• No results found

DIE ONTWIKKELING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN DIE ROMEINS HOLLANDSE REG

3.4 Ander ou skrywers se kommentaar oor die stipulatio alter

Hoewel De Groot en Voet die grootste bydraes op die gebied van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde gelewer het, is hulle nie die eerstes of enigstes wat oor die saak geskryf het nie. Vinnius (1588–1657), Groenewegen (1613–1652) en Van Leeuwen (1629–1682) het ook in hierdie verband bydraes gelewer nog voordat Voet hom oor die stipulatio alteri begin uitspreek het. Van der Keessel (1738–1816) is weer een van die meer onlangse skrywers op die gebied, hoewel sy werk101 ook op De Groot se Inleidinge gegrond is, terwyl Van der Linden (1756–1835) onder andere op Voet se Commentarius ad Pandectas kommentaar gelewer het.

Groenewegen, Van Leeuwen en Voet huldig dieselfde mening oor die reg wat ingevolge die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde vir die derde party ontstaan ten spyte van die derde se latere aanvaarding, dog sonder om enige bykomende waardevolle bydraes oor die inhoud of gevolge van die regte te lewer. 102 Van der Linden, Van der Keessel en Vinnius skaar hulle weer by De Groot en meen dat

100 Sien 6.2 en 6.3.

101 Theses Selectae Juris Hollandiae et Zeelandici ad Suppledam H Grotii Introductionem (Select Theses on the Laws of Holland and Zeeland, being a commentary on Hugo de Groot’s Introduction to Dutch Jurisprudence).

die derde se reg uit die aanvaarding spruit.103 Sekere van hierdie meningsverskille word vervolgens ondersoek.104

In sy uitleg van artikel 3.19.19 van die Digesta105 verklaar Groenewegen eerstens dat niemand vir ’n ander kan stipuleer nie. Hy voer egter ook aan dat vrygewigheid nie eiebelang najaag nie, en daarom kan niemand vir iemand anders se belang stipuleer nie. Hy verskaf ’n alternatief vir hierdie rede deur aan te voer dat:

… no right accrues to the stipulator, because that was not the contract; nor to the third person, because the stipulation was not between himself and the promisor, therefore that as far as he is concerned, the promise in question is only a nudum pactum, on which it is known by civil law no action can be founded.106

Moltzer107 kritiseer hierdie stelling van Groenewegen en meen “[m]et deze enkele opmerking valt het geheele fraaie gebouw ineen …”. Volgens Moltzer is die grondslag van Groenewegen se redenasie vals en begryp laasgenoemde nie die betekenis van sy woorde nie.108 Hallebeek verduidelik dat dit moeilik was om die

stipulatio alteri met die tradisionele leerstukke oor verbintenisse te vereenselwig

en dat Groenewegen die stipulatio alteri as ’n nudum pactum bestempel omdat dit in ’n beperkte mate, wat hierna verduidelik word, afdwingbaar was. “Nude pacts” het egter aanvaarding tussen partye vereis, en dus kon daar geen toestemming tussen die promittens en die afwesige begunstigde wees indien die begunstigde nie teenoor die promittens aanvaar het nie.109 Groenewegen verklaar egter verder dat dit ’n saak van eer is om woord te hou en daarom ontstaan daar ’n regsplig110 waar daar vir ’n ander gestipuleer word: “ … by stipulating for another an obligation is created”.111 Volgens Groenewegen ontstaan daar dus as gevolg van

103 Keeton 1929:82; Decker 1923:601; Hallebeek 2007:23. 104 Sien ook Wessels 1908:584-585.

105 Groenewegen Tractatus de legibus abrogates et inusitatis in Hollandia Vincinisque Regionibus 3.19.19: “Alteri stipularis nemo potest. Inventae enim sunt huiusmodi stipulations

vel obligations ad hoc, ut unusquisque acquirat sibi, quod sua interst: ceterum si alii detus, nihil interest stipulatoris hic. Futilis me Hercule ratio, charitas non quaerit quae sua sunt. 1. Cor. 13.5. cur igitur inventae sunt huiusmodi stipulations ad hoc, ut unusquisque sibi tantum acquirat? Adhaec falsum est quod si alii detur, nihil interst stipulatoris: cum beneficio adfici hominem intersit hominis, ut dicitur in 1.7 servus, in fin D. de serv. Export. Arg. 1.3 ut vim, in fin D. de just. Et jur. Et nemo tam demens, ut alteri stipuletur, nisi id sua quoque interesse existimet.”

106 Groenewegen Tractatus 3.20.19, vertaal deur Sampson 1908:91. 107 Moltzer 1876:216.

108 Moltzer 1876:216. 109 Hallebeek 2007:25.

110 Groenewegen Tractatus 3.20.19, vertaal deur Sampson 1908:91. 111 Groenewegen Tractatus 3.20.19, vertaal deur Beinart 1974:76.

die stipulasie ’n verbintenis vir die ander party.112 Decker wys daarop dat Groenewegen nié hier bedoel het dat die derde geensins hoef toe te stem of te aanvaar nie, maar slegs dat ’n stipulatio alteri wél geldig is. 113 De Wet argumenteer weer teen Groenewegen.114 Hoewel Groenewegen ’n paar skrywers aanhaal115 om sy stelling te staaf, kritiseer De Wet dit en meen dat ál hierdie stawende gesag eerder na (direkte of indirekte) verteenwoordiging verwys.116 Op sy beurt bestudeer Van Leeuwen deur wié daar verpligtinge ontstaan,117 en wys hy ook eers daarop dat ’n derde persoon nie deur ’n kontrak gebind kan word nie.118 ’n Vertaling van die betrokke gedeelte van Van Leeuwen se Censura

Forensis lui soos volg:

It is true that nowadays an effective action is granted because of a pactum nudem … although according to subtle law, the accipiens does not acquire anything from the stipulation made for another, because he does not seem to have done this, neither does the other, because no stipulation took place between him and the promittens. And yet, because nobody is presumed to stipulate for a third party, unless this is also in his own interest, it suffices to act in such a way; … by stipulating for another an effective obligation and action is acquired in the same way as if another person is added in view of the payment … 119

Van Leeuwen120 noem egter ook sekere uitsonderings, naamlik “… where the subject-matter concerns such party himself … or where the person who completed the transaction is in our power …”.121

Daarteenoor is Van der Keessel ’n aanhanger van De Groot se benaderings en meen op grond van paragraaf 37 en 38 van De Groot se Theses:

… daar moet gedink word aan die geval waar daar tussen die toesegging en die aanname wat sou volg, ’n sekere tussentyd moes verloop, met ander woorde die tyd wat nodig is

112 Groenewegen Tractatus 3.20.19, vertaal deur Sampson 1908:92. 113 Decker 1923:601.

114 De Wet 1940:131.

115 Onder meer De Groot se Inleidinge 3.3.38; De Jure Belli ac Pacis 2.11.18; Covarruvias se Quamvis, de pactis, Relectio 2.4.2 en Faber Codex Fabrianus 4.34.1.

116 De Wet 1940:131-132.

117 Van Leeuwen Commentaries 4.2.5 vertaal deur Kotzé 1886:8. 118 Van Leeuwen Commentaries 4.2.5.4 vertaal deur Kotzé 1886:15.

119 Hallebeek 1999:36 vertaling van Van Leeuwen Censura Forensis Lib IV cap 16, n8 Leyden 1741 p 404. Die latyn lui: “ Nemo alteri stipularis potest, nisi et ejus intersit, … vel poena sit

subjecta… Verum, quum ex nudo pacto hodie efficax detur actio, ut suo loco demonstravimus, licet subtili Jure, ex stipulatione alteri facta stipulatori non acquiritur, quia hoc actum non videtur, nec alteri, quia tamen nemo praesumitur alteri stipularis, nis et ejus intersit, idque actum esse sufficiat… Alteri stipulando efficax obligatio et actio acquiritur, haud secus, quam si solutions causa alterius persona sit adjecta…”

120 Van Leeuwen Commentaries 4.2.5.6, vertaal deur Kotzé 1886:18. 121 Van Leeuwen Commentaries 4.2.5.6, vertaal deur Kotzé 1886:19.

sodat die persoon aan wie die toesegging ten behoewe van ’n derde gemaak is, daardie derde oor hierdie saak kon inlig, sodat hy dienooreenkomstig die geleentheid kon hê om die toesegging wat ten behoewe van hom gemaak is, te aanvaar.122

Van der Keessel123 reken De Groot se mening kom kortom daarop neer dat ’n derde nie uit die stipulasie of aanname van ’n ander ’n reg kan verkry nie, wat die stipulasie kragteloos maak. Hy verklaar egter voorts dat, as gevolg van billikheid en nie soseer die “spitsvondigheid van die Romeinse Reg” nie,124 die toesegging ten behoewe van ’n derde tot gevolg sal hê dat die derde na verloop van tyd die toesegging kan aanvaar, tensy die toesegger dit dalk voor sodanige aanvaarding herroep.125

Van der Keessel se antwoord op sy eie standpunt hieroor is:

… dat daar eerstens wel met De Groot erken moet word dat ʼn ander ’n toesegging wat aan hom gemaak is vir ’n derde kan aanvaar, maar met dien verstande dat die reg nie vir die derde verkry word en aleer hy die toesegging, waaroor hy nou ingelig is, aangeneem het nie; hieruit volg dat die toesegger voor daardie party se aanname sy toesegging kan herroep, soos De Groot hier leer.126

Van der Keessel meen voorts dat Groenewegen van De Groot se leringe afwyk, omdat Groenewegen nie volgens hom die werklike rede verstaan waarom niemand ingevolge die Romeinse reg vir ’n ander kon stipuleer nie. Sy redenasie hiervoor is dat geen persoon sonder toestemming ’n reg uit die toesegging van ’n ander kon verkry nie, “[w]ant ten einde ’n reg te verkry, is ons toestemming ’n vereiste, en niemand kan dit sonder lasgewing namens ’n ander verskaf nie”.127 Hy voeg by dat hy nie daarmee akkoord gaan dat ’n buitestander as privaat persoon ’n toesegging regsgeldig namens ’n derde kan aanvaar nie.128

Van Leeuwen reken ook dat ’n persoon ’n belofte namens ’n ander kan aanvaar en sodoende vir hom, as buitestander, ’n vorderingsreg kan verkry, hoewel Van

122 Van der Keessel Voorlesinge oor die hedendaagse Reg na aanleiding van De Groot se Inleiding tot de Hollandse Rechtgeleerdheid (Theses 510 op 3.3.38), vertaal deur Gonin

1966:21. Latyn: “Ex promissione tertio facta, in quam Tertius ille sine mandato consensit, is, cujus interest, jus quidem acquirit, si deincepts promissionem acceptat, aut Tertius ille, qui sine mandato consensit, sit persona publica, veluti Notarius, Sed extra hos casus, ei, cajus interest, non acquire jus, recte Grotius docet, non ex juris Civilis subtilitate, sed ex ipsa rei natura, quam, deficient, consuetudine, vincere non potest Groeneweg. Et Voetii, ad t. D. de Verb. Obl. No 3, aliorumque dissentientium auctoritas.”

123 Van der Keessel Theses 510, vertaal deur Gonin 1966:121. 124 Van der Keessel Theses 510, vertaal deur Gonin 1966:121.

125 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:121. 126 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:123. 127 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:121-123. 128 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:123.

der Keessel hiermee verskil, naamlik dat die sessie van vorderingsregte nie deur die stipulasie vir ’n ander geskied nie, maar wel deur die lewering van die saak.129 Die enigste van die ou skrywers hierbo wat ’n nuwe en waardevolle bydrae tot die onderwerp lewer, is Van der Keessel, wat voorsiening maak vir ’n bepaalde tydperk tussen die aanbod van die voordeel aan die derde, en die aanvaarding van die voordeel deur die derde.130 Hierdie aanbod van die voordeel verhoed egter nie die stipulans om die stipulasie te herroep nie, en daarom kan sodanige herroeping steeds in hierdie tussentydperk gebeur indien die derde nog nie die voordeel aanvaar het nie.

3.5 Gevolgtrekking

Die voorafgaande bespreking toon duidelik dat De Groot die omvangrykste bydrae op die gebied van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde gelewer het. Dit is dan ook sy leerstuk wat steeds in die Suid-Afrikaanse gemenereg voorrang geniet.131

Die belangrikste gevolgtrekkings uit De Groot se werk is die belang van aanvaarding deur die derde. Sonder aanvaarding kan die derde geen reg verkry nie. De Groot swyg oor enige moontlike “vorm” van ’n reg voor aanvaarding, moontlik omdat daar geen behoefte was om voor aanvaarding enige beskerming aan ’n derde te bied nie. Dit was ’n eenvoudige ooreenkoms wat nie vir allerlei gebeurlikhede voorsiening gemaak het nie. De Groot sê ook nooit dat die derde party ná aanvaarding ’n party in die kontrak word nie. Daar kan afgelei word dat die kontrak in daardie stadium reeds afgeloop het omdat die derde die voordeel aanvaar en dus die voordeel in sy besit gehad het. Daarom was dit nie nodig om enigsins in hierdie stadium ’n party in die ooreenkoms te word nie.

Vir Voet se fideicommissum was dit wél nodig om die drie partye in die kontrak meer volledig as met die stipulatio alteri uiteen te sit. Hier is sprake van ’n outomatiese oordrag van een party na ’n ander, en dit wil voorkom of die uiteindelike party, die fideicommissarius, wel ’n mate van beskerming ontvang het in die vorm van ’n moontlike voorwaardelike reg solank die fiduciarius die voordeel

129 Decker 1923:601; Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:123. 130 Van der Keessel Theses 510 op 3.3.38, vertaal deur Gonin 1966:121.

vir eie gebruik en genot kon aanwend totdat daar aan ’n voorwaarde voldoen is. In hierdie opsig verskil die fideicommissum juis van die stipulatio alteri en kan Voet se lering net in ’n beperkte mate gebruik word om die stipulatio alteri te verklaar. Die ander ou skrywers het nie juis enige nuwe denkrigtings ingeslaan nie en hulle hetsy by De Groot of Voet geskaar. Van der Keessel lewer die enigste nuwe bydrae deur vir ’n tussentyd tussen die “toesegging” en die aanvaarding deur die derde voorsiening te maak. Hierdie tussentyd beskou Van der Keessel as die tyd wat moet verloop vandat die promissor die derde van die voordeel inlig totdat die derde die voordeel aanvaar.

In die tyd van die ou skrywers het daar egter ook ander kontrakte bestaan waarby derdes betrokke was. Later het daar dan ook verwarring tussen die stipulatio alteri in die besonder en die ander vorme van kontrakte ontstaan. Daarom is dit belangrik om die eienskappe van hierdie kontrakte van die eienskappe van die kontrak ten behoewe van ’n derde te onderskei. Dit word in die volgende hoofstuk gedoen.

HOOFSTUK 4

DIE ONDERSKEID TUSSEN DIE OOREENKOMS TEN BEHOEWE VAN ’N