• No results found

Die redes vir die rebellie in die distrik Oudtshoorn

4.2 Die Rebelle

4.2.3 Die redes vir die rebellie in die distrik Oudtshoorn

Aangesien daar, ten spyte van sommige persone se verwagting van grootskaalse rebellie, slegs enkeles uit die distrik Oudtshoorn - ‘n groot distrik - uiteindelik by die Republikeinse magte aangesluit het, is dit belangrik om te bepaal wat hierdie persone se beweegredes was in hul besluit om te rebelleer.

Die eerste rede waarom sommiges gerebelleer het, was dat, soos met die lojaliste se lojaliteit teenoor Brittanje, dit ‘n natuurlike uitvloeisel was van hulle diepgaande simpatie met die Republikeine. In die saak teen J.L. du Preez (wat waarskynlik net deur sy tydige inhegtenisneming verhoed is om aktief die wapen aan Boerekant op te neem) is getuig dat hy gesê het dat dit ‘n miserabele simpatiseerder is wat nie die Boere sou help veg nie.164) In ‘n hoofartikel trek die Het Zuid-Westen ook te velde teen sekere artikels wat in die lojalistepers, veral die Cape Times, gepubliseer is en wat volgens die Het Zuid-Westen eintlik simpatiseerders uitdaag om nie net te praat nie, maar die Boere ook met dade te ondersteun, anders word hulle voorgestel as blote lafaards.165) Hoewel dit hoogs onwaarskynlik is dat berigte soos dié in die Cape

Times mense direk tot rebellie sou aanspoor, mag die sentiment dat iemand wat net praat en niks doen nie,

‘n lafaard is, tog ‘n rol by die Oudtshoornse rebelle gespeel het.

‘n Rede wat ten nouste met die eerste saamhang, is die hegte bande wat tussen sommige rebelle en die Republieke bestaan het. Nie net was daar familiebande nie, maar iemand soos Boshoff het in die tydperk voor die oorlog vir ongeveer drie jaar in die OVS gebly voordat hy na die distrik Oudtshoorn teruggekeer het.166) Ook J.L. du Preez wat as ‘n Klas I-rebel (m.a.w. iemand wat andere tot rebellie aangespoor het) verhoor is, het voor die oorlog van die Transvaal na Matjiesrivier gekom en sedert daardie tyd gereeld tussen Oudtshoorn en die Transvaal gependel.167)

‘n Derde moontlike rede vir rebellie is wat die Het Zuid-Westen die verleidelike roepstem van die Boerekommando’s noem.168) Hiermee is waarskynlik bedoel die aanloklikheid van op kommando wees en veg, tesame met die “status” wat daarmee gepaard gegaan het. Dit was byvoorbeeld met klaarblyklike trots dat Boshoff gespog het met die geweer en ander besittings wat hy na bewering by die Britse offisier wat hy doodgeskiet het, afgeneem het. ‘n Elfjarige seun, Cornelius Coetzee, het getuig hoe hy gehoor het dat die Boere vir Botha begroet het met die belofte dat hy ‘n lekker tyd saam met hulle sou deurbring en toe onder groot gelag bygevoeg het dat hy dalk die sambok ook sou voel. Hoewel Botha onskuldig bevind is op ‘n klag dat hy ‘n pak klere uit Solmon Ser se winkel op Nooitgedacht gesteel het, was hy beslis

164) Oudtshoorn Courant 11/2/01 (Alleged High Treason).

165)

Het Zuid-Westen, 14/1/01 (Met vuur spelen).

166) Het Zuid-Westen 9/12/01 (Het Militaire Hof).

167) Oudtshoorn Courant 7/2/01 (Alleged High Treason).

168)

teenwoordig toe die Boere mielies uit die hulpelose Ser se winkel geneem het.169) Hierdie oorweging moet gesien word teen die agtergrond dat dit voorkom asof die meeste Oudtshoornse rebelle jong manne was - Boshoff was byvoorbeeld net in sy negentiende jaar ten tye van sy rebellering - en dat verskeie ongetroud was. Daarby was heelwat ook nie grondbesitters of plaaseienaars nie. So was Boshoff ‘n skoenmaker, Botha ‘n plaaswerker170) en Daniël van der Berg en Barend Nel bywoners.171) Hierdie mense het dus min gehad om te verloor en potensieel baie om te wen deur op kommando te gaan.

‘n Vierde rede waarom sommiges by die Boere aangesluit het, was dat hulle daartoe gedwing is. Die belangrikste voorval in dié verband was die druk wat op Patrick van der Berg en Barend Nel uitgeoefen is. Tydens hulle verhoor voor die Militêre Hof het sowel hierdie twee as Michael le Grange getuig dat Marais en drie ander gewapende Boere hulle geforseer het om by die kommando aan te sluit. Eers het Marais Van der Berg met ‘n geweer en sambok gedreig toe hy nie wou aansluit nie. Toe Van der Berg se vrou ook namens haar man kom pleit het, het Marais haar glo gevra of sy haar man voor haar oë doodgeskiet wou hê. Van der Berg het dus aangevoer dat hy gerebelleer het uit vrees vir sy lewe. Ook Nel is met die dood gedreig. Die aanklaer in die saak het verklaar dat hy aanvaar dat Marais dwang gebruik het om dié twee te laat aansluit by sy kommando. Desnieteenstaande is die beskuldigdes skuldig bevind aan rebellie.172)

Verskeie ander rebelle het tydens hulle verhore getuig dat hulle onder dwang gerebelleer het. Dit is egter onmoontlik om die egtheid van hierdie bewerings vas te stel, aangesien daar selde getuies was om hierdie aantygings te beaam. S.J. Schoeman het byvoorbeeld op die dag van sy aansluiting by die Boere aan verskeie persone wat hy teëgekom het, vertel dat die Boere hom gevange geneem het en dat hy deur die twee Boere wat hom vergesel het na hulle kommandant toe geneem is, waarop hierdie twee Boere dit dan beaam het. Daar is ook getuig dat daar geen teken was dat Schoeman gevange geneem is nie; hy was byvoorbeeld nie geboei of vasgebind nie,173) hoewel dit natuurlik nie die moontlikheid uitskakel dat hy nie gevlug het nie uit vrees dat hy geskiet sou word. Tog lyk hierdie hele opset na ‘n blote blufspel, bedoel om Schoeman te beskerm teen toekomstige strawwe.

Vyfdens was daar beslis ook diegene binne die distriksgemeenskap wat ander tot rebellie aangespoor het. Die bekendste persoon in dié verband was J.L. du Preez wat as Klas I-rebel geklassifiseer is juis vanweë hierdie optrede. Tydens sy verhoor is daar getuig dat hy sou gesê het dat hy in die distrik Oudtshoorn moes bly om as gids vir die Republikeinse kommando’s op te tree, hul van inligting te voorsien174) en rebelle te werf. Diederick Johannes Botha van Matjiesvlei het getuig dat Du Preez in Januarie 1901 hom

169) Ibid.; Oudtshoorn Courant 5/12/01 (Military Court).

170) Het Zuid-Westen 9/12/01 (Het Militaire Hof).

171)

Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

172) Ibid.

173) Het Zuid-Westen 9/12/01 (Het Militaire Hof).

174)

en sy broer wou werf om saam met hom (Du Preez) by die Boere aan te sluit. Hy het ook vir Andries Johannes le Roux gevra om na Prins Albert te gaan en die De Wets van Schotskloof te gaan vra om by die Boere aan te sluit.175) In Januarie 1901 het Stapleton die assistent-resident magistraat van Calitzdorp in kennis gestel dat ‘n Boerespioen, ene Lombaard W. Linden, vanaf Ladismith die distrik Oudtshoorn binnegekom het en sedisie probeer saai het.176) Ook van S.E. Terblanche is gesê dat hy in die distrik rondgaan en mense opsweep om te rebelleer.177) Daar is egter geen onomstootlike getuienis dat enigiemand direk as gevolg van hierdie aanstigting gerebelleer het nie. Tog kan die invloed wat sulke optrede indirek gehad het, nie buite rekening gelaat word nie.

Na die oorlog het J.H. Schoeman ook in ‘n parlementêre debat beweer dat die behandeling wat die distriksbewoners onder krygswet te beurt geval het ‘n moontlike oorsaak van rebellie was. Volgens hom het die vrede net betyds gekom, anders sou tot 50% van die distrik Oudtshoorn se inwoners gerebelleer het, net om êrens veiligheid van vervolging te soek.178) In watter mate krygswet ‘n bepalende invloed was en in watter mate hierdie uitspraak van Schoeman blote politiekery was, kan egter nie akkuraat bepaal word nie.

4.2.4 Die redes waarom simpatiseerders nie gerebelleer het nie

‘n Eweneens belangrike vraag is waarom daar so min rebelle uit die distrik Oudtshoorn gekom het, ten spyte van die feit dat die Boere vir ‘n geruime tyd in die distrik bedrywig was en daar ‘n groot groep distriksbewoners was wat ‘n vurige simpatie met die Republieke gehad het.

In die eerste plek is dit opmerklik dat daar weinig rebelle uit die Suidwestelike Distrikte gekom het. Teen die einde van November 1901 is die aantal rebelle per distrik in hierdie area aangegee as: Oudtshoorn, 14 (as die drie rebelle van George oor wie daar onsekerheid bestaan het, bygetel word, is dit 17); George, 5 (met die drie by hierdie totaal ingesluit); Knysna, 6; Mosselbaai, 0; Ladismith, 1; Riversdal, 0; Swellendam, 0.179) Die mees voor die hand liggende rede vir hierdie klein aantal rebelle is dat, hoewel die Boere vir maande in die distrikte bedrywig was, hulle nooit kans gegun is om lank op een plek te vertoef nie. ‘n Sekere kapt. Ross het dan ook in sy intelligensie-oorsig oor Scheepers se bewegings gemeld dat, ten spyte van die groot potensiaal vir rebellie in sekere distrikte, min mense by die kommando’s sou aansluit solank Scheepers voortdurend agtervolg is en dus aan die beweeg moes bly.180)

175) Oudtshoorn Courant 11/2/01 (Alleged High Treason).

176) (KAB) 1/CDP 3/1/8/1: Stapleton - The Assistent Resident Magistrate, Calitzdorp, 15/1/01; 5/1901M, g.p.

177) (TAB) H.C. 33: Honnet - Foster (copy) (enclosed in Intelligence from 14 April 1900), 17/4/00, p.2.

178) Debates in the House of Assembly in the Fourth Session of the Tenth Parliament of the Cape of Good Hope, 20th August to 14th November, 1902, p,59.

179) (KAB) AG 2098: Persons who have joined th enemy. Number as reported up to 21 November 1901, pp.1-2.

180) (PRO) C.O. 48/554: Weekly Summary. Cape Colony District, No.11, week ending 31st August, 1901 (enclosed in Confidential No.3, 3/9/01), p.9. (F.K.812, p.107).

Daarby moet ook in gedagte gehou word dat, ten spyte van hul groot simpatie met die Boere, die simpatiseerders van die distrik Oudtshoorn selde openlik uitdagend opgetree het.

Deels was die rede vir hierdie gedempte uiting van simpatie en dus ook van die gebrek aan grootskaalse rebellie, beslis die strawwe wat in die vooruitsig gestel is vir enigiemand wat sou rebelleer. Reeds kort na die aanvang van die tweede inval in die Kaapkolonie en voordat die distrik Oudtshoorn nog binnegedring is deur die Boere, het die Oudtshoorn Courant die hoop uitgespreek dat rebelle wat tydens dié inval rebelleer, nie net vir vyf jaar ontkieser sou word nie, maar ook swaar strawwe sou ontvang.181) Ook die

Het Zuid-Westen het in April voornemende rebelle gewaarsku dat hulle onder andere met die doodstraf,

lewenslange gevangenisstraf, dwangarbeid of onbepaalde boetes gestraf kon word indien hulle aan verraad skuldig bevind word. Die koerant het dan ook sy lesers ernstig gewaarsku om te let op hulle woorde en dade en enigiets te vermy wat hulle in die moeilikheid kon laat beland, aangesien daar altyd “valsche Judassen” was wat graag ander in die moeilikheid wou bring.182)

In samehang hiermee het die streng toepassing van krygswet ook rebellie ontmoedig, hoewel Schoeman, soos vroeër genoem, na die oorlog te kenne gegee het dat die lyding wat mense onder krygswet beleef het, baie aan rebellie laat dink het. Die reedsgenoemde kapt. Ross het egter voorspel dat slegs "severe measures” rebellie sou verhoed.183) ‘n Intelligensie-agent het dan ook vroeg in September berig dat “Martial Law seems to have inspired them (die simpatiseerders) with abject terror” en dat dit hulle daarvan weerhou het om te rebelleer.184) Behalwe die vrees vir die strawwe wat onder krygswet gevel kon word, het dit ook op ander maniere rebellie in die wiele gery, onder andere deur die kommandering van perde, vuurwapens en ammunisie. Die feit dat persone wat daarvan verdink is dat hulle sou rebelleer, of rebellie aktief kon aanmoedig, ingeperk of gevange geneem kon word en daar ‘n verbod op die hou van vergaderings ingestel is, het ook die kans op grootskaalse rebellie verskraal. So is J.L. du Preez, wat aktief rebelle probeer werf het, gedwing om van boodskappers gebruik te maak om mense te probeer oorhaal om te rebelleer.185) Dit was natuurlik baie minder effektief as wat hyself sou kon gaan. ‘n Intelligensie-agent het dan ook opgemerk dat Du Preez se inperking in Oudtshoorn ‘n slim stap was, aangesien hy baie gevaarlik was en beslis moeilikheid sou veroorsaak het indien hy op sy plaas was ten tyde van die Boere se teenwoordigheid daar.186) Benewens Du Preez het die Britte ook die inperking van mev. Barry, predikantsvrou van Calitzdorp, en J.H. Schoeman van Vlakteplaas as belangrik beskou in hulle poging om rebellie in die distrik te beperk.187) Oor J.H. Schoeman se rol in óf die aanvuur óf die smoor van die rebellie het daar meningsverskil bestaan. Die Britte het hom beslis as ‘n risiko beskou en

181) Oudtshoorn Courant 17/1/01 (Ongetiteld).

182) Het Zuid-Westen 15/4/01 (Een Ernstig Waarschuwing).

183) (PRO) C.O. 48/556: Ross - onbekend (copy) (enclosed in Confidential 17/9/01), 27/8/10, p.4. (F.K.830, p.844).

184)

(TAB) H.C. 52: BX - Wallis (copy) (enclosed in 2/9/01), c. 2/9/01, p.4.

185) Oudtshoorn Courant 14/2/01 (Alleged High Treason).

186) (TAB) H.C. 52: BX - Wallis (copy) (enclosed in 2/9/01), c. 2/9/01, p.4.

187)

selfs daarvan verdink dat hy geld van die Transvaalse geheime diens ontvang het om die ZAR se belange in die distrik te bevorder - ‘n aanklag wat Schoeman voortdurend ten sterkste ontken het.188) Schoeman is in elk geval goed dopgehou en selfs ingeperk. Hoewel dit beslis so is dat Schoeman baie sterk pro-Boergesind was, soos ook in die vorige hoofstuk aangetoon is, lyk dit egter asof hy juis sy invloed gebruik het om te verhoed dat simpatiseerders rebelleer. Daar is reeds gewys op sy oproepe tot gematigdheid by simpatiseerders. Na die beëindiging van die oorlog het die Het Zuid-Westen in ‘n hoofartikel ook sterk geargumenteer dat Schoeman “zijn grooten invloed” gebruik het om mense af te raai om die wapen aan Boerekant op te neem en dat hy hulle ook aangemoedig het om gehoorsaam te wees aan die militêre owerhede.189) Hierdie argument strook met inligting wat deur Schoeman se kleinseun verskaf is. Skynbaar was verskeie boere van die Vlakteplaas-omgewing gewillig om met wapengeweld te keer dat Schoeman deur die militêre owerhede gearresteer word. Toe dit wel gebeur, het ‘n klompie gewapende simpatiseerders die soldate voorgelê. Slegs deur Schoeman se bemiddeling het die boere besluit om nie tot die aanval oor te gaan nie.190) Geen amptelike bevestiging van hierdie insident kon opgespoor word nie, maar Schoeman het wel tydens sy verhoor getuig dat, indien hy sy invloed sou gebruik het om mense aan te moedig om te rebelleer, Vlakteplaas heelwat meer militant sou gewees het as wat die geval was.191)

Laastens het die Britse militêre suksesse ook ‘n rol gespeel om grootskaalse rebellie te verhoed. Teen die einde van Januarie 1901 het M. Knocker berig dat verskeie prominente lojaliste in die distrik in wie se mening hy volle vertroue het, oortuig was dat die berigte van sekere sleutel Britse oorwinnings baie tydig was, anders sou ‘n grootskaalse rebellie in die distrik plaasgevind het.192) Ook die Het Zuid-Westen het later toegegee dat die stryd vir die Boere verlore was en dat dit onsinnig sou wees om te rebelleer en jouself bloot te stel aan swaar strawwe vir ‘n verlore saak.193)

Opsommend beskou, is dit dus duidelik dat baie van die Oudtshoornse lojaliste met groot entoesiasme oorgegaan het tot gewapende deelname aan die Britse oorlogspoging. Nie net is met ywer aangesluit by die onderskeie plaaslike korpse toe die distrik in 1901 deur Boeremagte bedreig is nie, maar van die begin van die oorlog af was Oudtshoorniete bereid om in Britse korpse elders in Suid-Afrika te dien. Dit was veral ‘n vurige patriotisme gebore uit ‘n diepe lojaliteit aan Brittanje wat baie lojaliste by die Britse magte laat aansluit het. Terselfdertyd het hulle egter dié stap ook as noodsaaklik gesien ter beskerming van die Britse kultuur, hulle persoonlike regte en vryhede en hulle persoon en eiendom.

188) Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

189) Het Zuid-Westen 1/9/02 (Ons Oudste lid).

190)

Persoonlike onderhoud met Jurie Schoeman, 27/10/93.

191) Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

192) (TAB) H.C. 50: Knocker - Leibrandt (copy) (enclosed in Intelligence 4/2/01), 27/1/01, pp.1-2.

193)

Hoewel die meeste Oudtshoorniete wat tot die gewapende stryd aan Britse kant toegetree het, net binne die grense van die distrik diens verrig het, moet hulle bydrae tot die Britse oorlogspoging nie onderskat word nie. Saam met die Britse kolonnes het hulle gehelp om voortdurende druk op die Boerekommando’s te plaas en te verhoed dat hulle ‘n stewige vastrapplek in die distrik kon kry. Belangriker egter was dat die plaaslike korpse vir baie inwoners ‘n gevoel van sekuriteit gegee en so gehelp het om dreigende paniek oor die Boereteenwoordigheid in die distrik af te weer.

Die Republikeine moes teleurgesteld gewees het met die klein aantal rebelle uit ‘n groot distrik soos Oudtshoorn. Tog het die inwoners van die distrik nooit ‘n grootskaalse rebellie verwag nie. Hoewel daar oorvloedige simpatie was met die Boere, was die ingetoë manier waarop die Oudtshoornse simpatiseerders regdeur die oorlog daaraan uitdrukking gegee het, net nie bevorderlik vir rebellie nie. Die feit dat die kommando’s nooit deur die Britse magte toegelaat is om lank op een plek te vertoef en rebelle te werf nie en die streng toepassing van krygswet tesame met die vrees vir swaar strawwe wat hulle ook materieel kon benadeel, het daartoe bygedra dat, op enkele uitsonderings na, geen Oudtshoornse simpatiseerder gerebelleer het nie.

Hoofstuk 5

Vreemdelinge in Oudtshoorn

Van die begin van die oorlog af tot so laat as 1903 het daar vreemdelinge uit verskillende dele van die land na Oudtshoorn gekom. Vir sommiges het die distrik ‘n toevlugsoord geword om van die oorlogsgeweld te ontsnap. Vir andere was dit ‘n enigste heenkome nadat die oorlog veroorsaak het dat hulle nie na hulle tuistes kon terugkeer nie. In hierdie hoofstuk word ondersoek ingestel na die redes vir hierdie mense se koms na die distrik Oudtshoorn, die probleme wat hulle in die distrik ondervind het en die impak wat hulle teenwoordigheid op die Oudtshoornse gemeenskap gehad het.

5.1 Pro-Britse vlugtelinge

Aangesien die distrik Oudtshoorn aanvanklik vir so ‘n lang tydperk buite die oorlogsterrein geleë was, het dit, soos veral ook die kusdistrikte van die Kaapkolonie, ‘n toevlugsoord geword vir Britsgesinde persone wat voor en tydens die oorlog uit die twee Boererepublieke, en dan veral die ZAR, gevlug het. ‘n Groot aantal van hierdie vlugtelinge het hulle vir die duur van die oorlog in die distrik gevestig en dit was die Oudtshoornse gemeenskap se lot om hulle te akkommodeer.

Reeds so vroeg as 9 Oktober 1899 is berig dat vlugtelinge uit Johannesburg via Prins Albert Weg na Oudtshoorn stroom. Transportwaens, beide die gereelde waens van Hoek en spesiale transport uitsluitlik vir hierdie doel, was daagliks oorlaai met vlugtelinge terwyl vele nog by die stasie gewag het op vervoer.1) Deur die loop van die oorlog het hierdie vlugtelinggetalle toegeneem sodat dit, volgens amptelike syfers van die komitee wat in die distrik Oudtshoorn hulp aan hierdie vlugtelinge verleen het, in April 1901 ‘n hoogtepunt bereik het met 693 mans, vrouens en kinders wat gehelp is.2) Die werklike aantal vlugtelinge kon egter veel meer gewees het, aangesien sommige vlugtelinge van die sogenaamde “superior class”, volgens berigte, so laat as 16 November 1901 nog “in fairly good situations” was en deur vriende versorg is3) en daar, soos later gesien sal word, nie hulp aan hierdie mans wat kon werk en geld verdien, verleen is nie.

Dit kom voor asof die grootste deel van hierdie vlugtelinge van Joodse afkoms was.4) Van die 21 gesinne wat teen April 1902 volgens ‘n amptelike lys nog in die distrik woonagtig was, was, na die vanne

1) Oudtshoorn Courant 9/10/99 (Ongetiteld).

2) (KAB) BWR 5: Weekly report to the Central Committee, Period ending April 27th 1901, made by the Local Com. at Oudtshoorn, g.p.

3) (KAB) GH27/17: Chairman Relief Committee, Oudtshoorn - Governor, 16/11/01, p.54.

4) L. Feldman: Oudtshoorn, Jerusalem of Africa, p.91; (KAB) BWR11: I.H.D. for Hon. Sec. - The Secretary Refugee Relief Committee, Oudtshoorn, 15/5/02, p.352.

geoordeel, op ‘n moontlike twee uitsonderings na, almal Jode. Die meeste van die vlugtelinge was skynbaar stedelinge, veral uit die Pretoria-, Johannesburg- en Vereeniging-omgewing.5) Nêrens kon opgespoor word watter arbeid hierdie mense verrig het nie, maar verskeie was besigheidsmanne6) terwyl sommiges ook professionele persone, soos dokters, was.7)