui) wat sigbaar is op die liggaam egter ook beskou as ʼn aanduiding dat daar “iets” in die liggaam is wat as referent dien vir die uitwendige tekens.

Ter illustrasie van laasgenoemde stelling kan na Patton (1990:55) verwys word: binne die vigsdiskoers word die liggaam gesien as ʼn skerm of Petri-bakkie waarop die siekte sigbaar word. Sodoende word ʼn illusie van ʼn verenigde omskrywing van die toestand geskep, wat neerslag vind in die idee van ʼn enkele oorsaak daarvan:

Diagnostic medicine abstracts the symptoms from the body to produce a totalizing explanation with a single or primary cause, a pathology. Because the immune system, understood metaphorically, transcends the place of the body, the abstraction “AIDS” fold back to correspond exactly to the space of the body. The virus is lost and, metaphorically speaking, the homosexual/prostitute/African/injecting-drug-user/hemophilliac body becomes AIDS. The paradigmatic representation/embodiment of the “AIDS virus” is the gay man. (Patton, 1990:55)

Vir Cole (2003) is hierdie proses deel van ʼn “logika van beperking”, waar die risiko op vigs beperk word tot liggame omdat liggame gemerk kan word as “Anders”. Deur die proses waar transgressie op die liggame van die “Ander” gemerk word deur middel van die tekens van vigs – “making visible and containable that which is neither” (Cole, 2003:285) – kan die sogenaamde “algemene publiek” (oftewel die fiktiewe deel van die samelewing wat volgens heteronormatiewe waardes optree) gedefinieer word, en kan hulle hulself verseker dat die risiko van vigs hulle nie raak nie.

Patton se bewering dat die liggaam van die homoseksuele man, prostituut, Afrikaan, binneaarse dwelmgebruiker of hemofilie-lyer as‟t ware “as vigs” beskou word, en Cole se voorstel dat die heteronormatiewe samelewing nodig het om liggame van vigslyers te merk as “Ander”, dui reeds op die gepaardgaande kwessie wat voorkom as die liggaam beskou word as ʼn konkretisering van vigs. Omdat die betrokke liggame, veral dié van die homoseksuele man, prostituut, Afrikaan en dwelmgebruiker reeds deur sosiale stigma gemerk is, word vigs dan die uitwendige teken van daardie sosiale stigma – of, anders gestel: vigs word die uitwendige teken van ʼn innerlike verdorwenheid (ʼn denkproses wat natuurlik moontlik gemaak word deur diskoerse van goddelike straf op sonde). Die gelykstelling van die vigslyer (maar net dié vigslyers wat reeds onder ander vorme van

markers for deeply hidden traits which characterizes contemporary Western notions of personhood” (Patton, 1990:113).

Vigs word ʼn tipe panoptiese tekenstelsel wat ʼn innerlike verdorwenheid aan die lig bring. Soos Yingling (1991:294) dit stel: “AIDS has provided a site for surveillance of the most private bodily practices.” Ook Patton (1990:128) beweer: “Our bodies will give us away.” en Sontag (1991:110) reken “The illness flushes out an identity that might have remained hidden from neighbors, jobmates, family, friends.” Die idee dat vigs die uiterlike teken van innerlike verdorwenheid is, sluit aan by die hermedikalisering van homoseksualiteit (waar homoseksualiteit as ʼn verskuilde “siektetoestand” gesien word), maar dien ook om sosiale stigmas te versterk, selfs terwyl hierdie beskouing juis moontlik gemaak word deur die feit dat stigmatisering veronderstel dat vigs ʼn gevolg is van een of ander afwyking wat manifesteer in sosiaal-onaanvaarbare gedrag.

In terme van homoseksualiteit beskryf Edelman (1993:38) in ʼn voetnota hierdie proses as “homographesis”: die heteronormatiewe en homofobiese fantasie dat homoseksualiteit sigbaar is en sigself op die gay liggaam sal inskryf. Volgens Edelman se siening bied vigs dan die uiterste vorm van “homographesis” aangesien dit die “onsigbare homoseksualiteit” – wat heteronormatief veronderstel word as aanwesig, vasgesteld, stabiel en essensieel – op die gay man se liggaam inskryf (sien ook Patton, 1990:113 vir die verband tussen die MIV- toets en die samelewing se onbewuste wens vir ʼn fisiese merk of toets vir homoseksualiteit). Reeds in Edelman se stelling is dit duidelik dat die beskouing van vigs as die uitwendige teken van innerlike verdorwenheid ook ideologiese en stigmatiserende ondertone het. Dit sluit boonop aan by aannames rondom gedrag en identiteit: as vigs ʼn gevolg is van sekere wangedrag, en die teken is van ʼn innerlike verdorwenheid, is daardie innerlike verdorwenheid ook die rede vir die wangedrag. Cole (2003:283-284) beskryf die samesmelting van teken en betekenaar, gedrag en identiteit as volg:

HIV and AIDS were taken up in die popular imaginary as “visible” evidence of secret and inner depravity, pathologized bodily acts, and corresponding identities. Although the identity categories seem descriptive, self-evident, and self-contained, what and who we see as well as how we see them are the effects of these received categories. That is, the identity categories function as optics (how, what, who we see), that enable and constrain our sense of morality, conduct, our selves, and others; and by extension shape the cultural common sense of AIDS.

Die identiteitskategorieë wat tot stand kom as gevolg van die idee dat vigs die uiterlike teken is van innerlike afwyking beïnvloed dus die produksie van kennis (hoe, wat en wie waargeneem word), en hierdie kennis vorm die diskoers omtrent vigs. Volgens Cole (2003:286) is die vigsdiskoers ʼn magstrategie en ʼn normaliserende praktyk wat ten doel het om ʼn sigbare aard en vorm toe te ken aan enige gedrag wat as transgressief beskou word. Hierdie “sigbare vorm” word gekonsolideer in identiteite: “AIDS narratives function to assign identities to… acts of transgression.” Dit is egter ook so dat hierdie proses waar ʼn sigbare vorm deur middel van vigs toegeskryf word aan dit wat nie werklik beperkbaar of sigbaar is nie, konstant deur die onsigbare werking van MIV en die gebrek aan ʼn referent ondermyn word (Cole, 2003: 299).

Met die oog daarop om die normaliserende mag van die vigsdiskoers in stand te hou, moet die fiksie van vigs as ʼn samehangende entiteit met ʼn stabiele referent dus gehandhaaf word.14 ʼn Belangrike wyse waarop dit gehandhaaf word, is die samesmelting van gedrag en identiteit.