• No results found

121) Oudtshoorn Courant 4/6/00 (The Proclamation of Peace).

122)

(PRO) C.O. 48/546, vol. 5: P.Knocker, Oudshoorn – J.D. Foster (copy) (Enclosure no.10 in despatch Secret 20/6/00), 11/6/00, g.p. (F.K.774, p.964).

123) Oudtshoorn Courant 24/1/01 (The Queen is dead).

124)

Die ander groot terugslag was die koms van die Boerekommando’s onder Kritzinger na die distrik. Veral gesien in die lig daarvan dat die lojaliste hulle al sedert die middel van 1900 voorberei het op vredesluiting, was die koms van die oorlog na hulle voordeur ‘n groot skok. Tog was die lojaliste dadelik gewillig om op verskeie gebiede praktiese hulp aan die Britse magte te verleen. Hierdie tipe hulp het egter al voor 1901 voorgekom, hoewel dit in daardie jaar ‘n hoogtepunt bereik het.

Reeds met die eerste groepie Oudtshoornse vrywilligers wat aan Britse kant gaan veg het, het plaaslike handelaars skenkings gemaak om hulle van voorrade te voorsien en verekopers het pluime geskenk wat die vrywilligers kenmerkend in hulle hoede sou dra.125) Op 12 April 1900 is verdere bydraes erken, onder andere van Walter Thomas, mev. W. King en J.R.B. Edmeades tesame met ‘n groot aantal dames wat geldelike bydraes vir die koop van onderklere vir die vrywilligers gemaak het. Op 24 April kon E.T.L. Edmeades dus drie groot kratte met noodsaaklikhede vir die Oudtshoorniete aan die front stuur.126)

In die hele tydperk wat die Town Guard en District Mounted Troops bestaan het en daar Britse troepe in die distrik was, het lojale Oudtshoorniete alles in hulle vermoë gedoen om die lewe vir hierdie soldate so gemaklik as moontlik te maak. Reeds in Januarie 1901 is oor die £88 ingesamel en aan die militêre owerhede oorhandig om die mediese onkostes van die soldate binne die distrik te dek.127) Op 24 Januarie 1901 plaas die Oudtshoorn Courant ‘n brief van ‘n kapt. Frederick G.W. Jones waarin hy die besighede van Oudtshoorn bedank vir bydraes wat gewissel het van sigare, sigarette en tabak tot koerante. Hy bedank ook die inwoners wat ten spyte van die soldate se onverwagse aankoms op Oudtshoorn tee, vrugte en ander verversings aan hulle verskaf het.128) Hierdie tipe briewe waarin veral die Town Guard verskeie vrouens, soos mevv. Pfuhl, Brown, Jones en Bawden, bedank het vir die bring van koffie en mans vir artikels soos sigarette, het gereeld gedurende 1901 verskyn. Dit lyk egter nie asof dit enigsins ‘n gekoördineerde poging was nie, want op 10 Junie 1901 stel bogenoemde koerant voor dat ‘n komitee gestig moet word om te sorg dat die bydraes op ‘n sistematiese wyse onder al die Britse magte in die distrik versprei word.129)

Op Maandag, 14 Oktober 1901, is daar ‘n openbare vergadering, wat deur die burgemeester belê is, gehou om ‘n fonds te stig vir die aankoop van Kerspresente en ander noodsaaklikhede vir al die Britse soldate wat tydens Kersfees in die distrik mag wees asook om ‘n komitee te kies om hierdie werksaamhede te koördineer. Die komitee het sy werk met groot ywer aangepak en uiteindelik is meer as £250 ingesamel waarvan £25 7s 9d verkry is deur ‘n opvoering, “The Follies”, wat deur inwoners op die planke gebring is. Opmerklik is egter dat net oor die 10s in Calitzdorp ingesamel is. Daar is besluit om £200 aan die

125) Oudtshoorn Courant 11/12/99 (Oudtshoorn to the front).

126) Oudtshoorn Courant 12/4/00 (Acknowledgement); Oudtshoorn Courant 26/4/00 (Our boys at the front).

127)

Oudtshoorn Courant 28/1/01 (Local and General).

128) Oudtshoorn Courant 24/1/01 (Correspondence).

129) Oudtshoorn Courant 25/2/01 (Local and General); Oudtshoorn Courant 28/2/01 (Town Guard); Oudtshoorn Courant 10/6/01 (Thanks); Oudtshoorn Courant 24/6/01 (Ongetiteld).

gereëlde korpse wat in die distrik Oudtshoorn en naburige distrikte diens gedoen het, te bestee en die res aan te wend vir die Oudtshoornse vrywilligers. Daar is selfs besluit dat presente na De Aar gestuur sou word vir die garnisoene wat kommunikasielyne bewaak en blokhuise beman het.130)

Benewens hierdie bydraes, was daar ook gereelde bydraes van leesstof van onder andere die Oudtshoorn Openbare Biblioteek. Daarmee saam is ook geld ingesamel vir die onderhoud van gesinne van Oudtshoornse soldate wat in die oorlog gesneuwel het.131) Met die koms van die Britse troepe is daar ook verskeie verdedigingswerke, soos forte, opgerig. Tussen 200 en 300 lojale dames het geld ingesamel en ‘n Union Jack gekoop wat voor die voltooide fort kon wapper. Hierdie vlag is oorhandig tydens ‘n groot parade en onthaal en groot gewag is daarvan gemaak dat dit die eerste fort is wat voltooi is na die troonbestyging van koning Edward VII en dat dit dus fort Edward sou heet.132)

Al hierdie bydraes was van onskatbare waarde vir die Britse troepe. Dit het nie net die tyd wat hulle in die distrik moes deurbring aangenamer gemaak nie, maar het ook hulle moraal verhoog omdat hulle gevoel het dat die gemeenskap hulle ondersteun. Dit blyk duidelik uit verskeie briewe van Britse offisiere waarin inwoners van beide die dorp en die plase bedank word vir hulle vrygewigheid teenoor die troepe. So skryf maj. I.C.B. Eastwood van die 12th Royal Lancers namens die troepe onder sy bevel: “They all remember with much gratitude the very kind way in which they were treated at Oudtshoorn, and I can assure you that they look upon it as by far the pleasantest place that they have been to in South Africa”.133) Hierdie brief bied nie net getuienis van die uitstekende morele invloed wat die lojaliste se bydraes gehad het nie, maar toon ook dat daar by die meeste inwoners van die distrik nie openlike antagonisme teenoor die Britte was nie en dat daar, inteendeel, by baie ‘n werklike toegeneentheid jeens die soldate bestaan het.

Benewens bogenoemde tipe hulp het die lojaliste ook operasionele hulp aan die Britse magte verleen, maar steeds sonder om self die wapen op te neem. Dit was aksies wat gewoonlik net moontlik was omdat die oorlog uitgebrei het tot die distrik Oudtshoorn in 1901. Tog blyk dit dat verskeie lojaliste al van vroeg 1900 af muile, perde en beeste namens die militêre owerhede in die distrik opgekoop het. Die presiese omvang hiervan kon nie uit die bronne afgelei word nie. In sy intelligensieverslag van 11 April 1900 meld H. Honnet egter reeds dat W.H. Pickard deur die regering aangestel is om die beskikbare muile in die distrik namens hulle op te koop.134) Van die getuienis wat teen Jakobus du Preez, wat van

130) Oudtshoorn Courant 17/10/01 (Christmas Cheer for Soldiers); Oudtshoorn Courant 21/11/01 (The Follies); Oudtshoorn

Courant 2/12/01 (Notes and Comments); Oudtshoorn Courant 16/12/01 (Tommy Xmas Cheer).

131) Oudtshoorn Courant 20/6/01 (Thanks); Oudtshoorn Courant 6/2/02 (The Widow Wych); Oudtshoorn Courant 14/4/02 (Burial of Lanier Humphries).

132) Het Zuid-Westen 7/3/01 (Een Groote Ceremonie); Het Zuid-Westen 11/3/01 (Fort Edward).

133) Oudtshoorn Courant 20/6/01 (Thanks); Oudtshoorn Courant 6/2/02 (Thanks).

134)

hoogverraad aangekla is, gelei is, was dat hy gedreig het om Gert Olivier, Piet Lategan, sr. en Piet Lategan, jr. dood te skiet omdat hulle namens die Britse regering perde, muile en osse opgekoop het.135)

So vroeg as Januarie 1901 het distriksbewoners wat elke sentimeter van die distrik geken het, as gidse vir die Britse magte opgetree. Verwysings hierna is egter min en vaag en dit is onmoontlik om akkuraat te bepaal hoe dikwels dit gebeur het en wie die gidse was. Een wat egter geïdentifiseer kan word, is ene L. Fivaz wat as gids vir die 7th Dragoon Guards opgetree het in hulle agtervolging van Kritzinger vroeg in 1901 vanaf die distrik Oudtshoorn noordwaarts. Hy en twee ander gidse tesame met twee swartes is naby Murraysburg deur die Boere gevange geneem. Die swartes is summier geskiet, terwyl die Boere Fivaz-hulle met net die klere wat Fivaz-hulle aangehad het, vrygelaat het waarna Fivaz teen einde Februarie 1901 weer sy weg na Oudtshoorn gevind het.136) Dit lyk waarskynlik dat distriksbewoners dwarsdeur 1901 as gidse vir die Britse magte opgetree het. Op 22 Oktober 1901 het die assistent-kommandant van Calitzdorp byvoorbeeld ‘n dringende versoek van die militêre owerhede ontvang om betroubare blanke gidse te vind wat die magte kon vergesel.137) Hoewel baie, soos Fivaz, wat direk na sy terugkeer na Oudtshoorn by die DMT aangesluit het138), gidse geword het uit lojaliteit en waarskynlik avontuurlus, kon die goeie betaling wat die gidse gekry het ook ‘n rol gespeel het. Dit word duidelik gestel dat die gidse “will be liberally rewarded (…) for good work”.139)

Lojaliste in veral die landelike dele van die distrik het die Britse magte verder bygestaan deur die gereelde rapportering van Boerebewegings. Dit was veral waardevol aangesien die meeste blanke plaasbewoners die Boere simpatiek gesind was en dus rapportering so ver as moontlik probeer vertraag het. Om te rapporteer, het dikwels moed van die lojaliste geverg aangesien die Boere swaar strawwe belowe het vir enigeen wat hulle bewegings rapporteer. Veral die bruinmense het ‘n belangrike rol in rapportering gespeel, omdat dit veral hulle was wat dorp toe gestuur is met nuus. ‘n Tipiese voorbeeld van hoe die rapportering verloop het, was die inligting wat mev. Levy, bekende hoteleienaar en een van die handjievol lojaalgesinde blankes in die Schoemansdorp-, Kango-, Grootkraal-, Matjiesrivier-area, omtrent die Boerebewegings in September 1901 aan die militêre owerhede verskaf het. Sy het al inligting gestuur omtrent Scheepers se nabyheid toe daar nog net gerugte was dat die kommando in die omgewing was. Nadat drie lede van die kommando haar hotel besoek het, maar die plaaslike veldkornet dit onmoontlik geag het om te rapporteer omdat die Boere al die paaie bewaak het, het mev. Levy weer eens die risiko geloop en twee bruinseuns met die bergpaadjies langs gestuur om te rapporteer.140) Dit is nie bekend of diegene wat gaan rapporteer het geldelik vergoed is op ‘n gereelde basis nie. J.H. Schoeman (LWV) het

135) (KAB) AG 3414: Preparatory Examination no.31 of 1901, Regina versus Jacob Lodewicus du Preez, 29/1/01 (Enclosed in Case of Jacobus Lodewicus du Preez charged with High Treason, no.R1/150), pp.76-77.

136) Oudtshoorn Courant 24/1/01 (Local and General); Oudtshoorn Courant 28/2/01 (Local and General).

137)

(KAB) 1/CDP 3/1/8/2: Genl. French – Commandant Calitzdorp, 22/10/01, no.258/1901, g.p.

138) Oudtshoorn Courant 28/2/01 (Local and General).

139) (KAB) 1/CDP 3/1/8/2: Genl. French – Commandant Calitzdorp, 22/10/01, no.258/1901, g.p.

140)

egter gesê dat hy op Vlakteplaas geld aan mense aangebied het indien hulle bereid sou wees om verby die Boere te sluip om die Boere se teenwoordigheid te gaan rapporteer.141)

Bruinmense het egter nie altyd net gewag op blankes om hulle te stuur nie, maar het ook uit eie inisiatief en pligsbesef opgetree. Coenraad Stuurman, ‘n bruin slagter, het byvoorbeeld ene Gert Ruiters, ook ‘n bruinman, met ‘n rapport na Calitzdorp gestuur, nadat Johannes Hendrik Schoeman, assistent-veldkornet van die wyk Grobbelaarsrivier, nie dadelik die teenwoordigheid van die Boere wou rapporteer nie.142)

Dit lyk asof die Britse magte soms lojaliste as inligtingsagente in diens geneem het. Slegs een definitiewe verwysing hierna is egter gevind. Tydens die verhoor van Jakobus du Preez het een van die staatsgetuies, kennelik trots, ‘n pas aan die hof gewys wat deur die militêre owerhede aan hom gegee is en wat hom die reg gegee het om vrylik in die distrik rond te beweeg aangesien hy ‘n agent vir die militêre owerhede was.143)

2.3.6 Verdere finansiële en morele steun

Nadat dit na 1901 duideliker geword het dat die Boere vir goed uit die distrik verdryf is en Britse troepebewegings dus minder geword het, het die lojaliste hulle opnuut gewy aan morele en finansiële steun aan die Britse saak. Hulle eerste taak was om die gerugte van barbaarse optrede deur die Britse weermag, wat veral in die Europese pers gesirkuleer is, teen te werk. Ook hierdie aksie het reeds sy aanloop in 1900 gehad. Aanvanklik was dit veral diegene wat as ongewenstes uit die Republieke gesit of op parool deur die Britte vrygelaat is en hulle in die distrik Oudtshoorn kom vestig het wat volgens die lojaliste onwaarhede oor die Britse weermag verkondig het. Op 29 November 1900 stel die Oudtshoorn

Courant in ‘n redaksionele artikel voor dat krygswet wyd geïmplementeer moet word en dat alle Boere

krygsgevangenes, ook dié op parool, in swaar bewaakte kampe aangehou moes word.144) Een van die gerugte wat teen die einde van 1900 die ronde gedoen het was dat krygsgevangenes swak behandel word en dat dit veral die Boervrouens, wat op die resiesbaan in Port Elizabeth in ’n konsentrasiekamp aangehou is, wat geen klere, lakens, borde en ander noodsaaklikhede gehad het nie. Ene Lizzie Pocock (waarskynlik die vrou van John Pocock van die Oudtshoorn Courant) het aan die resident magistraat van Port Elizabeth geskryf om te hoor of die gerugte waar is en ook om te verneem of die owerhede die Oudtshoornse vrouens sal toelaat om die Boervroue van die nodige te voorsien. Op 6 Desember 1900 het die koerant die magistraat se antwoord geplaas, waaruit dit blyk dat die Boervroue alles het wat hulle benodig en dat hulle gesond en tevrede is.145) Op 31 Januarie publiseer dieselfde koerant ‘n brief van ‘n

141) Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

142)

Het Zuid-Westen 9/12/01 (Het Militaire Hof).

143) Het Zuid-Westen 9/10/02 (Zaak tegen Jakobus du Preez).

144) Oudtshoorn Courant 29/11/00 (Ongetiteld).

145)

Boerekrygsgevangene waarin hy sê dat hy soos ‘n “gentleman” deur die Britte behandel word.146) Nêrens kon getuienis gevind word dat die Oudtshoornse lojaliste enigsins die verskroeide aarde-beleid en konsentrasiekampstelsel veroordeel het nie.

Hierdie veldtog om negatiewe gerugte aangaande die Britse weermag teen ten werk, het vroeg in 1902 ‘n hoogtepunt bereik met die hou van ‘n openbare vergadering waarin die Oudtshoornse lojaliste hulle sterk uitgespreek het teen wat hulle as laster teen die Britse leër in veral die Duitse pers gesien het. Die vergadering is nodig geag omdat stilswye as instemming met die gerugte vertolk kon word.147)

Die vergadering het plaasgevind op Dinsdag, 11 Februarie 1902. Die opkoms was kleinerig, deels vanweë swak weersomstandighede, maar veral omdat diegene wat in die vrywilligerkorpse gedien het, hulle as deel van die Britse weermag en dus ook onderhewig aan die gerugte beskou het en dit onvanpas geag het om die vergadering by te woon. Frank Muller het die eerste mosie ingedien waarin ten sterkste beswaar gemaak is teen die lasterlike stories in die Europese pers aangaande die optrede van Britse soldate in Suid-Afrika en bevestig is dat daar geen gronde vir sulke bewerings bestaan nie, aangesien die Britse magte hulle volgens die beste tradisies van die weermag gedra het. ‘n Hollandse Afrikanerboer, J. Ferreira, het in ‘n Hollandse toespraak Muller ondersteun en gesê dat ook Afrikaners hulle oor dié saak moet uitspreek omdat hulle die vryhede onder die Britse vlag geniet het. Volgens hom het hy gereeld met die troepe in aanraking gekom en het hulle altyd beleefd opgetree. In ‘n verdere mosie is Joseph Chamberlain, Koloniale Sekretaris, se optrede in die teenwerking van lasterlike gerugte goedgekeur en hernude vertroue in die leierskap van Milner en Chamberlain uitgespreek.148) Albei mosies is eenparig aanvaar en aan die eerste minister van die Kaapkolonie en uiteindelik die Colonial Office deurgestuur.149)

Die krakies wat periodiek in lojalistegeledere bestaan het, het weer na vore gekom in die gebeure rondom die vergadering. Soos by die geskil rondom die viering van die Britse suksesse in 1900 kan die oorsaak van die dispuut teruggevoer word na twee aspekte wat voortdurend by lojaliste aanwesig was. Die eerste is ‘n stryd tussen faksies onder die voorste lojaliste om die leiding te neem in die organisering van aktiwiteite ter ondersteuning van die Britse oorlogspoging. Die tweede is die bykanse paranoia dat mede-lojaliste nie lojaal genoeg is nie. Enigiets wat in hulle oë nie getuig het van ’n vurige patriotisme nie, is gesien as ‘n teken van dislojaliteit.

By ‘n stadsraadsvergadering op 7 Februarie 1902 was daar ‘n lang bespreking oor die burgemeester se versuim om die inhoud van die telegram wat hy van die burgemeester van Kaapstad ontvang het in

146) Oudtshoorn Courant 31/1/01 (Letter fom a Boer).

147) Oudtshoorn Courant 6/2/02 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 10/2/02 (Town Council).

148)

Oudtshoorn Courant 13/2/02 (The Continental Slanders).

149) (KAB) PMO 188: Mayor, Oudtshoorn – Prime Minister, 13/2/02, no.16/1902, g.p.; (PRO) C.O. 48/558, vol. 4: Mayor, Oudtshoorn – Prime Minister (enclosed in J.G. Sprigg, Minute, Enclosure no.5 in Despatch no.29 of 18/2/02), g.d., g.p. (F.K.838, p.662).

verband met die negatiewe gerugte wat oor die Britse leër versprei is, aan die stadsraad oor te dra, hoewel hy dit klaarblyklik aan die Oudtshoorn Courant meegedeel het. Raadslid Matare het laat notuleer dat hy reken dat die burgemeester sy plig in dié verband versuim het. Na die openbare vergadering het bogenoemde koerant gerapporteer dat die eerste minister ‘n telegram aan die burgemeester van Oudtshoorn gestuur het waarin hy sy goedkeuring oor die mosies uitpreek. Die koerant sluit dan af: “We hope those Councillors who were so conspicuous by their absence at the meeting, will not take offence at his Worship’s having imparted this information to the Courant”.150)

Nadat dit duidelik geword het dat die oorlog vinnig op ‘n onafwendbare sege vir die Britte begin afstuur, het die lojaliste hulle aandag aan verskeie ander sake gewy wat óf ten doel gehad het om Brittanje te oortuig van hulle onbetwyfelbare lojaliteit en steun óf wat daarop gemik was om diegene wat aan Britse kant gely het as gevolg van die oorlog se nood te verlig.

Die belangrikste saak was die kroning van Edward VII, want hoewel hy sedert Victoria se dood regeer het, was daar nog geen formele kroningsgeleentheid nie. Hoewel hier reeds in ‘n sekere mate ‘n vervloeiing van die grens tussen lojalis en simpatiseerder was soos in ‘n latere hoofstuk aangetoon sal word, het die lojaliste dit steeds as ‘n uitstekende geleentheid gesien om hulle lojalisme te demonstreer. So het G.C. Olivier in ‘n mosie wat hy voorgelê het by ‘n openbare vergadering, wat gereël is om die viering van die kroning op Oudtshoorn te beplan, gesê dat die vergadering “affirms the desirability of celebrating the event (…) in a loyal and patriotic manner”.151) Die vierings moes egter op die nippertjie uitgestel word aangesien die koning siek geword het en die kroning nie kon voortgaan nie. Daar is wel voortgegaan met die beplande kerkdienste. Die bywoning in al die kerke was groter as gewoonlik met baie boere wat ook dorp toe gekom het vir die kroningsvierings. Die stemming was egter somber en ‘n korrespondent skryf dat in die sinagoge “a spirit of sorrow and gloom pervaded the whole and completely enveloped the hundreds of worshippers within its walls”.152) Uiteindelik het die vierings in ‘n ietwat afgeskaalde vorm op 9 Augustus 1902 plaasgevind.153) Die burgemeester het ook van die kans gebruik gemaak en ‘n telegram aan die koning gestuur waarin hy hom nie net geluk gewens het nie, maar hom ook verseker het van Oudtshoorn se “sincerest loyalty”.154)

Die vredesluiting was uiteraard vir die lojaliste ‘n groot vreugde. Die kriptiese telegram: “Peace signed last night”, is op Sondagaand, 1 Junie 1902, ontvang en onmiddellik na die St. Jude’s kerk geneem waar die diens amper verby was. Die predikant het die telegram voorgelees en die gemeente het die gesang “Praise my soul, King of Heaven” uit volle bors gesing. ‘n Kwartier later was die nuus rugbaar oor die

150) Oudtshoorn Courant 13/2/02 (Town Council); Oudtshoorn Courant 17/2/02 (The Continental Slanders).

151) Oudtshoorn Courant 3/4/02 (The Coronation Meeting).

152)

Oudtshoorn Courant 30/6/02 (The Synagogue and the Coronation).

153) Oudtshoorn Courant 11/8/02 (The Coronation Festivities).

154) (PRO) C.O. 48/562, vol. 2: Acting Mayor, Oudtshoorn – Governor (copy) (Enclosure in despatch no.182 of 1/7/02),25/6/02, g.p. (F.K.858, p.228).

hele dorp en het groepe mense deur die dorp geloop en luidkeels hulle tevredenheid met die herstel van vrede te kenne gegee. Die Maandag, 2 Junie, het skole, kantore en besighede om 11:00 gesluit en het ‘n vreugdevolle skare spontaan byeengekom en besluit om die aand ‘n fakkelparade te hou. Geld is ingesamel en die huise is ook versier. Op Sondag, 8 Junie, is dankseggingsdienste gehou en die daaropvolgende Maandag was ‘n vakansiedag. Te midde van hierdie euforie het die Oudtshoorn Courant egter geen tyd verspil nie om die hoop uit te spreek dat Republikanisme vir goed iets van die verlede is en almal lojale onderdane van Brittanje sal wees.155)

Na die oorlog was daar by sommige lojaliste die begeerte om die nagedagtenis van diegene wat gedurende die oorlog aan Britse kant gesneuwel het, lewendig te hou. Op 3 September 1902 verskyn daar ‘n emosionele brief onder die skuilnaam “A comrade-in-arms” waarin hy sê dat ‘n jaar na die Vlakteplaas-geveg, waarin vier Oudtshoorniete gesneuwel het, nog geen grafstene op hulle grafte aangebring is teen die heuwel waar hulle begrawe lê nie. Die skrywer gaan voort en sê dat die