• No results found

5.9 RESULTATE EN BESPREKING VN RESULTATE

5.9.1 Beskrywende statistiek

Die beskrywende statistiek (gemiddeldes en standaardafwykings) word ten opsigte van al die subskale rakende skoolveiligheid, -kultuur, -klimaat en -geweld vir die laerisikogroep in tabel 5.11 aangetoon, die hoërisikogroep in tabel 5.12, en vir die totale ondersoekgroep in tabel 5.13. [Die skaaltellings is bereken deur die aantal items bymekaar te tel en dan deur die aantal items te deel. So word die gemiddelde in terme van die skaalwydte (1-5) bereken]. [Die standaardafwykings, wat die veranderlikheid en variabiliteit aandui, is bereken as die vierkantswortel van die rekenkundige gemiddelde van die vierkante van die afwykings van die verskillende individuele tellings vanaf die rekenkundige gemiddelde van die verdeling].

125

Tabel 5.11 Gemiddeldes en standaardafwykings vir die laerisikogroep (N=450)

CSCSS-Skale s

Skoolveiligheid:

Skaal 1 – Kampusontwrigting 2.71 0,81

Skaal 2 – Dwelmmisbruik en dra van wapens

2.09 0,99

Totaal

Skoolkultuur & -klimaat:

Reëls en norme 3.98 0,94

*Fisiese veiligheid 3.34 1,12

Sosiale en emosionele sekerheid 3.57 0,81

Ondersteuning vir leer 3.95 0,86

Sosiale en burgerlike leer 3.34 1,03

Respek vir verskeidenheid 3.37 0,79

Sosiale ondersteuning – volwassenes 3.72 1,24 Sosiale ondersteuning – leerders 4.31 0,81

Skoolverbintenis 4.21 0,67

Fisiese omgewings 3.57 1,09

Skoolgeweld:

Fisiese en verbale teistering 1.85 0,68

Wapens en fisiese aanvalle 1.16 0,42

Seksuele teistering 1.23 0,62

Totaal 1,51 0,47

Tabel 5.12 Gemiddeldes en standaardafwykings vir die hoërisikogroep (N=450)

CSCSS-Skale s

Skoolveiligheid:

Skaal 1 – Kampusontwrigting 2.54 0,81

Skaal 2 – Dwelmmisbruik en dra van wapens

2.26 0,98

Totaal 2.42

Skoolkultuur & -klimaat:

Reëls en norme 3.58 1,01

*Fisiese veiligheid 3.41 1,28

Sosiale en emosionele sekerheid 3.29 0,77

126

Sosiale en burgerlike leer 3.38 0,79

Respek vir verskeidenheid 3.31 0,80

Sosiale ondersteuning – volwassenes 3.61 0,92 Sosiale ondersteuning – leerders 3.85 0,99

Skoolverbintenis 4.03 0,74

Fisiese omgewings 2.65 1,05

Skoolgeweld:

Fisiese en verbale teistering 1.97 0,72

Wapens en fisiese aanvalle 1.27 0,46

Seksuele teistering 1.40 0,77

Totaal 1,64 0,51

Tabel 5.13 Gemiddeldes en standaardafwykings vir die totale-ondersoekgroep (N=900)

CSCSS-Skale s

Skoolveiligheid:

Skaal 1 – Kampusontwrigting 2,62 0,81

Skaal 2 – Dwelmmisbruik en dra van wapens

2,18 0,99

Totaal 2,43 0,75

Skoolkultuur & -klimaat:

Reëls en norme 3,74 1,01

*Fisiese veiligheid 3.38 1,22

Sosiale en emosionele sekerheid 3.43 0,80

Ondersteuning vir leer 4,05 0,81

Sosiale en burgerlike leer 3,36 0,90

Respek vir verskeidenheid 3,34 1,09

Sosiale ondersteuning – volwassenes 3,64 0,94 Sosiale ondersteuning – leerders 4,08 0,93

Skoolverbintenis 4,12 0,71

Fisiese omgewings 3,11 1,17

Skoolgeweld:

Fisiese en verbale teistering 1,91 0,70

Wapens en fisiese aanvalle 1,22 0,44

Seksuele teistering 1,32 0,70

127

Die vergelykende gemiddeldes van die skole ten opsigte van skoolveiligheid, -kultuur en -klimaat asook -geweld vir die laerisikogroep, die hoërisikogroep en die totale ondersoekgroep sal vervolgens grafies voorgestel word.

Skoolveiligheid

Figuur 5.1 Skaal 1: kampusontwrigting; skaal 2: dwelmmisbruik en dra van wapens

Figuur 5.1 tref op ʼn vyfpuntskaal ‟n vergelyking tussen die twee skoolveiligheidskale (kampusontwrigting; dwelmmisbruik; en die dra van wapens) van laerisikoskole en hoërisikoskole. Hoe hoër die telling, hoe meer gereeld sal die skool aan skoolveiligheidsrisiko‟s onderworpe wees.

 Ten opsigte van kampusontwrigting dui die tellings daarop dat die laerisikoskole minder kampusontwrigting ervaar as die hoërisikoskole. Die verskil tussen die gemiddeldes is egter minimaal (0,17).

 Ten opsigte van die gebruik van dwelms en die dra van wapens toon die resultate dat hoërisikoskole meer blootgestel word aan dwelms, die gebruik van alkohol en die dra van wapens as die laerisikoskole.

Skoolkultuur en -klimaat

Die tien skale vir skoolkultuur en -klimaat is in twee groepe verdeel ten einde die voorstelling te vergemaklik. Vergelyk figure 5.2 en 5.3.

0 0.5 1 1.5 2 2.5 3 KampusontwrigtingDwelmmisbruik/wapens Laerisikoskole Hoërisikoskole Totale ondersoekgroep

128

Fig 5.2 Reëls en norme; fisiese veiligheid; sosiale en emosionele sekerheid; ondersteuning vir leer

Figuur 5.2 tref op ʼn vyfpuntskaal ‟n vergelyking tussen vyf skoolkultuur- en - klimaatskale (reëls en norme, fisiese veiligheid, sosiale en emosionele sekerheid, ondersteuning vir leer en sosiale en burgerlike leer) van laerisikoskole en hoërisikoskole. Hoe hoër die telling, hoe meer positief sal die skoolkultuur en - klimaat ervaar word.

 Ten opsigte van reëls en norme toon die laerisikoskole ʼn hoër telling as die hoërisikoskole en ervaar die reëls en norme meer positief.

 Wat fisiese veiligheid op die skoolgronde betref, toon die hoërisikoskole ʼn hoër telling wat daarop dui dat die hoërisikoskole fisiese veiligheid beter as die laerisikoskole ervaar. Die verskil tussen die gemiddeldes is egter minimaal (0,07).

 Tellings toon dat leerders in laerisikoskole ʼn hoër mate van sosiale en emosionele sekerheid as die hoërisikoskole ervaar.

 By ondersteuning aan leerders toon die tellings dat die hoërisikoskole ondersteuning van volwassenes beter ervaar as die laerisikoskole. Die verskil tussen die gemiddelde tellings is egter minimaal (0,21).

0 0.5 1 1.5 2 2.5 3 3.5 4 4.5 Laerisikoskole Hoërisikoskole Totale ondersoekgroep

129

 By sosiale en burgerlike leer toon hoërisikoskole se tellings dat hulle ʼn beter ervaring van sosiale burgerlike leer as die laerisikoskole ervaar. Die verskil tussen die gemiddelde tellings is egter minimaal (0,04).

 Die gemiddelde telling van die vyf onderskeie groepe ten opsigte van skoolkultuur- en -klimaatskale kan nie beskryf word as dat die een groep ʼn hoë en die ander ʼn lae telling behaal het nie. Al die groepe se gemiddelde tellings is bo drie en toon dus dat hulle die vyf skoolkultuur en skoolklimaatsaspekte meer positief as negatief ervaar.

Fig 5.3 Respek vir verskeidenheid, sosiale ondersteuning – volwassenes; sosiale

ondersteuning – leerders; skoolverbintenis; fisiese omgewing

Figuur 5.3 tref op ʼn 5-puntskaal ‟n vergelyking tussen vyf skoolkultuur en -klimaatskale (respek vir verskeidenheid, sosiale ondersteuning – volwassenes,

sosiale ondersteuning – leerders, skoolverbintenis en fisiese omgewing) van laerisikoskole en hoërisikoskole. Hoe hoër die telling, hoe meer positief sal die skoolkultuur en -klimaat ervaar word.

 Die tellings op hierdie skaal toon dat respek vir medeleerders en respek van onderwysers teenoor leerders hoër is by die laerisikoskole as by die hoërisikoskole is. Dit impliseer dat leerders by laerisikoskole respek vir medeleerders en volwassenes beter ervaar. Die verskil tussen die gemiddeldes is egter minimaal (0,06).

0 0.51 1.52 2.53 3.54 4.55 Laerisikoskole Hoërisikoskole Totale ondersoekgroep

130

 By die sosiale ondersteuning van volwassenes toon die tellings by laerisikoskole ʼn hoër telling as die hoërisikoskole en ervaar die sosiale ondersteuning deur volwassenes meer positief.

 Ook ten opsigte van sosiale ondersteuning deur vriende is die tellings vir laerisikoskole ook hoër as dié van hoërisikoskole en is die ervaring van sosiale ondersteuning deur laerisikoskole dus meer positief as by hoërisikoskole.

 Die tellings ten opsigte van leerders se verbintenisse met die skole dui daarop dat laerisikoskole ʼn hoër telling het as hoërisikoskole en dus hulle skole meer positief ervaar as die hoërisikoskole.

 Die telling van die hoërisikoskole met betrekking tot die fisiese voorkoms toon ʼn lae telling wat daarop dui dat die hoërisikoskole die fisiese voorkoms van hulle skole negatief ervaar.

 Die gemiddelde telling van die vyf onderskeie groepe ten opsigte van skoolkultuur- en -klimaatskale kan nie beskryf word as dat die een groep ʼn hoë en die ander ʼn lae telling behaal het nie. Al die groepe se gemiddelde tellings, behalwe vir fisiese veiligheid, is bo ʼn telling van drie wat daarop dui dat beide groepe vir die skoolkultuur- en -klimaatskale hulle skole positief ervaar.

131 Skoolgeweld

Fig 5.4 Fisiese en verbale teistering; wapens en fisiese aanvalle; seksuele teistering

Tabel 5.4 tref op ʼn vyfpuntskaal ‟n vergelyking tussen drie skoolgeweldskale (fisiese en verbale teistering; wapens en fisiese aanvalle; en seksuele teistering) van laerisikoskole en hoërisikoskole. Hoe laer die telling, hoe minder skoolgeweld word deur die leerders ervaar.

 Ten opsigte van fisiese en verbale teistering dui die laerisikoskole ʼn laer telling aan as die hoërisikoskole wat daarop dui dat laerisikoskole minder fisiese en verbale teistering ervaar as die hoërisikoskole.

 Die tellings by wapens en fisiese aanvalle dui ook aan dat die laerisikoskole minder probleme met wapens en fisiese aanvalle ervaar as die hoërisikoskole.

 Tellings vir seksuele teistering by laerisikoskole dui ook ʼn laer telling aan as by hoërisikoskole. Dit dui daarop dat laerisikoskole minder seksuele teistering ervaar as die hoërisikoskole.

 Die gemiddelde telling van die drie onderskeie groepe ten opsigte van skoolgeweld kan nie beskryf word as baie hoog nie. Al die gemiddeldes tellings is onder twee uit ʼn moontlike telling van vyf wat daarop dui dat skoolgeweld wel in ʼn mindere mate voorkom.

0 0.5 1 1.5 2 2.5 Fisiese en verbale teistering Wapens en fisiese aanvalle Seksuele teistering Laerisikoskole Hoërisikoskole Totale ondersoekgroep

132

Daar sal nou oorgegaan word om die resultate van die navorsingshipotese 1 te bespreek.