• No results found

2.3 DIE AARD VAN INTIEMEPAARGEWELD

2.3.3 Mag en beheer as ‘n vorm van intiemepaargeweld

2.3.3.1 Tipes intiemepaargeweld

Fisiese mishandeling word gedefinieer as uiterse en voorbedagte optrede wat slaan, skop en die

gooi van „n intieme maat op die vloer of grond insluit, of aanranding met „n wapen soos „n mes, besem of ander huishoudelike objekte, of „n geweer (Wiehe, 1998:75). Verder staaf Gelles en Straus (1989:55) dat dit „n doelbewuste aksie is, gerig op „n ander persoon, wat fisiese pyn of besering tot gevolg het. Die fisiese pyn kan varieer van geringe beserings tot moord.

In aansluiting by hierdie beskrywing identifiseer Browne en Herbert (1997:2) drie terme om die aard van fisiese geweld te omskryf, naamlik aggressie, geweld en kriminele geweld. Aggressie verwys na gedrag wat daarop gerig is om seer te maak of om voordeel van ander te kry, maar behels nie noodwendig enige fisiese optredes nie. Geweld ontstaan weens woede en doelbewustheid en behels die gebruik van fisiese kragte teenoor „n ander individu. Kriminele

geweld is gedrag wat skadelik vir die ander persoon is en wat teen die wet is. Browne en Herbert

(1997:3) is van mening dat hierdie drie komponente meestal tydens gewelddadige gedrag voorkom: affek (aggressie), gedrag (krenkend) en doelbewus (skade). Hierdie drie komponente kan „n eenheid vorm, maar is aparte eienskappe van gewelddadige gedrag. Om daardie rede kan hierdie komponente mekaar aanvul en al drie kan tydens gewelddadige gedrag teenwoordig wees. Die oortreder is byvoorbeeld gewelddadig teenoor sy intieme lewensmaat (affek), terwyl sy gedrag teenoor haar aggressief is soos fisiese mishandeling (krenkend), en hy die vrou doelbewus wil seermaak (skade). Dit is belangrik dat maatskaplike werkers bewus is van hierdie drie komponente ten einde effektiewe assessering van intiemepaargeweld te verseker.

Volgens Wiehe (1998:76) kan seksuele mishandeling in „n huwelik en tussen „n intieme paar ontstaan wanneer die oortreder aanspraak maak op seksuele aktiwiteite sonder die vrou se toestemming. Die man neem dit as vanselfsprekend dat dit sy reg en voorreg is om seks met sy maat te hê wanneer dit sy begeerte is ongeag haar gevoelens. Kaldine (2007:231) staaf dat seksuele mishandeling varieer van aanraking en soen tot onwillige orale seks, geforseerde penetrasie of verkragting, poging tot verkragting, onwillige deelname aan prostitusie en enige vorm van seksuele blootstelling.

In die literatuur (Davis, 1995:782; Gelles & Straus, 1989:78; Government Gazette, 1998:4) word daar tussen “emosionele en verbale mishandeling” en “sielkundige en emosionele mishandeling”

as aparte twee tipes intiemepaargeweld onderskei. Vir die doeleindes van hierdie studie sal hierdie twee tipes gekombineer word en sal sielkundige/emosionele mishandeling verwys na „n patroon van vernedering wat teen „n slagoffer gerig is, insluitend herhaalde belediging, naamnoem, bedreiging wat tot emosionele pyn lei en herhalende obsessie of jaloesie van so aard dat dit die slagoffer se privaatheid, integriteit en/of veiligheid in gevaar stel (Government Gazette, 1998:4).

„n Studie wat deur Gelles en Straus (1989:68) gedoen is, toon dat die oortreder soms die kinders en vrou se gunstelingbesitting(s) sal vernietig en selfs troeteldiere martel en vermoor. Russell (1982) noem in die Ensiklopedie van Maatskaplike Werk (1995:782) dat dit moeilik is om sielkundige mishandeling te definieer en verbind dit met breinspoeling. „n Slagoffer word sielkundig/emosioneel mishandel wanneer die oortreder haar ondermyn, isoleer en terroriseer en die wetlike gevolge van ware fisiese mishandeling vermy. Daar word ook vyf taktieke van emosionele mishandeling geïdentifiseer: (1) isolering, (2) vernedering, (3) “crazy-making”

-gedrag, (4) dreigemente om die vrou of ander te beseer en (5) selfmoord- of moorddreigemente

(Davis, 1995:782). Die direkte en indirekte aanvalle op „n individu se selfkonsep laat diep en langtermynwonde. Alhoewel die wonde van fisiese geweld verdwyn, sal die emosionele wonde onder die roof vererger.

Daar is sprake van ekonomiese mishandeling wanneer „n vrou nie toegang het tot die bronne waarop sy wettiglik en moreel geregtig is nie (Davis, 1995:782). Dit verwys ook na die man se absolute beheer oor persoonlike en familie-finansies uitoefen. Die intieme maat moet gewoonlik vra vir geld en die man voorkom dat sy „n werk soek of handhaaf (Wiehe, 1998:88). Davhana- Maselesele, Myburg en Poggenpoel (2009:2517) het gevind dat sommige vroue niks kan doen sonder hul mans se goedkeuring nie. Al het die vrou geld, kan sy nie koop wat sy nodig het nie en moet sy die man se toestemming ten opsigte van alle finansiële besluite kry. Ekonomiese mishandeling word ook gesien as die ontneming van ekonomiese of finansiële bronne wat vir die slagoffer noodsaaklik is. Hier word verwys na huishoudelike benodigdhede, die terugbetaling van „n verbandlening of betaling van huur in terme van gesamentlike woning of die onredelike weggooi van huishoudelike ware of eiendom waarin die slagoffer belangstelling toon (Government Gazette, 1998:4).

Vanuit die bostaande inligting is dit duidelik dat intiemepaargeweld nie tot fisiese geweld beperk is nie, maar ook „n reeks van ander tipes mishandeling insluit. Figuur 2.1 illustreer die mag en beheer wat in „n intiemepaargeweldverhouding voorkom en wat fisiese, seksuele, sielkundige/emosionele en ekonomiese mishandeling insluit.

Figuur 2.1 Mag en beheer in „n intiemepaargeweldverhouding (Aangepas vanuit Kemp,

1998:257).

Figuur 2.1 illustreer die tipes mishandeling wat in „n intiemepaargeweldverhouding kan ontstaan. Hierdie verskeie tipes van mag en beheer wat die man gebruik om dominansie te handhaaf, sluit in die gebruik van patriargale dominansie, gebruik van intimidasie, gebruik van dreigemente, gebruik van isolering en selfs die gebruik van kinders tot die man se voordeel. Verder weerhou die man ekonomiese middele en finansiële hulpbronne van die vrou om te verseker dat die vrou ekonomiese afhanklik van die man is. Hierdie tipes mishandeling kan geplaas word op „n kontinuum van mag en beheer wat deur die man oor sy vrou uitgeoefen word. Hierdie kontinuum varieer tussen gewone en ernstige intiemepaargeweldgedrag, wat vervolgens bespreek word.

GEBRUIK VAN GEBRUIK VAN DREIGEMENTE INTIMIDASIE Dreigemente om persoon Die vrou bang te maak deur seer te maak, skeiding neem die gebruik van aksies, kyk, selfmoord te pleeg, aankla gebare. Dinge stukkend by welsyn, terugtrekking te slaan, skade rig aan van aanklagtes en on- eiendom, mishande-

EMOSIONELE wettige dinge te ling van diere EKONOMIESE MISHANDELING doen. en uitstalling MISHANDELING Vernedering van vrou, van wapens. Weerhou vrou van werk, naamnoem, skuldgevoel, laat maak vrou vra vir geld, vrou glo sy is mal en sleg voel gee vrou 'n toelaag, neem van oor haarself deur belediging. geld, nie vrou in kennis stel van haar toegang tot familie-inkomste nie. GEBRUIK VAN MANLIKE MINIMALISERING, ONT- VOORDEEL KENNING EN BLAMERING Behandel vrou soos werker, neem Verklein die mishandeling en neem groot besluite, tree op soos die nie vrou se belange ernstig nie, meester van die gesin, GEBRUIK GEBRUIK ontkenning van geweld, definieer mans en KINDERS ISOLERING verskuiwing van verant- vrouens se rolle. Maak vrou skul- Beheer wat vrou woordelikheid van dig voel/wegneem doen, wie sy sien/met geweld en van kinders, gebruik wie praat, wat sy lees, blameer kinders om boodskappe waar sy gaan, beperk vrou. oor te dra en teister die interaksie en besitlik en

vrou tydens kuiers. jaloers. Mag

en Beheer