• No results found

Ook verskeie swartes het besluit om aan die kant van die Britse magte die wapen op te neem. Ongelukkig is die inligting oor hulle aandeel in die Britse oorlogspoging uiters beperk.

Uit sydelingse verwysings blyk dit dat daar reeds van die begin van die oorlog swartes uit die distrik Oudtshoorn was wat aktiewe diens aan Britse kant verrig het. So vroeg as die begin van 1900 het ‘n groterige groep bruinmans Oudtshoorn verlaat om by die Britse magte aan te sluit, onder meer as wa-drywers. Teen November 1900 het klein groepies van hierdie bruinmense begin terugkeer na die distrik.90)

Die Koloniale regering onder Sprigg was hewig gekant teen die bewapening van swartes omdat hulle nie die idee wou vestig dat die regte en vryhede van koloniste in die hande van die nie-blanke bevolking rus nie.91) Hoewel die CDF wel voorsiening gemaak het vir die aanwending van swartes as Town Guard-lede onder spesiale omstandighede teen ‘n betaling van 2s 6d per dag plus ‘n rantsoen betaling van 1s 3d per dag wanneer hulle op permanente diens was, het hulle dit duidelik gemaak dat hierdie mans nie bewapen mag word vir offensiewe doeleindes nie. Aan die kommandant van Oudtshoorn spesifiek is laat weet dat bruinmense slegs in ‘n uiterste noodgeval, soos wanneer ‘n vyandelike aanval dreig, en net as dit spesiaal gesanksioneer is, bewapen mag word.92)

Oudtshoorn was dan ook een van die dorpe waar ‘n Coloured Town Guard (op 19 Januarie 1901) tot stand gekom het.93) Die Coloured Town Guard het nos. 3 en 4 kompanies van die Town Guard gevorm

86)

Oudtshoorn Courant 21/2/01 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Our Town Guard).

87) Oudtshoorn Courant 6/6/01 (Martial Law Order).

88) Het Zuid-Westen 10/6/01 (Nieuws).

89) (KAB) SGE 1/288: Hoek - Superintendent General of Education, 9/4/01, no.84, g.p.

90) Oudtshoorn Courant 22/11/01 (Ongetiteld).

91)

(PRO) C.O. 48/551: Sprigg, Minute (Enclosure No.6 in despatch of 3 January 1901), 31/12/00, p.2 (F.K. 794, p.43).

92) (KAB) DD 1/75: Colonial Defence Force Orders, No.11. 27/4/01, p.2; DD 1/70: onbekend - The Commandant, Oudtshoorn (duplicate), 8/3/01, p.1.

93)

en was onder bevel van luitenante Pfuhl en Edmeades.94) Hulle basis was op die Oudtshoornse sportgronde.95) Teen einde Februarie 1901 was daar 205 manskappe wat betaling ontvang het.96) Hulle getalle het skynbaar baie meer stabiel gebly as dié van die blanke teenhangers, want teen September 1901 word hulle getal as 200 man aangegee. Net by twee ander distrikte in die Suidwestelike Distrikte, George en Mosselbaai, is daar bewyse dat hulle ‘n Coloured Town Guard gehad het. Van dié twee was Mosselbaai die grootste met slegs 115 lede.97)

Volgens alle aanduidings het die blanke lojaliste gemeenskap van Oudtshoorn die vorming van ‘n Coloured Town Guard verwelkom. Reeds op 21 Februarie 1901 is berig dat die algemene gevoel in Oudtshoorn was dat dit reg was om bruinmense te werf vir aktiewe diens en dat daar geen ongemaklikheid hieroor bestaan het nie, aangesien blankes en bruinmense ewe veel bedreig word deur die Boere-inval. Verder is gesê dat dit by dié bruinmense nie net ‘n kwessie van pligsbesef was nie, maar dat hulle “clamoured to be allowed to prove their loyalty”. Tog kan die effense paternalistiese toon van die

Oudtshoorn Courant nie geïgnoreer word nie as dié blad die hoop uitspreek dat die bruinmense die

vertroue wat in hulle gestel word, waardig sal wees.98)

Die Coloured Town Guards is veral gebruik om verdedigingswerke op te rig en wagdiens te doen, maar het ook minimale opleiding in taktiese beplanning en wapenhantering ontvang. Die eintlike waarde van hierdie korps was egter daarin geleë dat, soos Trench, die kommandant van Oudtshoorn, dit gestel het, hulle diens nie soveel impak op die besighede gehad het as wat die geval met die blankes was nie. Daarby is hulle ook minder betaal as die blankes. Om hierdie redes kon hulle dus in aktiewe diens gehou word nadat die blanke Town Guards daarvan onthef is.99) Hulle werk het groot waardering uitgelok van verskeie kommandante.100) Teen middel November 1901 is die meeste van die bruin Town Guards van garnisoendiens onthef.101)

Toe daar in Februarie 1902 probleme ondervind is om arbeid te bekom vir die herstel van die pad tussen Matjiesfontein en Sutherland vir militêre doeleindes, is daar besluit om in No.15 Area, waaronder Oudtshoorn op daardie stadium geval het, ‘n korps van sowat honderd swartes te stig wat herstelwerk aan paaie kon doen. Op 22 Februarie 1902 berig die bevelvoerende offisier van No.15 Area, aan wie die opdrag vir die stigting van so ‘n korps gegee is, dat hy ‘n kontingent vanaf Oudtshoorn gestuur het om

94) Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Independent Church Oudtshoorn).

95)

(KAB) 3/OHN 1/2/1/1/1: Recreation Ground Committee, 21/11/01, g.p.

96) (KAB) DD 7/14: Civil - Defence, 27/2/01, no.01501, g.p.

97) (KAB) DD 7/13: Town Guards (Tabel), 30/9/01, g.p.

98) Ibid., Oudtshoorn Courant 30/5/01 (Town Guard Parade); Het Zuid-Westen 16/9/01 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 16/9/01 (Resumption).

99)

(KAB) DD 1/70: Trench - S.O. for the Town Guards, 11/3/01, no.1079, p.2; Oudtshoorn Courant 14/11/01 (The Town Guard).

100) Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Independent Church Oudtshoorn).

101)

deel van die korps uit te maak. Dit is egter onmoontlik om die samestelling van hierdie groep te bepaal, maar uit die skrywes lyk dit dat daar waarskynlik ook ‘n groep Oudtshoorniete by was.102)

Hoewel geen getuienis gevind kon word van ‘n lid van die bruinkorps wat self sy redes vir toetrede tot die gewapende stryd uiteensit nie, is dieselfde oorwegings wat die blankes se besluit beïnvloed het, ook op die swartes van toepassing; dinge soos ‘n manifestasie van lojaliteit, beskerming van hulle besittings en die goeie betaling. So was die loon wat hulle ontvang het, tesame met rantsoenloon, meer as wat die gemiddelde loon van ‘n plaasarbeider in daardie jare was.103) Daar bestaan getuienis dat werkers hulle plaaswerk net so laat staan het en gedros het om by die Britse magte aan te sluit.104) Tog was daar iets meer as net goeie betaling of ‘n bewys dat hulle nie net liplojaliste was nie - ‘n aspek waarop veral eerw. T. Galley van die Independente Kerk duidelik gewys het: Volgens hom het die bruinmense soveel meer gehad om te verdedig as die blankes, want die Britse vlag het vir hulle vryheid van slawerny en waarborg van godsdienstige en burgerlike vryhede gebring.105) Hierdie oorweging moet veral beskou word teen die agtergrond van die gerugte van die Boere se wreedhede teenoor swartes en dreigemente dat die swartes hulle vryhede ontneem sou word onder ‘n Republikeinse regering.

4.1.5 Die situasie na 1901

Vroeg in 1902 is daar deur die militêre owerhede besluit dat daar in No.15 Area, soos wat reeds in ander areas gebeur het, ‘n sogenaamde Permanent Duty Squadron op die been gebring moes word. Hierdie korps sou die krygswetregulasies toepas en enige Boer wat moontlik nog daar ronddwaal, gevange neem. Die Town Guards en die DMT’s kon dus ontbind word, wat die Koloniale regering baie geld sou spaar, maar terselfdertyd diegene wat van hulle diensloon afhanklik was om te oorleef, ‘n heenkome bied.106) Teen April 1902 is berig dat die korps sy volle sterkte van om en by 100 man bereik het, hoewel daar in sekere bevelsposisies, onder andere dié van Oudtshoorn, nog nie aanstellings gedoen is nie.107)

In Januarie 1902 het daar ook 21 man van die OVR onder lt. C.P. Nel en 20 man van die DMT onder lt. Just ingewillig om ses maande aktiewe diens buite die distrik se grense te doen en het na Cradock vertrek waar hulle by kapt. Ginger Steele se korps aangesluit het.108) Hier was dié groep Oudtshoorniete in verskeie gevegte met die Boere betrokke. Een van die Oudtshoorniete, kpl. W.H. Wych, is gedood in ‘n

102) (KAB) DD 1/77: O.C., C.C.F., 15 Area - Defence, 22/2/02, no.4863, g.p.; C.S.O., C.C.F. - O.C., C.C. Forces No.15 Area, c. 24/2/02, no.4863, p.1.

103) P. Buirski: Aspects of Material life in Oudtshoorn 1860 - 1927, p.49.

104) B. Nasson: Abraham Esau’s War, p.70.

105) Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Independent Church Oudtshoorn).

106) (KAB) DD 1/76: O.C., C.C.Forces, 15 Area - Defence, 23/1/02, no.4649, g.p.; Nourse - O.C., C.C. Forces No.15 Area, 21/2/02, no.4649, g.p.

107) (KAB) DD 1/79: Charfield - O.C., C.C.F., 15 Area (aangeheg by C.S.O., C.C.F. - Principal Paymaster and A.O., Cape Colonial Forces, 25/4/02, no.5483), 18/4/02, g.p.

108)

geveg met Fouché se kommando net oos van Cradock, terwyl lt. Just gewond is in ‘n skermutseling met ‘n rebellekommando van Cradock.109) Die oorblywende groep, op ‘n paar manne na wat by die nuwe Mounted Police Force op Cradock aangesluit het, het op 2 Augustus 1902 na Oudtshoorn teruggekeer.110)

Hoewel die redes waarom hierdie mense steeds gewillig was om aan Britse kant te veg selfs nadat die distrik Oudtshoorn nie meer direk bedreig is nie, waarskynlik baie ooreenstem met die oorspronklike oorwegings wat hulle tot die gewapende stryd laat toetree het, lyk dit tog asof die geldelike aspek belangriker geword het. So blyk dit dat Wych vir sy oorlewing afhanklik was van sy diensloon, want hy het in armoede gesterf en sy vrou en twee kinders was van die welwillendheid van die Oudtshoornse gemeenskap afhanklik.111) ‘n Voorval in April 1902 versterk hierdie gevolgtrekking: Aanvanklik wou 35 man na aanleiding van ‘n advertensie in die Cape Times aansluit by die Western Light Horse in Vryburg, maar het later almal daarteen besluit omdat hulle siviele werk op Oudtshoorn kon kry of as kondukteurs op treine aanvaar is.112)

Ten spyte van die entoesiasme waarmee die lojaliste van die distrik Oudtshoorn tydens die oorlog in Britse korpse gedien het, het daar by heelparty ‘n groot mate van verbittering ontstaan oor die behandeling wat hulle na die oorlog te beurt geval het. Die grootste frustrasie was dat daar, volgens hulle, na die oorlog ‘n gelykstelling was tussen diegene wat die Britse oorlogspoging getrou gedien het en die dislojales, aangesien die Peace Preservation Act op almal van toepassing gemaak is. Hulle het dit beskou as “shabby treatment of the men who served in the DMT and Town Guards” omdat hulle nie net die gewere wat die regering tydens die oorlog aan hulle uitgereik het, moes teruggee nie, maar ook nie hulle privaat sportgewere kon terugkry nie. ‘n Heftige berig in die Oudtshoorn Courant oor dié onderwerp word afgesluit met die onvergenoegde stelling dat “the men don’t want to do any more shooting for an ungrateful Government, they only want their private property without being made to beg for it”.113) Ten spyte van latere toegewings deur die regering, onder meer dat gewese Town Guards en lede van die DMT met die nodige permit wel wapens mag besit en die publikasie van die eerste minister se dank aan hierdie mense vir hulle diens tydens die oorlog, het die hele opset steeds ‘n bitter smaak gelaat en die Oudtshoorn

Courant genoop om hierop te reageer met ‘n baie sarkastiese “Thanks, Little Master, for your very very

tardy acknowledgement”.114) Verder is daar teen so laat as 6 Maart 1905 klagtes na die owerhede gestuur dat ongeveer 30 tot 40 van die 62 Oudtshoorniete wat tydens 1901 in die D.E.O.V. Rifles gedien het, nog nie hulle ontslagdokumente ontvang het nie.115)

109)

C.P. Nel: Defunct Colonial Units in S.Africa (The Military Historical Society Bulletin vol. X111, no.52, May 1963, p.85);

Oudtshoorn Courant 23/1/02 (Oudtshoorn men in action).

110) Oudtshoorn Courant 4/8/02 (Ongetiteld).

111) Oudtshoorn Courant 23/1/02 (Oudtshoorn men in action).

112) (KAB) DD 1/78: Administrator, 15 Area - C.S.O., 24/4/02, no.5452, g.p.; O.C., C.C.F. - Defence (aangeheg by Administrator, 15 Area - C.S.O., 24/4/02, no.5452), 21/4/02, g.p.

113) Oudtshoorn Courant 7/11/02 (Ongetiteld); Oudtshoorn Courant 1/12/02 (Town Guards and DMT).

114) Oudtshoorn Courant 29/12/02 (The Town Guard to Arms); Oudtshoorn Courant 12/1/03 (Notes and Comments).

115)