• No results found

KONTRAKTUELE ASPEK: DIE OPRIGTING VAN DIE INTER VIVOS TRUST 10.1 Inleiding

10.3 Die effek van die “kontraktuele” trustakte op die wysiging daarvan

Die verklaring van die inter vivos trustakte as ʼn kontrak57 hou sekere gevolge in vir enige moontlike wysiging aan die akte.58 Indien die reëls oor kontrakwysiging op ʼn

inter vivos trustakte toegepas word, kan die ooreenkoms nie eensydig gewysig

word nie, maar moet die (twee) kontrakterende partye ingevolge die gemenereg die ooreenkoms saam wysig.59 In Crookes verklaar appèlregter Steyn “… the settlor could not … revoke the deed or create a different regime for the goods without the trustee’s consent …”.60

In die geval van die inter vivos trustakte is daar egter gesag vir die stelling dat die oprigter vir hom ʼn eensydige reg op herroeping61 of wysiging mag voorbehou.62 So byvoorbeeld is daar in Groeschke63 erken dat die oprigter vir hom ʼn eensydige reg op wysiging kan voorbehou in die trustakte, en is daar ook daaraan uitvoering gegee. Volgens Claassen sal dieselfde ook geld indien die eensydige wysigingsreg vir die trustee voorbehou word.64 Op die vraag of hierdie eensydige wysigingsreg op kontraktuele beginsels inbreuk maak, sê laasgenoemde nee, “want die konsensus is geleë in die oprigter en trustee se ooreenkoms op ʼn trustakte wat so ʼn bevoegdheid gereserveer het”.65 Daar was dus reeds by die

54 Mohamed v Ally 1999 2 SA 42 (HHA): 49D; Cameron et al 2002:179; 201. 55 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker: par 10.

56 Die Meester sal egter moontlik ’n bykomende trustee vir die trust voorstel voordat die trust geregistreer kan word, juis om ’n geval te voorkom waar die enigste trustee te sterwe kom. 57 Groeschke v Trustee, Groeschke Family Trust 2013 3 SA 254 (GSJ).

58 Die wysiging van die trustakte ingevolge die stipulatio alteri word later in meer besonderhede bespreek. Hier val die klem slegs op wysiging deur die oprigter en trustee as kontrakterende partye, en nie op die effek van die begunstigde se aanvaarding op wysiging van ʼn trustakte nie.

59 Pace en Van der Westhuizen 2016:B18.2; Cameron et al 2002:493; Du Toit 2007a:50. 60 Crookes v Watson: 305A.

61 Soos in Hofer v Kevitt 1998 1 SA 362 (HHA).

62 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 362 (HHA); Du Toit 2007a:49; Cameron et al 2002:492: Beinart 1980:20.

63 Groeschke v Trustee, Groeschke Family Trust: par 22. 64 Claassen 2014:252.

oprigting van die trustakte konsensus tussen die partye dat geen toestemming van die ander party nodig is voordat die persoon met die wysigingsreg wysigings kan maak nie. Dus, ongeag of die kontraktuele reëls bepaal dat ʼn kontrak slegs op ʼn tweesydige grondslag gewysig kan word, kan die trustakte in hierdie geval gewysig word soos wat die trustakte bepaal.

Daarteenoor kan ’n mens insien dat waar daar ’n leemte in die trustakte is, soos dat dit geen wysigingsklousule bevat nie, die reëls van die kontraktereg kan bystand verleen deurdat die akte steeds met albei kontrakterende partye se toestemming, met ander woorde aldus die gemenereg, gewysig kan word.66

Die onsekerheid ontstaan wanneer die akte ʼn klousule bevat wat enige wysigings aan die trustakte verbied en die trust sodoende onherroepbaar maak. Dit veroorsaak ’n botsing tussen die trustakte en die reëls van die kontraktereg: Ingevolge die trust mag geen wysigings aangebring word nie; ingevolge die kontraktereg is dit geykte reg dat enige kontrak met die kontrakterende partye se toestemming gewysig kan word.67 In Crookes het hoofregter Centlivres ook beslis dat so ’n “onherroepbare” trustakte steeds gedurende die oprigter se leeftyd gewysig kan word68 met die trustees se toestemming soos ingevolge die kontraktereg:

If A enters into a contract with B and the contract purports to be irrevocable that does not mean that the contract may not be cancelled or amended with the consent of both A and B.69

Hier “buig” die kontraktereg dus die onherroepbare trustakte tot herroepbaar, wat nie met die oprigter se oorspronklike bedoeling strook nie, en op sy eie oorspronklike wense kan indruis. Daar kan geargumenteer word dat die oprigter steeds sy goedkeuring vir die wysiging gee. Terselfdertyd kan ’n mens egter vra of die oprigter dan nie aan sy woord gehou kan word nie. Die oprigter se oorspronklike bedoeling was tog dat nóg hy nóg enigiemand anders die akte mag wysig. Indien hy nou van plan wil verander, moet daar tog gevra word of hy nie

66 Claassen 2014:250. Die trustakte kan ook deur ’n hofaansoek ingevolge art 13 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57/1988 gewysig word. Sien verder hieroor Du Toit 2013:40. 67 CIR v Estate Crewe 1943 AD 656; Hofer v Kevitt 1998 1 SA 362 (HHA).

68 Geach 2007:154. Indien die oprigter nie meer leef nie, sal die trustees geen wysigings kan aanbring nie en sal ’n hofaansoek ingedien moet word om die akte te wysig. Die vraag of die begunstigde se toestemming ook benodig word, word in hfst 12 bespreek.

hierdie nuwe idee eerder by ʼn tweede trust moet insluit nie. Die eerste trust moet volgens die oprigter (en trustees) se oorspronklike bedoeling voortduur. Tot waar strek ʼn persoon se kontrakteervryheid dus? Is dit nie juis kontrakteervryheid wat hom die geleentheid bied om ʼn onherroepbare akte op te stel nie? Of behels kontrakteervryheid dat hy nog nadat die kontrak in werking getree het daaraan kan wysig? Strek kontrakteervryheid tot ná oprigting of eindig dit met kontraksluiting? Dit is te verstane dat sekere wysigings later vereis kan word, om welke rede onherroepbare trusts nie voorgeskryf word nie. Myns insiens moet daar egter by die bepalings gehou word, en kan wysigings nie net tussen die oprigter en trustees aangebring word nie. Indien die trustbepalings onuitvoerbaar word, het die partye ook, ten spyte van ander gemeenregtelike reëls, artikel 13 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed70 tot hulle beskikking om deur middel van die hof wysigings aan te bring.

Appèlregter Steyn het hoofregter Centlivres se siening dat die onherroepbare akte steeds gewysig kan word, verwerp, en gesê dat dit in daardie geval gelyk het of die oprigter wel nie ten volle van die reg op wysiging afgesien het nie, en die trustakte daarom steeds volgens ooreenkoms met die trustees gewysig kon word. Indien daar egter ʼn absolute onherroepbaarheidsklousule was, sou daar, na my mening, geen wysigings gemaak kon word nie.71

Wat in Parker beskryf is as die “constitutive charter” van die trust72 kan dus moontlik in stryd wees met die gemeenregtelike reëls van die kontraktereg. Die spanning tussen die trustakte as “bepalende handves” van die trust aan die een kant, en die kontraktereg aan die ander kant, blyk ook duidelik uit Claassen73 se bespreking. Hy argumenteer aan die hand van Crookes soos volg:

Deur te sê dat ʼn trust wat uitdruklik onherroepbaar gemaak is steeds deur ooreenkoms tussen die kontrakpartye gewysig kan word, regverdig nie outomaties ʼn afleiding dat wysigings in terme van ʼn uitdruklike wysigingsbevoegdheid nou aan addisioneel gemeenregtelike stipulatio alteri-vereistes moet voldoen nie.74

Indien die oprigter en trustees uitdruklike wysigingsbevoegdheid ontvang het, maar die begunstigde het reeds aanvaar, moet hy ook ingevolge die positiewe reg

70 57/1988.

71 Crookes v Watson: 306D-F.

72 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker: par 10. Sien ook Du Toit 2013:39-45. 73 Claassen 2014:250-255.

tot die wysigings toestem, ondanks die uitdruklike bepaling in die trustakte hieroor.75 As ʼn wysigingsklousule dus bepaal wie die trustakte mag wysig, dog dít nie met die reëls van die stipulatio alteri strook nie, moet daar boonop aan laasgenoemde reëls óók gevolg gegee word.

Indien slegs die trustees byvoorbeeld wysigingsbevoegdheid in die akte ontvang, is die trustakte nie onherroepbaar nie en sal die gemeenregtelike reël (om in oorleg met die oprigter wysigings aan te bring) daarom nie geld nie. Dan sal die vraag wees of ʼn oprigter wat graag ʼn bepaling wil verander die saak sal kan opper of net die trustees sal kan probeer oortuig dat hulle die wysiging moet aanbring, aangesien net hulle die mag het.

Hierdie bepalende handves, oftewel die trustakte, kan dus die kontraktuele reëls systap deurdat dit in sekere omstandighede eensydig gewysig kan word; aan die ander kant word die kontraktuele reëls egter afgedwing op die trustakte wat die reg op “geen wysiging” voorbehou. Tog sal daar gehoor gegee moet word aan die reël van die stipulatio alteri dat die begunstigde wat reeds aanvaar het tot wysigings moet toestem, ondanks die bepaling in die trustakte wat die wysigingsbevoegdheid vir slegs sekere partye voorbehou. In ʼn onherroepbare trustakte is die partye veronderstel om woord te hou deur geen wysigings aan te bring nie, en sal die toestemming van die begunstigde wat aanvaar het nie nodig wees nie. Indien die onherroepbare trustakte egter deur die gemenereg tot herroepbaar “gebuig” word, sal daardie begunstigde se toestemming wel verkry moet word.

10.4 Gevolgtrekking

Uit die voorafgaande blyk daar duidelik ʼn botsing te bestaan wanneer die inter

vivos trust as ʼn kontrak beskryf word. Die kernoorsaak lê daarin dat die inter vivos

trust ʼn unieke verskynsel is, met verskeie elemente wat moeilik in die kontraktereg se reëls vasgelê word.

Van hierdie aspekte wat moeilik deur die beginsels van ʼn kontrak verduidelik word, is die eensydige aard van ʼn trustakte, die vraag oor wilsooreenstemming waar die kontrakterende partye die verskillende hoedanighede van dieselfde

persoon is, en die regte wat ʼn trustakte kan verleen wat nie deur die gemenereg gepootjie behoort te word nie. In Peterson v Claassen76 sê regter Bozalek:

[T]he contractual basis for the establishment of most trusts does not mean that such entities and their relations with third parties are invariably dealt with in terms of contractual principles.

Cameron et al het gelyk dat die kontraktereg die inter vivos trust kan help verklaar. Tog gaan die outeurs ook voort en sê:

But this does not establish that trusts inter vivos are contracts or a species of contract, and the suggestion that “in our law a consensual trust is nothing but a contract” suggests an unfortunate reductionism that ignores the subtlety of 200 years of historical development, while threatening to impoverish our law of obligations.77

Dat inter vivos trusts met behulp van die beginsels van die kontraktereg verklaar moet word:

… alludes to problems concerning the formation and revocation of trusts inter vivos and the acquisition of rights by beneficiaries, and not to the administration of trusts or the supervisory jurisdiction of the court and the Master.78

Die kontraktuele verklaring van die inter vivos trust laat daarom geen ruimte vir die unieke oprigting van ʼn trustakte nie, en hoofregter Watermeyer in Crewe79 moes myns insiens dus waarskynlik eerder volstaan het by wat hy by die Engelse trustreg geleer het dat hierdie trust sui generis is.

76 Peterson v Claassen 2006 5 SA 191 (K): 196G. 77 Cameron et al 2002:35.

78 Cameron et al 2002:35. 79 CIR v Estate Crewe: 673.

HOOFSTUK 11

KONTRAKTUELE ASPEK: AANVAARDING DEUR DIE BEGUNSTIGDE EN DIE