• No results found

4.2 Die Rebelle

7.3.1 Kontemporêre menings oor die Militêre Hof

7.3.2.3 Langenhoven se rol

By die beoordeling van die werking van die Militêre Hof op Oudtshoorn, moet kortliks gekyk word na die rol wat Langenhoven as advokaat vir die verdediging gespeel het. Langenhoven was die enigste regsverteenwoordiger wat tydens die eerste sitting van die Militêre Hof namens die beskuldigdes opgetree het. Hy het 13 van die 29 Oudtshoorniete verteenwoordig. Diegene wat hy nie verteenwoordig het nie, het hulle eie verdediging behartig.

Daar is baie min geskryf oor Langenhoven se optrede voor die Militêre Hof, maar die twee kere wat daar wel na sy rol verwys word, is dit ironies genoeg, om negatiewe kommentaar te lewer. In die verslag wat Wallis opgestel het ter ondersteuning van Weyers, sê Wallis dat hy aangebied het om as getuie vir die verdediging te verskyn, maar dat Langenhoven hom nooit geroep het nie.58) Uit die verslag van die hofverrigtinge blyk dit dat Langenhoven nie vir Wallis aan kruisondervraging onderwerp het toe hy as getuie vir die vervolging verskyn het nie. Langenhoven se optrede in dié geval is, om die minste te sê, vreemd, aangesien hy beslis daarvan bewus was dat Wallis net positief aangaande Weyers se lojaliteit sou getuig. Wallis se getuienis sou vanweë sy posisie binne die Oudtshoornse lojalistegemeenskap en sy rol in die plaaslike korpse, waarskynlik meer gewig gedra het as dié van enigiemand anders wat tydens hierdie verhoor getuig het.

Die parlementêre komitee wat die saak van J.H. Schoeman herondersoek het, het dit ook onverklaarbaar gevind dat Langenhoven nie namens Schoeman om uitstel gevra het tydens sy saak nie sodat getuies soos Barry, De Jager en Barnard van Vlakteplaas na die dorp gebring kon word om Schoeman se getuienis dat hy wel die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het, te bevestig.59) Dat Langenhoven nie in hierdie geval uitstel gevra het nie, is des te meer onverstaanbaar as in ag geneem word dat hy later, in die saak van Stephanus Fourie, wel uitstel gevra het om ‘n getuie te laat kom en die hof dit toegestaan het.60)

Dit moet egter beklemtoon word dat hierdie twee punte van kritiek nie moet afbreuk doen aan die bydrae wat Langenhoven gelewer het om ‘n regverdige verhoor en die beste moontlike uitslag vir sy kliënte te verseker nie. Uit die beperkte inligting wat uit die beskikbare verslae van die hofverrigtinge af te lei is, is dit opmerklik hoe dikwels Langenhoven deur vernuftige kruisondervraging ‘n getuie wat deur die aanklaer geroep is, sterk getuienis ten gunste van die beskuldigde kon laat lewer. Van die 13 sake wat Langenhoven behartig het, het hy dit in nege gevalle reggekry dat óf een van die klagte teruggetrek is óf die beskuldigde aan ten minste een klag onskuldig bevind is (hoewel hy op ‘n ander skuldig bevind is). Dit is opmerklik hoe weerloos die beskuldigdes voor die hof was in die sake wat Langenhoven nie

58)

(KAB) AG 3637: Willis - Stapleton, no.M 1380/1902 (aangeheg by Stapleton – The Secretary to the Law Department, no.220/02, 6/12/02, 5/12/02, g.p.

59) A3 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of J.H. Schoeman. Minutes of Evidence, p.6.

60)

behartig het nie, met verdedigingstegnieke soos kruisondervraging wat totaal ontbreek het. En dit is beslis kommerwekkend dat byvoorbeeld nie een van die persone wat daarvan aangekla is dat hulle aktief die wapen teen Brittanje opgeneem het, ‘n regsverteenwoordiger gehad het nie. Met so ‘n ernstige aanklag teen hulle en met party van hulle, soos Boshoff, wat so jonk as 18 jaar was, kon dit nie ‘n regverdige verhoor gewees het as hulle hul eie verdediging moes behartig nie.

7.3.3 Die afkondiging van strawwe

Soos vroeër genoem, moes alle strawwe wat deur die Militêre Hof opgelê is, eers deur die Britse opperbevel bekragtig word, voordat dit amptelik was en afgekondig kon word.

Dit is opmerklik dat die strawwe wat deur die Militêre Hof opgelê is vir dieselfde oortreding, tydens die tweede sitting baie feller was as tydens die eerste. Tydens die eerste sitting is diegene wat net daaraan skuldig bevind is dat hulle nie die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het nie, gevonnis tot tronkstraf van tussen twee en vier maande met dwangarbeid en ‘n boete. Tydens die tweede sitting is die tydperk van gevangenisskap verleng tot tussen 18 maande en twee jaar en ‘n boete van £200 is gehef.61) Hoewel dit in die lig van die afwesigheid van volledige, amptelike hofverslae onmoontlik is om konklusiewe afleidings te maak, ontstaan die vraag tog of Norrie, wie se gematigdheid en billikheid deur Vane geloof is, en Vane self, wat sy eie simpatie met die Hollandse Afrikaner bely het, nie dalk ‘n groot rol gespeel het in die relatief ligte strawwe wat vir die meeste beskuldigdes tydens die eerste sitting opgelê is nie.

Tog bly die feit staan dat J.H. Schoeman (LWV) en Johannes Weyers wel baie swaar gestraf is – veral as in ag geneem word dat hulle skuldigbevindings twyfelagtig was – en vier rebelle, D.C. van der Berg, C.F. Pretorius, Diederick Hattingh en Louis Boshoff, ter dood veroordeel is. Hoewel Vane sê dat hulle moedeloosheid met die werking van die hof hulle ‘n laat-maar-loop-houding laat inslaan het, bly dit tog ‘n ope vraag waarom Norrie en Vane, gegewe hulle oortuigings, nie ‘n groter rol gespeel het om, in gevalle waar daar ernstige twyfel bestaan het, die beskuldigdes onskuldig te bevind nie.

Van die 33 vonnisse wat die Militêre Hof aan Oudtshoorniete opgelê het, is tien deur die Britse opperbevel versag voordat dit afgekondig is. (Onder andere is al vier doodstrawwe versag tot lewenslange dwangarbeid.)62)

Die strawwe is in die openbaar op die kerkplein aangekondig. Die geleentheid is bygewoon deur die plaaslike korpse - die Town Guard, DMT en OVR - verskeie hoogwaardigheidsbekleërs, soos die

61) Oudtshoorn Courant 10/3/02 (Promulgation of Sentences); Oudtshoorn Courant 24/3/02 (Promulgarion of Sentences).

62)

meester, ‘n groot aantal distriksbewoners en natuurlik diegene wat skuldig bevind is. Die kommandant het die strawwe in Engels aangekondig, waarna dit deur ‘n tolk in Hollands vertaal is.63) Die openbare belangstelling in die afkondiging van die strawwe, wat oor verskeie dae geskied het, het deurentyd groot gebly.64)

Dit is duidelik dat die gebeure ‘n groot indruk op die publiek gemaak het. Na die afkondiging van die eerste reeks strawwe wat oor die algemeen lig was, maar met die strawwe van J.H. Schoeman (LWV) (ses maande dwangarbeid en ‘n boete van £500 of ‘n verdere twee jaar tronkstraf) en Weyers (twee jaar dwangarbeid en ‘n boete van £500 of ‘n verdere 12 maande tronkstraf) wat uitgestaan het, het die

Oudtshoorn Courant berig dat “(a) great hush fell upon prisoners and spectators alike, it being evident

that the sentences were far more severe than had been expected”.65)

Hierdie reaksie toon weer eens dat, behalwe vir enkele ekstremiste, die meeste lojaliste, al was hulle sterk gekant teen enige hulp aan die Boere en vas oortuig dat sulke dade gestraf moes word, nooit ‘n heksejag op en vernedering van mededistrikbewoners wou sien nie. Dié tendens word bevestig deur die

Oudtshoorn Courant se kommentaar nadat Boshoff se straf en die versagting daarvan afgekondig is:

“Although there is no sympathy with the young rebel who wantonly and wickedly threw off his sovereign, yet there was a general feeling of relief discernible that the clemency of the Commander-in-Chief had spared the community the pain of witnessing the awful spectacle of

a public execution.”66)

As daar ten slotte opsommend geoordeel moet word oor die werksaamhede van die Militêre Hof in die distrik Oudtshoorn, blyk dit dat die stelsel baie gebreke gehad het. In sommige gevalle was die vonnisse nie regverdig nie en van die beskuldigdes, soos byvoorbeeld J.H. Schoeman (LWV) en J. Weyers, is sodoende ernstig benadeel. Uit die beskikbare inligting blyk dit dat die meeste van die beskuldigdes egter wel skuldig was. Mens kry nie die idee dat die verhore van die Militêre Hof in Oudtshoorn ontaard het in ‘n ongebreidelde heksejag soos wat in sommige ander distrikte die geval was nie.

7.4 Ander Britse vervolgingsgebruike

63)

Oudtshoorn Courant 16/12/01 (Promulgation of Sentences).

64) Oudtshoorn Courant 19/12/01 (Promulgation of Sentences). Oudtshoorn Courant 9/1/02 (Court Martial Sentences).

65) Ibid.

66)

Die formele strawwe wat deur die howe opgelê is, was net een van verskeie vervolgingsmeganismes wat onder krygswet tot die militêre owerhede se beskikking was. ‘n Groot aantal inwoners van die distrik Oudtshoorn wat nooit formeel van enige misdryf aangekla of aan iets skuldig bevind is nie, het erg onder hierdie vervolgingsgebruike gely. In hierdie afdeling val die klem op drie sulke gebruike: inperking, deportasie en plasing op die swartlys. Dit is onmoontlik om te sê presies hoeveel persone onder dié meganismes gely het, aangesien geen amptelike syfers opgespoor kon word nie en staat gemaak moes word op terloopse verwysings na hierdie tipe strafmaatreëls. Tog, soos getoon word, lyk dit of ‘n groot deel van die distrik se simpatiseerdergemeenskap hieraan blootgestel is.

Inperking en aanhouding as strafmeganismes is baie nou verwant aan tronkstraf. Dit het behels dat die inwoners van die distrik wie se optrede deur die militêre owerhede as ‘n bedreiging vir die Britse oorlogspoging beskou is, onder krygswet beveel is om op Oudtshoorn te kom bly tot tyd en wyl die militêre owerhede dit as veilig geag het dat hulle na hulle wonings kon terugkeer. Dit lyk asof sommiges toegelaat is om in privaathuise op die dorp te bly en selfs op die dorp te werk, terwyl ander in die Drilsaal en selfs die tronk aangehou is.

Daar kan tussen verskillende tipes inperking en aanhouding onderskei word. In die eerste plek was daar die gevalle waar die inperking volgens alle aanduidings niks te doen gehad het met die lê van ‘n klag teen die betrokke persoon nie. J.A. Liebenberg, ‘n onderwyser van Matjiesvlei, is beveel om na die dorp te kom vanweë die rol wat hy gespeel het in die stigting van die Afrikanerbond-tak in die Kango en sy noue verbintenis met J.L. du Preez, wat, soos gesien, as Klas I-rebel aangekla is. Van die korrespondensie wat in Du Preez se besit gevind is, was afkomstig van Liebenberg en laasgenoemde het ook enkele briewe namens Du Preez geskryf. Hierdie briewe het ‘n baie sterk pro-Boerinslag gehad en dit is dus nie verrassend dat die Britte angstig was om hom uit sy invloedsfeer te verwyder en na die dorp te bring nie. Tog is daar in die tydperk wat hy noodgedwonge op die dorp moes bly – van omstreeks einde Januarie 1901 tot 25 Mei 1901 – sover vasgestel kon word, geen klag teen hom gelê nie. Hy is wel toegelaat om by

Het Zuid-Westen te werk, maar sy vrou moes alleen op Matjiesvlei agtergebly en probeer om die skool

waar Liebenberg onderwyser was, aan die gang te hou.67)

J.S.F. Brink, ‘n prokureur van Calitzdorp, is weer daarvan verdink dat hy met die uitvoering van krygswetbevele ingemeng het, maar geen getuienis kon teen hom verkry word nie. Nadat hy egter teen die einde van 1901 aan die posmeester van Calitzdorp kennis gegee het om uit ‘n huis wat aan Brink behoort het en teenaan die poskantoor gebou was, te trek, was die militêre owerhede bevrees dat Brink die huis, vanweë sy strategiese ligging, vir pro-Boeraktiwiteite sou gebruik, soos om die poskantoor te

67) (KAB) SGE 1/288: G. Murray – The Superintentdent General of Education, No.94 Oudtshoorn, 17/5/01, pp.1-2; Het

saboteer of vertroulike kommunikasies in die hande te kry. Daarom het hulle die huis gekommandeer68) en vir Brink beveel om op Oudtshoorn te gaan bly. Hy kon eers weer op 14 Januarie 1902 na Calitzdorp terugkeer.69)

‘n Tweede tipe inperking het voorgekom in gevalle waar ‘n persoon wel van ‘n oortreding aangekla en onskuldig bevind is, maar steeds nie toegelaat is om na sy woning terug te keer nie. Een van die persone wat die swaarste getref is deur hierdie tipe inperking, was J.W. Louw van Vlakteplaas, na wie reeds vroeër verwys is. Hoewel die prokureur-generaal besluit het om Louw nie op ‘n klag van hoogverraad te vervolg nie, is Louw steeds, op aanbeveling van die kommandant, as spesiale vrederegter afgedank en gedwing om op die dorp te bly. Eers in Mei 1901, nadat Louw reeds vier maande weg was van sy plaas, het kol. Tamplin hom toestemming gegee om na sy woning terug te keer.70)

Laastens was daar diegene wat in afwagting van ‘n verhoor vir lang tye aangehou is, dikwels sonder dat hulle geweet het wat die klagte teen hulle was en sonder dat hulle die opsie van borgtog gekry het. Die beste voorbeelde hiervan was eerstens die geval van J.H. Schoeman (LWV) wat vir drie maande onder bewaking in die Drilsaal aangehou is voordat borgtog aan hom toegestaan is.71) Ook J.L. du Preez is vanaf Januarie tot Augustus 1901 in die tronk aangehou voordat borgtog aan hom toegestaan is en selfs tóé moes hy binne die dorpsgrense bly.72)

Wat die omvang van die inperking en aanhouding was, is nie bekend nie, maar J.C. Stapleton het getuig dat die Drilsaal soms tot barstens toe vol was met meer as 100 blanke mans uit die landelike gebiede wat gelyktydig daar aangehou is.73)

Inperking is soms ook as ‘n effektiewe afdreigmiddel gebruik. Mev. Barry, NG predikantsvrou van Calitzdorp, wat deur die militêre owerhede as ‘n baie groot pro-Boergesinde beskou is, is in ‘n brief waarin ene mev. De Bruyn, wat by ds. Barry-hulle gebly het, beveel is om na Oudtshoorn te kom, ook aangesê om haar gereed te hou om van Calitzdorp af verwyder te word.74) Hierdie dreigement is egter nooit uitgevoer nie, maar vir mev. Barry was dit duidelik dat sy in haar spoor moes trap of sy sou ingeperk word.

68)

(KAB) 1/CDP 4/1/2/2: Deputy Administrator – The Administrator, No.15 Area, Oudtshoorn, 14/12/01, pp.325-326.

69) (KAB) 1/CDP 4/1/2/2: Deputy Administrator – Deputy Administrator, Oudtshoorn, 14/12/01, p.323; Acting ARM – The Administrator, No.15 Area; 3/1/02, p.338.

70) (KAB) AG 926: Resident Magistrate, Oudtshoorn – The Secretary to the Law Department, no.46/1901, 18/3/01, g.p.; Het

Zuid-Westen 23/5/01 (Veels geluk).

71) A3 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of J.W. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape Colony, held at Oudtshoorn on the 2nd day of November (sic), 1901, pp.ii-iii.

72) Oudtshoorn Courant 26/9/02 (The Case against J.L. du Preez).

73) C.1 – 1902 Report of the Select Committee on the Petition of the Honourable M.J. Pretorius, M.L.C., to which was

referred the Petition of the Honourable H.J. Mulder, M.L.C. Minutes, October 1902, pp.34-35.

Die ongerief, ontwrigting en vernedering wat deur inperking en aanhouding meegebring is, moet nie onderskat word nie. Veral boere wat lang tye van hulle plase en gesinne verwyder is, het swaar gely. Hoewel hy net vir ‘n kort tydjie aangehou is, het H.J. Mulder (LWR) ook getuig van die vernedering wat hy ervaar het om soos ‘n misdadiger saam met bruinmans en –vrouens deur die strate van Oudtshoorn na die tronk gelei te word.75)

Volgens krygswetregulasies kon persone uit die distrik Oudtshoorn gedeporteer word indien hulle deur opruiende taal of dade dislojaliteit onder Britse onderdane aangemoedig het. Baie min is bekend oor die implementering van dié vervolgingsmeganisme in die distrik Oudtshoorn. Die enigste verwysings hierna was in berigte wat tydens die eerste twee maande van 1902 in beide Oudtshoornse koerante gepubliseer is.

Hiervolgens is vier prominente distriksbewoners uit die Oudtshoornse gemeenskap verwyder en gedwing om in ander distrikte te gaan bly. J.J. (Jurie) Schoeman, lid van die afdelingsraad, is na George gestuur, S.E. (Fanie) Terblanche na Swellendam, John Anderson van Vlakteplaas na Riversdal en J.W. Louw na Bredasdorp.76) Die spesifieke redes vir hierdie deportasies is nie bekend nie, maar hulle is waarskynlik beskou as ongewenstes.

Geen verdere inligting in verband met hierdie of ander deportasies kon opgespoor word nie, behalwe dat Schoeman en Louw eers weer teen Mei 1902 na Oudtshoorn kon terugkom.77) Dat hierdie deportasies die persone finansieel en geestelik ernstig sou knou, lyk waarskynlik, maar weens ‘n gebrek aan inligting kan hieroor net gespekuleer word.

Die sogenaamde swartlys was volgens alle aanduidings ‘n baie effektiewe vervolgingsmiddel. Sover vasgestel kan word, is die name van veral die leidende figure in die gemeenskap oor wie se lojaliteit die militêre owerhede bedenkinge gehad het, op die swartlys geplaas. Dit was dan veral hierdie mense se bewegingsvryheid wat ernstig aan bande gelê is. Terwyl krygswetregulasies ook met verdrag afgeskaf is vir die res van die gemeenskap, was die oorspronklike regulasies steeds van toepassing op diegene wie se name op die swartlys verskyn het. So byvoorbeeld is daar op 23 Junie 1902 ‘n krygswetkennisgewing uitgevaardig waarvolgens sekere beperkings op die vryheid van beweging afgeskaf is, behalwe vir

75) C1 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of the Honourable M.J. Pretorius, M.L.C., to which was

referred the Petition of the Honourable H.J.Mulder, M.L.C., Report, October 1902, p.xix.

76) Het Zuid-Westen 30/1/02 (Kort en Zakelijk); Het Zuid-Westen 20/1/02 (Notes and Comments); Het Zuid-Westen 23/1/02 (Notes and Comments); Het Zuid-Westen 3/2/02 (Notes and Comments).

77)

diegene wie se name op die swartlys voorgekom het. Hulle moes steeds permitte bekom indien hulle êrens heen wou gaan.78)

Nêrens kon inligting opgespoor word oor wie almal op die swartlys verskyn het nie, maar die werking van hierdie vervolgingsmeganisme is sterk onder die soeklig geplaas deur die parlementêre komitee wat die skuldigbevinding en straf van H.J. Mulder, Oudtshoornse Lid van die Wetgewende Raad (LWR), na die oorlog herondersoek het.

Met sy terugkeer uit Kaapstad waar hy as Parlementslid die verwelkomingsgeleentheid vir die Hertog en Hertogin van York bygewoon het, het gewapende Boere Mulder op 25 Augustus 1901 op sy plaas, Armoed, voorgelê en sy twee karperde geneem. Toe hy by sy woning kom, het Mulder verneem dat ene Philip Meiring reeds vertrek het om die teenwoordigheid van die Boere te rapporteer. Nogtans het hy £2 aangebied aan enigiemand wat namens hom die aangeleentheid sou gaan rapporteer, maar niemand wou nie. Saam met die volgende poskar het Mulder in elk geval ‘n geskrewe verslag vir die militêre owerhede gestuur waarin hy veral uitgewei het oor die verlies van sy perde.79)

Vanaf Augustus 1901 tot Februarie 1902 het hy niks verder van die voorval verneem nie, maar tydens laasgenoemde maand is hy deur sy skoonseun, die veldkornet van die wyk, ingelig dat sy naam op die swartlys geplaas is. Teen die einde van Februarie 1902 is hy ook na Oudtshoorn ontbied en na ‘n verhoor op 3 Maart 1902 daaraan skuldig bevind dat hy nie die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het nie. Hy is tot ‘n boete van £5 of ‘n week gevangenisstraf gevonnis waarna hy die boete betaal het.80) Sover vasgestel kan word, het niks anders in hierdie periode gebeur wat kon veroorsaak het dat Mulder se naam op die swartlys geplaas kon word nie.

Vir Mulder was dit ook ‘n raaisel waarom sy naam op die swartlys geplaas is, maar by navraag is net aan hom gesê dat sy naam op die lys verskyn met die goedkeuring van kapt. Foster, die administrateur van krygswet. Hy is verder ook gemaan om nie sy plaas te verlaat nie.81) Mulder se naam kon net van die swartlys verwyder word nadat hy duidelike bewyse van sy lojaliteit gelewer het.82) Wat presies hierdie bewyse moes wees, word nie gespesifiseer nie. In die geval van ds. Barry wat ook op die swartlys was, het D.A. Filer gesê dat Barry ‘n skriftelike verklaring moes maak waarin hy die versekering gee “that he

78) Oudtshoorn Courant 23/6/02 (Martial Law Notice).

79)

C1 – 1902: Report of the Select Committee on the Petition of the Honourable M.J. Pretorius, M.L.C., to which was