• No results found

In die volgende hoofstuk sal gevolgtrekkings uit die resultate van die navorsing gemaak word Daar sal ook gepoog word om aanbevelings uit die gevolgtrekkings aan die hand te doen en

6.4 BEVINDINGE MET BETREKKING TOT DIE LITERATUURSTUDIE

6.4.1 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwitte

6.4.1.1 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwit 1: Die bepaling van die rolle van 'n bestuursleier asook die bevoegdhede waaroor so 'n leier moet beskik.

Ten opsigte van die eerste doelwit, soos in 1.3 van hierdie navorsing gestel, is die volgende rolle wat 'n leier moet vervul en bevoegdhede waaroor hy/sy moet beskik, geidentifiseer:

o Visionere denker Leiers skep en kommunikeer 'n duidelike en inspirerende visie vir die organisasie. Dit lei daartoe dat die mense wat by die organisasie betrokke is, die doelwitte waarop hulle in hulle werk afstuur en die gevolglike prioriteite beter verstaan. Dit word veral versterk deur gedeelde besluitneming en bou aan die selfbeeld van elkeen wat betrokke is. Dit gee ook riglyne vir besluitneming en handelinge waarop 'n groot mate van diskresie en outonomie van toepassing is. Dit is ook die leier se taak om sy volgelinge so te bemagtig

dat hulle die visie kan nastreef. Leiers wat met selfvertroue en oortuiging optree, laat volgelinge vertroue in die visie ontwikkel.

o Strateea Die leier is die persoon wat ter wille van groter effektiwiteit met strategiese denke moet beplan. Daar moet ook gedurig op 'n kreatiewe wyse gesoek word na nuwe maniere om dinge te doen. Dit is veral moontlik deur beste praktyk in ander organjsasies waar te neem en dan eie werkswyses daarby aan te pas. Die verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarbinne die organisasie horn bevind met verwysing na hoe die organisasie presteer, le strategiese leierskap, ten grondslag.

o Motiveerder Leiers behoort mense te motiveer om te voel dat hulle deel uitmaak van iets belangriks wat 'n verskil aan ander mense sal maak - iets wat groter as hulleself is. Dit word veral moontlik wanneer volgelinge kan agterkom dat 'n leier vertroue in hulle het. Die leier moet ook lei deur sy/haar voorbeeld; veral wanneer daar opofferinge ter sprake is. Verder moet leiers erkenning gee aan persone wat dit verdien en hulle beloon. Daardeur word die verlangde gedrag versterk.

o Veranderinasaaent Een van die heel moeilikste take van die leier is om die houdings van mense te verander. Ook hier moet hy/sy lei deur sy/haar voorbeeld en daardeur ook uiteindelik mense se gedrag verander. Verandering is 'n gegewe, maar die tempo waarteen dit plaasvind asook die rigting waarin dit geskied, word deur die leier bepaal. Die gewone van-bo-na-onder-benadering lewer ook nie die gewenste resultate op nie; eerder die geduldige opeenvolging van verskeie pogings wat uiteindelik tot die gewenste verandering lei.

o Hulobronbestuurder Die bestuur van hulpbronne verwys na beide mensehulpbronne en fisiese hulpbronne. In die geval van mensehulpbronne is veral twee aspekte van toepassing, naamlik eerstens alles wat gedoen moet word om die onmiddellike taak afgehandel te kry soos in die oorspronklike doelwit gestel is, en tweedens die motivering en aansporing van die persone wat die taak moet verrig. Die fisiese hulpbronne verwys na die eksterne omgewing waarbinne die organisasie funksioneer sowel as die interne omgewing, bv. tegnologie om inligting te versprei. Hierdie fisiese hulpbronne bepaal die effektiewe funksionering van die organisasie, want 'n tekort aan die noodsaaklike hulpmiddele om die taak te verrig het net so 'n sterk uitwerking as 'n tekort aan die vereiste aantal of spesifieke mensehulpbronne.

o Onderhandelaar In die hantering van personeel en met die oog op gesonde arbeidsverhoudinge speel die leier voortdurend die rol van onderhandelaar. Hierdie rol is 'n

meer informele een eerder as leiding neem in formele onderhandelings in dispute. Dit is nogtans deurslaggewend vir leiers om die onderhandelingsproses te verstaan en vaardig in hierdie opsig te wees. In die bereiking van konsensus tussen twee partye speel kommunikasie *n sleutelrol en is die doel telkens om beide partye se belange tot hulle reg te laat kom - 'n wen-wen situasie.

o Kommunikasie Leierskap binne 'n organisasie is alleenlik moontlik deur kommunikasie. Dit is die bindingselement wat die verskillende interafhanklike dele van die organisasie bymekaar hou. Sonder kommunikasie kan daar geen geordende aktiwiteit wees nie. Leiers behoort dus die vloei van inligting aan te moedig en self die voorbeeld daarin te stel deur so gou moontlik verbaal te reageer wanneer dit vereis word. Met behulp van tegnologie kan 'n groot verskeidenheid middele aangewend word om kommunikasie met alle rolspelers so effektief moontlik te maak. Dit laat ook die onderskeid tussen die wat lei en die wat gelei word, krimp, en dit bevorder interne verhoudinge.

o Aanoasbaarheid Dit is belangrik dat leiers hul leierskapstyl moet kan aanpas wanneer omstandighede dit vereis. Deur byvoorbeeld iets aan iemand te delegeer wat op daardie spesifieke terrein onervare is, is nie die beste manier om die taak verrig te kry nie. 'n Leier sal voortdurend moet let op die volgelinge se ontwikkelingsvlak, ervaring en verbintenis tot die taak wat uitgevoer moet word voordat hy/sy besluit aan wie die taak toevertrou moet word. Verder sal 'n ander aanslag of benadering ook oorweeg moet word in gevalle waar een plan nie goeie vrugte afwerp nie.

o BemaQtigino Leiers behoort hul volgelinge aan te moedig en te bemagtig om die inisiatief binne 'n vooraf ooreengekome raamwerk van gedelegeerde gesag te kan neem. Sodoende word respek en vertroue wedersyds opgebou en elke indiwidu se behoeftes, aspirasies en vermoens in aanmerking geneem. Volgelinge voel in die reel dat hulle nie 'n bydrae lewer wanneer hulle uitgesluit en magteloos voel nie. Deur aandag hieraan te skenk, ruim die leier 'n hele aantal struikelblokke uit die weg.

o Evaluering Dit is vir die leier noodsaaklik om voortdurend te evalueer wat bereik is en dit teen die oorspronklike doelwitte te meet. Dit beteken gewoonlik 'n vorm van beoordeling van die mate waarin sukses op pad na die doelwitte wat nagestreef word, behaal is. Dit lei tot hersiening van die aktiwiteit in die formaat waarin dit op 'n gegewe tydstip plaasvind en dit kan aanpassing beteken of selfs 'n verwerping van die huidige strategie. Pogings om die effektiwiteit van 'n organisasie te verhoog sal voortdurend geevalueer moet word om te bepaal of dit geslaagd is al dan nie.

Bogenoemde rolle en bevoegdhede van bestuursleiers het voortgevloei uit die literatuurstudie, wat daarna gebruik is as basis vir die kwantitatiewe studie onder skoolhoofde as onderwysleiers.

6.4.1.2 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwit 2: Die identifisering van gemeenskaplike orientasies (rolle) en bevoegdhede wat nodig is om 'n suksesvolle bedryfs- en onderwysleier te wees.

Ten opsigte van gemeenskaplike rolle en bevoegdhede wat nodig is om suksesvolle bedryfs- en onderwysleiers te wees is die volgende aspekte geidentifiseer met verwysing na die samevatting in 3.16 en die resultate van die empiriese navorsing:

o Verhoudinas Samewerking tussen leiers en ander personeel binne die organisasie sowel as met mense daarbuite (bestuurders en ander in die gemeenskap) vestig 'n kultuur van wedersydse vertroue. Hiervoor is dit noodsaaklik dat leiers toeganklik en regverdig moet wees en met begrip en empatie teenoor ander persone moet optree. Dit is alleenlik moontlik as die leiers mens-georienteerd is en 'n besonder goeie sin vir humor het.

o Erkennina Die belangrikheid van erkenning blyk uit die positiewe reaksie van mense op positiewe versterking van hulle gedrag eerder as dat hulle daarvoor gestraf word. Hierdie erkenning moet ook geld, al is dit net om deelname te erken en nie net in die geval van 'n spesifieke bydrae tot byvoorbeeld die oplos van 'n probleem nie. Hierdeur kan volgelinge aflei dat erkenning geredelik beskikbaar is vir almal. In die geval waar slegs suksesse beloon word, kan mense kies om slegs die eenvoudige take aan te pak om sukses te verseker.

o Personeelontwikkelina Met die oog op maksimum resultate sien leiers toe dat die ontwikkeling van hul personeel volgens 'n bepaalde ontwikkelingsplan geskied. Hierdie plan word gerig deur die huidjge stand van sake te evalueer, veranderinge aan te bring, indien nodig, en dan die uitwerking van hierdie veranderinge oor 'n tydperk heen te evalueer. So 'n duidelike plan verlig die spanning onder personeel omdat dit tot groter beheer oor verandering bydra.

o Inteariteit Leiers behoort mense van integriteit te wees. Dit impliseer dat hulle eerlik en opreg moet wees en voortgedrewe moet wees deur innerlike waardes wat uiteindelik die voordeel van al hul kollegas ten doel het. Hieruit vloei passie, volharding en spanwerk binne die organisasie voort. Sonder integriteit is leiers net besig om "hulleself te lei" omdat mense nie sulke leiding aanvaar nie.

o Klimaat Die organisasieklimaat binne die organisasie het te make met die atmosfeer wat in die organisasie heers en word hoofsaaklik bepaal deur die styl waarvolgens die leier die leiding neem en die onderlinge verhoudinge tussen die werknemers binne die organisasie. Die leier se ondersteuning aan sy/haar volgelinge speel ook 'n bepalende rol ten opsigte van die klimaat wat binne die organisasie heers.

o Kultuur Die kultuur binne die organisasie verwys na 'n simboliese dimensie van leierskap, en leiers staan sentraal in die definiering van hierdie kultuur. Nie alleen genereer leiers hierdie kultuur nie, maar hulle moet dit ook in stand hou. Sodoende word die kernwaardes en beginsels van die organisasie bewaar vir die persone binne die organisasie asook vir die eksterne rolspelers. Die skep en bewaar van 'n konstruktiewe organisasiekultuur word as 'n sleutelaspek van die toerusting van effektiewe leiers beskou.

o Energie Om 'n effektiewe leier of volgeling te wees vereis 'n groot hoeveelheid energie. Daar word van leiers verwag om hulle passievol tot die visie en doelwitte van die organisasie te verbind. Deur hul voorbeeld van vasberadenheid, entoesiasme en betrokkenheid genereer hulle energie onder hul volgelinge. Die beste energiebronne is die mens se behoeftes, wense en verwagtinge, en wanneer dit ingespan en verreken word, word hulle tot deelname aangespoor.

o Standaarde Die handhawing van standaarde word bepaal deur die gehaltebeheer wat leiers uitoefen. Dit is 'n aaneenlopende proses in die bestuur van die organisasie en elkeen se rol in die proses asook duidelike prosedures volgens 'n beleid is bepalend vir die stel en handhawing van standaarde. Daar moet ook deurgaans beheer oor standaarde uitgeoefen word omdat dit meetbaar moet wees.

o Oroanisering Leierskap vereis beide kreatiwiteit en praktiese aanvoeling. 'n Leier moet die bree visie van die organisasie by elkeen tuisbring deur middel van 'n baie goed georganiseerde, praktiese, stap-vir-stap-program. Dit is alleen dan dat mense sal afsien van 'n lukraakmetode van dinge doen.

o Soanwerk Alle leiers raak betrokke by die ander rolspelers in die organisasie as lid van 'n span. Leiers oortuig spanne van die bree visie van die organisasie en van hul eerlike pogings om dit vir almal 'n beter werkplek te maak. Dit bring mee dat volgelinge makliker vertroue in leiers ontwikkel en sodoende ook beter volgelinge word. Leiers maak altyd seker dat elke lid van die span volledig ingelig en veral ten voile bemagtig is. Beloning van

en erkenning gee aan die span, maar ook ten opsigte van elke spanlid wat presteer, bevorder die prestasie van die organisasie.

o Kennis In ons era van verantwoordbaarheid waar van leiers verwag word om resultate op te lewer en besluite te neem op grond van inligting, maak kennis en vaardighede meer saak as ooit tevore. Kennis in hierdie opsig verwys na intellektuele vaardigheid (insig en begrip) maar ook kennis van die werking van die organisasie. Die verbetering van stelsels vereis 'n deeglike kennis van beide aspekte. Die meeste effektiewe leiers beskik oor 'n groot mate van analitiese intelligensie wat hulle in staat stel om strategies te dink.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat daar 'n wye verskeidenheid gemeenskaplike orientasies (rolle) en bevoegdhede tussen die bedryfsleier en die onderwysleier voorkom wat die siening ondersteun dat skoolhoofde nie slegs bestuurders kan wees nie en daarom ook voorberei moet word om leiding meer effektief te kan gee.