• No results found

Hierdie teorie, wat gebaseer is op die boublokke van die verwagtings-valensieteorie van motivering, word deur Hughes et al (2002:376) beskou as die gesofistikeerdste van die vier

4.6 Statistiese tegnieke en prosedures

4.6.1 Inleiding

Die response van die respondente (ingevulde vraelyste) is met die hulp van die Statistiese Konsultasiediens van die NWU se Potchefstroomkampus verwerk en die frekwensies, persentasies en ander relevante statistiek is bepaal deur middel van die SAS-rekenaarprogram (SAS Institute, 2005); Statistica (StatSoft Inc., 2006) en SPSS (SPSS Inc., 2005).

4.6.2 Biografiese gegewens (Afdeling A van vraelys): Bepaling van frekwensies

In hierdie afdeling was daar sewe items en by elke item is daar keuses wat deur die respondent uitgeoefen moes word deur telkens net by een van die moontlikhede 'n kruisie te trek. Hierna is die merkies by elke keuse afsonderlik uitgebring, bymekaar getel om te bepaal wat die totale hoeveelheid kruisies is wat by elke keuse gemaak is.

4.6.3 Demografiese gegewens (Afdeling A van vraelys): Bepaling van frekwensies

Die demografiese gegewens, in Afdeling A van die vraelys, is onder 'n nuwe opskrif ingesamel. Om die frekwensie van elke keuse wat in hierdie deel uitgeoefen kon word, te bepaal, is op dieselfde wyse te werk gegaan as hierbo in 4.6.2.

4.6.4 Bepaling van frekwensies: Afdeling B

In hierdie afdeling kon respondente by elke item een van vier moontlikhede op die Likert-skaal merk. Die aantal merkies by elkeen van die moontlike keuses is toe bymekaar getel om die frekwensie te bepaal van elkeen van hierdie moontlike keuses.

4.6.5 Bepaling van frekwensies: Afdeling C

In hierdie afdeling is respondente versoek om uit 'n gegewe lys van rolle en bevoegdhede van 'n skoolhoof die vyf belangrikste items na sy mening (sonder enige voorkeurorde) aan te dui. Vir hierdie doel gebruik die respondent die eerste kolom van Afdeling C. Die frekwensies van die moontlike antwoorde wat gebruik kon word, is toe bepaal deur die aantal kruisies by elke keuse uitgebring, bymekaar te tel. Sodoende kon bepaal word watter vyf rolle of bevoegdhede uit die wat op die lys verskyn het, deur die meeste respondente gekies is. Dit is dan beskou as die vyf

belangrikste rolle en bevoegdhede, soos deur alle respondente aangedui.

Van die respondente is verwag om ook dieselfde in 'n volgende kolom te doen met die oog op die bepaling van die vyf onbelangrikste rolle en bevoegdhede na hulle mening. Die frekwensie van elke keuse is bepaal op dieselfde wyse as wat hierbo gebruik is by die vyf belangrikste rolle en bevoegdhede.

4.6.6 Faktoranalisering

Volgens Nicol en Pexman (1999:67) word faktoranalises gebruik om die aantal veranderlikes wat uit 'n vraelys soos hier gebruik is, na vore kom, te verminder na 'n kleiner aantal latente veranderlikes wat dan faktore genoem word.

Met behulp van 'n faktoranalise is toe gepoog om te bepaal watter van die items in Afdeling B van die vraelys saamgegroepeer kan word (as faktore) ten opsigte van 'n rol of bevoegdheid van 'n skoolhoof.

4.6.7 Bepaling van die betroubaarheid van die vraelys

Die betroubaarheid van 'n meetinstrument (soos hierdie vraelys) is volgens Leedy en Ormrod (2001:31) die mate waarin die instrument telkens wanneer dit deur dieselfde persone gebruik word, dieselfde resultate sal oplewer. Die akkurate meting van iets deur middel van 'n vraelys soos hierdie kan slegs geskied indien sodanige meting konsekwente resultate oplewer.

Volgens Garson (2007:2) is die Cronbach-alphawaarde die mees algemene vorm van 'n betroubaarheidskoeffisient en is daarom ook die waarde wat in hierdie navorsing gebruik is om betroubaarheid aan te dui. Elke telling wat by 'n item behaal is, kan opgebreek word in 'n ware telling en 'n fouttelling. Hoe kleiner die fouttelling in verhouding tot die ware telling is, hoe hoer is die betroubaarheid van die item. Wanneer die alpha-waarde 0 is, is daar net 'n fouttelling en geen ware telling nie. Daarteenoor dui Yi alpha-waarde van 1 op geen fouttelling nie en slegs 'n ware telling.

Die Cronbach-alphawaarde is in hierdie navorsing slegs bereken waar van toepassing en is nie gebruik om enige resultate uit te sluit nie.

4.6.8 Bepaling van die effekgroottes van verskille tussen die groepe respondente

In talle gevalle word navorsers gedwing om die resultate wat hulle verkry het as 'n subpopulasie van die teikenpopulasie te oorweeg as gevolg van die swak respons van die oorspronklike ewekansige steekproef. Hierdie data behoort dan as klein populasies waarvoor statistiese gevolgtrekkings en p-waardes nie relevant is nie, oorweeg te word. In plaas daarvan om dan net die beskrywende statistiek in hierdie gevalle te rapporteer, kan die effekgroottes bepaal word. Praktiese beduidendheid kan volgens Ellis en Steyn (2003:51) verstaan word as 'n groot genoeg verskil om 'n effek in die praktyk te he.

Wanneer dit, soos in die geval van hierdie studie, belangrik is om te bepaal of die verskil tussen twee kategoriee veranderlikes (soos die jare ervaring en 'n spesifieke bevoegdheid van 'n leier) prakties beduidend is, word gebruik gemaak van die Chi-kwadraattoets (Ellis en Steyn,

2003:53). In hierdie geval word die effekgrootte aangedui deur w = , — , waar X2 chi-

kwadraat is, en n die aantal respondente. Hier geld die volgende riglyne dan: Klein effek: w=0,1

Medium effek: w=0,3 Groot effek: w=0,5

'n Waarde van w>0,5 word as prakties beduidend beskou.

4.7 Samevatting

Daar is in hierdie hoofstuk gepoog om die navorsingsontwerp volledig te beskryf. Die ontwerp van die vraelys en al die relevante voorwaardes wat vir die saamstel van die vraelys in berekening gebring moet word, is bespreek. Verder is aangedui op watter wyse bepaal is na wie die vraelys versend is asook die nodige voorsorg met die oog op statistiese ontledings wat gemaak wil word.

In die volgende hoofstuk sal die gegewens wat uit die vraelyste wat terugontvang is, verkry is, opgesom word en in fyner besonderhede bespreek en met statistiese tegnieke ontleed word.

HOOFSTUK 5