• No results found

DIE ONTWIKKELING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN DIE REGSPRAAK VAN SUID-AFRIKA

5.3 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez

Die volgende belangrike uitspraak oor die stipulatio alteri was in Tradesmen’s

Benefit Society v Du Preez.12 Die saak is deegliker as die Louisa-saak bespreek, met verwysing na verskeie gesaghebbende bronne. Hier het dit gegaan om ’n vrou wat begrafniskoste van die Bystandsvereniging geëis het. In die betrokke polis is beskryf dat hierdie koste aan die gade oorbetaal sou word by haar man (die lid) se afsterwe. Die Bystandsvereniging het geargumenteer dat daar geen bewyse van die huwelik tussen die lid en Du Preez was nie, en dat die man se ouderdom in die polis boonop verkeerd aangedui was. Hulle het verder aangevoer dat daar geen kontraktuele verbondenheid 13 tussen die weduwee en die Bystandsvereniging was nie, en dat sy daarom geen eis gehad het nie. Die hof a

quo het ten gunste van die weduwee beslis, waarteen die Bystandsvereniging

gevolglik geappelleer het.

Hoofregter De Villiers verwys na die verskillende opvattings van Voet, Van Leeuwen en sy kommentator Decker, sowel as De Groot, Van der Keessel en Vinnius, en wys op die inkonsekwentheid van hierdie skrywers. Hy voer egter aan:

If once a just cause has been established, a third person may, in my opinion, adopt and ratify a stipulation made on his behalf by another. From the moment of such ratification being announced to the promisor, he is bound to complete his promise for the benefit of such third person, exactly as if the relation of principal and agent had subsisted between the original promisee and such third person.14

In antwoord op die argument dat daar geen kontraktuele verbondenheid bestaan het wat die weduwee in staat stel om te eis nie, sê die hoofregter:

12 1887 5 SC 269.

13 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez 1887 5 SC 269: 270. 14 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 278.

[I]n my opinion, the defect [die gebrek aan kontraktuele verbondenheid] was supplied by

her adoption of her husband’s stipulation made on her behalf, although the original

consideration did not move from her.15

In ’n obiter dictum verwys regter Buchanan na Van der Keessel16 se argument oor De Groot se verklaring van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde,17 waar hy De Groot, Groenewegen,18 Van Leeuwen19 en Vinnius se menings opweeg, en kom regter Buchanan tot die volgende gevolgtrekking:

My own opinion is that it must be admitted with De Groot that a person can accept a promise made to him, on behalf of a third person, but the third person acquires no right before he has accepted the promise of which he has been informed; that consequently the promisor can revoke the promise before its acceptance …20

Ten spyte van die hof se onbevredigende uitleg in die Tradesmen’s-uitspraak (wat vervolgens bespreek sal word) is die saak nagevolg in Hyams v Wolf &

Simpson.21 Hyams22 het twee vereistes gestel vir die derde party om op grond van die kontrak te kan eis, naamlik dat indien die kontrak nie in die naam van die derde aangegaan is nie, dit aangegaan moes wees met die bedoeling dat dit in die geheel tot voordeel van die derde is, en dat die derde die “kontrak” moes bekragtig en aanvaar “while it is still open to him to do so”.23

5.3.1 Kritiese ontleding van Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez

Die eerste punt van kritiek teen hierdie uitspraak is die vermenging van die

stipulatio alteri en verteenwoordiging.24 In hoofregter De Villiers se aanhaling hierbo verduidelik hy die stipulatio alteri, en hoe hierdie regsfiguur werk. In sy verduideliking sê hy egter:

... exactly as if the relation of principal and agent had subsisted between the original promisee and such third person.

Hy gebruik dus die beginsels van verteenwoordiging om die stipulatio alteri te verklaar. Daar moet daarteen gewaak word om verteenwoordiging te gebruik om

15 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 279 (eie beklemtoning en invoeging). 16 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38.

17 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 282-284. 18 Inst 3.19.19.

19 Van Leeuwen Commentaries 4.16.8.

20 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 284. 21 1908 TS 78.

22 Hyams v Wolf & Simpson 1908 TS 78: 82. 23 Hyams v Wolf & Simpson: 82.

24 De Wet en Van Wyk 1992:106; De Wet 1940:147: Getz 1962:40; Brownsword en Hutchison 2001:136. Sien ook Wiren 1930:206-233.

lig op die stipulatio alteri te werp. Getz het immers die stipulatio alteri in die raam van verteenwoordiging probeer pas, maar kom op grond van Lee25 tot die gevolgtrekking: “The stipulatio alteri is a triangle. It cannot by any manipulation be transformed into a straight line.”26 Getz kritiseer dus hierdie uitspraak en sê:

Both agency and negotiorum gestio are concepts quite distinct from the contract for the benefit of a third person. In the former case, one of the parties is acting in the name and on behalf of a third person, with a view to bringing the latter into a direct contractual relationship with the other contractor. The agent neither intends nor purports to act in his own name ... Negotiorum gestio, too, is a distinct institution ... it arises where one person manages the affairs of another ... without the consent or knowledge of the latter.27

De Wet kritiseer ook hierdie vermenging van verteenwoordiging en die stipulatio

alteri in die Tradesmen’s-saak:

Ons het hier met ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde te doen, nie met verteenwoordiging nie … Hoofregter De Villiers se uitspraak is alles behalwe ’n erkenning van die regte van ’n derde uit die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde … Die fout wat hy maak, is dat hy Decker, Huber, De Groot en Van der Keessel se verklarings, wat betrekking het op verteenwoordiging, hier gaan toepas, en hom deur die verklarings van hierdie skrywers laat verlei … Het hy Voet se konstruksie van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde, soos gegee in sy beskrywing van die fideicommissum inter vivos, hier toegepas, dan moes hy aan die vrou ’n reg gegee het selfs al blyk dit nie dat sy geaksepteer of geratifiseer het nie. By die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde kom ratifikasie buitendien nie ter sprake nie, en akseptasie alleen in verband met die vraag of die stipulans die promittens kan ontslaan.”28

De Wet, wat Voet se verklaring van die fideicommissum inter vivos sterk onderskryf, is daarom teen De Groot se mening gekant. De Wet is myns insiens korrek dat hoofregter De Villiers nie hier na die beginsels van verteenwoordiging moes verwys het om die stipulatio alteri te verklaar nie. Tog was hy nie noodwendig reg deur te sê dat Voet se fideicommissum inter vivos hier ’n beter verduideliking sou gee nie.29 Daar moet eerder na my mening gevra word wat De Groot se “aanvaarding” beteken en watter waarde daaraan geheg behoort te word. Indien die aanvaarding, soos in die Louisa-saak, bloot is om nie regte op iemand af te dwing nie, en net as teken van die derde se gewilligheid dat hy die voordeel in ontvangs sal neem, is die waarde van aanvaarding nie so beduidend nie. Soos later sal blyk, is daar egter ál meer waarde aan die aanvaarding geheg, 25 Lee 1946:444. 26 Getz 1962:41. 27 Getz 1962:41. 28 De Wet 1940:148. 29 Sien 3.2 en 3.3.

wat veel groter implikasies vir die toepassing van die stipulatio alteri gehad het.30 In De Groot se verklaring van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde, waar hy die “aanvaarding” voorstel, meen De Wet dat De Groot verteenwoordiging in gedagte gehad het.31 Dít is egter moeilik om te bewys aangesien De Groot nie ook die ander eienskappe van indirekte verteenwoordiging (wat algemeen gegeld het voordat direkte verteenwoordiging later erken is)32 beskryf nie, naamlik dat daar ’n tweede kontrak tussen die verteenwoordiger en die derde tot stand kom, benewens die kontrak tussen die verteenwoordiger en die prinsipaal.33 Daarom is dit moeilik om De Groot se “aanvaarding” ten volle aan verteenwoordiging toe te skryf. En hoewel die Tradesmen’s-saak nie hier op die fyner besonderhede van die vermenging met verteenwoordiging ingegaan het nie, het dit wél later gebeur dat die ander eienskappe van verteenwoordiging ál meer by die verklaring van die

stipulatio alteri betrek is.34

Die uitspraak in die Tradesmen’s-saak beklemtoon ook weer die onduidelikheid oor die toepassing van ’n stipulatio alteri – meer spesifiek die onduidelikheid oor presies wat aanvaar moet word. Hoofregter De Villiers kom tot die gevolgtrekking: “If once a just cause has been established, a third person may, in my opinion, adopt and ratify a stipulation made on his behalf by another.”35 Om tot hierdie gevolgtrekking te kom, verwys hy egter weer na die ou skrywers, in die besonder Decker, wat meen dat ’n derde “die stipulasie” kan aanvaar; Huberus, wat sê dat die ander (derde) vir wie daar “gestipuleer” is sodanige stipulasie moet “goedkeur” en ’n eis daarvoor kan instel; De Groot, wat sê dat die derde die “belofte” moet aanvaar en hieruit ’n reg verkry, en Van der Keessel, wat reken dat ’n “belofte” ook aanvaar moet word en dat die derde ’n reg verkry as hy die belofte aanvaar. Hoofregter De Villiers verwys voorts na die Louisa-saak, waar die stipulans en die

30 Sien hfst 6.

31 De Wet en Van Wyk 1992:104. “Grotius is hier klaarblyklik besig om in navolging van Alciatus en Covarruvias ’n formule te probeer ontwerp waarvolgens iemand as vermomde

verteenwoordiger vir ’n ander kan optree.” 32 Sien Joubert 1979:8-16. Sien 4.3.

33 Direkte verteenwoordiging laat ook twee kontrakte tot stand kom, naamlik een tussen die verteenwoordiger en prinsipaal en ’n ander tussen die prinsipaal en die derde. Sien 4.3 en 4.4.

34 Dit het reeds in McCullogh v Fernwood Estate Ltd 1920 AD 204 duideliker na vore begin tree. Sien verder ook hfst 6.

derde ook die “belofte” moes aanvaar.36 Hierdie redenasie kan gekritiseer word omdat dit bepaalde leemtes laat.

Hoofregter De Villiers verklaar byvoorbeeld nie waarom hy kies om van “stipulasie” te praat soos sekere van die ou skrywers gedoen het, en nie “belofte” soos die ander gesag wat hy aanhaal nie. Hierdie keuse is waarskynlik belangriker as wat dit op die oog af lyk. Die “stipulasie” moet onderskei word van ’n spesifieke “klousule” in ’n ooreenkoms wat ’n voordeel vir ’n derde stipuleer, en eerder beskou word as die “kontrak” in die geheel. By die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde is dit die stipulans, wat die stipulasie in die ooreenkoms maak, wat vra dat die promittens belowe om die voordeel wat hy (die stipulans) stipuleer, aan die derde te bied. Die enigste party wat dan ’n belofte maak, is die

promittens aan die stipulans ingevolge die ooreenkoms wat tussen hulle

bestaan.37 Die promittens se belofte is daarom nie ’n belofte teenoor die derde dat hy teenoor hom sal presteer nie, maar ’n belofte teenoor die stipulans dat hy teenoor die derde sal presteer. Die “belofte” is egter ook die bewoording wat De Groot38 gebruik, sonder om te onderskei tussen wat die stipulans moet aanvaar en wat die derde moet aanvaar. Die derde word tog ’n “voordeel” aangebied en dit is dan dié “voordeel” wat die derde kan aanvaar. Die bewoording van die ou skrywers en hoofregter De Villiers hier wek egter die indruk dat die stipulans en die derde die ooreenkoms moet aanvaar,39 waaruit hulle dan ’n reg verkry.40 Dít sluit dan aan by Voet se benadering tot die stipulatio alteri, naamlik dat die derde party sy reg uit die ooreenkoms verkry en nie uit sy aanvaarding nie.41 Tog kon hierdie bewoording die gevolg gewees het van die ou skrywers se bewoording van die “belofte” of “ooreenkoms” wat die stipulans moet aanvaar. Hierdie bewoording is boonop so baie gebruik dat dit nou algemeen met die derde verbind word – daar word nou aangeneem dat die derde die “belofte” of “ooreenkoms” moet aanvaar.

36 Sien egter die bespreking van Louisa onder 5.2.

37 Sien Getz 1962:39-40 oor dieselfde kritiek in Louisa onder 5.2. 38 Sien De Groot onder 3.2.

39 In Hyams v Wolf & Simpson 1908 TS 78:82 is die Tradesmen’s-saak nagevolg, en word dit bewoord as die “kontrak” wat die derde moet aanvaar.

40 Sien ook 6.5.1. 41 Sien 3.3.

In sy aparte uitspraak (waarin hy met die hoofregter saamstem) lewer regter Smith hier ’n waardevolle(r) bydrae deur te sê:

[I]n my opinion, when a person [promisor] for a valuable consideration make a promise in favour of a third person, which promise cannot be fulfilled till after the promisee’s [stipulans’] death; then if the original contract is still in force at his death, such third person, if he accepts the benefit of the promise, must necessarily have the power of compelling the promisor, by action, to perform his promise, there being no other way in which this can be done.42

Hierdie siening is bes moontlik die akkuraatste. Eerstens is dit nie die ooreenkoms of stipulasie wat aanvaar moet word nie, maar die “voordeel van die belofte” van die promittens aan die stipulans wat die derde moet aanvaar.43 Tweedens bepaal regter Smith ’n tydstip wanneer hierdie voordeel aanvaar kan word, naamlik by die

stipulans se dood.44 Hier gaan dit om ’n polis wat by sterfte betaalbaar word en daarom het dit sin dat die promittens die betaalbare voordeel op hierdie tydstip vir die derde kan aanbied, wat dan die voordeel kan aanvaar.45 Dat die derde hierdeur ’n gevestigde reg verkry, word nie betwis nie. Hierdie gevestigde reg word afgelei uit hoofregter De Villiers se stelling dat die promittens gebind is om die belofte uit te voer na die derde se aanvaarding46 en regter Smith se argument dat “there must be some form of procedure to compel the promisor … to carry out the duty imposed upon him of fulfilling his promise.”47 En verder: “would not such a transaction, under the Civil Law, have given rise to a personal right, which could have been enforced by an action ...”48 Deur hierdie aanvaarding verkry hy tog ’n gevestigde reg op die voordeel. Of hierdie derde enige (ander) reg gehad het vóór die aanbod deur die promittens is egter ’n ander vraag.

Die ander regter in die saak, Buchanan, besef blykbaar nie die effek van sy woordkeuse nie. Op een plek sê hy dat die stipulans “could accept the benefit of

42 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 281 (eie invoeging tussen hakies). 43 Sien ook 6.5.1.

44 Sien ook 6.5.2.

45 Sien egter Louisa waar die derde by die sluiting van die ooreenkoms aanvaar het en die stipulans ook kort na die sluiting oorlede is, wat die belofte in werking laat tree het.

46 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 278. 47 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 279. 48 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 280.

the contract”49 namens die derde; op ’n ander plek noem hy dat die derde persoon “upon the acceptance and ratification of the contract … may enforce payment”.50 Die saak sluit af met ’n uittreksel uit Van der Keessel se Dictata, waar weer staan dat “a third person can accept a promise, unless it is revoked before acceptance”.51 Indien daar aangeneem word dat die woord “promise” verkeerd is, en dat dit veronderstel is om die voordeel van die belofte te wees, kan die deel oor die herroeping ook moontlik beteken dat daar ’n sekere tydperk moet verloop voordat die derde die voordeel kan aanvaar.52

Die Tradesmen’s-saak kan dus myns insiens beskou word as die begin van die verwarring tussen verteenwoordiging en die stipulatio alteri, sowel as die begin van die verwarring oor wát die derde moet aanvaar. Die oorsaak van hierdie verwarring moet egter beperk word tot wat die regters in die saak beslis het. Dit was nie myns insiens die hof se bedoeling om alle gevolge van verteenwoordiging op die stipulatio alteri toe te pas nie, maar slegs om verteenwoordiging as vergelyking te gebruik. Die Tradesmen’s-saak kan dus nie die skuld kry vir die afleidings wat later op grond van die regters se beslissings gemaak is en vir hoe verdere eienskappe van verteenwoordiging later op die stipulatio alteri toegepas is nie. Op die vraag oor wat die derde moet aanvaar, word daar met regter Smith saamgestem dat die derde die voordeel van die belofte moet aanvaar. Die sake wat ná Tradesmen’s gekom het, moes dus waarskynlik slegs na regter Smith se bewoording verwys het.