• No results found

STIPULATIO ALTERI IN SKOTLAND EN ENGELAND

7.2 Die Skotse jus quaesitum tertio

Soos De Groot as die vader van die ontwikkeling van die stipulatio alteri in Suid- Afrika beskou kan word, was James Dalrymple, die eerste burggraaf van Stair, verantwoordelik vir die ontwikkeling van die “derdepartykontrak” (oftewel die “jus

quaesitum tertio” soos hy dit genoem het) in Skotland.6 Die Skotse jus quaesitum

tertio word beskryf as:

… the situation where contracting parties by their contract confer a right directly upon a person who is not a party to the contract; that is to say, by means of the original contract itself.7

Sutherland dui egter daarop dat die jus quaesitum tertio en die stipulatio alteri nie presies met mekaar gelykgestel kan word nie:

Whereas the term stipulatio alteri clearly focuses on the contract that establishes the third- party right, ius quaesitum tertio places more emphasis on the acquisition of the right by the third party.8

Die verskil is dus grootliks in klem, en die werking van die twee kontrakte kom steeds op dieselfde neer. Sowel Suid-Afrika as Skotland het ’n gemengde regstelsel, wat albei deur die Engelse reg beïnvloed is (hoewel die Engelse reg juis nié tot die ontwikkeling van die gemeenregtelike derdepartykontrak in enige van die twee lande bygedra het nie). Die grootste verskil tussen die benadering in Suid-Afrika en Skotland het gekom toe Dalrymple uitdruklik in sy werk Institutions

of James Dalrymple9 téén De Groot se opvatting oor die aanvaardingsvereiste beslis het en eensydige beloftes10 afdwingbaar verklaar het sonder dat die derde se aanvaarding nodig was.11

Die aard en werking van die tradisionele jus quaesitum tertio12 kan soos volg

opgesom word: Die kontrak word tussen die stipulans en die debtor aangegaan.

6 MacQueen en Sellar 2008:357. 7 MacQueen 1996:824 ff.

8 Sutherland en Johnston 2004:213. 9 Gepubliseer in 1681.

10 Eensydige beloftes is nie geldig in Suid-Afrika. Hoewel die mening is dat die eensydige belofte die grondslag uitmaak van die jus quaesitum tertio op grond van Dalrymple se verklaring oor die geldigheid daarvan, is dit nie eenparig aanvaar nie. Sien Sutherland en Johnston 2004:217; Sutherland 2006:209.

11 MacQueen en Sellar 2008:358; Sutherland 2006:208-209.

12 Oor die ontwikkeling van die jus quaesitum tertio sien ook Ibbetson en Schrage 2008:1-34; MacQueen en Sellar 2008:357-383; MacQueen 2000:220-251.

Die debtor is verplig om teenoor die tertius, oftewel die derde, te presteer.13 Uit die onherroepbare kontrak verkry die derde onmiddellik ’n reg teenoor die stipulans en die debtor.14 Die derde kry net ’n reg uit die kontrak, en geen verpligtinge nie, maar die reg kan onderworpe wees aan ’n voorwaarde.15

Tog is daar ’n onherroepbaarheidsvereiste in die jus quaesitum tertio gestel wat baie onsekerheid en probleme in die Skotse jurisdiksie geskep het. Die onherroepbaarheidsvereiste is in die lewe geroep deur ’n werk deur Sandeman16 wat in Green’s Encyclopaedia of Scots Law17 verskyn het. Hier maak Sandeman die volgende belangrike stelling:

When a contract containing a stipulation in favour of a third party, who is named or clearly indicated, becomes irrevocable, the right so stated in the third party vests in him, and on it he can found and sue. Such a contract may amount to a direct creation of a trust in favour of the third party; or it may become irrevocable (1) by intimation, or delivery, or registration; (2) by the death of one of the parties to it; (3) by third parties, on the faith of the contract and for value, acquiring rights under it.18

In die toonaangewende saak van Carmichael v Carmichael’s Executrix19 het die regter egter hierdie “onherroepbaarheid” slegs van toepassing gemaak op die geval waar ’n geskil tussen die stipulans en derde party – synde die stipulatio se ware krediteur – ontstaan,20 en ook net in verband met die reg op die eiendom.21 Die Skotse regstelsel het egter onlangs begin met voorbereidingswerk vir die oorweging van wetgewing om die derdepartykontrak te reël. Hiervoor het die Skotse Regskommissie in Maart 2014 ’n besprekingsdokument getiteld Review of

Contract Law: Discussion Paper on Third Party Rights in Contract (hierna “die

Skotse besprekingsdokument”) en in Julie 2016 ’n verslag getiteld Review of

Contract Law: Report on Third Party Rights (hierna die “Skotse verslag”)

13 Sutherland en Johnston 2004:212.

14 Sutherland en Johnston 2004:216; Sutherland 2006:209. 15 Sutherland en Johnston 2004:218.

16 Sien hieroor MacQueen en Sellar 2008:374.

17 Sandeman 1898:251-257. Ander uitgawes het ook in 1912 en 1929 verskyn, maar die gedeelte oor die jus quaesitum tertio is byna onveranderd gelaat.

18 Sandeman 1898:251. 19 1920 SC HL 195.

20 In die jus quaesitum tertio kan die stipulans sowel as die derde op die voordeel geregtig wees. Sien Sutherland en Johnston 2004:222; MacQueen en Sellar 2008:378.

opgestel.22 Albei dokumente bied ’n omslagtige samevatting van die ontwikkeling en huidige werking van die jus quaesitum tertio. Probleemgebiede word uitgewys en bespreek aan die hand van ’n vergelyking van vier geskrifte, onder andere die Engelse Contracts (Rights of Third Parties) Act 1999.23 Die aanvaardingsvereiste van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde in Suid-Afrika kom ook in die besprekingsdokument ter sprake en word pertinent verwerp as algemene werkswyse van die Skotse jus quaesitum tertio, hoewel die kommissarisse wel erken:

There is, however, nothing to prevent parties setting up such an arrangement if they wish. In that case, the third party’s right does not exist until acceptance of what is in effect an offer made by either or both of the contracting parties … The third party’s right then rests entirely upon a further contract between that party and one or more of the originally contracting parties … It would also be possible with this mechanism to subject the third party to enforceable duties.24

Hulle grond hierdie mening op die werke van Sutherland, wat dan ook die tweekontrakbenadering steun.25 Tog is dít nie die normale werking van ’n jus

quaesitum tertio nie, en is die derde se aanvaarding nie ’n vereiste om sy reg te

vestig nie:

Thus for Stair a third party right could be created in favour of an absent person, as well as for someone lacking the active capacity to carry out a legally effective act of acceptance.26

Die vraag is dan hoe hierdie kontrak lyk en of die kontrak enigsins gewysig kan word indien die derde se reg reeds by die ontstaan van die ooreenkoms vestig. Die derde party moet óf geïdentifiseer óf identifiseerbaar wees in die kontrak. Die derde party hoef nie eens by naam genoem te word in die kontrak óf selfs al in die lewe te wees nie. Die derde moet bepaalbaar wees, en kan dus uit ’n groep of klas wat in die kontrak genoem word identifiseerbaar wees. Die derde party wat nog nie bestaan nie, sal aan die voorwaarde van lewende geboorte moet voldoen

22 Die kommissie bestaan uit die agbare lord Pentland as voorsitter, Laura J Dunlop, Patrick Layden, professor Hector L MacQueen en dr Andrew JM Steven, met Malcolm McMillan as uitvoerende hoof.

23 Die ander drie bronne is Principles, Definitions and Model Rules of European Private Law: Draft Coomon Frame of Reference (DCFR) 2010 deur C von Bar en C Clive (reds); The UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts (PICC) (3de uitg) 2010; Proposal for a regulation on a Common European Sales Law (CESL) COM (2011) 635

finaal. Sien Skotse Regskommissie 2014:1-8 vir ’n verklaring oor wat hierdie dokumente is en waarom dit as brondokumente gekies is.

24 Skotse Regskommissie 2014:26-27. Sien ook Skotse Regskommissie 2016:27, 55. 25 Sutherland en Johnston 2004; Sutherland 2006.

om dan die reg te kan verkry.27 Die bedoeling om ’n derde in die kontrak te bevoordeel, is ook belangrik, maar sodanige bedoeling kan ook afgelei word selfs al stel die kontrak dit nié uitdruklik nie.28

Die vraag of die kontrak gewysig kan word, is die grootste probleem vir die Skotse

jus quaesitum tertio. Die argument is dat ’n kontrak waarin die derde reeds by

sluiting ’n reg verkry tog nie so gewysig kan word dat dit die derde se reg verwyder nie. Die Skotse howe was van mening dat:

“it must be clear that the contracting parties intended not only to confer a benefit upon a third party but also give up the freedom to change their minds.”29

Die stipulatio alteri in Suid-Afrika in ’n onherroepbare kontrak en die jus quaesitum

tertio sal dan dieselfde werking hê. Dit kan egter afgelei word dat die Suid-

Afrikaanse reg (al is dit op ʼn indirekte wyse) erken dat die behoefte aan herroepbare kontrakte groter is as onherroepbare kontrakte. Die aanvaardingsvereiste bring sodoende verligting vir onbuigsame, onherroepbare kontrakte deur ʼn tydperk te bied waartydens die stipulans en promittens nog die ooreenkoms kan wysig voordat die derde aanvaar.

Bogenoemde Skotse besprekingsdokument oorweeg hierdie

onherroepbaarheidsvereiste en wys op twee probleme wat dit skep:

One is the question of formation: how to bring the right into existence in the first place. The second is the question of bringing the right to an end, or varying it, before its enforcement is sought by the right-holder, when by definition the right may need to be irrevocable to exist at all.30

Die kommissarisse is duidelik teen die onherroepbaarheidsvereiste gekant en gebruik die vier bronne31 as ondersteuning waarom die onherroepbaarheid nie in die Skotse reg noodsaaklik is nie. Die bronne bied riglyne oor hoe die kontrak gewysig kan word, en argumenteer dat wysiging kan plaasvind voordat die derde party van sy reg in kennis gestel word en voordat die derde op hierdie bepalings gesteun het.32 Daarom beveel die kommissarisse aan dat geen wetgewing wat in

27 Skotse Regskommissie 2014:66-67.

28 Skotse Regskommissie 2014:71. Sien ook Skotse Regskommissie 2016:25-27. 29 Skotse Regskommissie 2016:28.

30 Skotse Regskommissie 2014:74. Sien ook Skotse Regskommissie 2016:60. 31 Sien hierbo.

32 Sien die uiteensetting van die werke se opinie oor wysiging in Skotse Regskommissie 2014:74-75. Die PICC maak egter ook melding van aanvaarding deur die derde wat gebruik moet word om te bepaal of die kontrak gewysig kan word. Die Engelse Contracts (Rights of

dié verband uitgevaardig word ’n vereiste behoort te stel dat die kontrak onherroepbaar moet wees nie. Hulle motiveer dit soos volg:

The starting point is the freedom of contracting parties to vary or cancel their contract and the question is, when, if ever, is that freedom lost if the contract provides for a third party right?33

en:

If the requirement of irrevocability for constitution is removed, it then becomes clearly possible for contracting parties to create third party rights that are subject to resolutive conditions enabling change to these rights, including outright cancellation.34

Hulle aanbeveling was gevolglik om onherroepbaarheid as vereiste te verwyder en dat daar aangeneem moet word dat hierdie kontrakte altyd herroepbaar is, tensy die kontrak self uitdruklik anders bepaal:35

Irrevocability would no longer be a concern at the forefront of practitioners’ minds if the law provided that a right in favour of a third party would be considered revocable unless expressly stated otherwise … Revocability and variability would become a rule rather than a presumption.36

Die derde beskik steeds oor regte, en daarom word daar wel ook gekyk na die vraag of die derde al op die kontrak staatgemaak het (die sogenaamde “reliance”- vereiste) en daardeur die partye kan verhoed om enige wysigings te maak. Dít sal egter nie die grootste oorweging wees nie:

The crucial questions over and above the interpretation of the contract would always be: (1) have the contracting parties altered or cancelled the contract? (2) have there been any representations of irrevocability or unmodifiability by the contracting parties to the third party, coupled with the latter’s detrimental reliance thereupon?37

Die kommissarisse erken dan ook dat oordrag en ’n bekendmaking van die kontrak aan die derde gronde sal wees wat die derde se reg onherroepbaar sal maak.38 Terselfdertyd beklemtoon hulle egter:

This delivery or intimation, it is important to stress, would not be necessary to constitute the right; it would merely make it irrevocable or unmodifiable unless made with a specific reservation.39

Third Parties) Act 1999 gebruik ook die kommunikasie van die derde se aanvaarding aan

die promittens as ’n vereiste. 33 Skotse Regskommissie 2014:77.

34 Skotse Regskommissie 2014:77. Sien ook Skotse Regskommissie 2016:31-33. 35 Skotse Regskommissie 2014:79.

36 Skotse Regskommissie 2014:79. 37 Skotse Regskommissie 2014:80. 38 Skotse Regskommissie 2014:81.

In die Skotse verslag het die kommissarisse egter die oordrag en bekendmaking heroorweeg:

We have concluded that the concepts of delivery and intimation are at once too formal yet also too uncertain … What needs to be recognised as making an unconditional third-party right un-cancellable or un-modifiable is action by the contracting parties to bring the undertaking to the third party’s attention. We think this may be better captured if the legislation uses the concept of “notice” or “notification” rather than “delivery and intimation”.40

Ter samevatting van die gemeenregtelike standpunt in Skotland dus die volgende: Die Skotse reg vereis nie aanvaarding vir die derde om sy reg te verkry nie, maar die reg bestaan reeds by die ontstaan van die ooreenkoms, wat as herroepbaar beskou word – aldus die kommissarisse se aanbeveling. Dit is egter hierdie herroepbaarheid wat vir die stelsel probleme skep aangesien die ooreenkoms nié herroep kan word indien (a) die derde van die belofte bewus word en hy besluit om sy reg daardeur uit te voer, of (b) indien die derde al staatgemaak het op hierdie belofte, en dit hom op ’n wesenlike manier sal benadeel indien die ooreenkoms gewysig of gekanselleer word nie.41 Die Skotse jurisdiksie was een van min wat nié die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde gekodifiseer het nie. Na aanleiding van die probleme hierbo is ’n wetsontwerp vir kodifisering egter opgestel.42

7.3 Wetgewing wat die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde in Engeland