• No results found

4.1.2 Die blanke plaaslike korpse

4.1.2.2 Die Town Guard

Op Saterdag, 18 Januarie 1901, het die burgemeester van Oudtshoorn ‘n vergadering byeengeroep om te besluit oor die wenslikheid van die vorming van ‘n Town Guard. Skynbaar was daar onder sommige lojaliste ontevredenheid dat so lank gewag is om ‘n Town Guard te vorm. Die vergadering is in die Drilsaal gehou en is goed bygewoon. Groot opwinding het geheers en reeds voor die vergadering begin het, is spontaan patriotiese liedere gesing.

Die burgemeester het daarop gewys dat die vordering wat die Boere in die voorafgaande dae gemaak het, die hou van die vergadering genoodsaak het hoewel alle inligting nog nie van die militêre owerhede verkry is nie. Bawden het daarop gewys dat die militêre owerhede graag benewens die Town Guard ook ‘n berede mag van sowat 200 mans op die been wou bring. Hy het voortgegaan met ‘n emosionele oproep dat “every Englishman, every British and every man born in this country” by die korpse moes aansluit. Daar is eenparig besluit om eers die Town Guard te stig en dan voort te gaan met die vorming van die berede korps. By hierdie geleentheid het 208 mans hul name opgegee vir diens in die Town Guard.36)

Op Maandag, 20 Januarie 1901, is ‘n opvolgvergadering gehou waartydens die organisasie en bevelstruktuur van die korps asook die betaling van manskappe verduidelik is. Die burgemeester het

32) (KAB) DD 1/84: Tamplin - Singleton (copy) ( Enclosed in Hickman - S.O., CDF, 10/9/01, No.A802) 10/9/01, g.p.; (KAB) DD 1/84: Tamplin - S.O., CDF, 26/9/01, No.A802, g.p.

33)

(KAB) DD 1/71: Burke - General Officer Commanding, Col. Defence Force, c. 27/4/01, ongenommer, g.p.

34) (KAB) DD 1/88: OC, Southern - C.S.O., CDF, 23/12/01, No.A2717, g.p.

35) Oudtshoorn Courant 3/2/02 (Oudtshoorn Volunteer Rifles).

36)

diegene wat aangesluit het of wou aansluit die eed van getrouheid laat aflê. Daar is ook aangekondig dat gewere die middag om 14:00 uitgereik sou word en die korps is dus amptelik tot stand gebring.37) Die korps is in twee kompanies verdeel, elk met sy eie bevelstruktuur, terwyl maj. J. Bawden as oorhoofse bevelvoerder sou optree.38)

Die getalle van die Town Guard het vinnig toegeneem. Teen 27 Februarie 1901 is berig dat 344 man sedert die ontstaan van die korps reeds betaling ontvang het.39) Hierdie getal het teen einde April 1901 tot 391 gegroei. Dit was by verre die grootste blanke Town Guard in No.5 Area en meer as drie keer meer was as die tweede grootste korps, dié van George met 130 man.40) Teen September 1901 is die amptelike getal egter weer as 269 aangegee.41)

Die lede van hierdie korps het uit alle dele van die dorpsamelewing gekom. Op 28 Februarie 1901 het die

Het Zuid-Westen, wat, soos gesien, ‘n pro-Hollandse Afrikanerblad was, berig dat bykans sy hele redaksie

betrokke is by die Town Guard en dat hoogstens vier mense beskikbaar was om te help met die koerant.42) Uiteraard het bykans die hele personeel van die Oudtshoorn Courant ook onder die wapen verkeer.43) Tussen 22 Augustus en 16 September 1901 het nie een van die twee koerante verskyn nie omdat die hele personeel besig was met hul Town Guard pligte.44) Verskeie besighede het ook ingewillig om smiddae vroeër, om 14:00, te sluit vanweë die groot aantal personeellede wat betrokke was by dié korps, terwyl die Boys’ High School ook erg ontwrig is met tot 60 seuns wat tydens die hoogtepunt van Town Guard bedrywighede in die korps gedien het.45)

Ten spyte van die groot aantal mense wat wel in die korps gedien het, was die aansluiting van lojaliste by die korps nie altyd vinnig en talryk genoeg volgens sommiges se oordeel nie. ‘n Korrespondent het byvoorbeeld onder die skuilnaam “A Loyalist”, aan die Oudtshoorn Courant geskryf dat die feit dat Oudtshoorn onindringbaar lyk, geen verskoning bied vir die “unpardonable reluctance” van sommige inwoners om by die Town Guard aan te sluit nie. Volgens hom moes die dorp se verdedigingsmagte so sterk wees, dat dit enige Boere-inval sou ontmoedig.46)

Die Town Guard was, soos die naam aandui, ‘n korps wat opgeroep is wanneer die dorp bedreig is.47) Hulle take het onder meer die bewaking van wapendepots, voorrade en diere in die dorp; bystand met die

37) Oudtshoorn Courant 21/1/01 (Martial Law).

38) Oudtshoorn Courant 24/1/01 (Local and General).

39)

Oudtshoorn Courant 21/1/01 (Public Meeting); (KAB) DD 7/14: Civil, Oudtshoorn-Defence, 27/2/01, No.01501, g.p.

40) (KAB) DD 1/84: Town Guards (Label), 30/4/01, No.A747, g.p.

41) (KAB) DD 7/13: Town Guards (Tabel), 30/9/01, g.p.

42) Het Zuid-Westen 28/2/01 (Aan Onze Lezers).

43) Oudtshoorn Courant 28/1/01 (Local and General).

44)

Het Zuid-Westen 16/9/01 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 16/9/01 (Resumption).

45) Log Book Boys’ Public School Oudtshoorn, 22/7/01, g.p.; Oudtshoorn Courant 18/1/01 (The Town Guard).

46) Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Our Town Guards).

47)

handhawing van krygswet en die beskerming en bemanning van verdedigingswerke in en om die dorp behels.48) Waarskynlik omdat hierdie korps vanweë sy omvang so ‘n groot invloed op die daaglikse gemeenskapslewe gehad het en weens die hoë koste daaraan verbonde (5s per dag per manskap en in verhouding meer vir offisiere), is die grootste gedeelte van hierdie korps so gou as wat moontlik was nadat die vyandelike bedreiging die hoof gebied is, van aktiewe diens vrygestel (decommissioned) en teen ‘n laer loon op bystand geplaas met slegs ‘n paar gereelde oefeninge per week.49) Sodra gevaar egter gedreig het, soos met Scheepers se teenwoordigheid in die distrik in September 1901, is almal weer vir aktiewe diens opgeroep.50) Hoewel hierdie vinnige opeenvolging van oproep tot aktiewe diens, vrystel-ling daarvan en dan weer ‘n heroproep heelwat ongerief moes veroorsaak het (dikwels was die Town Guard onthef van aktiewe diens, net om binne ‘n kwessie van vier dae weer heropgeroep te word), het die

Oudtshoorn Courant berig dat die inwoners al gewoond begin raak het aan hierdie verloop van sake.51)

Teen die einde van 1901 is die Town Guard ook toenemend gebruik om voorraadkonvooie te eskort.52)

Teen die middel van November 1901 is die meeste lede van die Town Guard van garnisoendiens vrygestel,53) maar dit lyk asof finale ontslag uit die korps gedraal het tot die laaste helfte van 1902, na die beëindiging van die oorlog.54) Hierdie korps het waardevolle werk verrig en groot waardering vir hulle dienste is deur verskeie kommandante uitgespreek.55) Tog het sommige militêre leiers sekere voorbehoude oor die effektiwiteit van die Town Guards gehad. Hoewel kol. Hickman, A.I.G., CDF, oor die algemeen van Town Guards in die SWD gepraat het, het hy tog gevoel dat die plaaslike korpse in hierdie streek nie doeltreffend aangewend is nie, veral omdat die lede van die korpse nie bereid was om hulle aansluitvoorwaardes te oorskry nie en veral nie buite hulle dorpe wou diens doen nie. So moes die DMT dus bergpasse bewaak terwyl dit volgens Hickman meer effektief sou wees om Town Guards hierdie forte te laat beman.56) Ten spyte van hierdie kritiek, moet die entoesiasme en opoffering van die lojaliste wat in die Oudtshoornse Town Guard gedien het, nie onderskat word nie.

48) (KAB) DD 1/70: Trench - S.O. for Town Guards CDF, 11/3/01, no.1079, p.1.

49) (KAB) DD 1/70: Trench - S.O. for Town Guards CDF, 11/3/01, no.1079, p.1; Oudtshoorn Courant 30/5/01 (Town Guard Parade); Het Zuid-Westen 16/9/01 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 16/9/01 (Resumption).

50) Oudtshoorn Courant 20/9/01 (Ongetiteld).

51) Oudtshoorn Courant 21/10/01 (Another Invasion).

52) Oudtshoorn Courant 14/10/01 (Ongetiteld).

53) Oudtshoorn Courant 14/11/01 (The Town Guard).

54)

(CPN) O/O 7/1: Cape Colonial Forces, Discharge Certificate, W.D. Rainier en A.C. Sheard, 19/7/02.

55) (KAB) 3/OHN 4/1/27: Mayor’s Minute for the Municipal Year ending 31st July 1901, p.3; Oudtshoorn Courant 11/3/01

(Flag and Fort).

56)