• No results found

Volgens Wait, Meyer en Loxton (2005:1, 5) verwys die menslike lewensontwikkeling na sistematiese veranderings en groei wat vanaf bevrugting tot by bejaardheid geskied. Daarom is dit belangrik om „n holistiese benadering te volg ten einde die menslike ontwikkeling van „n individu te verstaan. In aansluiting by die algemene sisteemteorie (1940) en die ekologiese perspektief (1980) moet die persoon se gedrag binne die konteks van die relevante omgewing en persoonlike verhoudings waarin dit funksioneer, geïnterpreteer word.

In tabel 4.1 wat later aangebied word, word na „n stadium verwys as „n fase wat gekenmerk word deur „n spesifieke groep vermoëns, gedrag en emosies wat tydens die verloop van „n individu se leeftyd plaasvind. Elke nuwe stadium integreer al die vaardighede wat tydens die vorige stadium aangeleer en bemeester is. Tydens elke stadium is daar spesifieke ontwikkelingstake wat die persoon moet bemeester ten einde die omgewingseise te kan hanteer. Elke nuwe ontwikkelingsfase behels nuwe behoeftes, verwagtinge en geleenthede wat deur die omgewing beïnvloed word.

Ontwikkelingstake word gesien as die vermoëns en vaardighede wat benodig word om die

individu se ideale te bereik en behoeftes te bevredig, en om aan sosiale verwagtings te voldoen. Ontwikkelingstake reflekteer die vordering in die individu se fisieke, intellektuele, emosionele, sosiale en selfvaardighede (Wait et al., 2005:14, 17). Die bemeestering van een stadium dui dus die individu se gereedheid aan om die daaropvolgende stadium te kan hanteer. Die bemeestering van die ontwikkelingstake van die jong volwasse vrou, soos die bevestiging van geslagsrol- identiteit en geïnternaliseerde moraliteit, kan byvoorbeeld die vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, help om aan die eise van middel-volwassenheid, soos die versorging van die huwelik en die bestuur van die huishouding, te voldoen.

Tydens die verskillende fases van „n individu se lewensontwikkeling ontstaan daar verskeie lewenstressors. Hierna word verwys as psigososiale krisisse. In „n psigososiale krisis wend „n persoon pogings aan om aan te pas en sosiale eise te hanteer. Hierdie krisis word gekenmerk

deur verhoogde kwesbaarheid, maar bied terselfdertyd ook geleentheid vir groei en die aanleer van nuwe vaardighede (Wait et al., 2005:19). Gepaardgaande hiermee is „n individu se ego wat beskik oor „n sosiale prosesseringsisteem wat haar vir sosiale verwagtinge sensitiseer. Dit word as die sentrale proses beskryf. Die sentrale proses funksioneer as „n meganisme wat die individu se behoeftes en sosiale verwagtinge verbind. Dit vergemaklik en bevorder dus die individu se vermoë om elke stadium effektief te bemeester (Wait et al., 2005:24). Wanneer „n kind van 5 jaar byvoorbeeld met haar moeder identifiseer, word baie van die gedrag van die ouer in die kind se ego geïnkorporeer. Die kind begin om baie van die houdings van die moeder wat by intiemepaargeweld betrokke is, te hê en boots haar moeder se gedrag na. Sy kan ook simptome wat met depressie, sosiale isolering en selfblamering verband hou, toon. Die kind se geïnternaliseerde waardes vorm deel van haar ideale self (Wait et al., 2005:25).

In tabel 4.1 word „n duidelike uiteensetting gegee van „n vrou se lewensontwikkeling en gepaardgaande stadiums, psigososiale krisisse, sentrale prosesse en ontwikkelingstake. Vir die doeleindes van hierdie studie het die navorser die siklus van „n mishandelde vrou, soos aangedui deur die studie van Romito (2008:13), in die tabel ingesluit, ten einde begrip te verkry vir die ondersteuning wat tydens elke lewenstadium deur die vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, benodig word.

Tabel 4.1 Lewensontwikkeling van „n vrou

Stadium Psigososiale krisis Sentrale Proses Ontwikkelingstake Siklus van „n

mishandelde vrou

Voor geboorte Selektiewe aborsies en gevolge van geweld tydens swangerskap. Babastadium (geboorte tot 2 jaar) Kinderjare (geboorte tot 6 jaar) Vroeë skooljare (4 tot 6 jaar) Vertroue teenoor wantroue Outonomie teenoor skaamte en twyfel Inisiatief teenoor skuld

Wederkerigheid met versorger Nabootsing

Identifikasie

Sosiale gehegtheid, maturasie van sensories-motoriese funksies, emosionele ontwikkeling. Taalontwikkeling, fantasie en spel, uitbreiding van beweging en selfkontrole.

Geslagsrol-identifikasie, self- waarde, vroeë morele ontwikkeling en groepspel. Vroulike kindermoord, selektiewe nalatigheid in sorg, en fisiese, seksuele en sielkundige mishandeling. Middel- kinderjare (6 tot 12 jaar) Industrie teenoor minderwaardigheid

Opvoeding Vriendskap, self-evaluasie, konkrete operasies,

vaardigheidsleer en spanspel.

Onwillige huwelik van dogters, mutilasie van vroulike geslagsdele, fisiese, seksuele (bloedskande) en sielkundige geweld, kinderprostitusie en pornografie. Adolessensie (12 tot 18 jaar) Jong volwassene (18-22 jaar) Groepsidentiteit teenoor vervreemding Individuele identiteit teenoor identiteits- verwarring Groepsdruk Rol- eksperimentering

Fisieke maturasie, formele operasies, emosionele ontwikkeling, lidmaatskap van groepe maats en seksuele verhoudings.

Outonomie van die ouers, geslagsrol-identiteit,

geïnternaliseerde moraliteit en beroepskeuse.

Bloedskande, hofmakery- geweld

(“date rape”) seks

weens ekonomiese noodsaaklikheid, geweld deur intieme lewensmaat, vroulike moord, verkragting en onwillige swangerskap in oorlog, seksuele teistering by werk, onwillige prostitusie en pornografie. Volwassenheid (22 tot 34 jaar) Middel- volwassenheid (34 tot 60 jaar) Laat- volwassenheid (60 tot 75 jaar)

Intimiteit teenoor isolasie Generatiwiteit teenoor stagnasie Integriteit teenoor wanhoop Wederkerigheid met vriende Persoon- omgewing- passing en kreatiwiteit Introspeksie

Huwelik, kinders kry, werk en lewenstyl

Versorging van

huweliksverhouding, bestuur van huishouding, ouerskap en bestuur van loopbaan.

Bevordering van intellektuele ywer, nuwe rolle en aktiwiteite, lewensaanvaarding en

ontwikkeling van standpunte oor die dood.

Bloedskande, hofmakery- geweld

(“date rape”) seks

weens ekonomiese noodsaaklikheid, geweld deur intieme lewensmaat (tot dood), vroulike moord, verkragting en onwillige swangerskap in oorlog, seksuele teistering by werk, onwillige prostitusie en pornografie. Bejaardheid (75 tot die dood) Immortaliteit teenoor uitwissing Sosiale ondersteuning

Bestuur van fisieke veroudering, ontwikkeling van „n psigo- historiese perspektief en reis deur onvoorsiene terrein. Moord of onwillige selfmoord van weduwees en fisiese, seksuele en sielkundige mishandeling.

Vanuit tabel 4.1 is dit duidelik dat mishandeling deurlopend in „n vrou se leeftyd plaasvind. Romito (2008:13) is van mening dat vroue van „n jong ouderdom af aan geweld blootgestel word deur geforseerde pornografie, geforseerde prostitusie, geforseerde swangerskappe, vroulike- en kindermoorde, fisiese, seksuele en emosionele mishandeling en in sommige kulture mutilasie van vroulike geslagsdele. Daarom kan die gevolgtrekking gemaak word dat vroue as minderwaardig en onderdanig aan mans beskou word en kan die blootstelling aan mishandeling vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is, verhoed om effektief ontwikkelingstake te bemeester. Na aanleiding hiervan word vervolgens gefokus op die ondersteuning wat „n vrou wat by intiemepaargeweld betrokke is, vanuit „n ekologiese perspektief nodig het.