• No results found

Twee prominente sake tydens die eerste sitting van die Militêre Hof

4.2 Die Rebelle

7.3.1 Kontemporêre menings oor die Militêre Hof

7.3.2.1 Twee prominente sake tydens die eerste sitting van die Militêre Hof

Die sake van J.H. Schoeman (LWV) en Johannes Weyers, beide van Vlakteplaas, is van besondere belang. Eerstens bevestig dit ten beste sommige van die frustrasies wat Vane en Langenhoven geopper het. Tweedens is beide sake na die oorlog herondersoek en is die swak oordeel wat die Militêre Hof aan die dag gelê het met dié uitsprake, duidelik bewys.

Die mees opspraakwekkende verhoor wat in Oudtshoorn plaasgevind het, was dié van Johannes Hendrik Schoeman (LWV) op aanklagte dat hy nie drie perde by die militêre owerhede ingelewer het toe hy daartoe beveel is nie en van die perde later in Boerehande beland het; dat hy vriendelik met die Boere omgegaan het en dat hy nie die Boere se teenwoordigheid op Vlakteplaas aan die Britse owerhede gerapporteer het nie. Hy is uiteindelik skuldig bevind op die eerste en derde aanklagte en is gevonnis tot ses maande tronkstraf met dwangarbeid en ‘n boete van £500 of ‘n verdere 12 maande tronkstraf. Uiteindelik het hy die boete betaal en een maand van dwangarbeid verrig voordat Kitchener die ander vyf maande na gewone tronkstraf versag het.37) Hierdie saak het egter in Augustus en September 1902 ‘n nadraai gehad toe ‘n Kaapse parlementêre komitee die saak herondersoek het nadat Schoeman in die Wetgewende Vergadering ‘n petisie wat hiervoor gevra het, ingedien het. Hierdie komitee het na deeglike

34) J.H. Snyman: Rebelle-verhoor in Kaapland (Argiefjaarboek, 1962, p.63)

35) A3 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn on the 2nd day of November (sic), 1901, pp.ii, ix.

36) (KAB) AG 2040: Schoeman – Attorney-General, no.26/01 Oudtshoorn (ingesluit by lêer Oudtshoorn Re Case of J.H. Schoeman, M.L.A., no, 13), 14/12/01, g.p.

37) A3 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn on the 2nd day of November (sic), 1901, p.v.;

herondersoek van die feite en ondervraging van getuies, Schoeman onskuldig bevind op al die aanklagte.38)

Uit die komitee se ondersoek het dit geblyk dat Schoeman, saam met verskeie van sy bure, beveel is om na Oudtshoorn te gaan, waar hy summier gearresteer is, sonder dat ‘n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik of ‘n klag teen hom ingedien is. Hy is, trouens, drie maande aangehou sonder dat hy vir borgtog aansoek kon doen, voordat hy op 1 Desember 1901 verwittig is dat hy die volgende dag verhoor sou word. Tot op daardie stadium het hy nog glad nie geweet wat die klagte teen hom was nie.39)

Wat die aanklag omtrent Schoeman se weiering om die perde na die militêre owerhede te neem, betref, is daar tydens die verhoor van die Militêre Hof deur verskeie getuies – ook dié wat vir die vervolging verskyn het – getuig dat Schoeman wel twee keer sy perde na die aangewese plek geneem het. Dit het hy gedoen hoewel daar nooit aan hom ‘n skriftelike bevel getoon is soos deur krygswet vereis is nie. Die eerste keer is hy teruggestuur en toe hy die volgende dag weer sy perde geneem het, was daar geen Britse soldaat om die perde te ontvang nie. Nadat hy ‘n boodskap aan die Britse soldate gestuur het, waarin hy gevra het dat die skriftelike bevel aan hom vertoon moes word, omdat hy gedink het hy word vir die gek gehou, het hy besluit om die perde in die veld te versteek.40) Bloot op hierdie getuienis geoordeel, is dit dus verstaanbaar waarom die parlementêre komitee bevind het dat hy onskuldig was op die eerste aanklag.

Met betrekking tot die aanklag dat hy nie die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het nie, het Schoeman getuig dat hy op 30 Augustus 1901, terwyl die Boere nog op Vlakteplaas was, vir Thomas Barry met ‘n rapport gestuur het na Arnoldus de Jager se plaas waar Britse troepe gestasioneer was. Die troepe was egter reeds weg, omdat ‘n broer van J.H. Schoeman, Piet, kort vantevore reeds ‘n rapport oor die Boere se teenwoordigheid aan die Britte gestuur het. Nogtans het J.H. Schoeman op sy plaas ‘n kontantbeloning van tot £5 aangebied vir iemand wat bereid was om ‘n rapport na die militêre owerhede te neem, maar aangesien die Boere al die roetes na en van die plaas bewaak het, wou niemand gaan nie. Tydens die ondersoek van die parlementêre komitee het De Jager, Barry en ‘n ander buurman van Schoeman, Gert Barnard, hierdie getuienis bevestig. Schoeman het egter beweer dat hierdie drie persone nie tydens sy verhoor getuig het nie, omdat hy nie genoeg tyd gegun is om hulle die 30 myl vanaf

38) A3 – 1902: Report of the Select Committee of the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn on the 2nd day of November (sic), 1901, pp.ii, v-vi.

39) A3 – 1902: Report of the Select Committee of the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn on the 2nd day of November (sic), 1901, p.v.

40) A3 – 1902: Report of the Select Committee of the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn, on the 2nd day of November (sic), 1901, pp.iii–xi;

Vlakteplaas na die dorp te laat reis nie.41) Die komitee het bevind dat Schoeman ook op hierdie aanklag onskuldig was.

In die tweede besonder belangrike saak is Johannes Weyers, ‘n boer van Vlakteplaas, daarvan aangekla dat hy nie die teenwoordigheid van die Boere aan die militêre owerhede gerapporteer het nie en dat hy ‘n Boer gewaarsku het oor die koms van ‘n Britse patrollie. Sodoende het hy dit vir die Boere moontlik gemaak om op 1 September 1901 die patrollie in ‘n hinderlaag te lei en vier lede van die patrollie te dood, vier te wond en op twee na, die res gevange te neem. Weyers het op die eerste aanklag skuldig, maar op die tweede aanklag onskuldig gepleit. Hy is egter op albei klagte skuldig bevind.42)

Teen die einde van 1902 het die kantoor van die prokureur-generaal ‘n hernude belangstelling in die saak getoon. Die rede vir hierdie nuwe belangstelling is egter onduidelik. Daar bestaan egter geen getuienis dat enige stappe gedoen is om die uitspraak van die Militêre Hof te wysig nie.

Dit was veral die skuldigbevinding op die tweede aanklag teen Weyers, naamlik dat by die Boere teen die Britse patrollie gewaarsku het, wat omstrede was. Twee ooggetuies van die voorval, wat as getuies vir die vervolging verskyn het, het getuig dat daar nie uitgemaak kon word of die aankomende ruiters, waarna Weyers verwys het, Boere of Britte was nie en dat Weyers bloot aan die Boer gevra het of die ruiters mede-Boere was. Weyers het laat blyk dat hy bang was vir die Boere, veral Fouché, omdat hulle hom tydens hulle eerste inval in die distrik gevange geneem en gedreig het dat hulle hom sou skiet as hulle hom weer vang; klaarblyklik omdat hy toe hulle teenwoordigheid aan die Britte gerapporteer het.43) Daarom was Weyers angstig om uit te vind of die naderende ruiters ander Boere was wat hom dalk skade kon berokken.

Na Weyers se vraag het die Boer omgedraai en teruggery na die Boerelaer. Getuienis is ook gelewer dat die aankomende ruiters vanuit die laer sigbaar was. Nog voordat die Boere met wie Weyers gepraat het by die laer aangekom het, het van die kommandolede reeds die kamp verlaat om die Britse patrollie voor te lê. Verder het ‘n ander getuie vir die vervolging, W.H. Joynt, ‘n berede polisieman gestasioneer op Vlakteplaas, getuig dat Weyers altyd ‘n goeie Britse onderdaan en ‘n stil man was. Na die geveg op 1 September 1901 het hy ook sy uiterste bes gedoen om die gewondes aan Britse kant te help.44) Die kantoor van die prokureur-generaal het na die oorlog op grond van hierdie getuienis bevind dat dit nie moontlik was “to be satisfied that the prisoner in doing what he did was activated by any hostile intent” nie.45) Vane se beswaar teen hierdie skuldigbevinding was dat dit militêr gesproke nie moontlik was om

41) A3 – 1902: Report of the Select Committee of the Petition of J.H. Schoeman. Minutes of Evidence, pp.5-6, 8,10,15.

42)

F.P.F. Vane: Pax Britannica in South Africa, p.197; Het Zuid-Westen 2/12/00 (Het Militaire Hof).

43) Ibid.

44) Het Zuid-Westen 2/12/200 (Het Militaire Hof).

45)

‘n suksesvolle hinderlaag op te stel in die tyd wat verloop het vanaf Weyers se vraag aan die Boer, totdat die geveg uitgebreek het nie. Daarom het hy dit betwyfel of Weyers se vraag die oorsaak van die hinderlaag was.46)

Langenhoven het reeds in sy slotopmerkings tydens die verhoor gemeld dat kapt. Wallis, die bevelvoerder van die Britse patrollie wat deur die Republikeinse kommando in die hinderlaag gelok is, ‘n skriftelike verslag ten gunste van Weyers sou indien. Dis is onseker of hierdie verslag wel voor die hof gedien het, en indien wel, of dit deur die hof in aanmerking geneem is. Hoe dit ook al sy, die resident magistraat van Oudtshoorn het so ‘n verslag eers op 6 Desember 1902, nadat dit aangevra is, aan die kantoor van die prokureur-generaal verskaf. Daarin getuig Wallis dat Weyers tydens die eerste inval van die Boere in die distrik, getrou die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het en altyd bereid was om hulp aan die Britte te verleen. Wallis het ook verklaar dat hy vas daarvan oortuig was dat Weyers geen kwade bedoelings gehad het toe hy sy vraag aan die Boer gestel het nie.47) Dit is onduidelik waarom hierdie verslag nie ‘n groter rol gespeel het in die uiteindelike uitspraak van die hof nie. Tog is dit duidelik dat Weyers nie redelikerwys skuldig bevind kon word aan die tweede klag nie, selfs al word net die getuienis wat tydens die hofsaak gelewer is, in ag geneem.