• No results found

3.3 EKOLOGIESE PERSPEKTIEF

3.3.3 Germain en Gitterman se lewensmodel

3.3.3.3 Emosionele en sosiale verbintenisse

Emosionele en sosiale verbintenisse verwys na die verbintenisse en verhoudings wat „n persoon met ander individue, organisasies en gemeenskappe vorm. Vanuit die bostaande studies is dit duidelik dat „n persoon deur lewensveranderings gaan en sekere bronne benodig ten einde lewenstressors te verminder. Volgens Germain en Gitterman (1996:15-18) is verwantskap,

situasies te oorleef. Verwantskap, bekwaamheid, selfbeeld en selfbeskikking verwys na die positiewe uitkoms van aanpasbare persoon-omgewing-verhoudings. Omdat hierdie vier konsepte interafhanklik is, is die een eienskap belangrik vir die volgende een se ontwikkeling. „n Maatskaplike werker moet hierdie eienskappe van die kliënt ondersteun, herstel en verhoog (Germain & Gitterman, 1996:14).

(a) Verwantskap

Die term verwantskap verwys na die natuurlike vermoëns van „n persoon om verbintenisse asook vriendskappe te vorm (Germain & Gitterman, 1996:15). Tydens die volwasse jare kan verbintenisse wat slegs tot sekere persone beperk is, ook seksuele verhoudings insluit en grootliks gevorm word met mense wat „n groot invloed op die individu se lewe het. Die behoefte aan nabyheid met hierdie mense is baie sterk en die verlies aan nabyheid of permanente skeiding van die persoon, kan baie skade aan die persoon se emosionele ontwikkeling rig. Dit kan moontlik verduidelik waarom „n vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, onwillig is om die verhouding te verlaat. Die eienskap van “verwantskap” is gedeeltelik gebaseer op Bowlby (1973) se bindingsteorie wat staaf dat mense „n natuurlike kapasiteit het wat ingebou is in „n genetiese struktuur van die mens as gevolg van die oorlewingswaarde daarvan binne die evolusionêre omgewing (Germain & Gitterman, 1995:917). Wanneer die individu se omgewing deur sosiale eensaamheid en isolasie gekenmerk word, kan vriendskappe deur ondersteunende sosiale netwerke gevorm word. Sosiale netwerke kan positief of negatief wees. Namate die persoon ouer word, groei die vriendekring en vorm hierdie vriendekring „n netwerk van affiliasies wat vriende asook familie, bure, kollegas en eksterne affiliasies insluit. „n Positiewe sosiale netwerk help om lewenstressors te verminder en dien as hanteringsbron tydens probleemoplossing en hantering van negatiewe gevoelens (Germain & Gitterman, 1996:15). „n Negatiewe sosiale netwerk kan „n vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, isoleer en haar aan onvriendelike terugvoer blootstel. Sodanige negatiwiteit kan tot gevolg hê dat die vrou versuim om hulp by organisasies en die gemeenskap te vra.

(b) Bekwaamheid

Bekwaamheid is ook „n individuele bron. Bekwaamhede verwys na „n persoon se relevante

ten einde „n invloed op die gemeenskap uit te oefen en te oorleef (Germain & Gitterman, 1996:18; Payne, 2005:151). White (in Germain & Gitterman, 1996:16) staaf dat alle lewende organismes „n natuurlike motivering het om die omgewing te beïnvloed. „n Reeks positiewe ervaringe van effektiwiteit versterk die gevoel van bekwaam-te-wees. Sodanige motivering is „n belangrik hipotese vir maatskaplike werkers, omdat dit na die kliënt se motivering om effektief in die omgewing te wees, verwys. Die individu se effektiwiteit kan gemobiliseer word, al het lewensomstandighede „n negatiewe uitwerking op die motivering. Mense se waardes en ervaringe bepaal hoe bekwaamhede gedefinieer word. „n Vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is en hulp by die sosiale netwerk soek, maar wat byvoorbeeld onvriendelike en onbevredigende dienste ontvang, sal dit as negatief internaliseer. Omdat sy „n gevoel van onbekwaamdheid ervaar, sal dit haar daarvan weerhou om verdere hulpbronne wat sy nodig het om te oorleef, te nader.

(c) Selfbeeld

„n Persoon se gevoelens van bekwaamheid is nou verwant met die persoon se selfbeeld. Die persoon se selfbeeld is die belangrikste deel van die persoon se selfkonsep en verteenwoordig die mate waarin die persoon bekwaamd, gerespekteerd en waardevol voel, dus beïnvloed dit die mens se denke en gedrag (Germain & Gitterman, 1995:818; Payne, 2005:151). „n Goeie selfbeeld skep „n gevoel van selftevredenheid en genoeglikheid, aangesien dit gevoelens van selfrespek en selfwaarde reflekteer. Terselfdertyd beïnvloed dit die persoon se vermoë om die omgewing te beïnvloed en lewenstressors te hanteer. „n Swak selfbeeld reflekteer „n gebrek aan hierdie gevoelens, asook gevoelens van minderwaardigheid en ondergeskiktheid. Vanuit die voorafgaande literatuurstudie is dit duidelik dat vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is, „n swak selfbeeld het wat ook met depressie gepaard gaan (Germain & Gitterman, 1996:17, 18; Hampton et al., 1999:53; Krug et al., 2002:100).

(d) Selfbeskikking

Die begrip selfbeskikking verwys na die mate waarin „n persoon beheer het oor sy lewe en verantwoordelikheid neem vir sy eie besluite en aksies, terwyl ander se regte, gevoelens en behoeftes gerespekteer word (Germain & Gitterman, 1996:18). Dit is belangrik dat die selfbeskikking van „n individu deur sy kinder-, jeug- en volwasse jare deur die gemeenskap en

omgewing ondersteun word. Geleenthede van selfbeskikkingsreg help om „n positiewe selfbeeld en gevoel van bekwaamheid te handhaaf. Indien „n persoon se lewensomstandighede, soos „n vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, haar opsies beperk sodat persoonlike besluite betekenloos is en daar geen beheer oor lewensgebeurtenisse of finansiële sekuriteit is nie, word haar reg tot selfbeskikking, haar selfbeeld en selfbekwaamheid bedreig. In hoofstuk twee in figuur 2.1 word die man se vermoë om mag en beheer oor die vrou uit te oefen, geïllustreer. Hier kan gesien word hoe sy beperk word ten opsigte van besluitneming oor kinders, familie, vriende, aankope van huisware en finansies. Hierdie beperkinge van die vrou se besluite en aksies lei tot „n gevoel van hulpeloosheid, onvergenoegdsaamheid en magteloosheid.