• No results found

Daar gaan gepoog word om die verskynsels van skoolkultuur en -klimaat aan die hand van Bronfenbrenner se bio-ekologiese teorie te beskryf. Bronfenbrenner, ʼn wêreldbekende Amerikaanse psigoloog, bied die konseptualisasie van die kind se ekologie aan as veelvoudige lae van geborge en onderlinge verbintenisse van omgewingsisteme, wat die ontwikkelende kind deur afwisselende grade van direktheid beïnvloed (Greene & Moore, 2000:122). In die lig van die feit dat die bio- ekologiese sisteemteorie ʼn gedifferensieerde en volledige verslag van kontekstuele invloede op leerders se ontwikkeling gee, gaan dié benadering as basis in die studie van skoolkultuur en -klimaat gebruik word.

Volgens Berk (2003:27) beskou persone wat die bio-ekologiese perspektief aanhang die omgewing waar leerders hul tyd deurbring as ʼn reeks van vyf strukture of sisteme wat die huis, skool en die gemeenskap insluit maar wat ook buite die grense van die huis, die skool en die gemeenskap strek. Elke aspek in die omgewing word gesien as iets wat ʼn moontlike impak op die kultuur en klimaat in skole mag hê. Die vyf sisteme van Bronfenbrenner se Ekologiese teorie sluit die mikrosisteem, die mesosisteem, die exsosisteem, die makrosisteem en die chronologiese sisteem in. Figuur 2.1 illustreer die verskillende sisteme.

18

Figuur 2.1 Bio-ekologiese model

Aangepas uit Rogoff, 2003:46

ʼn Kort bespreking van elke sisteem sal vervolgens gegee word. 2.2.1 Die mikrosisteem

Die mikrosisteem is die onmiddellike omgewing waar kinders leef. Dit verwys na die gesin, die vriendekring, die skool en die skoolaktiwiteite, die rol van skoolaktiwiteite en verhoudings binne die onmiddellike omgewing. In elk van die mikrosisteme, byvoorbeeld die gesin of die skool, is daar ʼn patroon van waarneembare aktiwiteite wat deur die kind ervaar word. Die kind is volgens Bronfenbrenner se ekologiese teorie (Berk, 2003:25) nie net ʼn passiewe ontvanger van ander mense rondom hom/haar se aandag en aksies nie, maar moet gesien word as ʼn aktiewe krag wat

Kind Ouer s Broers Suster s Kind Vriende Volwasse -nes Kind Volwass enes Vriend e Kind Onder wysers Vriend e

19

die verhouding met ander mense rondom hom/haar beïnvloed. Die mikrosisteme moet ook as ʼn geïntegreerde sisteem gesien word. Dit beteken dat indien daar ʼn verandering in een deel van die sisteem plaasvind, byvoorbeeld ʼn rol of aktiwiteit, dit ʼn ooreenstemmende effek op die ander dele van die sisteem sal hê. Die mikrosisteem is ook altyd in ʼn proses van verandering. Die interaksie wat ʼn kind met ander mense en aktiwiteite het, kan dus óf ʼn positiewe óf ʼn negatiewe effek op sy/haar ontwikkeling en gedrag hê (Du Plessis, 2008:32).

2.2.2 Die mesosisteem

Die tweede vlak van die ekologiese model is die mesosisteem. Dit sluit in verhoudings tussen die mikrosisteme soos die gesin, die skool en die gemeenskap. Volgens Keenan (2002:30) kan aan die mesosisteme gedink word as die verbintenis tussen die verskillende terreine waarin ʼn kind ontwikkel. Volgens Swick en Williams (2006:372) lê die krag van die mesosisteem daarin dat dit twee of meer sisteme daar stel waarin die ouers en kinders met mekaar verbind. Pipher (in Swick & Williams, 2006:372) is van mening dat die gemeenskap ʼn konkrete werklikheid vir die ouers en hulle kinders moet wees. Daar moet dus, volgens die skrywer, ander volwassenes buiten die ouers wees wat vir die kinders omgee. L‟Abate (in Swick & Williams, 2006:372) sien die mesosisteem as toenemende sirkels van uitgebreide verhoudings. Sonder sterk mesosisteme neig gesinne om uitmekaar te val.

2.2.3 Die exsosisteem

Die exsosisteem dui op sosiale instellings waarby kinders nie teenwoordig is nie, maar dit tog ʼn beduidende invloed op hulle ontwikkeling het. Dit sluit formele instansies soos gemeenskapsgesondheidsdienste, parke en ontspanningsklubs, sosiale ondersteuningsnetwerke en werksplekke in (Keenan, 2002:31). Swick en Williams (2006:372) sien die exsosisteme as areas wat die kinders nie direk ervaar nie, maar beweer dat dié areas tog ʼn positiewe of negatiewe invloed op die gesin kan hê. So, byvoorbeeld, kan ʼn hoë-kwaliteit toesigprogram vir kinders die gesin versterk of kan uitermatige stres in die ouer se werksomgewing die gesin benadeel.

20 2.2.4 Die makrosisteem

Die makrosisteem bestaan uit die ideologieë, waardes, wette, regulasies, gebruike en hulpmiddels van ʼn gegewe kultuur (Keenan, 2002:31). Die makro-sisteme waarin ʼn mens leef, beïnvloed met ander woorde die omvang van verhoudings. Kamerman (2000:98) is van mening dat die prioriteit wat die makro-sisteem aan die kinders se behoeftes verleen, die ondersteuning van die binnesirkels in die omgewing affekteer. Byvoorbeeld, in lande waar daar hoë standaarde vir kindersorg is en waar daar goeie werkplekvoordele vir werkende ouers is, sal kinders waarskynlik gunstige ervarings in hulle onmiddellike omgewings, soos die gesin en die skool, ervaar. 2.2.5 Die chronologiese sisteem

Volgens Bronfenbrenner (Berk, 2003:29) is die omgewing wat kinders affekteer nie ʼn statiese mag nie. Inteendeel, daar is gedurige veranderinge wat plaasvind. Dié sisteem omvat met ander woorde die dimensie van tyd soos dit in verband met die ontwikkeling van die kind gebring kan word. Wanneer belangrike ontwrigtende gebeurtenisse soos ʼn ekonomiese depressie en politieke veranderinge plaasvind, kan dit ʼn invloed hê op hoe mense op die spanningsvolle situasies gaan reageer. Uit bogenoemde bespreking van die bio-ekologiese teorie is dit duidelik dat hierdie teorie ʼn rol kan speel in die studie van skoolkultuur, -klimaat en -geweld. Dié teorie gaan as ʼn basis gebruik word om die onderlinge verhouding tussen die individu, die veelvoudige omgewings en die verbintenis met skoolkultuur en skoolklimaat te illustreer.