• No results found

In hierdie navorsing gaan daar van die multimetode-navorsingsontwerp gebruik gemaak word. Die multimetode-navorsingsontwerp kan gedefinieer word as navorsing waar die navorser data insamel en analiseer, die bevindinge integreer en gevolgtrekkings maak deur van beide die kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings of metodes gebruik te maak (Mertens, 2010:293). Volgens Creswell (2008:552) kan die gebruik van beide die kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings tot ʼn beter begrip van die navorsingsprobleem lei. Dit beteken dat die multimetode- navorsingsontwerp nie net alleen die insameling van data beteken nie maar dat dit bestaan uit die samesmelting, integrering en aaneenhegting van data uit beide benaderings.

Volgens Creswell (2008:556) is daar vier metodes waarop die gemengde multimetode-navorsingsontwerp toegepas kan word, naamlik die triangulasie- ontwerp, die verklarende ontwerp, die ingeslote ontwerp en die ondersoekende ontwerp. Die vier metodes word in Figuur 4.1 geïllustreer.

97

Figuur 4.1 Voorbeelde van gemengdemetode-ontwerp

Creswell (2008:557)

Creswell (2008:557) Vir die doel van hierdie studie gaan daar gebruik gemaak word van die Verklarende ontwerp. Hierdie model, ook somtyds bekend as die twee-fase model, bestaan daaruit dat data eers deur die kwantitatiewe metode ingesamel word en daarna die kwalitatiewe data. Die kwalitatiewe data word gebruik om die resultate van die kwantitatiewe resultate aan te vul of te verhelder. Die rasionaal vir hierdie benadering is dat die kwantitatiewe data ʼn algemene beeld van die navorsingsprobleem gee terwyl die kwalitatiewe data gebruik word om die algemene prentjie te verfyn, uit te brei of te verduidelik (Creswell, 2008:560).

Uit figuur 4.1 is dit duidelik dat daar meer klem gelê gaan word op die kwantitatiewe (KWAN) data-insameling en analisering. Dit word geïllustreer deur die kwantitatiewe data-insameling en analisering eerste aan te bied as die belangrikste aspek van data-insameling. ʼn Kleiner komponent van kwalitatiewe (kwal) data-insameling volg in die tweede fase van die navorsing. Dit is ook duidelik dat kwantitatiewe data eerste ingesamel en verwerk word terwyl dit opgevolg word deur kwalitatiewe data insameling. In hierdie studie word die twee fases duidelik van mekaar onderskei deur

KWAN (Data en resultate) KWAL (Data en resultate) Interpretasie Verklarende ontwerp kwal (Data en resultate) KWAN (Data en resultate) Ingeslote ontwerp KWAL (Data en resultate) kwan (Data en resultate) Ondersoekende ontwerp Bou Byskrifte:

Venster = data-insameling en resultate

Hoofletters = groter klem, Kleinletters = geringe klem, Pyl = volgorde

Triangulasie-ontwerp KWAN (Data en resultate) kwal (Data en resultate) Opvolg

98

hoofstuk 5 (Kwantitatiewe ontleding) en hoofstuk 6 (Kwalitatiewe ontleding). Figuur 4.1 illustreer ook dat die kwalitatiewe data gebruik gaan word om die resultate van die kwantitatiewe data te verfyn. Dit word gedoen deur gevallestudies te ondersoek in ʼn poging om die sleutelresultate meer breedvoerig te ontleed. Die voordeel van hierdie ontwerp is dat die beste kwaliteite van beide die kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings gebruik word. Dit gebeur deur die kwantitatiewe data te verkry van ʼn groter populasie in die eerste fase en dan hierdie data aan te vul en uit te brei deur ʼn indiepte kwalitatiewe ondersoek in die tweede fase (Creswell, 2008:557).

In die kwantitatiewe navorsingskomponent is die doelwit onder andere om die verband tussen ʼn onafhanklike veranderlike en ʼn afhanklike veranderlike in ʼn populasie te bepaal. ʼn Kwantitatiewe navorsingsontwerp kan óf beskrywend (waar die onderwerp gewoonlik eenmalig gemeet word) óf eksperimenteel wees (waar die onderwerp voor en na ingryping gemeet word) (Hopkins, 2000:1). Vir die doel van hierdie studie gaan daar gebruik gemaak word van die beskrywende metode. Die gedrag van die deelnemers en die omstandighede van skole tydens die opnames sal nie beïnvloed word nie, met ander woorde, die veranderlikes sal gemeet word soos dit is. Volgens Mouton (2005:152) is die doel van die ondersoek om ʼn breë oorsig te verskaf deur van ʼn verteenwoordigende steekproef van die groter bevolking gebruik te maak. Indien daar met ʼn ondersoek van ʼn geskikte steekproef gebruik gemaak word, sal die bevindings volgens die skrywer die potensiaal hê om te veralgemeen. Volgens Mouton (2005:153) is ʼn verdere voordeel van die metode, indien daar van goed gekonstrueerde vrae gebruik gemaak word, dat dit kan bydra tot ʼn hoë vlak van geldigheid en betroubaarheid.

Vir die kwalitatiewe komponent van hierdie studie is daar gebruik gemaak van onderhoudvoering. Hierdeur kan die leerders se sosiale wêreld ontleed, vertolk en begryp word (Kruger, 1985:145). Kruger is van mening dat ʼn fenomenologiese benadering tot navorsing gekenmerk word deur openheid om die verskynsel wat bestudeer word behoorlik te kan begryp (Kruger,1985:154). Seidman (1998:3) stel dit nog eenvoudiger, naamlik dat die grondslag van kwalitatiewe onderhoude is om die ervarings van ander en die betekenis wat hulle daaraan heg te begryp. Fielding (1993:137) meen dat die doel van ongestruktureerde onderhoude ... (is) to elicit rich, detailed materials ... to find out what kinds of things are happening rather than to

99

determine the fequency of predetermined kinds of things that the researcher already believes can happen.

Taylor en Bogdan (1984:77) sluit by Kruger aan en aanvaar dat die kwalitatiewe onderhoud besonder plooibaar en dinamies is. Hulle som die kenmerke daarvan op as nie-voorskriftelik, ongestruktureerd en ongestandardiseer met ʼn redelike oop agenda. Die skrywers omskryf ʼn kwalitatiewe onderhoud as ... repeated face-to-face encounters between the researcher and informants directed toward understanding informants’ perspectives on their lives, experiences, or situations as expressed in their own words (Taylor & Bogdan, 1984:77).

Kwalitatiewe onderhoude, soos ander data-insamelingstegnieke, het sterk en swak punte. Die volgende aspekte rondom die sterk en swak punte van kwalitatiewe onderhoude is (Botha, 2001:14):

 Kwalitatiewe onderhoude is geskik om inligting oor menslike ervarings en gedrag te bekom.

 Dit is grotendeels ongestruktureerd om die deelnemers in perspektief te hou.  Kwalitatiewe onderhoude kan ʼn sensitiwiteit vir deelnemers en hulle

leefwêreld openbaar.

 Dit kan met vrug saam met ander data-insamelingstegnieke gebruik word om vir die swak punte van ʼn bepaalde tegniek of metode te kompenseer.

 Kwalitatiewe onderhoude kan op wetenskaplikheid aanspraak maak aangesien dit vakmanskap vereis.

 Data-insameling by wyse van kwalitatiewe onderhoude en die daaropvolgende data-analise is dikwels tydrowend, moeilik en duur.

 Die aanname dat taal ʼn goeie indikator van ʼn mens se denke en gedrag is, is nie noodwendig sonie.

Ten spyte van die genoemde sterk en swak punte hang die sukses van onderhoudvoering daarvan af of die nodige inligting verkry word, asook van die kundigheid van die navorser (Seidman, 1998:5). Die navorser moet onder andere oor die nodige belangstelling, aanleg, noukeurigheid en kreatiwiteit beskik om die bepaalde metode suksesvol te kan toepas (Botha, 2001:14).

Nieuwenhuis (2007:75) noem ook dat die voer van onderhoude inherent deel is van navorsing in die gedragswetenskappe en dat dit dus maklik in navorsing geïntegreer

100

kan word. In hierdie studie is die data ingesamel deur middel van een-tot-een semi- gestruktureerde onderhoude. Daardeur is ʼn duidelike begrip en kennis verskaf van hoe skoolkultuur, -klimaat en -geweld in skole ervaar word, asook wat die uitwerking van skoolkultuur en -klimaat op skoolgeweld is.

4.3 OMSKRYWING VAN DIE UNIVERSUM, DIE AFBAKENING