• No results found

BETROKKE IS 4.1 Inleiding

4.4 Die negotiorum gestor (indirekte verteenwoordiging)

Die negotiorum gestor, oftewel indirekte of ongemagtigde verteenwoordiging,45 is waar een persoon (die gestor of verteenwoordiger) vrywillig die sake van ’n ander (die dominus of prinsipaal)46 met of sonder dié se toestemming bestuur en sodoende in ’n ooreenkoms met ’n derde party te staan kom.47

Oor die negotiorum gestio sê Lee:

It was essential that the gestor should have acted in the interest of another person, not in his own interest … It was also required (in principle) that the gestor should have acted with the intention of binding the other party … he could have no claim in respect of an act which

43 Kuschke en Hutchison 2010:231-233. 44 De Wet 1940:145.

45 Van Huyssteen et al 2010:266 beskryf die negotiorum gestio as ’n “kwasi-kontrak”. 46 Lee 1956:372 staaf dat dominus as prinsipaal en gestor as agent vertaal kan word. 47 Dold 1948:7. Sien ook Van Zyl 1977:266 oor indirekte verteenwoordiging.

the dominus had forbidden him to do, except that he might be able to recover his expenses so far as the dominus had been enriched by it.48

Volgens Wylie vind indirekte verteenwoordiging plaas waar die verteenwoordiger namens die prinsipaal optree deur ’n kontrak met ’n ander (derde) party te sluit wat sodanige ander persoon verbind om teenoor die verteenwoordiger te presteer. Indien die derde party dan enige regte uit die kontrak verkry, is dit alleen teen die verteenwoordiger (anders as met direkte verteenwoordiging, waar daar teenoor die prinsipaal presteer moet word). Die prinsipaal en die verteenwoordiger het dan ’n interne reëling waarvolgens die verteenwoordiger die voordele aan die prinsipaal sal lewer, in welke stadium die prinsipaal die verteenwoordiger van enige moontlike gevolge van die ooreenkoms sal verlos.49 Om dié rede meen Zimmermann dat daar in hierdie geval nie net ’n kontraktuele verhouding tussen die prinsipaal en die verteenwoordiger geskep word nie, maar ook tussen die verteenwoordiger en sy kontrakvennoot. Met indirekte verteenwoordiging kom daar dus as’t ware twee kontrakte tot stand – een tussen die prinsipaal en verteenwoordiger, en ’n ander tussen die verteenwoordiger en die derde party.50 Die prinsipaal is egter swakker daaraan toe as die verteenwoordiger aangesien slegs die verteenwoordiger ingevolge die ooreenkoms kan dagvaar. Eers as die eienaarskap aan die verteenwoordiger oorgedra is, verkry die prinsipaal ’n vorderingsreg om die eienaarskap van hom te eis.51 Die prinsipaal moet ook bekragtiging verleen, wat as bewys dien dat die saak tot sy voordeel geskied het.52

Die belangrike verskil tussen die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde en die

negotiorum gestio is dat die stipulans in die ooreenkoms ten behoewe van ’n

derde in sy eie naam optree, terwyl die gestor in die negotiorum gestio in ’n ander se belang optree.53

Vir Scholtens is die kern van die negotiorum gestio die afwesigheid van magtiging om op te tree.54 Die dominus is verplig om die gestor te vrywaar van enige

48 Lee 1956:372 (eie kursivering). 49 Wylie 1943:111. 50 Zimmermann 1990:49. 51 Zimmermann 1990:50. 52 Dold 1948:7. 53 Dold 1948:8. 54 Scholtens 1960:563.

uitgawes of laste wat die gestor nie net met goeie bedoelings nie, maar werklik in die belang van die dominus aangaan.55 Die dominus kan daarom nie die gestor ontslaan nie, aangesien die gestor verplig is om rekenskap te gee van sy optrede aan die persoon namens wie hy sonder opdrag gehandel het.56

Daarbenewens wys Dold daarop dat die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde ’n driehoek uitmaak: “The stipulator, the promisor and the third party all have an independent and enduring place in the completed picture.”57 Met die negotiorum

gestio, waar die gestor in die naam van die dominus optree, kom die dominus in

verhouding met die ander party te staan, wat beteken dat dit nié (soos die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde) ’n driehoek uitmaak nie.58

4.5 Gevolgtrekking

Die kontrakte wat hierbo bespreek is, toon wel raakpunte met die stipulatio alteri. Tog is dit belangrik om ’n duidelike onderskeid tussen hierdie kontrakte en die

stipulatio alteri te tref.

Kortom is die fideicommissum ’n opvolging van eienaarskap, maar het dit sy toepassingskrag in die hedendaagse regsfigure soos die stipulatio alteri (en inter

vivos trust) van Suid-Afrika verloor.

By direkte verteenwoordiging bring die verteenwoordiger, as middelman, slegs die derde en die prinsipaal by mekaar uit. By indirekte verteenwoordiging bly die verteenwoordiger die handelende party, sonder dat die prinsipaal ooit aktief by die ooreenkoms betrokke raak.

Daarom is die verskil tussen al bogenoemde figure en die stipulatio alteri dat die

stipulans nie in die naam van die promittens of die derde optree nie en die promittens ook nie in die naam van die stipulans of die derde optree nie. Die promittens belowe bloot aan die stipulans om teenoor die derde te presteer. Dit is

egter steeds ’n onuitgemaakte saak of die stipulatio alteri ten doel het om die derde ’n aktiewe party in die kontrak te maak. Die ou skrywers het hieroor geswyg. In die geval van verteenwoordiging is die doel juis om die derde party in

55 Lee 1956:373; Scholtens 1960:564. 56 De Wet 1940:142.

57 Dold 1948:8. 58 Dold 1948:8.

’n kontrak met die prinsipaal (of die verteenwoordiger in geval van indirekte verteenwoordiging) te staan te laat kom.

Hierdie onderskeid is dan ook belangrik in die bespreking (van die hoofstuk wat volg) van die eerste noemenswaardige hofsake in Suid-Afrika wat gehandel het oor kontrakte wat ten doel het om derdes te bevoordeel.

HOOFSTUK 5

DIE ONTWIKKELING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN DIE REGSPRAAK