• No results found

In hoofstuk 2, 3 en 5 is ʼn literatuur- en kwantitatiewe studie gedoen om die uitwerking van skoolkultuur en -skoolklimaat op geweld in skole van die Oos- Kaapprovinsie te bepaal. Die kwalitatiewe ondersoek se werkswyse en resultate word in hierdie hoofstuk (hoofstuk 6) weergegee. Onderhoude is met agt geselekteerde leerders gevoer waarna die data verwerk is. Hierdie data sal met die resultate van die literatuurstudie en die kwantitatiewe ondersoek geïntegreer word, wat verder in hoofstuk 7 bespreek sal word.

Die doelwit van die kwalitatiewe benadering is om die resultate van die kwantitatiewe navorsing aan te vul, te bevestig of te weerspreek.

6.2.1 Seleksie van deelnemers

Daar is agt leerders uit vier skole, twee hoërisikoskole en twee laerisikoskole uit die Queenstown-distrik gekies om die onderhoude te voer. Vir die laerisikoskole is ʼn meisieskool en ʼn gemengde Afrikaanse skool geïdentifiseer. Uit elke skool, behalwe vir die meisieskool, is twee leerders elk, ʼn seun en ʼn dogter geïdentifiseer waarmee onderhoude gevoer is. Die rede hiervoor is om die biografiese profiel van die deelnemers by die kwalitatiewe navorsing so ver as moontlik te laat ooreenstem met die biografiese profiele van die leerders in die kwantitatiewe ondersoek. Omdat daar teoretiese versadiging met die kwalitatiewe navorsing bereik is, is die persoonlike sienings van agt leerders genoegsaam geag vir hierdie ondersoek (cf. 4.4.2).

155 6.2.2 Data-insameling

Data is deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude verkry (Addendum B). Die vrae wat tydens die onderhoude gevra is, is vooraf opgestel volgens bevindings uit die literatuurstudies van hoofstuk 2 en 3, asook uit die kwantitatiewe navorsing soos dit in hoofstuk 5 bespreek is. Deelnemers is vooraf met behulp van die skoolhoof geïdentifiseer om sodoende leerders te verkry wat ʼn waardevolle en sinvolle bydrae tot die studie kan maak. Die identifisering van leerders deur skoolhoofde is verder van belang, aangesien die onderhoudvoering van ses van die leerders in hulle tweede taal, naamlik Engels, plaasgevind het. Met twee van die leerders is die onderhoude in Afrikaans gevoer. Sodoende is daar gepoog om gemaklik met leerders te kan kommunikeer.

Die onderhoude is buite amptelike skoolure gedoen. Afsprake is met leerders gemaak om tye en vergaderplekke wat gerieflik vir die leerders is, te vind. Voordat die onderhoude begin het, is die leerders ingelig oor die doel van die studie en dat die antwoorde slegs hulle persoonlike menings en ervaringe sou reflekteer. Toestemming is ook van elke leerder verkry om hulle antwoorde op band op te neem vir transkripsie- en koderingsdoeleindes. Leerders is ook weer eens verseker van die vertroulikheid en anonimiteit van hulle bydraes. Dit is ook aan die deelnemers duidelik gemaak dat die onderhoude en inligting as vertroulik beskou word en slegs met die oog op navorsing gebruik sal word. Bogenoemde het daartoe bygedra dat die deelnemers bereid was om hulle gevoelens eerlik te openbaar.

Na die onderhoude is onsekerhede wat uit vrae en antwoorde kon ontstaan, asook die navorser se interpretasies van die bydraes kortliks bespreek ten einde onsekerhede uit die weg te ruim. Die navorser het verder sy dank ten opsigte van die deelname van die leerders uitgespreek en hulle verseker dat die verwerkte inligting terugverwys sal word, ten einde te verseker dat hulle reg geïnterpreteer is.

In die semi-gestruktureerde onderhoude wat met die agt leerders gevoer is, ten einde die uitwerking van skoolkultuur- en -klimaat op skoolgeweld in die betrokke skole te bepaal, is daar veral op vrae wat met die kwantitatiewe vraelyste korreleer, gekonsentreer:

Skoolveiligheid en -geweld Kampusontwrigting:

156  Wat sien jy as gewelddadige gedrag?

 Hoe voel jy daaroor wanneer ander leerders van jou steel?

 Hoe voel jy oor leerders wat in gevegte op die skoolgronde betrokke is?  Hoe voel jy oor leerders wat skooleiendom verniel?

 Wat dink jy van leerders wat jou afknou? Dwelm- en alkoholmisbruik. Dra van wapens:

 Wat is jou opinie omtrent leerders wat drank op die skoolterrein gebruik?  Hoe voel jy oor leerders wat wapens soos messe, vuurwapens en skerp

voorwerpe by die skool in hulle besit het? Seksuele teistering:

 Hoe voel jy oor leerders wat seksueel geteister word? Skoolkultuur en -klimaat

Skoolreëls en norme:

 Dink jy jou skool se reëls teen geweld is toepaslik? Fisiese veiligheid:

 Hoe voel jy oor jou eie veiligheid by die skool? Sosiale en emosionele sekerheid:

 Hoe seker voel jy om teistering by die skool te rapporteer?  Hoe gaan jy voel indien jy by ʼn groep uitgesluit word?

 Hoe voel jy (of jou vriende) oor die reaksies van onderwysers wanneer julle rapporteer dat julle by ʼn gewelddadige voorval betrokke was?

Ondersteuning aan leerders:

 Hoe voel jy oor die reaksies van onderwysers wanneer jy ʼn fout begaan het?  Hoe ervaar jy die leiding van onderwysers ten opsigte van studiemetodes? Sosiale en burgerlike leer:

157

 Indien jy ʼn onderwyser vra om jou te help om ʼn probleem op te los, hoe sal jy die rol van die onderwyser beskryf?

Respek vir verskeidenheid:

 Hoe ervaar jy respek van ander leerders in die skool?  In jou opinie, dink jy die onderwysers respekteer jou? Sosiale ondersteuning deur volwassenes:

 Hoe ervaar jy die reaksie van volwassenes in die skool wanneer jy hulle van ʼn persoonlike probleem vertel?

 Hoe ervaar jy die manier waarop volwassenes jou by die skool behandel? Sosiale ondersteuning deur leerders:

 Hoe ervaar jy die reaksie van ander leerders in die skool wanneer jy hulle van ʼn persoonlike probleem vertel?

 Hoe ervaar jy die reaksie van ander leerders in die skool wanneer jy hulle vra om jou met ʼn huiswerkprobleem te help?

Skoolverbintenis:

 Hoe voel jy oor jou prestasies by die skool?

 Hoe sien jy die verhouding tussen jou ouers/voogde en die skool?  Hoe ervaar jy die buitemuurse program van die skool?

Fisiese omgewing:

 Hoe ervaar jy die fisiese voorkoms van jou skool?  Hoe voel jy oor die algemene toestand van die skool?

 Hoe sal jy die beskikbaarheid van elektroniese toerusting soos byvoorbeeld rekenaars, beskryf?

Daar is gedurende die onderhoude ook ondersteunende vrae gevra om die bestaande vrae te verhelder omdat leerders elkeen hulle eiesoortige omstandighede het. Die ondersteunende vrae het ook ten doel gehad om die leerders aan te moedig om so volledig as moontlik te rapporteer. Die duur van die onderhoude het gewissel

158

tussen 25 en 45 minute, afhangende van die deelnemers se reaksie en entoesiasme.

6.2.3 Data-analise

Die data-analise van die leerders se reaksie op die semi-gestruktureerde vrae is ʼn sistematiese proses om die data-inhoud, wat van belang vir die studie is, te identifiseer en op te som (cf. 4.5). Na elke onderhoud is die bandopname teruggespeel en die onderhoude getranskribeer. Die reaksie van die deelnemers op die vrae is deeglik geanaliseer om tot ʼn objektiewe gevolgtrekking te kom. Temas en sub-temas is geïdentifiseer, die data is volgens die temas en subtemas geanaliseer en is dit in ʼn matrikstabel (addendum E) opgeneem. Die data is weer eens deurgewerk om te verseker dat alle relevante kwessies geïdentifiseer is.

ʼn Duidelike beeld is verkry met die samevoeging van die agt onderhoude in die koderingstabel (addendum D), waarna die temas en subtemas vergelyk is. Hierdie metode het verseker dat kwessies wat herhaal is, ooreenkomste, verskille en verwantskappe waargeneem kon word. ʼn Verslag van die onderhoude is opgestel nadat al die bogenoemde stappe voltooi is.