• No results found

2.4.3 “Queer”: ʼn tentatiewe omskrywing

4.4 Queer strategieë waarmee heteronormatiewe voorveronderstellings ondermyn word

4.4.1 Betekenisraamwerke vir vigs

4.4.1.2 Hersignifikasie om nuwe raamwerke te skep

In sommige gevalle vind hersignifikasie egter meer eksplisiet plaas as ʼn strategie waarmee heteronormatiewe betekenisraamwerke van vigs ondermyn word deur nuwe narratiewe en metafore tot stand te bring wat die bestaande voorveronderstellings teëspreek en herskryf in meer positiewe terme.

20

Sien byvoorbeeld Douglas Crimp (1989) vir ʼn bespreking van die Reagan-administrasie se bydrae tot ʼn homofobiese vigsdiskoers, asook die rol wat die Rooms-Katolieke Kerk daarin gespeel het; asook Treichler (1989) vir die aandeel wat verskeie politici gehad het; en Watney (2000) vir die bydrae wat besluite gelewer het wat tydens Thatcher se bewind geneem is.

In Shy hunters word vigs in teenstelling met narratiewe wat dit as verdiende straf op afwyking sien, in die konteks van verwonding geplaas as “the word that hurts”. Die opstapeling van verwysings na en aanhalings van “lletre ferit” sorg vir ʼn unieke raamwerk waarbinne die benaming van vigs sowel as gaywees gelees word as verwonding, en boonop verwonding wat letsels laat.

Die beskrywing “lletre ferit” verskyn die eerste keer in Fiona se verduideliking van die oorsprong van haar litteken:

Tell me about your scar, I said.

… Lletre ferit, Fiona said. Two words put together, formed by Fiona‟s red lips. What? I said.

It‟s Spanish, Fiona said – Catalan, that is, not Castilian. Catalan? I said.

Go to Barcelona, Fiona said. Stop anybody on the street and ask them about the bastard son of King Ferdinand.

Believe me, Fiona said, They‟ll tell you. What‟s it mean? I said.

Lletre ferit, Fiona said, Means the word that hurts.

Fiona‟s index pressed on the scar.

You have touched me, Fiona said, Where I hurt. (Spanbauer, 2001:191)

“Lletre ferit” as betekenaar verwys dus in die eerste plek na ʼn litteken.21 Later in die roman

word vigs as betekende ook aan hierdie betekenaar toegewys: “AIDS? I said. The word that hurts.” (Spanbauer, 2001:295) en “You friend has AIDS, the nurse said. Lletre ferit: AIDS.” (2001:390).

Hiermee word ʼn nuwe raamwerk vir vigs geskep wat verband hou met die een waarin vigs “te erg is vir woorde”, soos dit in Ek stamel aangedui word. Net soos die gelykstelling met kanker in Ek stamel suggereer, word vigs, of meer spesifiek ʼn vigsdiagnose, binne hierdie raamwerk beskou as iets wat verwond, wat pynlik is vir die pasiënt sowel as sy/haar geliefdes, en wat boonop ʼn letsel laat.

21

Die vae verwysing na “the bastard son of King Ferdinand” kan ook gelees word as ʼn baie subtiele verwysing na non-heteronormatiwiteit, aangesien “bastard” hier verwys na ʼn kind wat buite-egtelik gebore is, en die huwelik deur sommige kritici as ʼn patriargale, heteroseksistiese instelling beskou word (sien byvoorbeeld

ʼn Ander metafoor wat in Shy hunters gebruik word om die verskrikking van vigs aan te dui is die van ʼn “monster”.22 Die verwysing na die monster kom die eerste keer voor in ʼn beskrywing wat as 'n onheilspellende vooruitwysing dien:

That evening was probably the last twilight I ever walked when the monster and its heavy footfalls was still a secret deep inside Manhattan‟s heart. All around me, behind the million windows, in their apartments, young men stood in front of mirrors and looked into their eyes, trying to understand the strange new sense of everything falling away.

Bad diet, too much coffee, too many drugs last weekend. Slow down, that‟s all.

My God, this rash. What‟s this in my throat?

It‟s only a cold, the flu. This bump, this purple bump. I‟ve never had a bump on my body like this.

At the gym, the young men stood on the scales and moved the weight across the scale, and then stared at the seven pounds that used to be on their arms and chests and butts and legs.

Behind the million windows, sleepless, the heavy fall of the monster‟s footsteps shaking the glass of water on the nightstand, shaking the nightstand, shaking the whole building. (Spanbauer, 2001:154-155)

Hierna word die frase “the monster‟s heavy footfall” ʼn metafoor vir vigs, byvoorbeeld as Harry beweer dat hy bloot moeg is, en Will reken: “But Harry was more than tired. The monster‟s heavy footdall, a ripple in Fiona‟s Southern Comfort, my Crown Royal, what was left of Harry‟s Heineken.” (Spanbauer, 2001:180). As Fiona dan later bevestig dat Harry sowel as haar broers vigs het, beskryf Will weereens “Outside, the monster‟s footfall, shaking doors, rattling windows, big cracks in the brick walls.” (2001:303)

Net soos die personifikasie van “die pes” in Ek stamel as iets wat dreigend rondsluip en enigiemand kan aanval, suggereer die hersignifikasie van vigs as ʼn “monster” ʼn weiering om vigs te sien as iets wat deur ʼn skuldige “verdien” word. Hierdie hersignifikasie sluit aan by die bestaande heteronormatiewe raamwerk wat gay mans konstrueer as demone of monsters wat “onskuldige slagoffers” teister. Die terme word egter verander deur gay mans nie as die monsters te sien nie, maar as onskuldige slagoffers van die monster. Hiermee

22

In ʼn gesprek beweer Rose: “what we are really doing, what we are grounded upon… [i]s a monster, the excess of the male principle” (2001:275). Uit die konteks is dit duidelik dat hierdie “manlike beginsel” dui op rasionaliteit en ʼn oordrewe beklemtoning van rede, denke, mensgemaakte wette en vooruitgang. As hierdie “monster”, die oormaat van die manlike beginsel, verbind word met “vigs” as monster, sluit dit aan by Rose se beskuldiging van heteronormatiewe magsinstellings – of dan, patriargie, die samelewing wat ʼn gevolg is van dominansie deur die (patriargale) manlike beginsel – vir die vigskrisis.

word nie net ʼn nuwe raamwerk tot stand gebring nie, maar die onregverdige vooroordeel van die oorspronklike raamwerk word ook beklemtoon.

Die verskrikking van vigs, en vigspasiënte as onverdiende slagoffers, word ook uitgedruk in ʼn beskrywing van ʼn hospitaal as Will vir Rose gaan besoek. In hierdie beskrywing word vigspasiënte vergelyk met konsentrasiekampslagoffers van die Tweede Wêreldoorlog (Spanbauer, 2001:323):

On the way to Room 335, you had to pass all the other rooms on Rose‟s floor, in each room a young man, skeleton poking through, lying on his bed, the bed slowly swallowing him up. Room after room after room, hundreds of young men with green tubes up their noses, IVs in their wrists, wandering through the hallways looking like Auschwitz, an IV bag on a skinny pole trailing behind them. Sometimes there were screams. And the smell. More than the ordinary urine ammonia medicine smell. Another smell.

Net soos die metafoor van vigs as monster – en meer subtiel, die beskrywing van vigs as “the word that hurts” – dien hierdie vergelyking van ʼn hospitaal vol vigspasiënte met Auschwitz23 om die heteronormatiewe narratiewe waarvolgens vigs ʼn welverdiende straf op sonde of afwyking is, teë te werk. Die metafoor van Auschwitz plaas vigs binne ʼn raamwerk waarin dit ʼn onverdiende verskrikking is wat nie ongemerk durf verbygaan nie, en as daar enigsins skuld by betrokke is, behoort dit by ʼn magsinstelling te lê, soos wat Rose se beskouing van heteronormatiewe magsinstellings ook eksplisiet beweer.

Terwyl die metafore vir vigs in Shy hunters fokus op die onverdiende pyn en gruwel van vigs in teenstelling met die heteronormatiewe narratiewe van straf en vergelding, verwys Ek

stamel na twee alternatiewe, positiewe raamwerke vir vigs, naamlik dié van ʼn geskenk en ʼn

aanduiding van bloedverwantskap.

Tydens sy hipnose verbeel Konstant hom dat Jude vir hom sê:

Konstant, jy‟s sommer laf, let‟s get to the point, honey, ek het jou onlosmaakbaar aan my verbind. Jy weet mos hoe dit werk, of moet ek nou weer verduidelik: ek het vir jou ʼn present gegee, man, ʼn sel toegedraai in ʼn vetterige proteïenlagie, om met hom te maak wat jy wil. Maar soos jy self weet, wou jy hom so graag hê dat jy hom aan jou eie T-sel vasgeheg het. Begryp jy nou dat ek jou nooit sal los nie? (Venter, 2005:224)

Hierdie beskouing van die virus as ʼn teken van Jude dat sy Konstant “nooit sal los nie”, word geëggo in Konstant se denkbeeldige gesprek met sy pa, waarin Raster sê:

Kyk, lat, dit vervul my met afsku om dit te sê, maar jy behoort teen dié tyd te weet daar is bloedbande tussen die twee van julle gesmee, niks kan julle meer skei nie, wat wil jy verduiwels meer aan sekuriteit hê? (Venter, 2005:224)

Alhoewel hierdie twee sienings in die roman as ironies aangebied word, het hierdie raamwerke tog die potensiaal om as positief gesignifieer te word, soos Dean (2009) aandui in sy bespreking van sogenaamde “bug-chasing” in ʼn barebacking subkultuur waar die MI- virus vrywillig oorgedra word in narratiewe van geskenke en bloedverwantskap. As alternatiewe narratiewe wat in ʼn ander konteks potensieel positief kan wees, dra hierdie raamwerke by tot ʼn weerstand teen en ondermyning van negatiewe heteronormatiewe raamwerke vir vigs.