• No results found

Volgens Johnson en Leone (2005:326) het intiemepaargeweld nie net „n negatiewe invloed op die kwaliteit van „n vrou se lewe nie, maar het ook sielkundige en fisiese gevolge. Sielkundige gevolge verwys na post-traumatiese stresversteuring, „n lae selfbeeld en depressie, terwyl ekonomiese gevolge van intiemepaargeweld op ander areas fokus. Die negatiewe invloede beperk „n vrou se toegang tot informasie en maatskaplikewerkdienste, en verhinder deelname aan die publieke lewe en emosionele ondersteuning van familie en vriende (Krug et al., 2002:100). Die impak van intiemepaargeweld sal bespreek word met verwysing na fisiese, emosionele, sosiale en ekonomiese implikasies. Ook sal die invloed wat intiemepaargeweld op kinders het, van nader bekyk word.

2.5.1 Sosiale en gesondheidsimpak van intiemepaargeweld

Omdat geweld verband hou met beide onmiddellike en gesondheid-uitkomstes op die lang termyn, kan intiemepaargeweld „n risikofaktor vir „n aantal siektes en kondisies wees (Krug et

al., 2002:100). Vroue wat slagoffers was/is van fisiese of seksuele mishandeling in hul vroeë

welstand swak gesondheid ervaar, wat moontlik ander risikogedrag soos rook, fisiese onaktiwiteit, selfmoordpogings en alkohol- en dwelmmisbruik tot gevolg hê (Bonomi, Anderson, Reid, Rivara, Carrell & Thompson, 2009:1692; Krug et al., 2002:100).

2.5.1.1 Reproduktiewe gesondheid

Vroue wat saam met gewelddadige intieme maats woon, word meestal nie toegelaat om hulself teen „n ongewenste swangerskap of siektes soos HIV/VIGS te beskerm nie en word verhoed om enige mag en beheer oor voorbehoeding, insluitend kondome, uit te oefen (Khan, 2000:9; Krug

et al., 2002:101). Campbell (2002:1332) beskou hierdie implikasies as moontlike verduideliking

vir die verhouding tussen intiemepaargeweld en reproduksie-gesondheid. Ongewenste swangerskappe en die gevaarlike komplikasies wat na onwettige aborsies volg, kan lei tot groter reproduksierisiko‟s (Bonomi et al., 2009:1692; Khan, 2000:9). Ernstige geweld tydens swangerskap kan erge gevolge vir die moeder en die fetus inhou (Khan, 2000:9). Volgens Krug

et al. (2002:102) en Campbell (2002:1333) het vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is, „n

groter risiko vir miskraam, stilgeboorte, fetusbesering en babas met „n lae geboortemassa. Campbell (2002:1333) identifiseer ook ander gesondheidsprobleme as gevolg van mishandeling gedurende swangerskap soos depressie, seksuele oordraagbare siektes, HIV-1, middelmisbruik en ander geestesongesondheidsimptome.

2.5.1.2 Fisiese en geestesgesondheid

Geweld kan lei tot beserings wat varieer vanaf snye, kneuse, permanente gestremdhede tot die dood (Krug et al., 2002:102). Fisiese beserings gaan meestal gepaard met fisiese mishandeling en die uitkomstes hiervan is spoelsindroom, kroniese pynsindroom, asma, miskraam, hoofpyne, pelviese inflammasiesiektes en ander funksionele versteurings wat permanente skade aanrig en lewensbedreigend is (Hampton et al., 1999:53; Khan, 2000:9; Krug et al., 2002:102). In die ergste gevalle van al hierdie voorbeelde van intiemepaargeweld kan dit die vrou se dood tot gevolg hê: vermoor deur „n huidige of gewese intieme maat (Khan, 2000:9).

Navorsingsresultate (Bonomi et al., 2009:1692; Hampton et al., 1999:53; Khan, 2000:9; Krug et

al., 2002:102; Wiehe, 1998:92, 93) toon dat vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is,

meestal aan trauma, depressie, angstigheid, fobies, vrees, kognitiewe wanfunksionering, eetversteurings en post-traumatiese stresversteuring ly. Al hierdie gevolge kan ontaard in

pogings tot selfmoord en moord. Die selfbeeld en selfwaarde van „n vrou in „n intiemepaargeweldverhouding word aangetas asook haar vermoë om by „n sosiale wêreld in te skakel (Hampton et al., 1999:53; Krug et al., 2002:100). Mishandelde vroue toon laer vlakke van selfwaarde as vroue wat nie mishandel word nie (Stephens & McDonald, 2002:82; Wiehe, 1998:91). Die geestesgesondheid van „n vrou wat aan intiemepaargeweld blootgestel word, word nie slegs deur sielkundige mishandeling geaffekteer nie, maar word ook beïnvloed deur opeenvolgende negatiewe gevolge wat met fisiese, ekonomiese en seksuele mishandeling gepaard gaan, soos isolering, agtervolging en ander beherende gedrag deur die man. Nie net is die gevolge van intiemepaargeweld ernstig nie, maar die trauma kan lewenslank wees (Bollen et

al., 1999:7).

2.5.1.3 Post-traumatiese stresversteuring (PTSV)

Nevid, Rathus en Greene (2008:200) definieer PTSV as „n verlengde aanpassingsreaksie na „n traumatiese ervaring soos intiemepaargeweld. Dit kan vir maande, jare of dekades duur en kan maande of jare na die traumatiese insident eers ontwikkel. Beide, internasionale (Schornstein, 1997:64; Wiehe, 1998:93) en nasionale navorsing (Krug et al., 2002:102; Nevid et al., 2008:202), identifiseer PTSV-simptome soos depressie, vrees, hulpeloosheid en angs in vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is. Ander simptome van PTSV wat hierdie vroue ervaar, is hiperventilering, steuring in slaappatroon, irritasie, woede-uitbarsings, konsentrasieprobleme, middelgebruik en gevoel van distansiëring (Nevid et al., 2008:203). Selfmoordgedagtes is ook meer algemeen by mishandelde vroue (Bollen et al., 1999:39).

Vanuit bostaande bespreking is dit duidelik dat vroue wat aan intiemepaargeweld blootgestel word, verskeie gesondheidsimplikasies wat lewenslank duur, ervaar. Volgens Krug et al. (2002:101) is die volgende „n opsomming van die gevolge van intiemepaargeweld op die gesondheid van „n vrou: (a) die invloed en gevolge van geweld kan voortduur nadat die geweld tot „n einde gekom het; (b) hoe ernstiger die geweld is, hoe groter is die impak op die vrou se fisiese en geestesgesondheid; (c) die impak van verskillende tipes geweld oor „n periode van tyd en veelvoudige episodes van mishandeling is kummulatief. Literatuurstudies (Bollen et al., 1999; Khan, 2000; Krug, 2002; Wiehe, 1988) toon dat intiemepaargeweld nie slegs fisiese gevolge inhou nie, maar ook groter sielkundige en geestesgesondheidsprobleme wat die vroue se funksionering negatief raak, tot gevolg het.

2.5.2 Ekonomiese impak van intiemepaargeweld

Geweld plaas „n groot ekonomiese druk op die samelewing in terme van die verlies aan produktiwiteit in die arbeidsmark en „n toenemende gebruik van maatskaplike dienste (Krug et

al., 2002:102). Die gevolge van geweld op „n vrou beïnvloed haar inkomste en vermoë om „n

werk te handhaaf. „n Studie (Wiehe, 1998:92) van 123 deelnemers toon dat 50% van die deelnemers afwesig was van werk as gevolg van fisiese mishandeling. „n Groter getal van hierdie deelnemers rapporteer dat hulle laat was vir werk of werk vroeër moes verlaat, terwyl 25% van die deelnemers hul werk verloor het as gevolg van mishandeling.

Volgens Kemp (1998:257) sorg „n gewelddadige intieme maat dat die vrou „n werk kry of handhaaf ten einde ekonomiese afhanklikheid te verseker. Daar bestaan „n wedersydse beïnvloeding tussen intiemepaargeweld en die gebrek aan ekonomiese hulpbronne en afhanklikheid (Khan, 2002:8). „n Vrou se vrees vir geweld verhoed haar om werk te soek of dwing haar om lae betaalde werk te aanvaar, terwyl beperkte ekonomiese onafhanklikheid vroue magteloos laat voel met min mag om die gewelddadige verhouding te verlaat.

2.5.3 Impak op kinders

Kinders wat intiemepaargeweld in hul huishoudings ervaar, lewe met onverdraagsaamheid en hoë vlakke van vrees en onsekerheid (Sterne & Pool, 2010:23). Hierdie kinders het ook „n risiko vir gesondheid- en gedragsprobleme, insluitend probleme met hul gewig, eetgewoontes en slaappatroon (Khan, 2002:9). Sterne en Poole (2010:23, 24) beskryf hierdie kinders as gespanne, aggressief, onskeidbaar van hul moeders, angstig, skaam, passief en depressief. Hulle het ook „n lae selfbeeld, toon weerstand, onttrek maklik en is opstandig. Verder noem Khan (2002:9) dat kinders wat aan intiemepaargeweld blootgestel word, dit moeilik vind om positiewe en intieme vriendskappe te ontwikkel, selfmoordneigings toon en gereeld wegloop van die huis.

Volgens Segel en Labe (1990:266) is kindermishandeling ook teenwoordig in verhoudings waar intiemepaargeweld plaasvind. Stark en Flitcraft (in Segel & Labe, 1990:266) rapporteer dat die kinders van mishandelde moeders „n groter risiko vir mishandeling het as nie-mishandelde moeders se kinders. Kinders van mishandelde moeders word meestal deur die vaders mishandel. Dit is vir Khan (2002:8) duidelik dat kinders wat mishandeling waarneem en fisiese en seksuele mishandeling ervaar, aan groter risikofaktore blootgestel is. Hierdie kinders kan aanleer dat

geweld „n middel tot konflik-oplossing is, in interaksie tussen familielede gebruik word, „n metode is om stres te verlaag en manlikheid kan handhaaf (Khan, 2002:8; Wiehe, 1998:96). Hierdie aangeleerde gedrag het „n negatiewe invloed op die modellering van gedrag en die funksionering van kinders.

Met inagneming van die gevolge van intiemepaargeweld op die funksionering van die vrou is dit duidelik dat intiemepaargeweld nie slegs gesondheidsimplikasie inhou vir die vrou wat by