• No results found

4.2 Die Rebelle

7.3.1 Kontemporêre menings oor die Militêre Hof

7.3.2.2 Getuies en getuienis

Van die insiggewendste aspekte van die verhore voor die Militêre Hof in Oudtshoorn het te doen gehad met die getuies, die getuienis wat gelewer is en die hof se beoordeling van hierdie getuienis.

Hoewel Langenhoven aangedui het dat dit meer dikwels voorgekom het, kon tydens die Oudtshoornse verhore net een voorbeeld opgespoor word waar die hof ‘n skriftelike verklaring as getuienis toegelaat het sonder dat die getuie in die hof was om aan kruisondervraging onderwerp te word. In die saak waarin Willem Scholtz daaraan skuldig bevind is dat hy swingels aan die Boere verskaf het, was die enigste getuienis ‘n skriftelike verklaring van ene Green. Hierin is gesê dat Scholtz uit eie oorweging die swingels aan die Boere aangebied het, sy seun gestuur het om dit te gaan haal en die Boere gehelp het om dit vas te maak. Green beklemtoon dat die Boere Scholtz op geen wyse gedwing het om dit te doen nie.48) Aangesien Green nie deur die verdediging ondervra kon word om byvoorbeeld meer te wete te kom oor die konteks waarin die gebeure geskied het nie – iets wat soms suksesvol in ander sake gedoen is – is dit nie verrassend nie dat Scholtz bloot skuldig gepleit het op die aanklag.

46)

F.P.F. Vane: Pax Britannica in South Africa, p.197.

47) (KAB) AG 3637: Wallis-Stapleton, no.M 1380/1902 (aangeheg by Stapleton – The secretary to the Law Department, 220/02. 6/12/02, g.p.

48)

‘n Ander opvallende verskynsel was dat enkele beskuldigdes skynbaar getuies probeer beïnvloed het om gunstige getuienis te lewer. In die saak waar Stephanus Fourie, ‘n boer van Limerick, daaraan skuldig bevind is dat hy nie die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het nie, het ene J.J. Rademeyer, ‘n siviele gevangene wat saam met Fourie in die tronk was, getuig dat Fourie hom £15 aangebied het as hy drie Oudtshoornse rebelle wat saam met die Boerekommando op Fourie se plaas was en teen hom sou getuig, sou vra om in die hof te sê dat Fourie nie op die plaas was tydens die Boere se teenwoordigheid daar nie.49)

In die baie belangrike saak van Louis Johannes Petrus Boshoff, wat daarvan aangekla is dat hy die wapen teen die Britse gesag opgeneem het deur by ‘n Boerekommando aan te sluit en moord gepleeg het deurdat hy betrokke was in ‘n skermutseling met ‘n Britse patrollie by Buffelsfontein, distrik Ladismith, waartydens hy verantwoordelik was vir die dood van ene kapt. Arthur John Annison en ‘n gewone soldaat, Charles R. Saunders, het sy oënskynlike poging om getuienis te manipuleer, geboemerang en waarskynlik ‘n groot rol gespeel in sy skuldigbevinding. Dit was die gebruik in Scheepers se kommando, waarby Boshoff aangesluit het, dat die persoon wat ‘n Britse soldaat skiet, daardie soldaat se wapentuig kon neem. Toe Boshoff gevange geneem is, is, soos reeds genoem, Annison se geweer, bandelier, waterbottel en verkyker by hom gevind. Twee persone het ook getuig dat Boshoff teenoor hulle gespog het dat die toerusting wat hy by hom gehad het, behoort het aan ‘n Britse soldaat wat deur hom geskiet is. Twee mede-rebelle wat reeds deur die Militêre Hof skuldig bevind is, H.W. Botha en Nicholaas de Beer, het getuig dat Boshoff op kommando bewapen was en aan gevegte deelgeneem het.

Boshoff se verweer het grootliks daarop berus dat hy nie aan die skermutseling by Buffelsfontein deelgeneem het nie, aangesien hy toe besig was om voer te sny saam met ‘n mede-rebel uit die distrik Oudtshoorn, Stephanus Schoeman. Toe Boshoff egter vir Schoeman as getuie vir die verdediging geroep het, het Schoeman getuig dat Boshoff twee dae vantevore aan hom gevra het om in sy getuienis te sê dat hulle saam voer gesny het. Schoeman het voorts getuig dat dit nie die geval was nie en dat hy alleen daarmee besig was. Boshoff is uiteindelik op beide aanklagte skuldig bevind, hoewel die woorde “and did shoot at His Majesty’s said forces with intent to kill” uit die klagstaat geskrap is.50) Ten spyte van getuienis van ‘n ontwrigte jeug en die feit dat hy slegs 18 jaar oud was toe hy gerebelleer het, is Boshoff die doodstraf opgelê, hoewel Kitchener dit later versag het tot lewenslange dwangarbeid.51)

Soos gesien, het dit dikwels gebeur dat medebeskuldigdes teen mekaar moes getuig. Dit was veral die geval in sake waar persone beskuldig is dat hulle die wapen opgeneem het teen Britse gesag, soos blyk uit

49) Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

50) F.P.F. Vane: Pax Britannica in South Africa, pp.202 – 203; Het Zuid-Westen 2/12/01 (Het Militaire Hof).

51)

die verhore van Boshoff, Patrick Hendrik van der Berg en Barend Nel.52) Dit het egter ‘n hoogtepunt bereik toe Casper Pretorius, ‘n rebel van Matjiesvlei wat by Marais se kommando aangesluit het, getuig het teen Michael le Grange, Johannes Linde en Peter (sic) Johannes Nel, al drie ook van Matjiesvlei, wat daarvan aangekla is dat hulle nie die teenwoordigheid van Marais se kommando aan die militêre owerhede gerapporteer het nie.53) Dit moes beslis ‘n invloed op die sosiale verhoudings binne ‘n gemeenskap gehad het as mense van dieselfde area teen mekaar getuig het, des te meer nog as diegene wat teen mekaar getuig het, van dieselfde politieke oortuiging was.

Ook die posisie van bruin getuies in verhore voor die Militêre Hof is belangwekkend. Beide Langenhoven en Vane het laat blyk dat nie-blanke getuies nie betroubaar was nie. Simpatiseerders se wantroue jeens bruin getuies is verder versterk deurdat die militêre owerhede altyd eerste die bruinmense om inligting genader het wanneer hulle ‘n saak teen ‘n simpatiseerder wou maak. J.H. Schoeman het in die parlement vertel hoe Britse soldate by geleentheid na Vlakteplaas gekom, al die bruinmense byeengeroep en hulle oortuig het om beëdigde verklarings teen die blankes af te lê.54) Uit ‘n ontleding van die hofverslae blyk dit egter dat, sover vasgestel kan word, die bruin getuies eerlik was en onder kruisondervraging dikwels inligting verskaf het wat die saak vir die verdediging eerder as dié van die aanklaer versterk het.

Die beste voorbeelde hiervan kom weer uit die sake teen Weyers en J.H. Schoeman (LWV). In Weyers se saak was twee sleutelgetuies vir die vervolging bruinmense, naamlik David Jordaan en Rachel Jaftha. Hulle was die enigste getuies tydens Weyers se gesprek met die Boer. Indien hulle daarop uit was om Weyers te na te kom, kon hulle die waarheid verdraai het. Tog het beide onder kruisverhoor bevestig dat niemand kon sien of die aankomende ruiters Boere of Britte was nie en dat Weyers beslis nie die Boer doelbewus gewaarsku het nie, maar net gevra het of dit Boere was wat aangery gekom het. Dit was juis hierdie getuienis wat in die opinie van die kantoor van die prokureur-generaal, getoon het dat daar geen kwade bedoelings by Weyers was nie.

In J.H. Schoeman, wat onder meer daarvan aangekla is dat hy vriendelik teenoor die Boere opgetree het, se geval, het Elsie Klaas, ‘n werknemer van Schoeman, onder kruisverhoor getuig dat Schoeman baie ontevrede was omdat sy vir die Boere koffie gebring het terwyl hulle by hom aan huis was. Sy het ook getuig dat sy een van die Boere aan Schoeman hoor sê het dat Schoeman vroeër gewaarsku is dat die Boere nog baas sou wees op sy plaas.55) Schoeman is onskuldig bevind op hierdie aanklag.

52) Oudtshoorn Courant 9/12/01 (Military Court).

53) Ibid.

54) Het Zuid-Westen 1/9/02 (Het Parlement).

55)

Het Zuid-Westen 2/12/01 (Het Militaire Hof); (KAB) AG 3637: Report of the Attorney General (copy) (Enclosed in Stapleton – The Secretary to the Law Department, no.220/02, 6/12/02, g.p.; A3 – 1902: Report of the Select Committee

on the Petition of J.H. Schoeman. Appendix B: Proceedings of the Standing Military Court, Western District, Cape

Kritiek moet egter uitgespreek word oor die manier waarop die Militêre Hof die getuienis gehanteer het. Dit kom voor asof hulle daarop uit was om die beskuldigdes skuldig te bevind en dat hulle in sommige gevalle, soos dié van Schoeman en Weyers, getuienis wat in die beskuldigdes se guns kon getel het, net geïgnoreer het. Andersyds lyk dit, ten spyte van die feit dat Vane daarop geroem het dat hy lank in die Vrystaat gebly en dus beide die Hollandse Afrikaner en die koloniale ingesteldheid goed verstaan het, asof die hof nie genoeg begrip gehad het vir die uiters moeilike posisie waarin veral inwoners van die landelike dele van die distrik hulle bevind het nie. Daar is nie altyd begryp hoeveel druk die Boere op die distrikbewoners uitgeoefen het en watter vrees daar by hulle bestaan het vir wat die Boere aan hulle kon doen nie.

Van die 29 Oudtshoorniete wat tydens die eerste sitting van die Militêre Hof op die dorp tereg gestaan het, is ag daarvan aangekla dat hulle aktief die wapen aan Boerekant opgeneem het. Al ag is skuldig bevind. Van die oorblywende 21 is 16 daarvan aangekla dat hulle nie die teenwoordigheid van die Boere gerapporteer het nie. Al 16 is skuldig bevind op dié klag. Heelparty het uit die staanspoor skuldig gepleit op die klag, maar soms het enkele van diegene wat onskuldig gepleit het, aangevoer dat hulle nie gerapporteer het nie uit vrees vir wat die Boere aan hulle kon doen. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is die saak van Stephanus Fourie van Limerick waarna reeds vroeër verwys is.

Toe die Boerekommando onder Marais op 16 September 1901 op sy plaas aangekom het, het Fourie onder die voorwendsel dat hy volstruise uit die rivier moes gaan red, weggeglip en die volgende dag om 11:00 die teenwoordigheid van die Boere op sy plaas aan veldkornet J.H. Strydom van Kruisrivier gaan rapporteer. Hy het ook gesê dat sy broer deel van hierdie kommando was. Op ‘n vraag van Strydom het hy gesê dat hy nie vroeër kon rapporteer nie, omdat hy dopgehou is. Verskeie ander persone het getuig dat Marais se optrede op Fourie se plaas aggressief was en Fourie het aan ‘n medegevangene gesê dat Marais gedreig het om hom te skiet as hy die plaas sou verlaat.56) Die druk wat Marais dikwels op distrikbewoners geplaas het deur hardhandige optrede en dreigemente sodat hulle uit vrees by sy kommando aangesluit het, is deur die hof in enkele ander sake erken, maar nie in Fourie se geval en die meeste soortgelyke sake nie. Uiteindelik het Fourie, wat darem nog gerapporteer het, ‘n swaarder straf gekry as byvoorbeeld Johannes Pretorius en Barend le Grange van Matjiesvlei wat ook vrees vir wat Marais aan hulle sou doen, aangevoer het as rede waarom hulle glad nie gerapporteer het nie.57) Of die feit dat getuienis gelewer is dat Fourie probeer het om getuienis te manipuleer enigsins ‘n invloed op die uitspraak gehad het, kon nie vasgestel word nie.

56) Oudtshoorn Courant 9/12/02 (Military Court); Oudtshoorn Courant 16/12/01 (Military Court).

57)