• No results found

4.1.2 Die blanke plaaslike korpse

4.1.2.4 Ander plaaslike korpse

Benewens hierdie drie vernaamste plaaslike korpse is daar ook twee ander wat aandag verdien. Ten eerste was daar die sogenaamde Ambulance Corps wat onder bevel van dr. R.M. Truter gestaan het en na die mediese behoeftes van die Britse magte in die distrik moes omsien.69)

Veel interessanter egter was ‘n korps wat uiteindelik as die Emergency Sharpshooters bekend gestaan het en wat uit diegene bestaan het wat as lojaliste graag aktiewe diens wou lewer sonder betaling, maar vanweë professionele, gesondheids- of ander redes nie by die ander korpse kon aansluit nie. Reeds op 11 Februarie 1901 het ‘n korrespondent aan die Oudtshoorn Courant voorgestel dat hierdie mense in ‘n korps saamgevoeg moes word. W.H. Pickard, eienaar van die Masonic Hotel, het die inisiatief geneem en voorstelle in dié verband aan maj. Sawyer, wat op daardie stadium kommandant van die dorp was, gemaak en laasgenoemde het dit aanvaar en onderneem om die korps te bewapen. Hierdie korps het prominente Oudtshoorniete, soos die resident magistraat en sy personeel, die Hoofkonstabel en die polisiemag onder sy bevel, W.H. Pickard, J.H. Foster, G. Curtis, J.E. Griffiths en C. Lund as lede gehad. Hulle het onder andere die vier forte in Oudtshoorn, die sogenaamde Central, Mill, Morris en Gaol Fort, help beman.70)

Hierdie korps is op 25 April 1901, na die afweer van die eerste Boere-inval in die distrik, deur die kommandant ontbind, veral omdat gevoel is dat die kanse vir ‘n volgende aanval skraal was. Hoewel hierdie korps nooit geveg het nie, aangesien die dorp nie aangeval is nie, is dank teenoor hulle uitgespreek, nie net vir hulle ywer en patriotisme nie, maar ook vir die bydrae wat hulle gelewer het om die dorpenaars veiliger te laat voel.71)

Vanaf Oktober 1901 het die sogenaamde District Mounted Police ook onder die bevel van die intelligensiedepartement ontstaan. Die doel hiermee was om rebelle wat uit die Boerekommando’s gedros of afgedwaal het en op pad was huis toe, uit te snuffel en gevange te neem.72)

Benewens hierdie georganiseerde korpse blyk dit ook dat verskeie distriksbewoners op ander wyses aktief in diens van die Britse magte was, hoewel die presiese omvang egter nie bepaal kan word nie, omdat daar

68) Oudtshoorn Courant 14/10/01 (Ongetiteld).

69)

Oudtshoorn Courant 24/1/01 (Local and General).

70) Oudtshoorn Courant 25/2/01 (Emergency Corps).

71) Oudtshoorn Courant 29/4/01 (Emergency Corps Disbanded).

72)

merendeels net sydelings na hierdie aspek verwys word. So het ene Douw Steyn, ‘n boer van Welbedacht, byvoorbeeld in die hof ter versagting van vonnis aangevoer dat hy van Januarie tot Maart 1901 ‘n drywer vir die Britse militêre magte was.73) By ‘n ander hofsaak weer het ene Jakobus Daniël van der Spuy ter stawing van sy bona fides as ‘n geloofwaardige getuie ‘n dokument ingelewer wat bewys het dat hy ‘n agent van die Britse militêre magte was en vrye deurgang in distrikte gehad het.74) Hierbenewens het prominente inwoners soos A.D. Pocock en Herman van der Spuy van Oudtshoorn en Andries P. Blignault van Calitzdorp gehelp met die uitreiking van passe tydens die krygswetperiode.75)

4.1.3 Redes vir aansluiting by Britse korpse

Net so belangrik as om te bepaal wat die omvang was van die lojaliste se aktiewe gewapende hulp aan die Britse oorlogspoging, is om vas te stel wat hierdie persone laat besluit het op hierdie optrede wat beslis meer opoffering vereis het as die betoning van blote vreedsame lojaliteit. Dit is natuurlik onmoontlik om telkens klinkklare redes vir elkeen se optrede aan te voer. Dikwels is hulle optrede ook bepaal deur ‘n kombinasie van faktore.

Die eerste en mees voor die hand liggende rede vir baie lojaliste se aktiewe deelname aan die stryd, was dat dit ‘n natuurlike voortvloeiing was uit hulle lojaliteit aan Brittanje en die goedkeuring van die Britse oorlogspoging. Met die vertrek van die eerste Oudtshoorniete teen die einde van 1899 om by die Britse korpse aan te sluit, is dié stap gesien as ‘n maatstaf van die mate van lojaliteit in die distrik Oudtshoorn.76) Hierdie oorweging het natuurlik meer akuut geword soos die oorlog aangegaan en die distrik self deel van die oorlogsterrein geword het. Met die stigting van die Town Guard en DMT is daar openlik ‘n beroep gedoen dat “every citizen should come forward to prove his loyalty” terwyl die Oudtshoorn

Courant ook groot gewag daarvan gemaak het dat die DMT aan elke boer die kans bied om sy lojaliteit te

bewys.77) Sulke oproepe het natuurlik ook baie morele druk op inwoners geplaas.

By veral diegene wat voor 1901 by Britse korpse aangesluit het, kan die attraksie van die militêre lewe, die geleentheid om te veg en die status wat so verwerf kon word, nie buite rekening gelaat word nie, veral nie omdat die meeste van hierdie mense reeds ‘n militêre agtergrond gehad het omdat hulle aan die OVR behoort het. Die status wat die aansluiting kon meebring is veral deur die Oudtshoorn Courant gesuggereer toe dié blad gesê het dat nog rekrute sal aansluit as diegene wat reeds in korpse dien, gedekoreerd, en dus as helde, terugkeer.78)

73) Het Zuid-Westen 2/12/01 (Het Militaire Hof).

74) Het Zuid-Westen 9/10/02 (Zaak Tegen Jakobus du Preez).

75)

(KAB) 1/CDP 4/1/2/2: Veale - Commandant, Oudtshoorn, 15/5/01, p.233; Oudtshoorn Courant 25/2/01 (Issue of Passes).

76) Oudtshoorn Courant 18/12/99 (War Notes).

77) Oudtshoorn Courant 21/1/01 (Public Meeting); Oudtshoorn Courant 21/2/01 (Ongetiteld).

78)

Soos wat die Boere die distrik Oudtshoorn genader het, het ‘n volgende sterk oorweging na vore gekom, nl. die beskerming van die inwoners se besittings. Reeds in sy kommunikasie aan die ministers teen die einde van 1900 het Milner gewaarsku dat veral die rykste distrikte in die Kaapkolonie, waarvan Oudtshoorn beslis een was, meer bedreig word as ooit tevore tydens die oorlog en dat dié bedreiging net afgeweer kan word deur daadwerklike optrede.79) Op die vergadering ter vorming van die Town Guard en ook in ‘n latere brief aan die Oudtshoorn Courant, waarin inwoners aangemoedig is om by dié korps aan te sluit, is groot klem daarop gelê dat “all the men who had something to lose” na vore moes kom.80) Uit die woordkeuses (maj. Bawden het onder meer by die stigtingsvergadering gesê dat die korps hulle huise, dorp en vlag moes beskerm) blyk dit dat hier meer as blote verlies van eiendom ter sprake is. Benewens die behoud van relatiewe vrede en rus - ook gemoedsrus - wou baie ook deur hul aansluiting hulle kultuur en (politieke) vryhede beskerm81) en was hulle aansluiting by die korpse dus ‘n poging tot selfbehoud in die breë.

Vervolgens het die betaling wat hulle ontvang het en die voorwaardes waaronder hulle aangesluit het, aansluiting by die plaaslike korpse aanloklik gemaak. Vir sommige lede van die plaaslike korpse blyk die betaling ‘n uitkoms te gewees het. Toe daar in April 1901 probleme was met die betaling van lone, het kapt. Edmeades ‘n dringende telegram aan die hoofkwartier gestuur waarin hy gesê het dat sommige manne “in great need” vir hulle betaling is.82) Verdere getuienis dat materiële oorwegings ‘n rol gespeel het, kom uit ‘n berig uit die Oudtshoorn Courant waarin gesê is dat inwoners nie by die korps wou aansluit nie, omdat hulle nie die fietse wat die regering aanbied en wat na drie maande diens die manskap se eiendom word, as waardevol genoeg geag het nie.83)

Dat die diensvoorwaardes by aansluiting ook ‘n rol gespeel het, blyk duidelik uit die feit dat een van die hoofargumente wat aangevoer is tydens die stigtingsvergadering van die Town Guard waarom mense by die korps moes aansluit, was dat hulle slegs binne die distrik aangewend sou word en slegs vir ses maande sou aansluit hoewel die tydperk verleng kon word as dit nodig was en die manskappe wou aanbly.84) Hoe groot hierdie faktor was, blyk duidelik uit kol. Hickman se kritiek dat plaaslike korpse onwillig was om buite hulle distriksgrense op te tree selfs al het die militêre situasie dit vereis.85)

Laastens was dwang ook ‘n faktor. Hoewel geen getuienis gevind kon word dat inwoners mekaar gedreig of op ander maniere direk geïntimideer het om by die plaaslike korpse aan te sluit nie, het die dwang veral op twee maniere na vore gekom: eerstens die meer subtiele druk deur die suggestie dat ware lojaliteit net

79) (PRO) C.O. 48/551: Governor - Ministers, Minute No.344 (Enclosure No.5 in despatch of 3 January 1901), 31/12/00, p.3. (F.K. 794, p.41).

80) Oudtshoorn Courant 21/1/01 (Public Meeting); Oudtshoorn Courant 22/8/01 (Our Town Guards).

81) Ibid.

82)

(KAB) DD 1/83: Edmeades - Nourse, c. 30/4/01, g.p.

83) Oudtshoorn Courant 14/1/01 (Recruiting).

84) Oudtshoorn Courant 21/1/01 (Public Meeting).

85)

bewys kon word deur by die korpse aan te sluit.86) ‘n Baie meer direkte vorm van dwang, en een wat waarskynlik ‘n groter invloed gehad het, was dié deur middel van krygswetregulasies. Op 2 Junie 1901 het die kommandant van Oudtshoorn ‘n bevel uitgereik dat van elke geskikte man verwag word om by die Town Guard aan te sluit en dat mense wat in gebreke bly om dit te doen, hulle blootstel aan streng strafmaatreëls.87) Terselfdertyd is verwag dat mans jonger as 40 jaar nie in die Emergency Corps moes bly nie, maar by die Town Guard moes aansluit.88) Voorheen was daar egter al sprake van ‘n mate van dwang. In April 1901 het J. Hoek, senior, aan die Onderwysdepartement geskryf dat ‘n skool moes sluit omdat die onderwyser deur krygswet verplig is om in die Town Guard te dien.89)