• No results found

DIE ONTWIKKELING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN DIE ROMEINS HOLLANDSE REG

3.2 Hugo de Groot (1583-1645)

De Groot het straks die grootste bydrae van al die ou skrywers op die gebied van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde gelewer.10 Hy het ’n wetenskaplike ontleding van die juridiese verhouding tussen die partye in ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde probeer doen. In sy Inleidinge tot de Hollandsche-Rechts-

geleerdheid11 verwys hy steeds na die vereiste van die Romeinse reg dat die

stipulans ’n finansiële belang by die prestasie teenoor ’n derde party moet hê of

dat die ooreenkoms ’n boeteklousule moet insluit.12 De Groot wys egter ook op die volgende:

Maer slechtelick iet te bedingen of aen te neemen voor een derde, (uitgenomen voor die ghenen den welcke inschuld door eens ander daed kan aenkomen, waer van hier vooren is gesproocken) is krachteloos, ten zy zulcks ghesciede ten dienste Gods, ofte voor den armen, ofte dat den aannemer zelve daer aen zy gelegen: of dat daer een straffe by gestelt zy, die den toezegger sal moeten dragen zoo hy zulcks niet en deede: maer alzoo by ons meer werd gezien op de billickheid, als op scherpheid van rechten, zoude oock buiten deze uitzonderingen een derde de toesegginge moghen aennemen, ende alzoo

8 Du Plessis 1999:36.

9 Hallebeek en Dondorp 2008:65. 10 Sien ook 5.6 hieronder.

11 De Groot 1939:129. 12 Hallebeek 2007:23.

recht bekoomen; ten waer den toezeggher voor de toesegging van de derde zulcks hadde wederroepen.

’n Engelse vertaling van die laaste sin lui soos volg:

… but, as we look to the equity rather than to the strictness of law, a third person would, notwithstanding these exceptions, be able to accept a promise and thereby acquire a right, unless the party promising had, before the acceptance of the third person, revoked the same.13

Dondorp wys dus daarop dat die derde party die promittens se aanbod moet aanvaar.14 Ook Decker15 verstaan hierdie artikel van De Groot soos volg:

A [promittens] makes a promise to B [stipulans] in favour or for the benefit of C. B not having any mandate from C. If C accepts the promise, he will acquire a right against A, but until such acceptance, A can withdraw his promise.16

Decker meen verder dat De Goot nie hier verteenwoordiging bedoel nie, aangesien daar geen mandaat van C is dat die stipulans (B) namens hom moet optree nie.17

In sy volgende werk, De Jure Belli ac Pacis, voer De Groot egter aan dat ’n belofte wat in die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde aan ’n afwesige begunstigde gemaak is, die promittens tot prestasie teenoor die begunstigde verbind, mits hy die bedoeling gehad het om woord te hou en teenoor die begunstigde te presteer.18 Die promittens moes dan ook in iemand anders se teenwoordigheid ’n teken aanbring wat aandui dat hy sou woord hou.19

Voordat ons tot ’n uitleg daarvan oorgaan, lui ’n vertaling van die De Jure Belli ac

Pacis II.11.18 soos volg:

18.1 Disputes are accustomed to arise concerning an acceptance made for another. In which matters one must make a distinction between a promise made to me [stipulans] to give a thing to another and a promise expressed directly in the name of him, to whom the thing is to be given. If the promise has been made to me [stipulans], putting aside whether I have a personal interest as required by the Roman Law, it seems in accordance with the law of nature that by acceptance I am given the right of effecting this, that the right should come to the third party, if he also accepts; so that in the meantime the promise cannot be revoked by the promisor, but I, to whom the promise was made, may remit it. For this view is not in conflict with the law of nature and it is particularly in accordance with the word of

13 De Groot Inleidinge 3.3.38, soos in Herbert 1845:299. 14 Hallebeek en Dondorp 2008: 57.

15 Decker 1923:600-601.

16 Decker 1923:601, eie byvoeging tussen blokhakies. 17 Decker 1923:601.

18 Hallebeek en Dondorp 2008:55.

such a promise. Nor can it be a matter of indifference to me if another acquires a benefit through my instrumentality.

2. But if the promise is made in the name of him, to whom the thing is to be given, one must distinguish whether he who accepts has special authority to accept or so general a power that such acceptance must be deemed to be included therein, or whether he has no power at all. When such authority has been antecedently given, I do not think one need enquire further whether the person is sui juris or not, as the Roman Law provides, but obviously the promise is complete by such acceptance, because consent can be communicated and given by an agent. For I am deemed to have wished what I have put into the power of another, if he also wishes it. In the absence of authority, if the other, to whom the promise is not made, accepts with the consent of the promisor, the result will be that the latter cannot revoke the promise before the party in whose favour it is given has either ratified or repudiated it, so that in the meantime he who has accepted the promise cannot remit it, because he has not been employed to accept any right, but merely to bind the good faith of the promisor in fulfilling the favour; and yet should the promisor himself resile from the promise he would act contrary to good faith but not contrary to the individual right of anyone.

19. From what has been said above we can understand what ought to be thought about a burden attached to a promise. For this can be done while the promise is not complete by acceptance or by giving an irrevocable pledge. Moreover, a burdensome condition in favour of a third party can be revoked so long as it has not been accepted by the party. There are nevertheless some who think differently in regard to this matter, as well as on other questions. But the natural equity is so easily apparent to one who examines the matter rightly that it does not need many proofs.20

McKerron21 wys drie tipes kontrakte in bogenoemde artikels van De Groot uit, naamlik kontrakte waar die promisee as prinsipaal kontrakteer; kontrakte waar die

promisee as ’n agent kontrakteer om namens die begunstigde te handel, en

kontrakte waar die promisee as ’n agent vir die begunstigde kontrakteer sonder dat hy die magtiging daarvoor het.

Dold22 stem saam dat dit duidelik uit die eerste gedeelte van De Groot se artikel blyk dat dit oor ’n ware stipulasie vir ’n derde party handel, terwyl die tweede gedeelte oor die regskrag van gemagtigde en ongemagtigde verteenwoordiging gaan.23

20 Dold 1948:33-34. Sien ook Campbell 1901:141. Die Latyn van die eerste gedeelte lui: “Solent et controversiae incidere de acceptatione pro altero facta: in quibus distinguendum

est inter promissionem mihi factam de re danda alteri, et inter promissionem in ipsius nomen collatam cui res danda est. Si mihi facta est promissio, omissa inspection an mea privatim intersit, quam introduxit ius Romanum, naturaliter videtus mihi acceptanti ius dari efficiendi, ut ad alterum ius perveniat, si et is acceptet: ita ut medio tempore a promissore promissio revocari non possit; sed ego cui facta est promissio eam possim remittere. Nam is sensus iuri naturae non repugnant, et verbis talis promisssionis maxime congruity. Neque nihil mea interest si per me alter beneficium acquirat.” Eie byvoeging van “stipulans” tussen

blokhakies.

21 McKerron 1929:387; Hallebeek en Dondorp 2008:55. 22 Dold 1948:34.

Waarop die eerste paragraaf van die aanhaling voorts dui, is die duidelike wegbreek van die vereiste van die Romeinse reg dat die stipulans ’n belang moet hê. De Groot sit dan ook die partye se regte uiteen en opper die kwessie van aanvaarding deur die partye. Hy gebruik die logiese redes van die natuurreg om van die vaste beginsels van die Romeinse reg weg te breek. Volgens hom is dit natuurlik dat die stipulans ’n reg verkry deur die belofte wat aan hom gemaak is te aanvaar. Eweneens verkry die derde party ’n reg wanneer hy aanvaar, want “it seems in accordance with the law of nature that by acceptance I am given the right of effecting this, that the right should come to the third party, if he also accepts”.24 Hierdie stelling van De Groot het volgens Dold die algemeen aanvaarbare verduideliking vir die verhouding tussen die partye in ’n ware ooreenkoms ten behoewe van ’n derde geword.25

Zimmermann26 voer op sy beurt aan dat die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde die gevolg was van De Groot se klem op die wil en konsensus as noodsaaklike kenmerke van ’n kontrak. Hy reken ook dat daar, weereens as gevolg van De Groot, ’n beperking in die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde ontstaan het in die sin dat die derde party nie (direk) ’n reg uit die kontrak tussen die ander twee verkry nie, maar dat ’n verklaring vereis word om die voordeel te aanvaar, wat dan die reg vir die derde party uit die vinculum iuris (regsband) tussen die stipulans en die promittens laat voortvloei.27

3.2.1 Kritiese ontleding van en gevolgtrekking oor De Groot se bydrae

De Groot se bydrae met betrekking tot die stipulatio alteri in sy Inleidinge28 is nie so groot soos sy ander werk nie. Ál wat in die Inleidinge van waarde is, is die verklaring dat die derde party ’n belofte aanvaar en hierdeur ’n reg verkry, tensy die toesegging reeds herroep is. Die vraag oor teenoor wie hierdie aanvaarding moet geskied, is verwarrend, maar daar kan afgelei word dat dit teenoor die

promittens moet wees, nes die stipulans die belofte in die ooreenkoms tussen die promittens en stipulans sou aanvaar. De Groot sê verder dat die een wat die

belofte maak dit kan herroep voordat die derde aanvaar. Hierdie

24 De Groot De Jure Belli ac Pacis II 11. 18, soos in Dold 1948:33. 25 Dold 1948:34.

26 Zimmermann 1990:43. 27 Zimmermann 1990:43. 28 3.3.38.

herroepingseienskap is tog aan sowel die stipulans as promittens in ’n ooreenkoms gegee. Die ooreenkoms kan nie eensydig sonder die ander party se toestemming herroep word nie.

Dit moet egter hier in gedagte gehou word dat die Inleidinge – wat De Groot in die tronk geskryf het – slegs vir die provinsie Holland bedoel was, terwyl die De Jure

Belli ac Pacis vir die algemene natuurreg geskryf is.

In De Groot se De Jure Belli ac Pacis kan slegs II.11.18.1 gebruik word om die

stipulatio alteri te verklaar, aangesien die res van die gedeelte duidelik na direkte

en indirekte verteenwoordiging verwys. Weereens moet daar in hierdie gedeelte na die bewoording gekyk word om die partye te identifiseer waar De Groot slegs na “made to me” en “I am” verwys.29 Hierdie eerste persoon van wie De Groot praat, is die stipulans. Campbell se vertaling van hierdie sin lui soos volg:

… by acceptance he [the stipulans] seems naturally to acquire a right which may be transferred to another [third person] for his acceptance, and this right will pass so fully, that in the mean time the promise cannot be revoked by the person who gave [the promisor], though it may be released by him [stipulans] who received it.30

’n Afrikaanse vertaling is soos volg:

... dat dit in pas is met die natuurreg dat die stipulans deur sy aanvaarding ’n reg op prestasie verkry, en dat die reg aan die derde oorgedra kan word indien die derde party ook aanvaar. Dít sal die effek hê dat die promittens nie die belofte kan herroep nie, maar die stipulans, aan wie die promittens die belofte gemaak het, wél kan.31

Hoe die gedeelte ook al vertaal word, is dit tog onduidelik waarom De Groot van aanvaarding deur die stipulans praat. Indien ons ’n benoemde begunstigde op ’n lewensversekeringspolis as voorbeeld van ’n stipulatio alteri neem, is dit tog die polishouer (die stipulans) wat die polis met die versekeringsmaatskappy (die

promittens) beding. Dit is die stipulans wat die kontrak inisieer. Dit is die promittens wat teenoor die stipulans moet beloof dat hy sal doen soos die stipulans hom gevra het, naamlik om met die stipulans se dood die polis aan die

benoemde begunstigde uit te betaal. Met die promittens se belofte om te maak

29 In die Engelse vertaling deur Dold 1948:34. Die Latyn lui: “Si mihi facta est promissio, omissa inspection an mea privatim intersit, quam introduxit ius Romanum, naturaliter videtur mihi acceptanti ius dari efficiendi, ut ad alterum ius perveniat, si et is acceptet …”.

30 De Groot De Jure Belli ac Pacis II.11.18, soos in Campbell 1901:141 (eie byvoeging tussen blokhakies).

soos die stipulans vra, verkry die stipulans sy reg – nie deur sy eie aanvaarding van wat hy self begin het nie.

Dondorp32 wys daarop dat De Groot volgehou het dat die ooreenkoms tussen die partye nie bedoel was om vir die stipulans ’n reg te skep om prestasie te eis nie, maar om seker te maak dat die promittens woord hou. Hy verklaar verder dat dit moeilik is om te bepaal wat De Groot bedoel het met die reg wat die derde party verkry, aangesien De Groot hier eintlik na ’n gedeelte van Covarruvias verwys,33 wat gehandel het oor aanvaarding deur die persoon wat nie teenwoordig was nie, waarna die stipulans sy eis aan hom moes sedeer:

According to Canon law one can stipulate for another when the promise is addressed to the person present … such a stipulation is valid and after the absent person has accepted and consented, the stipulator who is present must cede his claim to him.34

Hieruit is afgelei dat die reg bedoel was vir die stipulans om sodoende prestasie teenoor die derde party te eis.35 Dit blyk dus dat De Groot bedoel het dat die

stipulans die volle regte verkry, wat hy dan aan die derde party moet sedeer sodat

die derde party ook sý regte kan verkry.36 In dié verband het De Wet en Van Wyk gelyk gehad: “’n Ooreenkoms ten behoewe van ’n derde kan die affêre nie wees nie …”.37

De Groot blyk dus ʼn verwronge beeld van die stipulatio alteri te hê. Al is dit selfs nóú nog nie duidelik wat presies ’n ware stipulatio alteri is nie, is dit tog nie die bedoeling van ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde dat die promittens teenoor die stipulans moet presteer nie, maar juis teenoor ’n ander. En selfs al is dit verstaanbaar dat die stipulans indirek sy regte aan die derde party “sedeer”, is

32 Hallebeek en Dondorp 2008:56.

33 Die Spanjaard Diego Covarruvias y Leyva (1512-1577) was ’n professor in Salamanca, Spanje, wat later die aartsbiskop van Segovia geword het.

34 Hallebeek en Dondorp 2008:56 se vertaling van Covarruvias se Relectio super VI 1.18.2 II art 4 nr 13 (soos in Opera omnia)“Ipse opinor iure pontificis alteri per alterum posse stipulati

uerbis promissionis in praesentiam directis … hec stipulatio erit iure pontificis admittenda in hoc sensu ut ualida sit et secuta absentis acceptationem eiusque prestito consensus, teneatur presens stipulator ei actionem cedere.”

35 Hallebeek en Dondorp 2008:57. 36 Hallebeek en Dondorp 2008:57.

37 De Wet en Van Wyk 1992:104. Die outeurs meen egter dat die derde party reeds ’n reg uit die ooreenkoms tussen die stipulans en promittens verkry, en nie eers as hy self die belofte aanvaar het, soos De Groot geleer het nie. Hierdie reg is ook slegs ’n reg om te keer dat die

dit tog nie die stipulans wat die belofte aan die derde maak nie, maar die

promittens.

Hallebeek se vertolking van dié gedeelte van die De Jure Belli ac Pacis is dat die aanvaarding deur die teenwoordige party die belofte onherroeplik maak. Die derde party kan dan nie verder regte uit hierdie aanvaarding verkry nie, maar slegs uit sy eie aanvaarding van die belofte.38

Al wat De Groot dus ongetwyfeld tot die onderwerp bygedra het, is sy mening dat aanvaarding deur die derde party moet geskied om ’n reg te verkry, en dat die belofte nie ná aanvaarding deur die derde party herroep kan word nie – beginsels wat reeds in die Middeleeue uit die kommentatore en glosseskrywers se verklarings oor die stipulatio alteri na vore gekom het.39

3.2.2 Gevolgtrekking

Die volgende stelling van Waelkens oor De Groot is veral interessant:

De Groot is a monument, but we cannot read his works as absolute ideas carved by a genius into the foundations of human thought. The Inleidinge was written by a prisoner, De

Jure Belli ac Pacis by a displaced person, deprived of his rights and goods, a

misunderstood genius …40

Geen gesaghebbende bron oor die bedoeling van die stipulatio alteri in De Groot se tyd kon opgespoor word nie. Uit die gewoontes en eenvoud van die tyd kan ’n mens egter afleidings maak oor hoe die ooreenkoms gewerk het. Terugskouend kan daar afgelei word dat die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde ’n eenvoudige, eenmalige handeling was waar die een party ’n ander ’n voordeel wou laat verkry. Dit was ’n eenvoudige belofte van die promittens om in opdrag van die stipulans eenmalig iets te gee aan of te doen vir die derde, wat nie by kontraksluiting teenwoordig was nie.41 De Groot sê ook nêrens dat die derde ’n party in hierdie ooreenkoms word nie, want dit was nie nodig nie: Dit het immers slegs een aksie van die promittens vereis, wat hy kon afhandel deur die belofte gestand te doen sodra hy die derde party teëkom. Die ooreenkoms het dus nie bestaan uit komplekse klousules waarvoor die promittens ’n geleerde man moes

38 Hallebeek 2007:24. 39 Sien 2.2.5.

40 Waelkens 2008:177.

wees om al die pligte in die kontrak te kon uitvoer nie. Dit het slegs een bepaling gehad, naamlik dat die promittens aan die begunstigde sou gee wat die stipulans beveel het. Indien die promittens dan by die begunstigde sou kom en die voordeel aanbied, was dit ’n natuurlike uitvloeisel dat die begunstigde dit (naamlik die voordeel wat aangebied word in die kontrak) moes aanvaar het om die voordeel te verkry. Hierdeur is die kontrak voltooi en afgehandel. Dit is belangrik om hierdie eenvoud in gedagte te hou wanneer die stipulatio alteri van ouds gebruik word om die moderne werking van dié instrument te verklaar.

De Wet argumenteer dat die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde nie in De Groot se tyd in die praktyk onbekend was nie, maar dat dit veral in die vorm van die fideicommissum inter vivos voorgekom het. 42 Veral Johannes Voet se verklaring van die fideicommissum inter vivos is volgens De Wet en Van Wyk die aanknopingspunt vir die stipulatio alteri soos ons dit deesdae ken.43