• No results found

ʼn Kopie van die toestemmingsbrief van die Oos-Kaapprovinsie wat toegang tot die 30 skole bied (Addendum F) is saam met ‟n aansoekbrief aan elke skool gestuur. Die doel van die brief was om die skoolhoof oor die aard van die navorsing in te lig, asook om die verwagtinge en doelstellings van die navorsing uiteen te sit. Al die skole wat genader is, was bereid om die navorsing te ondersteun en volle samewerking is verkry.

Soos in hoofstuk 4 aangedui, is die data-insamelingsproses op die afneem van ʼn vraelys gebaseer. Elke skool is vanaf 28 April 2010 tot 21 Mei 2010 persoonlik deur die navorser besoek. Die administrasie en afneem van die toetse is deur die navorser persoonlik gedoen. Sodoende kon die navorser verseker dat die deelnemers die uiteensetting van die vraelys verstaan, kon hy onduidelikhede ten opsigte van vrae uit die weg te ruim en kon hy konsentreer dat alle vrae op die vraelyste beantwoord is. Terselfdertyd kon die navorser ook verseker dat die korrekte aantal leerders per skool die vraelyste voltooi (cf.5.3).

Voordat die meetinstrument gefinaliseer is, is ʼn loodsondersoek gedoen. Vervolgens sal daar ʼn bespreking van die loodsondersoek gedoen word.

5.5 DIE LOODSONDERSOEK

Voordat die meetinstrument gefinaliseer en onder die deelnemers versprei is, is ʼn loodsondersoek van stapel gestuur. Volgens Van Teijlingen en Hundley (2001:1)

118

word die term loodsondersoek op twee maniere in sosiaalwetenskaplike navorsing gebruik, naamlik as ʼn klein weergawe of oefenlopie van ʼn groter studie of tweedens as ʼn vooraftoetsing van ʼn navorsingsinstrument. In hierdie studie is ʼn loodsondersoek gedoen om die vraelys vooraf te toets omdat die oorspronklike vraelys die skoolkultuur, -klimaat en -geweld in VSA skole meet. Die hoofrede is omdat die meerderheid van die leerders die vraelys in hulle tweede taal moet beantwoord en die taalvaardigheid van die respondente moontlik nie op ʼn hoë standaard is nie. Verwarring en onduidelikheid moet aldus uitgeskakel word. Dit was dus belangrik om dit eers in die Suid-Afrikaanse konteks te loods (cf.4.4.1).

Verskeie outeurs (Ary, Jacobs & Razaveih, 1990:428; Borg & Gall, 1989:435; Cooper & Schindler, 2003:86; Johnson & Christenson, 2004:177; De Vos et al., 2005:211) is van mening dat voorafmeting noodsaaklik is om vas te stel of die vraelys aanvaarbaar, verstaanbaar en gebruikersvriendelik is. Hierdie inligting is nodig om die hoogste mate van betroubaarheid en geldigheid van resultate te verseker.

Bell (2002:128) vat die doel van die vooraftoetsing saam in die vorm van vrae wat aan die persone wat aan die voormeting deelneem, gestel kan word.

 Hoe lank het dit geneem om die vraelys te voltooi?  Is die instruksies duidelik?

 Is enige van die vrae onduidelik of dubbelsinnig?

 Is daar enige beswaar teen die beantwoording van enige van die vrae?  Is die uitleg van die vraelys duidelik en aantreklik?

 Enige opmerkings.

Vir die doel van hierdie studie is tien leerders van ‟n senior sekondêre skool wat nie by die navorsing betrokke was nie, gebruik om die vraelys te voltooi. Die navorser het die leerders persoonlik genader en elkeen gevra om die vraelys individueel te voltooi. Na die voltooiing van die vraelyste is bogenoemde vrae van Bell aan die deelnemers gestel.

Die gemiddelde tyd om al die afdelings te voltooi is op twintig minute vasgestel. Ten opsigte van afdeling A (sosio-demografiese besonderhede) het die deelnemers geen probleme ondervind nie. Ten opsigte van afdeling B (skoolveiligheid; skoolklimaat en

119

skoolkultuur; ervarings van geweld) het die deelnemers egter probleme ondervind om die bewoording van sommige vrae te verstaan. Na samesprekings met die deelnemers as ʼn groep, is die aanvanklike bewoording van sommige vrae in afdeling B verander na kort sinne wat vir die deelnemers meer aanvaarbaar was. Die oorspronklike, sowel as die gewysigde bewoording van die vrae in afdeling B word vervolgens in tabel 5.8 uiteengesit. Slegs die vrae wat verander het, word aangetoon.

Tabel 5.8 Aanpassings met betrekking tot vrae oor skoolveiligheid, skoolkultuur en - klimaat en ervarings van geweld in die skool

AANVANKLIKE BEWOORDING AANGEPASTE BEWOORDING

Students stealing things. You had personal property stolen at your school.

Students getting into fights. Learners get into fights during school hours. Students threatening or bullying. Learners bully each other (hurt each other

physically or emotionally).

Students destroying things. Learners destroy things at school (vandalism and graffiti included).

Students using drugs (marijuana, coke, crack)

Learners use drugs at your school.

Students drinking beer/wine/liquor. Learners drink beer, wine, liquor during school hours.

Students carrying weapons. Learners carry weapons during school hours (knives, guns, sharpened objects, etc.).

Nadat die aanpassings gemaak is, was die vraelys (Addendum B) gereed vir voltooiing deur die respondente.

5.6 CSCSS-SF AS MEETINSTRUMENT

Die California School Climate and Survey – Short Form (CSCSS-SF) (Addendum A) word as datainsamelingsinstrument gebruik en sal vervolgens bespreek word. Die CSCSS-SF is ontwikkel deur die Center for School-Based Youth Development in Kalifornië wat uitsluitlik gerig is op die bepaling van skoolkultuur, -klimaat en skoolveiligheid. Dit is ʼn vraelys vir leerders wat die algemene skoolkultuur, -klimaat en persoonlike veiligheidservaringe meet. As ʼn navorsingsinstrument oor

120

skoolklimaat is dit ook alreeds in verskeie studies gebruik, onder andere Morrison, Bates en Smith (1994), Furlong, Sharma en Rhe (2000) en Furlong, Greif, Whipple, Bates en Jimenez (2005). Die CSCSS-SF bestaan uit drie afdelings naamlik:

 Skoolveiligheid.

 Skoolkultuur en -klimaat.  Skoolgeweld/viktimisering.

Items in die skoolveiligheidsafdeling word in twee afdelings verdeel naamlik: Kampusontwrigting en dwelmmisbruik as die een afdeling en die dra van wapens as die ander afdeling. Die eerste afdeling dui minder ernstige gebeure soos diefstal, gevegte en vandalisme aan, terwyl die tweede afdeling baie ernstige aktiwiteite verteenwoordig. Die items in hierdie afdeling is ontwerp om leerders se persepsies van die voorkoms van gevaarlike aktiwiteite op die skoolgrond te meet. Volgens ʼn vyfpunt-Lickertskaal, wat wissel van glad nie tot gereeld, is leerders gevra om aan te dui hoe gereeld gevaarlike aktiwiteite soos dwelmmisbruik, vandalisme en die dra van wapens op die skoolterrein voorkom. ʼn Hoë telling in die subskale sal ʼn hoë voorkoms van kampusontwrigting en die dra van wapens aandui.

Die skoolkultuur- en -klimaatafdeling meet leerders se persepsies ten opsigte van die skoolomgewing. Leerders moes vrae beantwoord oor aspekte van veiligheid, respek, ondersteuning en interpersoonlike verhoudings in die skool. Items in hierdie afdeling word in tien afdelings verdeel: reëls en norme; fisiese veiligheid; sosiale en emosionele sekerheid; ondersteuning vir leer; sosiale en burgerlike leer; respek vir verskeidenheid; sosiale ondersteuning – volwassenes; sosiale ondersteuning – leerders; skoolverbintenis; en fisiese omgewing. In hierdie afdeling is daar ook van ʼn vyfpunt-Lickertskaal gebruik gemaak wat wissel van stem heeltemal nie saam nie tot stem volkome saam. ʼn Hoë telling in hierdie subskale sal aandui dat leerders skoolkultuur en -klimaat as positiewe ondersteuning ervaar.

Die skoolgeweld/viktimiseringsafdeling meet die omvang van insidente van skoolgeweld. Leerders is gevra om hulle persoonlike ervarings aan te dui (nie wat hulle waargeneem het nie) ten opsigte van viktimisering. Items in hierdie afdeling is in drie afdelings verdeel: fisiese en verbale teistering; wapens en fisiese aanvalle; en seksuele teistering. Ook in hierdie afdeling is die vyfpunt-Lickertskaal gebruik met antwoorde wat wissel van glad nie tot gedurig. ʼn Hoë telling in die subskale sal ʼn

121

hoë ervaringsvlak van viktimisering aandui. Tabel 5.9 gee ʼn voorstelling van die CSCSS-afdelings en subskale.

Tabel 5.9 CSCSS-afdelings en -subskale

Skoolveiligheid Skoolkultuur en -klimaat Skoolgeweld/viktimisering

Kampusontwrigting Dwelmmisbruik/dra van wapens Reëls en norme Fisiese veiligheid Sosiale en emosionele sekerheid

Ondersteuning vir leer Sosiale en burgerlike leer Respek vir verskeidenheid Sosiale ondersteuning – volwassenes Sosiale ondersteuning – leerders Skoolverbintenis Fisiese omgewings

Fisiese en verbale teistering Wapens en fisiese aanvalle Seksuele teistering

Vir die doel van hierdie studie is daar met routellings gewerk en nie met gestandaardiseerde tellings nie. In statistiese en data-ontledings is routellings oorspronklike data wat nie herlei is nie. Routellings word gewoonlik gebruik in gestandaardiseerde, norm-verwysing assessering. Dit beteken dat die totale van die respondente se antwoorde in die verwerkings gebruik is. Omdat hierdie vraelys uit veelvuldigekeusevrae bestaan, kan die routellings direk gebruik word.

Vervolgens is die interne konsekwentheid waarmee die items van die CSCSS meet, ondersoek. Die interne konsekwentheid is gedoen deur Cronbach se 𝛼-koëffisiënte met behulp van die SPSS-rekenaarprogrammatuur (SPSS Incorporated, 2009) te bereken. Dit verskyn in tabel 5.10.

Tabel 5.10 Alfakoëffisiënte vir die skale vir die totale groep

CSCSS-Skale Aantal items 𝜶-koeffisiënt Skoolveiligheid:

Skaal 1 – Kampusontwrigting 4 0,593

122 wapens

Totaal 7 0,709

Skoolkultuur & -klimaat:

Reëls en norme 2 0,536

*Fisiese veiligheid 1 -

Sosiale en emosionele sekerheid 4 0,534

Ondersteuning vir leer 3 0,703

Sosiale en burgerlike leer 2 0,526

Respek vir verskeidenheid 2 0,642

Sosiale ondersteuning – volwassenes 2 0,440 Sosiale ondersteuning – leerders 2 0,583

Skoolverbintenis 3 0,444

Fisiese omgewings 3 0,760

Skoolgeweld:

Fisiese en verbale teistering 7 0,778

Wapens en fisiese aanvalle 5 0,683

Seksuele teistering 2 0,663

Totaal 14 0,815

*Nota: Slegs een item vir fisiese veiligheid. Gevolglik nie moontlik om betroubaarheid te bepaal nie.

Sosiale ondersteuning (volwassenes) en skoolverbintenis (onder klimaat) toon lae betroubaarheidsindekse. Vir die ander skale is aanvaarbare interne, konsekwente metings verkry. Daar is besluit om wel al die skale in verdere ontledings in te sluit.