• No results found

DIE ONTWIKKELING VAN DIE STIPULATIO ALTERI IN DIE REGSPRAAK VAN SUID-AFRIKA

5.4 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz

Die eerste belangrike saak waarin die nuut gestigte Appèlhof oor die stipulatio

alteri moes beslis, was Mutual Life Insurance Co. of New York v Hotz.53 Die saak het gehandel oor ’n lewensversekeringspolis wat ’n seun (Lazarus) aangekoop het en waarin hy sy pa (Jacob) as begunstigde benoem het om by die seun se dood ’n uitbetaling van £1 000 te ontvang. Die polis het egter ook voorsiening gemaak vir ’n afloswaarde nadat ’n sekere tydperk verloop het. Die pa is oorlede, en die

49 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 282 (eie onderstreping). 50 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 282 (eie onderstreping). 51 Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez: 282.

52 Sien 6.5.2 vir ’n bespreking oor wanneer die derde mag aanvaar. 53 1911 AD 556.

seun het die afloswaarde geëis om aan Hotz (aan wie hy intussen die polis gesedeer het) oor te betaal. Die pa was nooit bewus van die polis nie, en het daarom nooit sy aanvaarding van die tersaaklike voordeel laat blyk nie.54

Die hof a quo het gesteun op die uitspraak in Tradesmen’s, in die besonder die “reël” dat die derde eers die “stipulasie” moes aanvaar voordat hy sy reg teenoor die promittens kon afdwing. Die seun kon daarom nog voor die pa se aanvaarding die versekeringsmaatskappy van sy verpligting onthef om aan die pa te betaal, of ’n ander begunstigde benoem. Die hof a quo het ook na De Groot se De Jure Belli

ac Pacis 2.12.18 verwys, wat duidelik ’n fout was en 2.11.18 moes wees,

aangesien dit hier handel oor ’n derde party se aanvaarding van ’n belofte in ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde.55 Die hof van eerste instansie het voorts beslis dat die belofte in geval van versekering aan die versekerde gemaak word, wat in eie belang kontrakteer en die bedrag in die polis kan eis, behalwe as die persoon wat hy as begunstigde in die polis benoem die “voordeel” in die polis aanvaar.56 Die saak is daarom in die guns van die seun se sedent, Hotz, beslis. Ondanks onduidelike en dubbelsinnige argumente in die Appèlhof se uitspraak, soos:

If dealt with under English law, it would create a trust in favour of the father, and this trust could not be revoked by the insured … Either Lazarus or the Company might be trustee for the father, and the Company has constituted itself trustee for him …57

Even if Lazarus was an agent, he had no right to accept money … Agency between a father and son is readily presumed.58

This is a voluntary donation and can always be revoked till communicated and accepted.59

het die Appèlhof by monde van hoofregter De Villiers en regter Innes egter in die guns van die versekeringsmaatskappy beslis. In sy beslissing voer hoofregter De Villiers aan dat die pa se verteenwoordigers (daar word aangeneem dat dít na die eksekuteur van die pa se boedel verwys) ná sy dood steeds die “stipulasie” wat tot sy voordeel gemaak is, kon bekragtig.60 Hoofregter De Villiers neem aan dat die

54 Mutual Life Insurance Co. of New York v Hotz 1911 AD 556: 557-558. 55 De Groot 2.11.18, vertaal deur Campbell 1901:141.

56 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 559. 57 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 560. 58 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 561. 59 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 561. 60 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 563.

seun die polis aan die pa gesedeer het.61 Sessie verskil tog van ’n benoemde begunstigde,62 maar daar word nie hier aangedui as watter soort sessie – d.w.s. ’n volwaardige sessie of ’n sessie in securitatem debiti63 – die hoofregter hierdie geval beskou nie. Daarbenewens argumenteer hy dat hoewel die versekeringsmaatskappy geen kennisgewing van aanvaarding ontvang het nie, die pa se verteenwoordigers dit ook nie gerepudieer het nie, en dus is uitspraak in die versekeringsmaatskappy se guns gegee.64

In sy uitspraak beslis regter Innes dat dit hier oor derde partye se regte in ooreenkomste ten behoewe van ’n ander gaan, en sê hy (met reg) dat:

… the son, who was contracting for his own benefit, and in the absence of acceptance by the father was entitled to change the beneficiary, or to allow the policy to lapse, and was therefore, under such circumstances, the only person who could demand the surrender value.65

Hy bevestig ook later op grond van Tradesmen’s dat ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde geld en dat indien die derde party die “stipulasie” aanvaar het, hy ’n aanspraak daarop gehad het, en voeg by:

… if the third party desires to enforce a stipulation made in his favour, he must accept it; for until he has notified his decision to the promisor, there is no vinculum juris between them. The stipulation, however, may be accepted at any time while it remains open.66

Dit lyk dan of regter Innes, wat heeltyd geklink het of hy ten gunste van die seun was, sy mening verander, dalk onder hoofregter De Villiers se invloed,67 wanneer hy sê dat die vraag derhalwe is of die aanbod steeds beskikbaar is vir die pa se “verteenwoordigers” om die voordele te aanvaar. Hy bevestig dan dat dit wél nog beskikbaar is, en beslis dus in die guns van die versekeringsmaatskappy.68

5.4.1 Kritiese ontleding van Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz Scott begin haar kritiek op die Hotz-saak soos volg:

61 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 563.

62 ’n Polis wat aan iemand gesedeer is, sal voorkeur kry bo ’n benoemde begunstigde by die uitbetaling van die polis. Sien Muller 2005:368-369.

63 Sien Muller 2005:368-369 vir ’n verklaring van die soorte sessie. In die volwaardige sessie gaan die hele opbrengs na die sessionaris, waar by die sessie in securitatem debiti net die skuld van die sessionaris afgelos word en die oorblywende opbrengs, indien enige, na die versekerde of begunstigde gaan soos in die geval van ’n lewensversekeringspolis.

64 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 564. 65 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 565. 66 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 567. 67 Ook die mening van De Wet 1940:150.

Op ’n subjektief-persoonlike vlak lyk hierdie uitspraak vir my na ’n geregtelike mistasting waarin daar nie aan die bedoeling van die seun (stipulans) uitvoering gegee is nie.69

Getz kom weer in sy bespreking oor die Hotz-saak tot die volgende gevolgtrekking:

At this time, therefore, all that one could say with certainty was that South African law recognized a contract for the benefit of a third party, and that, to make it enforceable by him, he had to ‘accept’. It is this act of ‘acceptance’ which is the key to the entire concept, since not only does it perfect the arrangement so far as the third party is concerned, but it also determines the juristic nature and foundation of his right.70

In De Wet se kommentaar op die Hotz-saak spreek hy dieselfde kritiek uit as op

Tradesmen’s met sy standpunt teen aanvaarding, naamlik dat die stipulatio alteri

en verteenwoordiging met mekaar verwar word:

Ons het hier tog nie met verteenwoordiging te doen nie, maar met ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde. Lazarus wil hier nie as verteenwoordiger van sy vader optree nie, maar as kontraktant self met die bedoeling om ’n voordeel aan sy vader te besorg.71

Regter Innes gebruik Pothier se siening van die solutionis causa adjectus in die

Hotz-saak om die soort kontrak in die feite soos volg te verduidelik: “He [die

derde] was simply the representative of the stipulator, and could make no claim for himself.”72 Op grond hiervan verduidelik Zimmermann hoe daar in ’n solutionis

causa adjectus teenoor ’n derde party presteer kon word, en sê:

... a debtor was able to discharge his obligation by performing towards a solutionis causa

adiectus: this was a third party (for instance, a bank) specifically incorporated into the

wording of a stipulation as an alternative recipient of the promisor’s performance ... Of course, he could not sue for performance, for then we would have been dealing with a

stipulatio alteri.73

Sonnekus bevestig eweneens die verskil tussen die begrip adjectus solutionis

causa en die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde deurdat die derde in die adjectus solutionis causa geen regte verkry en nie die prestasie kan vorder soos

wat wel in die geval van ’n ooreenkoms ten behoewe van ’n derde gebeur nie.74 De Wet probeer op sy beurt Voet se konstruksie op die saak toepas om sodoende weg te doen met “aanvaarding”. Volgens De Wet sou dít dan vir die pa (as derde) beteken dat hy dadelik nadat die ooreenkoms tussen sy seun (stipulans) en die

69 Scott 2012:809. 70 Getz 1962:42. 71 De Wet 1940:150.

72 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 566 (eie invoeging tussen hakies). 73 Zimmermann 1990:753.

versekeringsmaatskappy gesluit is, alle regte kon vorder wat tot sy voordeel beding is. Die seun kon egter deur ’n latere ooreenkoms die pa se regte ophef, behalwe indien die pa reeds die “liberalis”, oftewel die ruimhartige geskenk, aanvaar het. De Wet pas dit dan toe op die Hotz-saak, waar geen aanvaarding van die pa geblyk het nie, en kom dus tot die gevolgtrekking dat die seun wel die maatskappy kon onthef van die verpligting om aan die pa te betaal.75 De Wet voer egter verder aan dat hy nie glo dat die afloswaarde van die polis bloot aan die seun uitbetaal moes word nie, maar dat ’n tweede kontrak na regte tussen die seun en die versekeringsmaatskappy tot stand moes kom waarin die maatskappy onderneem om die bedrag aan hom te betaal, aangesien die bedoeling van die oorspronklike kontrak was om aan die derde te betaal, en nie aan die stipulans (die seun) nie.76

Op die vraag oor wát die derde moet aanvaar, praat hoofregter De Villiers van die aanvaarding van voordele,77 terwyl regter Innes weer verwys na die stipulasie (kontrak) wat aanvaar moet word.78 Hierdie verwarring duur dus voort in Hotz. Aan die einde van die Hotz-saak som regter Innes soos volg op:

In Tradesmen’s Benefit Society v Du Preez … it was held that a contract might be validly entered into for the benefit of a third party, and that the latter, if he adopted the stipulation made in his favour, could sue upon it … I am not aware of any South African decision to the contrary. The principle is supported by a considerable weight of Roman-Dutch authority, and may be regarded as now firmly established in our law.79

Of daar wel “considerable weight” aan genoemde gesag toegeskryf kan word, is vatbaar vir bespreking. Tog lewer die Hotz-uitspraak ’n paar interessante stellings oor die stipulatio alteri op. Regter Innes stel dit eerstens dat die derde party ook die “stipulation made in his favour” moet aanvaar, en verder:

… for until he has notified his decision to the promissor, there is no vinculum juris between them. The stipulation, however, may be accepted at any time while it remains open.80

Na aanleiding van die tweede sin word daar hier wél ’n tydperk gegee waarbinne die derde kan aanvaar, naamlik terwyl die aanbod nog “oop” is. Die saak verskaf

75 De Wet 1940:150. 76 De Wet 1940:151.

77 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 564. 78 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 567. 79 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 567. 80 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 567.

egter nie ’n algemene reël om vas te stel wanneer presies die aanbod as “oop” beskou kan word nie, en dit sal dus volgens Hotz van die omstandighede van elke saak afhang.81 Die feite van Hotz is ook nie van veel hulp in hierdie verband nie, want die derde party is oorlede voordat die polis opeisbaar geraak het en die vraag was dus slegs of die polishouer op die afloswaarde geregtig was aangesien die derde nie sy aanvaarding laat blyk het nie. Die tweede belangrike stelling handel oor die ontstaan van ’n “vinculum juris” tussen die promittens en die derde wanneer die derde aanvaar. Wat beteken hierdie regsband wat nou tussen die twee partye ontstaan? Ook dít verduidelik die Hotz-saak nié. Beteken die regsband dat daar bepaalde verpligtinge en regte tussen die partye ontstaan? In hierdie verband verwys die latere saak van Goldfoot v Myerson82 na die Hotz-saak en sê:

… when it is said that a contract made for the benefit of a third party may be adopted by him what is meant is that the third party, by notice of adoption to the promissor can create a vinculum juris between himself and the latter.83

Die betekenis van die vinculum juris moet daarom ook van nader bestudeer word. Dit gebeur later in hierdie studie.84

ʼn Belangrike punt van kritiek wat, sover ek kon vasstel, nog nie behoorlik aandag geniet het nie, kom na vore na aanleiding van die unieke feite in hierdie saak. Daar moet in gedagte gehou word dat die versekeringspolis bepaal het dat die afloswaarde ná drie jaar betaal sou word. Regter Innes bevestig in sy uitspraak dat omdat die seun opgehou het om die premies te betaal, die afloswaarde (van £55) dadelik deur die vader (en nie deur sy seun nie) opeisbaar sou word. Volgens regter Innes was dít omdat “[t]he undertaking to pay the surrender value upon the cessation of premiums was as much part of the original contract as the undertaking to pay the amount insured at death … All the obligations of the Company under the policy were for his [die vader se] benefit, and the liability to pay the surrender value was one of them”. Dit was derhalwe “still open to the

81 Mutual Life Insurance Co of New York v Hotz: 567. 82 1926 TPD 242.

83 Goldfoot v Myerson 1926 TPD 242: 246. 84 Sien 6.4.5.

representatives [van die vader] to accept and claim the advantage of this stipulation ...”.85

Die belang hiervan is myns insiens dat Hotz se saak dus gehandel het oor ʼn geval waar aanvaarding (hetsy deur die vader self of sy “verteenwoordiger”) hom (of sy boedel) ʼn gevestigde reg op die voordeel – in hierdie geval die afloswaarde van £55 – gegee het aangesien daar aan die voorwaardes van die kontrak (die aaneenlopende betaling van premies vir minstens drie jaar) voldoen is. Die Appèlhof het dus – hoe indirek dit ook al lyk of dalk wás – reeds in 1911 erken dat aanvaarding in die konteks van ʼn stipulatio alteri tot ʼn gevestigde reg behoort te lei. Hierdie punt is van kritieke belang vir hierdie studie, soos wat deurlopend sal blyk.