• No results found

4.2 Die Rebelle

5.1.3 Die lotgevalle van die vlugtelinge

Die lotgevalle van die pro-Britse vlugtelinge tydens hulle verblyf in die distrik Oudtshoorn het uiteraard baie nou saamgehang met die werksaamhede van die Refugee Relief Committee en die mate waarin die vlugtelinge om hulp by die komitee aansoek gedoen het.

Vir die paar maande tot aan die einde van 1899 het die vlugtelinge relatief gerieflik gelewe en net 24 mense het tussen 16 Oktober en 28 Desember 1899 om hulp by die Oudtshoornse komitee aangeklop.36) ‘n Openbare vergadering wat in Desember 1899 gehou is met die doel om hulp aan die vlugtelinge te bespreek, is nie goed deur die vlugtelinge bygewoon nie, wat die Oudtshoorn Courant genoop het om effens snedig op te merk dat die vlugtelinge in die distrik óf nie baie swaar gekry het nie óf op daardie stadium nog goed deur vriende of familie versorg is.37)

33) Oudtshoorn Courant 23/1/02 (Refugee Aid).

34) (KAB) BWR 5: Reports to the Central Committee, Months ending February 28th 1902, March 31st 1902, made by the Locol Committee at Oudtshoorn, g.p.

35)

(KAB) GH 27/17: Summary of latest Returns (copy) (enclosed in Confidential No.4, 18/12/01, p.63), ongedateer, g.p.

36) (KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Period ending 28th Dec. 1899, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

37)

Vanaf die begin van 1900 het die vlugtelinge se posisie egter vinnig versleg. Baie wat tot op daardie stadium van die geldelike reserwes wat hulle saamgebring het, gelewe het, se geld het opgeraak. Aangesien hulle nie kon werk kry nie, is hulle gedwing om by die komitee om hulp aan te klop.38) Hoe erg hierdie situasie skielik geword het, blyk daaruit dat daar teen einde Januarie 1900 reeds ‘n totaal van 103 mense deur die komitee gehelp is en die verwagting was dat die getal steeds sou styg.39)

Hierdie vrese is inderdaad oor die daaropvolgende maande bewaarheid. Die komitee het uit sy pad gegaan om met sy fondse soveel as moontlik die werklik hulpbehoewende vlugtelinge by te staan en het gevolglik, op die aanbeveling van die Sentrale Komitee, besluit om geen hulp aan jong en gesonde mans wat arbeid kon verrig, toe te staan nie.40) As die skaarste aan arbeid wat daar bestaan het in ag geneem word, het dit waarskynlik beteken dat hierdie mense geen geld van hulle eie kon bekom nie en óf ‘n ander heenkome moes vind óf op die toelaes van iemand anders binne die gesin moes leef. Ten spyte van hierdie maatreël was die komitee se fondse teen Maart 1900 so laag dat gevrees is dat die vlugtelinge oorgelaat sou moes word aan openbare barmhartigheid.41) Gelukkig het die Sentrale Komitee geld aan hulle gestuur.

Teen 8 Mei 1900 het die komitee aangedui dat die totale aantal vlugtelinge wat hy gehelp het tot 501 aangegroei het en teen 29 Mei het die syfer 610 bereik.42) Die sentrale komitee het egter bedenkinge oor hierdie syfer gehad43) en dit blyk dat die Oudtshoornse komitee diegene wat slegs deur die distrik gereis het, en byvoorbeeld gehelp is met oornagplek, ook bygereken het. In Junie 1900 is die getal vlugtelinge wat reeds gehelp is, aangepas tot 512.44) Ongeag die presiese getal is dit egter duidelik dat die nood onder die vlugtelinge meer akuut geword het. Nie net het meer en meer vlugtelinge se geld opgeraak nie, maar daar was ook ‘n toename in siektegevalle onder die vlugtelinge.45) Daarby was verskeie van hierdie mense baie arm, maar die komitee is gedwing om spaarsamig met die fondse tot sy beskikking te werk en kon nie die toelaes verhoog nie.46)

Deur die loop van 1900 het die situasie steeds versleg sodat die komitee teen November van daardie jaar reeds ‘n totaal van 693 mense moes help. As ‘n tipiese voorbeeld van die posisie waarin die vlugtelinge

38) (KAB) BWR 5: Application made by the Local Committee at Oudtshoorn, 25/1/00, g.p.

39)

(KAB) BWR 5: Weekly report to the Central Committee, Week ending January 25th 1900, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

40) (KAB) BWR 12: Vallentine - Hon. Sec., Mansion House Fund Central Committee, 9/3/00, g.p.; BWR 5: Weekly report to the Central Committee, Week ending Mar 15th 1900, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

41)

Ibid.

42) (KAB) BWR 9: Weekly Report to the Central Committee, Period from Mar 16th to May 8th (1900) made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p; Weekly Report to the Central Committee, Week ending May 29th 1900, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

43) (KAB) BWR 9: Hon. Sec. - The Secretary, Refugee Relief Committee, Oudtshoorn, 5/6/00, p.142; BWR 5: Report to the Central Committee, Period from Mar. 16th to May 8th (1900), made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

44) (KAB) BWR 12: Vallentine - Mansion, 6/00, g.p.

45) (KAB) BWR 5: Vallentine - Secretary, Central Committee, 8/5/00, no.91/5, g.p.

46)

hulle bevind het, noem Vallentine die geval van ‘n gesin wat nie net al hul geld opgebruik het nie, maar ook hulle juweliersware verkoop het om aan die lewe te bly, maar einde ten laaste gedwing was om hulp by die komitee te soek. Vallentine het dan ook gesê dat hulle al hoe meer aansoeke van hierdie aard verwag indien die vlugtelinge nie spoedig na hulle tuistes kon terugkeer nie.47) Ook die vlugtelinge was onder hierdie omstandighede angstig om weer by hulle huise uit te kom en met hulle lewens voort te gaan. Ten spyte van hierdie al swakker wordende posisie het die Oudtshoorn Courant gesê dat die vlugtelinge vanweë goeie organisasie nooit ‘n oorlas vir die gemeenskap geword het nie,48) voorwaar ‘n pluimpie vir die Refugee Relief Committee se hantering van die situasie.

Die daaropvolgende jaar, 1901, het egter verdere probleme gebring met die Boere wat die distrik binnegetrek het en die gevolglike afkondiging van krygswet. Krygswet het handel erg gekortwiek en veroorsaak dat vlugtelinge wat nog op hierdie manier geld kon verdien om vir hulle self te sorg, nou ook nie meer ‘n lewe kon maak nie.49) Teen einde Oktober 1901 het Vallentine bevestig dat die “poor Refugees are very badly off” vanweë die Boere se voortdurende teenwoordigheid in die distrik.50) Vanaf 9 November 1900 tot 4 Februarie 1901 is 406 mense deur die komitee gehelp.51) Dwarsdeur 1901 het die aantal hulpbehoewendes hoog gebly, totdat daar in Desember 170 mense hulp ontvang het. Dit blyk egter dat die mense wat tydens 1901 gehelp is, vlugtelinge was wat reeds vroeër hulp ontvang het en weer en weer by die komitee moes aanklop, want die groottotaal van vlugtelinge wat deur die komitee gehelp is, het konstant gebly op 693.52) Die sogenaamde “superior class” vlugtelinge het hulle teen die einde van 1901 steeds in relatief gemaklike posisies bevind en van hulle is daar gesê dat hulle in “fairly good situations received by friends” verkeer.53)

Tydens die eerste maand van 1902 het die getal vlugtelinge wat gehelp moes word, konstant gebly54) en in Februarie 1902 tot selfs 172 gestyg.55) Dit was steeds mense wat hul geld opgebruik het en weer gedwing is om hulle na die komitee te wend.56) Baie vlugtelinge was in ‘n uiters benarde posisie en heeltemal op die komitee aangewese vir oorlewing.57) Namate die oorlog nader aan sy einde gekom het en dinge in beide die distrik en land genormaliseer het, kon vlugtelinge huiswaarts begin keer wat natuurlik die aantal

47) (KAB) BWR 5: Application made by the Local Committee at Oudtshoorn, 9/11/00, g.p.

48)

Oudtshoorn Courant 8/11/00 (The Refugees).

49) (KAB) BWR 5: Application made by the Local Committee at Oudtshoorn, c. 3/5/01, g.p.; BWR 12: Vallentine - Central Committee, 3/5/01, g.p.

50)

(KAB) BWR 12: Vallentine - Secretary, Mansion House Fund, 31/10/01, g.p.

51) (KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Period ending February 4th 1901, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

52) (KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Month ending December 31st 1901, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

53) (KAB) GH27/17: Chairman Relief Committee, Oudtshoorn - Governor (copy) (enclosed in Confidential No.4, 15/12/01, p.54), 16/11/01, g.p.

54) (KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Month ending January 31st 1902, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

55)

(KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Month ending February 28th 1902, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

56) (KAB) BWR 5: Application made by the Local Committee at Oudtshoorn, 13/3/02, g.p.

57)

hulpbehoewendes in die distrik Oudtshoorn aansienlik laat daal het, sodat daar teen 31 Maart 1902 slegs 17 persone nog hulp van die Refugee Relief Committee ontvang het.58)

Buiten die hulp wat hulle uit die gemeenskap ontvang het, kon min getuienis opgespoor word dat hierdie vlugtelinge enige groot invloed op die gemeenskapslewe gehad het. Die Oudtshoorn Courant het byvoorbeeld opgemerk dat “they have never obtruded themselves”.59) Tog is dit nie vreemd nie, as daar na die samestelling van die vlugtelinggroep gekyk word, dat die invloed wat hulle wel gehad het veral in die Oudtshoornse Joodse gemeenskap neerslag gevind het. Waar die Oudtshoornse Jode vanweë die geografiese ligging van die distrik ‘n grootliks afgesonderde lewe gelei het, het hulle bestaan ‘n omwenteling ondergaan met die grootskaalse invloei van Joodse vlugtelinge uit veral Johannesburg. Die plaaslike Jode was veral ontsteld oor wat hulle beskou het as die wêreldse en ongodsdienstige idees en gebruike wat die stedelike Jode daarheen gebring het. Tog lyk dit nie asof dit ‘n blywende invloed gehad het nie en het die lewe van die Oudtshoornse Jode weer genormaliseer na die vlugtelinge se terugkeer na hul tuistes.60)

5.2 Pro-Boer vreemdelinge

Waar diegene oor wie hierbo geskryf is hoofsaaklik pro-Britse vlugtelinge was wat tydens die aanloop tot, of in die eerste dae van die oorlog uit die Boererepublieke gevlug het, het daar ook tydens die oorlog mense wat beskou is as vyande van die Britse Ryk in Oudtshoorn aangeland. Baie min is egter oor hierdie mense geskryf, beide in amptelike dokumente wat geraadpleeg is sowel as in koerante. Daarom kan daar nie met sekerheid gesê word hoeveel van hierdie kategorie vreemdelinge daar tydens die oorlog in Oudtshoorn was nie. Waarom hierdie persone spesifiek na Oudtshoorn gekom het, is ook nie altyd duidelik nie, hoewel dit in baie gevalle wil voorkom asof hulle familie in die distrik gehad het. Onder diegene wat deur die Britse weermag gevange gehou en toe op parool na die distrik Oudtshoorn gestuur is, is dan ook bekende Oudtshoornse vanne soos Lategan, Wapenaar, Murray, Heyns en Spies.

In die gevalle van Heyns en Spies is dit duidelik dat hulle na die distrik gekom het op versoek van familielede wat daar gebly het. In Julie 1901 het die destydse kommandant van Oudtshoorn ‘n brief aan die militêre owerhede gerig waarin hy namens mev. Heyns gevra het dat haar man, S.P. Heyns, wat eers as krygsgevangene in Groenpunt aangehou, maar later na die Irene-kamp oorgeplaas is, na Oudtshoorn moes kom “to work for her”. Die kommandant het geredeneer dat aangesien mev. Heyns twee broers en ‘n suster gehad het wat in die distrik woonagtig was, daar genoeg mense was wat mev. Heyns en haar

58)

(KAB) BWR 5: Report to the Central Committee, Month ending March 31st 1902, made by the Local Committee at Oudtshoorn, g.p.

59) Oudtshoorn Courant 8/11/00 (The Refugees).

60)

man kon onderhou.61) Dit is onduidelik waarom Heyns se vrou in die distrik Oudtshoorn woonagtig was, maar dit geen getuienis kon gevind word dat Heyns ‘n Oudtshoornse rebel was nie.

Phillipus Hendrikus Spies en sy seun, Cornelius Johannes Spies, wat albei in die Howick Boer Refugee Camp aangehou is, het in Junie 1901 ‘n versoek aan die militêre owerhede gerig dat hulle toegelaat moes word om, tesame met hulle gesinne (altesaam ses mense), by Johannes Hermanus Spies van Schoemansdorp, onderskeidelik seun en broer van die eerste twee, te gaan bly. Weer eens het die kommandant van Oudtshoorn, lt. kol. Tamplin, ‘n deurslaggewende rol gespeel om hulle oorgeplaas te kry na Oudtshoorn. Nie net het hy die versekering gegee dat J.H. Spies ‘n ryk boer was wat graag sy familie wou ontvang en hulle gerieflik kon onderhou nie, maar hy het ook gepleit dat die twee gesinne so gou as moontlik na Oudtshoorn moes kom, aangesien ‘n ander seun en broer, P.H. Spies, aan tering gely het en graag sy ouers weer wou sien voordat hy sterf. Hierdie versoek is toegestaan nadat die kampbevelvoerder getuig het van die Spiese se goeie gedrag in die kamp, en J.H. Spies die reiskoste vir ses mense betaal het.62)

Daar was ook persone in die distrik wat in krygsgevangenekampe oorsee aangehou en na die oorlog ten minste tydelik na die distrik Oudtshoorn gekom het. Hendrik Johannes Ferreira, oorspronklik van die distrik Uniondale, is na die distrik Oudtshoorn gestuur vanaf die krygsgevangenekamp te St. Helena. Die enigste band wat hy met hierdie distrik gehad het, was dat sy vader daar gesterf het. Aanvanklik is hy in die distrik aangehou, omdat vermoed is dat hy ‘n rebel was, hoewel hy in die Vrystaat by die Boere aangesluit het. Hy is egter later vrygelaat weens gebrek aan getuienis.63) Daar bestaan ook getuienis dat ‘n ander St. Helena-krygsgevangene, Adam Stander, wat in George gebore is, maar in die Transvaal by die Boeremagte aangesluit het, ook na die oorlog na Oudtshoorn gestuur is. Vir hierdie mense was Oudtshoorn waarskynlik ten beste ‘n tydelike oorstaanplek vanwaar hulle na hul distrikte van herkoms gestuur sou word.64)

‘n Verdere kategorie pro-Boer vreemdelinge wat tydens die oorlog na Oudtshoorn gekom het, was dié wat deur die militêre owerhede soontoe "gedeporteer” is. Een van die interessantste van diesulkes was ds. M.S. Daneel65) van Calvinia wat ‘n geruime tyd op Oudtshoorn vertoef voordat hy op 31 Julie 1902 toegelaat is om na sy gemeente terug te keer.66) Daneel is vroeg in 1900 reeds daarvan beskuldig dat hy

61) (TAB) SO/POW 20: Commdt. - S.O. Prisoners of War, C. Town (enclosed in Application by Mrs. S.P. Heyns for transfer of her husband from Irene Camp to Oudtshoorn, no.PR/A 1789), 13/7/01, g.p.

62)

(TAB) SO/POW 20: Commdt, Boer Refugee Camp, Howick - The S.S.O., Howick (Applications P.H. Spies + C.J. Spies), 28/6/01, g.p.; Memorandum, Commandant, Oudtshoorn - S.O., Prisoners of War, Cape Town, 2/8/01, g.p. (both enclosed in Application by P.H. Spies + C.J. Spies and families to proceed to Oudtshoorn, no.PR/A 1796).

63) (KAB) AG 2040: R.M., Oudtshoorn - Lex. (Enclosed in District of Oudtshoorn Case of J.H. Ferreira, [5]), 27/8/02, no.27/02 Oudtshoorn, g.p.

64)

Oudtshoorn Courant 20/8/02 (Returned Prisoners).

65) J.H. Snyman: Die Afrikaner in Kaapland, 1899 - 1902 (Argiefjaarboek, II, 1979, p.122). Snyman praat van M.D. Daneel, maar ds. Daneel se seun sê sy vader was M.S. Daneel.

66)

in sy preke anti-Britse gevoelens aangewakker het. In sy gebede het hy glo onder meer die oorlog aan Britse gierigheid om die Transvaalse goudvelde te bekom, toegeskryf en gevra dat God die goewerneur se bloeddorstigheid moet stil.67) In 1901, kort na die geboorte van hulle eersteling, het Britse soldate die Daneels se pastorie omsingel en hulle eers in huisarres geplaas, waarna die gesin beveel is om die dorp te verlaat. Mev. Daneel was die dogter van ds. George Murray van Oudtshoorn, dus is hulle soontoe met ‘n perdekar, begelei deur Britse soldate. Ds. Daneel en soms ook mev. Daneel en hulle dogtertjie is nie toegelaat om in die plaashuise oor te slaap tydens die tog nie en moes in die buitelug oornag. Op Oudtshoorn het ds. Daneel dadelik by die gemeenskap ingeskakel en as kranige rugbyspeler en -skeidsregter in verskeie rugbywedstryde opgetree. Hy het selfs gepreek.68) Nêrens kon enige klagte oor sy gedrag of betwyfeling van sy lojaliteit tydens sy verblyf op Oudtshoorn opgespoor word nie.

Volgens die beskikbare getuienis lyk dit asof die mense wat op hierdie maniere op Oudtshoorn beland het vir hulle eie onderhoud verantwoordelik was. In die meeste gevalle het hulle by familie tuisgegaan wat hulle ook moes onderhou. Soms, soos in die geval van die Spiese, moes familielede ook die reiskoste na Oudtshoorn betaal. Nêrens kon enige getuienis gevind word dat hulle in kampe of dergelike plekke aangehou is nie.

Dit lyk nie asof die gemiddelde pro-Boer vreemdelinge ‘n groot invloed op die Oudtshoornse gemeenskapslewe gehad het nie. Tog het die lojalistiese deel van die distriksbewoners ‘n diepe wantroue teenoor hierdie mense gekoester. Hierdie wantroue is versterk deur gerugte dat sekere mense wat op parool in die distrik was, anti-Britse propaganda versprei het. Reeds teen die einde van November 1900 het die Oudtshoorn Courant sterk te velde getrek teen die feit dat Boere toegelaat is om op parool in verskeie distrikte van die Kaapkolonie te bly en daar anti-Britse gerugte te versprei. Dié blad het voorgestel dat hulle, sowel as diegene wat uit die oud-Republieke gestuur is omdat hulle Britse belange daar benadeel het, in streng bewaakte kampe aangehou moes word.69) Hierdie artikel was waarskynlik in reaksie op ‘n klagte wat W.H. Pickard per telegram aan lord Roberts gestuur het. In dié telegram kla Pickard oor ene Gert van der Spuy wat beweer het dat hy in Johannesburg gewoon en aan Boerekant geveg het, gevange geneem en toe op parool vrygelaat is en ten tyde van die klagte reeds vyf of ses maande in die distrik Oudtshoorn gebly het. Van der Spuy sou in Pickard se hotel, die Masonic Hotel, ten aanhore van verskeie mense beweer het dat die Britse weermag Boerevrouens en -kinders gemolesteer (“outraged”) het.70) Net die volgende dag het die resident magistraat van Oudtshoorn gerapporteer dat ander Boeregevangenes op parool wat in die distrik gebly het met groepies boere byeengekom en dan gerugte oor Britse vergrype teenoor Boerevrouens en -kinders versprei het. Hy het die situasie as uiters

67)

J.H. Snyman: Die Afrikaner in Kaapland, 1899 - 1902 (Argiefjaarboek, II, 1979, p.122).

68) Persoonlike onderhoud met ds. M.S. Daneel, jr., 24/6/97.

69) Oudtshoorn Courant 29/11/00 (Ongetiteld).

70)

ernstig beskou en aan die hand gedoen dat hy ‘n amptelike ontkenning van die gerugte op las van lord Roberts moet publiseer.71)

Die resident magistraat kon egter nie die identiteite van hierdie mense op parool vasstel nie, behalwe dié van ene kmdt. Dercksen (ook in dié dokument Diedericks genoem).72) Hierdie persoon was egter ‘n uiters interessante geval. Navrae het aan die lig gebring dat hy nie was wat hy voorgegee het om te wees nie, want die regte kmdt. A.J. Dercksen van die Boksburg-kommando was in aanhouding in Kaapstad, maar het beweer dat sy naam gebruik is deur ‘n persoon wat op Buffelsklip in die distrik Uniondale gebly het. Hierdie man wat hom as Dercksen voorgedoen het, was ook in die distrik Oudtshoorn bedrywig. Skynbaar was sy uitsluitlike doel met hierdie wanvoorstelling om geld by simpatiseerders vir sy eie gebruik te bekom.73)

Hoewel pro-Boer vreemdelinge met rus gelaat is terwyl hulle ‘n lae profiel gehandhaaf het, is hulle skerp veroordeel deur die lojaliste vir enige standpunt wat teenstrydig was met dié van die lojaliste, selfs al was dit nie aangaande die oorlog nie. ‘n Duidelike bewys hiervan was die behandeling wat ene Dreyer te beurt geval het toe hy tydens ‘n vergadering ‘n ander perseel vir die spoorwegstasie voorgestaan het as die res van die vergadering. Die Oudtshoorn Courant was gou om uit te wys dat Dreyer se standpunt geen gewig gedra het nie deur neerhalend na hom te verwys as bloot ‘n “gentleman on parole”.74) Dit het die simpatiseerders genoop om Dreyer se eer te beskerm. Die redakteur van Het Zuid-Westen het daarop gewys dat hoewel Dreyer ‘n eertydse Vrystater was, hy tydens die uitbreek van die oorlog in die Kaapkolonie op skool was en vir die duur van die oorlog in die kolonie gebly het. Daarby was hy ook geen vreemdeling op Oudtshoorn meer nie, aangesien hy die voorafgaande twee jaar reeds vir eerw. Odendaal van die Sendingkerk behulpsaam was.75)

Waarskynlik die interessantste en mees invloedryke pro-Boer vreemdeling op Oudtshoorn en ‘n persoon wat die felle aanslag van lojalistiese wantroue aan eie lyf gevoel het, was Nicolaas Hofmeyr. Hy was onder meer die befaamde skrywer van boeke soos die snelverkopende Kijkjes in onze geschiedenis, Die