• No results found

DIE HUIDIGE REGSAARD EN WERKING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN SUID-AFRIKA

6.4 Algemene benaderings tot die aard van die ooreenkoms in die stipulatio

alteri

Nadat die aanvaardingsvereiste algemene praktyk geword het, het daar hoofsaaklik drie benaderings ontstaan tot wat presies hierdie aanvaarding vir die verhouding tussen die drie partye in die kontrak beteken. Hierdie drie benaderings

72 Afgesien van die toepassing van die stipulatio alteri op die inter vivos trust wat in deel III bespreek sal word.

73 Sien 6.5.2.

74 Brownsword en Hutchison 2001:140.

75 Sien daarom 11.3.3 oor die moontlike regte vir trustbegunstigdes in die trustkonteks waar die stipulatio alteri soos toegepas in lewensversekeringskontrakte nie so maklik op die verskillende soorte trusts toegepas kan word nie.

word kortliks hieronder bespreek aan die hand van regspraak en akademici se vertolking daarvan.

6.4.1 Die eenkontrakbenadering76

Volgens hierdie benadering bestaan die kontrak wat ’n stipulatio alteri uitmaak uit slegs een oorspronklike kontrak tussen die stipulans en promittens. Na aanvaarding deur die derde vervang die derde egter die stipulans en word dit gevolglik ’n kontrak tussen die derde en die promittens. Die doel van hierdie kontrak is om vir die derde ’n reg in die kontrak te skep.77 Joubert verwoord dié eenkontrakbenadering soos volg:

Upon acceptance of the stipulation in his favour the relationship between the stipulator and the promisor falls out of the picture and there is then only a legal relationship between the promisor and the third party to be considered.78

Hoewel die meeste skrywers dit eens is dat die stipulans uit die kontrak wegval,79 voer Van der Merwe et al aan dat dit nie die geval hoef te wees nie, want “he [stipulans], after all, retains an interest in the execution of the contract”.80 Hiermee meen Van der Merwe et al dus dat die stipulans nie wegval nie, en die derde ook nie deel word van die oorspronklike kontrak nie.81 Uit hulle siening kan daar afgelei word dat die derde nooit deel word van enige kontrak nie, maar slegs ’n voordeel uit die kontrak tussen die stipulans en promittens verkry. Hulle benadering vereis dan ook net een kontrak (tussen die stipulans en promittens), maar verskil tog van die algemene eenkontrakbenadering, wat uiteindelik uit ’n kontrak tussen die derde en promittens bestaan.

Hierdie onderskeid deur Van der Merwe et al is belangrik en kom inderwaarheid op ’n afsonderlike benadering neer, wat nie met die suiwer eenkontrakbenadering gelykgestel kan word nie. Dat die derde nie deel word van die ooreenkoms nie impliseer dat die derde nie insae in die kontrak verkry, soos wat die meeste ander

76 McKerron 1929:393; Reinecke et al 2002:301; Evans 2002:695; Joubert 1987:189; Sonnekus 1999:603; Van der Merwe et al 2012:234; De Wet en Van Wyk 1992:107; Reinecke en Nienaber 2009:8.

77 Van der Merwe et al 2012:234.

78 Joubert 1987:189. Sien ook Evans 2002:695, wat tot dieselfde slotsom kom. 79 Joubert 1987:189; Evans 2002:295.

80 Van der Merwe et al 2012:234. 81 Van der Merwe et al 2012:234.

benaderings aanvoer nie. Die derde kry slegs ’n voordeel uit die kontrak, wat hy deur sy aanvaarding kan bevestig.

6.4.1.1 Aanvaarding en gepaardgaande regte in die eenkontrakbenadering

Ingevolge die eenkontrakbenadering moet die derde ook, volgens die algemene reël in Suid-Afrika, die voordeel aanvaar. Die voordeel in hierdie kontrak is ’n reg. Die uitwerking van hierdie aanvaarding, soos Van der Merwe et al dit stel, is dus nie die aanvaarding van ’n gewone aanbod nie, maar “a unilateral juristic act that serves to confirm and stabilise the right of the third party”.82

Die derde kan egter nie net die regte aanvaar nie, veral nie as hy die stipulans se plek moet inneem nie, want dit sal ook bepaalde verpligtinge insluit. Hoofregter Innes in McCullogh v Fernwood Estate Ltd83 beslis in hierdie verband soos volg:

It may happen that the benefit carries with it a corresponding obligation. And in such a case it follows that the two would go together. The third person could not take advantage of one term of the contract and reject the other. The acceptance of the benefit would involve the undertaking of the consequent obligation.

Hierdie siening sal egter in stryd wees met die gemeenregtelike gedagte van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde, waar slegs regte, en nie verpligtinge nie, vir die derde beding kan word.84

Voorts maak McCullogh melding van ’n vinculum juris wat na die derde se aanvaarding tussen die promittens en derde tot stand kom, maar verklaar nie wat die aard of inhoud van hierdie vinculum juris is nie. Volgens Van der Merwe et al ontstaan daar ingevolge hierdie benadering twee verpligtinge: dié tussen die

stipulans en promittens, en dié tussen die promittens en die derde. Die derde se

aanvaarding is ’n “opskortende voorwaarde” wat die promittens se verpligting teenoor die derde kwalifiseer – ’n “voorwaarde” omdat die verpligting sal wegval indien die onseker gebeurtenis nie plaasvind nie, en “opskortend” omdat die reg slegs ná aanvaarding uitgeoefen kan word.85 Wat die derde se regte betref, sal dit

82 Van der Merwe et al 2012:234. Sien ook Reinecke en Nienaber 2009:8. 83 206.

84 Van der Merwe et al 2012:235.

85 Van der Merwe et al 2012:234 vn 175. Sien egter ook Sonnekus 1999:609, wat dit eerder as ’n ontbindende voorwaarde beskou.

ná aanvaarding vestig, en kan die stipulans nie meer die ooreenkoms herroep nie.86

Volgens Van der Merwe et al se vertolking van die eenkontrakbenadering, waar die derde nié die stipulans se plek inneem nie, is die derde se aanvaarding ook die:

… justification for conferring a right on the third party under the original contract … in spite of the fact that the third party was not a party to that contract and possibly did not even know of it.87

Verder verkry die derde onmiddellik ’n reg by die sluiting van die ooreenkoms tussen die stipulans en promittens, want dít is wat in die kontrak beding is, hoewel die reg wel van die derde se aanvaarding daarvan afhang. Van der Merwe et al meen hierdie voorwaardelike reg is waarom daar nie ’n formele aanbod aan die derde gemaak hoef te word nie, en ook waarom die stipulans of promittens nie die derde van aanvaarding kan weerhou nie. Hulle reken voorts dat ’n eksekuteur van die oorlede derde party se boedel bevoeg is om die voordeel te aanvaar, en dat die derde sy reg kan bevestig ongeag die stipulans of die promittens se afsterwe.88 Voormelde onmiddellike reg vir die derde stem waarskynlik meer ooreen met Voet se siening van ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde, wat die derde bloot hoef te “bevestig” en dus nie hoef te aanvaar nie.89

Ook De Wet verduidelik die eenkontrakbenadering na aanleiding van Voet, maar maak moontlik ’n fout deur aan te voer dat die derde die voordeel teenoor die

stipulans moet aanvaar, en nie teenoor die promittens nie:

’n Egte ooreenkoms ten behoewe van ’n derde is steeds ’n ooreenkoms waardeur die

stipulans vir die derde ’n reg skep. Die derde het sy reg aan die stipulans te danke en

maak dit onherroeplik deur dit van die stipulans te aanvaar.90

Dit is immers die promittens wat die voordeel aan die derde moet lewer. Dít is waaroor daar ooreengekom is en daarom moet die derde die voordeel teenoor die

promittens aanvaar. So nie, is daar tog geen plek vir die promittens nie en is dit

nie ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde nie.

86 Van der Merwe et al 2012:234. 87 Van der Merwe et al 2012:234. 88 Van der Merwe et al 2012:235.

89 Sien 3.3 hierbo en Voet Commentarius 39.5.43. 90 De Wet en Van Wyk 1992:109; De Wet 1940:152.

Hierdie benadering – veral die oortuiging dat die derde die stipulans se plek inneem – het heelwat kritiek ontlok. De Wet en Van Wyk gebruik byvoorbeeld die praktiese geval van ’n huweliksvoorwaardekontrak om hierdie onsinnigheid te illustreer, naamlik dat waar ’n eggenoot wat in ’n huweliksvoorwaardekontrak vir ’n kind regte beding tog sekerlik nie uit die kontrak wegval sodra die kind aanvaar het nie, en die kind word allermins ’n party in die kontrak met die ander eggenoot.91 Die derde kan gewoon nie die stipulans se plek inneem nie.

Wanneer dit aan die hand van die ware of oorspronklike stipulatio alteri getoets word, is die eenkontrakbenadering in sommige opsigte suiwer in die sin dat die derde se reg uit die oorspronklike kontrak voortspruit. Tog is dit stellig onnodig vir die stipulans om uit die kontrak weg te val nadat die derde aanvaar het. Dit strook ook nie met die bedoeling van die oorspronklike stipulatio alteri nie. Die unieke aard van die stipulatio alteri is juis daarin geleë dat die derde ’n reg uit iemand anders se kontrak verkry, en maak dit juis vir hom onnodig om self ’n party in daardie kontrak te word. Vir die uitvoering van die stipulatio alteri om as geldig in Suid-Afrika aanvaar te word, moet dit plek maak vir die regte van ’n buitestaander sonder dat hy ’n party in die kontrak word, want dít is die wese van ’n stipulatio

alteri – ’n ooreenkoms tussen twee partye om ’n ander “nié-party” te bevoordeel.92

Die derde se aanvaarding van sy reg behoort nie sy stand te verander nie en is bloot ’n erkenning dat hy gewillig is om te ontvang wat vir hom gestipuleer is. Hy hoef nie ’n party in die kontrak te word om hierdie aanvaarding (amper “adiasie”)93 te kenne te gee nie. Aanvaarding behoort dus nie te veroorsaak dat die derde ’n kontrakterende party word nie.

6.4.2 Die tweekontrakbenadering94

Ingevolge die tweekontrakbenadering is die doel van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde ook om die derde ’n party in ’n kontrak (weliswaar ’n

91 De Wet en Van Wyk 1992:107. 92 Sien 5.6(b).

93 Soos in die erfreg aangetref word.

94 McKerron 1929:394; Malan 1976:86; Getz 1962:43; Davis 1993:277; Evans 2002:695; Van der Merwe et al 2012:235; Sutherland 2006:212.

tweede kontrak) te laat word. In Crookes v Watson95 verduidelik appèlregter Schreiner hierdie benadering soos volg:

But in the legal sense, which alone is here relevant, what is not very appropriately styled a contract for the benefit of a third person is not simply a contract designed to benefit a third person; it is a contract between two persons that is designed to enable a third person to come in as a party to a contract with one of the other two.96

en:

… the typical contract for the benefit of a third person is one where A and B make a contract in order that C may be enabled, by notifying A, to become a party to a contract between himself and A.97

Hier kom dus ’n tweede kontrak tussen die promittens en die derde tot stand wat apart van die oorspronklike kontrak tussen die stipulans en die promittens staan. Die voordeel wat die derde in die stipulatio alteri verkry is “die bevoegdheid om ’n kontrak met die promissor op die bedonge bepalings te sluit”.98 In Eldacc (Pty) Ltd

v Bidvest Properties (Pty) Ltd99 bevestig die Hoogste Hof van Appèl regter Schreiner se siening in Crookes hierbo as “a correct statement of the law; and it has twice been approved by this court”.100 Eldacc gaan egter ook verder en argumenteer teen die eenkontrakbenadering, naamlik dat die derde nie bloot die

stipulans kan vervang nie:

... counsel repeatedly submitted that once the third party ... accepted the benefit ... the third party ‘stepped into the shoes’ of the stipulator ... This analysis is also unsound. There have been cases in which this court has said that by accepting the promise made by the promisor, the third party ‘becomes a party to’ the contract between the stipulator and the promisor ... But it has never been suggested that the third party succeeds to the rights of the stipulator. On the contrary, this court has made it clear repeatedly that the vinculum

iuris or legal bond created upon acceptance of the benefit by the third party, is between the

third party and the promisor.101

Hieruit word afgelei dat die hof dit as verkeerd beskou om te meen dat die derde die stipulans se plek kan inneem soos wat die eenkontrakbenadering argumenteer.

Eldacc verdedig egter dan ’n tweede kontrak tussen die derde en promittens: Die

95 1956 1 SA 277 (A).

96 Crookes v Watson 1956 (1) SA 277 (A): 291C.

97 Crookes v Watson: 291E. Sien ook Malan 1976:85, wat hierdie benadering steun. 98 Malan 1976:87-88.

99 2011 JDR 1178 (HHA).

100 Eldacc (Pty) Ltd v Bidvest Properties (Pty) Ltd 2011 JOL 27990 (HHA): par 8. Die twee sake waarna die regter verwys, is Joel Melamed & Hurwitz v Cleveland Estates (Pty) Ltd 1984 3 SA 155 (A): 172D-F en Total SA (Pty) Ltd v Bekker 1992 1 SA 617 (A): 625E-F.

derde word wél ’n kontrakterende party – nie in die oorspronklike kontrak nie, maar wel in ’n tweede kontrak met die promittens.

Aangesien dit egter die stipulans is wat die voordeel vir die derde party beding, is dit moeilik om te aanvaar dat die stipulans geensins in die kontrak met die derde party ter sprake is of daarby ’n belang het nie.102

Tog argumenteer Getz:

If C accepts this offer, he does so as a contracting party, and not a third person. There are two contracts involved, and the rights and liabilities flowing from each are distinct: there is firstly, the contract between A and B, in which C has no interest, and secondly, that between A and B on the one hand and C on the other. It is in respect of the latter contract alone that C acquires rights and duties.103

Ook Hotz is duidelik ten gunste van die tweekontrakbenadering:

The courts accept that the stipulatio alteri does not by itself create a right for the beneficiary. Instead, it is intended to enable the beneficiary eventually to step in as a party to a contract with one of the original contracting parties … When the third party accepts the stipulation in his favour, the relationship between the stipulator and the promisor falls away, which leaves only a legal relationship between the promisor and the third party.104

Regter Greenberg in Jankelow v Binder, Gering and Co105 bevestig boonop:

Now I think Mr Schreiner is right when he says the test whether the contract is made for the benefit of a third party is whether that third party, by adopting the contract, can become a party to it.

Van der Merwe et al wyk egter af en sê die bedoeling van die ooreenkoms is nie dat dit die derde ’n party in ’n kontrak maak nie, maar dat die promittens die

stipulans beloof om ’n aanbod aan die derde te rig. Hierdie aanbod is om ’n

voordeel te lewer soos wat die kontrak stipuleer.106 ’n Verdere onsekerheid handel ook oor die inhoud van die tweede kontrak tussen die derde en promittens, met ander woorde wat daardie kontrak bepaal. Dit is immers nie dieselfde kontrak met dieselfde bepalings as wat tussen die stipulans en promittens gesluit is nie. Bestaan hierdie tweede kontrak dan bloot as ’n aanbod van ’n voordeel aan die derde, en die jawoord van die derde as aanvaarding van hierdie aanbod? Dié

102 Getz 1962:44. 103 Getz 1962:43.

104 Evans 2002:695 op gesag van Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz, eie onderstreping.

105 1927 TPD 364:370.

106 Van der Merwe et al 2012:233. Gayather v Rajkali 1947 4 All SA 330 (D): 332 praat ook van ’n aanbod: “Where an agreement is made for the benefit of a third party, the agreement operates as an offer to the third party, and the third party’s acceptance of the offer creates a

vraagstuk strek selfs verder as die derde se regte ter sprake kom, soos uit die onderstaande sal blyk.

6.4.2.1 Aanvaarding en gepaardgaande regte in die tweekontrakbenadering

Voor aanvaarding kan die benoeming nog herroep word, en is daar nog geen verwantskap tussen die stipulans en promittens aan die een kant en die derde aan die ander nie.107 Wat die derde se regte voor aanvaarding betref, meen Reinecke en Nienaber dat die derde geen reg het nie – nie eens ’n voorwaardelike een nie – maar hoogstens ’n verwagting.108 Ná die derde se aanvaarding kom daar ’n tweede kontrak tussen die promittens en die derde tot stand.109 Hierdie kontrak is die bron van die vorderingsreg110 wat die derde verkry.111

Volgens Joubert verdwyn die stipulans ná aanvaarding uit die prentjie.112 Dít is egter nie werklik nodig nie: Daar kan dalk eerder gesê word dat die stipulans nie ’n party in die nuwe kontrak tussen die promittens en derde is nie. Indien daar steeds verpligtinge in die kontrak tussen die stipulans en promittens bestaan, sal hierdie kontrak voortduur tot wanneer dit ingevolge die bepalings daarvan ten einde loop. Tog het die stipulans geen insae in die nuwe kontrak tussen die

promittens en die derde nie – dit is iets apart. Die derde neem dus nie die stipulans se plek in nie113 en hoef nie die kontrak tussen die stipulans en

promittens te aanvaar nie. Die nuwe kontrak is slegs van toepassing op die promittens en die derde, en kan deur hulle gereël word.

Volgens Kerr moet die derde se aanvaarding van sy reg ook ’n aanvaarding van die gepaardgaande verpligtinge insluit.114 In hierdie verband is in McCullogh115 beslis:

It may happen that the benefit carries with it a corresponding obligation. And in such a case if follows that the two would go together. The third person could not take advantage

107 Getz 1962:44.

108 Reinecke en Nienaber 2009:8.

109 Crookes v Watson: 291E; Botes v Afrikaanse Lewens-versekeringsmaatskappy (Bpk) 1967 3 SA 19 (W): 23.

110 Sien Malan 1976:87.

111 Van der Merwe et al 2012:233. 112 Joubert 1987:189.

113 Buiten die siening van Van der Merwe et al 2012:234.

114 Midgley 1985:23. Sien egter Visser en Cook 2008:405, wat argumenteer dat dít nie met lewensversekeringskontrakte die geval kan wees nie aangesien die derde nie die premies hoef oor te neem nie.

of one term of the contract and reject the other. The acceptance of the benefit would also involve the undertaking of the consequent obligation.

Christie en Bradfield116 reken dít kan dan beteken dat die kontrak selfs tot nadeel van die derde kan wees, en nie noodwendig tot sy voordeel nie.117 Dít sal die skaal geheel en al laat oorhel na ’n kontrak waarvan die suiwer bedoeling nie noodwendig is om die derde te bevoordeel nie, maar eerder om die derde die mag te gee om die kontrak te aanvaar – wat ook as die primêre voordeel van die tweekontrakbenadering beskou word.118 Maar soos die eenkontrakbenadering, is so ’n redenasie eweneens in stryd met die tradisionele gedagte van ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde, waardeur die derde slegs regte kan verkry.119

As bogenoemde vraagstuk oor die inhoud van die tweede kontrak dan egter weer bekyk word, is dit moeilik om te bepaal of hierdie tweede kontrak werklik iets apart is van die eerste, oorspronklike kontrak indien die regte én verpligtinge van die eerste kontrak in die tweede kontrak oorgeneem moet word. Bevat die oorspronklike en die tweede kontrak dan dieselfde inhoud? Dít kan tog nie wees nie aangesien die derde nie volgens die tweekontrakbenadering ná aanvaarding die stipulans se plek inneem nie. Daarbenewens, indien die inhoud van die twee kontrakte dieselfde is, wat is dan die doel van die tweede kontrak? ’n Waarskynlike antwoord sou kon wees dat die tweede kontrak opgestel word om regverdiging te bied vir die derde se reg aangesien ’n buiteparty nie uit ander partye se kontrakte ’n reg kan verkry nie. Is dit egter nie juis die unieke aard en oogmerk van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde om in ’n kontrak tussen twee partye sekere regte vir ’n buitestaander te stipuleer nie? Om dan ’n tweede kontrak te veronderstel is om die stipulatio alteri se uitvoering ongeldig te verklaar. Die uitwerking van ’n stipulatio alteri – naamlik dat ’n kontrak tussen twee partye vir ’n buitestaander regte kan stipuleer – word dan nie erken nie.