• No results found

Volgens Barnard (1990b:437) is die skool 'n kultuurproduk wat in die loop van die geskiedenis

2.2.4 Die skool binne 'n statutere raamwerk

Aangesien die voorsiening van onderwys een van die belangrikste funksies van die staat is, sal die administrasie van openbare skole noodwendig binne 'n wetlike raamwerk moet geskied. Volgens Shorten (1996:73) is dit vanselfsprekend dat die aard van wetgewing wat die statutere raamwerk vir onderwys vorm en voorsiening maak vir gesagskanale en beheer oor onderwysinrigtings, 'n belangrike rol speel in die bepaling van die aard van die wetgewing vir die administrasie van skole. Dit is egter net so belangrik vir die skoolhoof as leier om hierdie wetgewing te ken en te kan implementeer en daarom is dit ingesluit by die ondersoek na die rol van die skoolhoof as leier. Met verwysing na die probleem en doelwitte van hierdie navorsing, soos gestel in 1.2.2 en 1.3, maak hierdie kennis deel uit van die bevoegdhede van die onderwysleier wat ook by sy/haar opleiding ingesluit sal moet wees.

Ten einde 'n duidelike prentjie te vorm van die regsaspekte wat 'n invloed op die skool het en die skoolomgewing reguleer, sal vervolgens ingegaan word op toepaslike wetgewing, regulasies en beleid.

2.2.4.1 Oorspronklike wetgewing

Voordat enige wetgewing aangehaal word, moet dit duidelik gestel word dat alles, ook die wetgewing, ondergeskik is aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (SA, 1996a). Bo en behalwe alles wat die grondwet in die algemeen bepaal, is daar ook in die Handves van Regte (Hoofstuk 2) 'n artikel wat spesiaal aan die onderwys gewy word. In aansluiting hierby is daar dan ook nog 'n aantal onderwyswette wat dan in die eerste plek die onderwys in die land reguleer:

• Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (SA, 1996b). • Die Suid-Afrikaanse Skolewet (SA, 1996c).

• Die Wet op Indiensneming van Opvoeders (SA, 1998a).

Die inhoud van bogenoemde drie wette is uiteraard van groot belang vir die onderwysleier, maar is egter slegs die basis van die statutere raamwerk waarbinne die skool funksioneer.

Hierbenewens is daar nog 'n hele aantal wette waarvan die inhoud talle aspekte van dit wat by 'n skool ter sprake is, direk bepaal. Die inhoudelike daarvan is dus vir die onderwysleier baie belangrik. Enkele van hierdie wette is:

• Die Wet op Arbeidsverhoudinge (SA, 1995a) • Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (SA.1997) • Die Wet op Gelyke Indiensneming (SA, 1998b)

• Die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid (SA.1993)

• Die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SA, 1995b)

Bykomend tot reeds genoemde wetgewing verleen artikel 43 van die Grondwet (SA, 1996a) ook nog aan elkeen van die provinsies die nodige gesag om provinsiale wette te proklameer wat dan die onderwysaangeleenthede in elke provinsie reguleer.

2.2.4.2 Ondergeskikte wetgewing

Hierdie wetgewing is volgens Oosthuizen (1999:30), soos die naam impliseer, ondergeskik aan die oorspronklike wetgewing wat hierbo genoem is. Die vernaamste vorme van hierdie soort wetgewing wat die skool raak, is

• regulasies - daardie reels wat administratiewe prosesse in die onderwys reguleer. • proklamasies - dit bepaal gewoonlik presies hoe 'n prosedure moet verloop en verleen

dan ook goedkeuring dat dit uitgevoer mag word of dit verbied enige optrede in die verband.

• skoolreels - dit word ook beskryf as die gedragskode vir leerders en is bedoel om die optrede van leerders te orden.

Onderwysdepartemente stel, met inagneming van al bogemelde wetgewing, onderwysbeleid in elke provinsie vas. Hierdie beleid word opgestel om die verskillende fasette van onderwysvoorsiening te fasiliteer en te reguleer. Die onderwysdepartement stel dus aan die een kant die beleid, die besonderhede en die interpretasie daarvan en moet aan die anderkant ook toesien dat hierdie beleid geimplementeer word.

2.2.4.3 Die skool en gesag

Strydig met die meeste algemene opvattings oor die uitoefening van gesag by skole, meen Hoy en Miskel (1982:77) dat dit nie dwang insluit nie. Hulle hou dan ook die Weberiaanse tipering van die soorte gesag wat in skole voorkom, voor:

• Tradisionele gesag is geanker in die bestaande geloof in die onskendbaarheid van die status van hulle wat die gesag in die verlede uitgeoefen het. Gehoorsaamheid word betoon teenoor die tradisionele aangewese posisie van gesag, en die persoon wat die posisie beklee erf die gesag wat deur gewoonte aan die posisie gekoppel is.

• Wetlike gesag is gesetel in wette wat slegs verander kan word deur formele korrekte prosedures. In hierdie geval word gehoorsaamheid nie aan 'n persoon of posisie betoon nie, maar aan wette wat aandui aan wie en in watter mate gehoorsaamheid verskuldig is.

Ten opsigte van bogenoemde meen Hoy en Miskel (1987:124) dat elke opvoeder wat by 'n skool aanmeld, hierdie gesagsverhouding aanvaar. Hulle (opvoeders) aanvaar sodoende om binne redelike perke die opdragte van gesagsdraers uit te voer. Gesag moet egter volgens hulle onderskei word van mag. Mag is om ander te kry dat hulle doen wat jy wil he hulle moet doen. Volgens Wodak (1995:32) is die uitoefening van mag nie maar 'n eenvoudige handeling nie; dit is 'n vorm van sosiale interaksie wat verkieslik telkens onderhandel moet word. Om wettige mag te verkry moet persone deur middel van 'n geheime stemming tot posisies verkies word, elkeen wat betrokke is moet stemreg he en die klimaat toelaat waarin elkeen 'n standpunt mag stel. Hierdie mag bepaal wie met wie mag praat, in watter gevalle, oor wat en ook wie nie hieraan mag deelneem nie.

Hanson (1991:20) wys ook op die burokratiese aard van die skool as 'n organisasie. Volgens horn is die Weberiaanse beginsels vir 'n organisasie die beste beginsels wat sal lei tot maksimum effektiwiteit:

• 'n Hierargiese struktuur waar elke amptenaar verantwoordelik is vir die optrede en besluite van sy ondergeskiktes.

• Verdeling van die werk in spesialiteitsareas is noodsaaklik omdat nie almal die verskeidenheid komplekse take kan verrig nie. Individue word aangewend volgens hul opleiding, vaardighede en ervaring.

• Beheer deur reels word uitgeoefen deur besluite en optredes te rig aan die hand van hierdie spesifieke reels. Daarmee word eenvormigheid, voorspelbaarheid en stabiliteit verseker.

• Onpersoonlike verhoudings lei tot goeie toesig oor mense en aktiwiteite in die organisasie. Persoonlike, emosionele en irrasionale elemente word hierdeur uitgeskakel.

• Indiensneming geskied op grond van kundigheid, bevordering vind plaas op grond van senioriteit en/of meriete en salarisse word gekoppel aan die rang in die hierargie. Dit is altyd moontlik dat die individu kan bedank en dan word daar ook voorsiening gemaak vir aftrede. Al hierdie aspekte vorm die basis van loopbaanorientering.

Organisasies soos skole kan nie funksioneer sonder die uitoefening van toesig oor al sy lede ten einde gemeenskaplike doelwitte te bereik nie. Die ontwikkeling en instandhouding van hierdie toesig bring vir Robinson (1995:119) die groot vraag oor die uitoefening van gesag binne die organisasie na vore - veral oor die geldigheid van die gesag wat verteenwoordig word. Wanneer sy die verband tussen gesprekvoering en gesag ondersoek, kom Wodak (1995:33) tot die gevolgtrekking dat, hoe meer mag "n persoon het, hoe meer inspraak het hy/sy tydens gesprekvoering. So maak Apple (1999:76) die afleiding dat die persone in magsposisies die besluite neem oor watter kennis oorgedra behoort te word. Hulle sal ook besluit aan watter groepe hierdie kennis oorgedra moet word. Verskuiwing van mag kan dus 'n beduidende invloed he op die onderwysstelsel.

Konflik en mededinging binne 'n organisasie kan beskou word as mikropolitiek binne 'n organisasie. Hierdie mikropolitiek fokus volgens Morley (2003:105) op die manier waarop gesag daagliks uitgeoefen word. Dit hou die potensiaal in om die sosiale verhoudinge binne die akademiese omgewing by 'n skool te ontwrig of selfs te bevorder. 'n Mikropolitiese perspektief stel 'n mens in staat om te bepaal hoe gesag binne die skool uitgeoefen word eerder as om te bepaal wie daaroor beskik.

Met bogenoemde as agtergrond se Theron (1992:6) dat dit vir onderwysers belangrik is om 'n gebalanseerde perspektief op die burokratiese aard van die skool as 'n organisasie te he. Ten einde ordelik te funksioneer moet daar beleid, regulasies, standaardprosedures en 'n hierargiese struktuur binne 'n skool bestaan. Hierdie beleid, regulasies en prosedures is dan volgens Buur en Kayed (2005:6) dit wat meebring dat gesag sonder die teenwoordigheid van 'n gesagspersoon, soos die onderwyser, wel gehandhaaf kan word.

2.2.4.4 Die onderwyser as gesagsdraer

In die onderwys in die algemeen en die skool in die besonder is daar, soos in alle organisasies, volgens Theron (1992:9) 'n gesagstruktuur aanwesig. Binne hierdie gesagstruktuur bestaan daar 'n bepaalde gesagsrangorde. So word daar aan elke persoon in die gesagstruktuur gesag van bo af toebedeel. Dit stel horn weer in 'n posisie om opdragte aan diegene onder horn te gee en ook gehoorsaamheid van hulle te verwag. Enersyds lyk dit na 'n beperking van 'n persoon se optrede as hy verantwoording moet doen aan iemand bokant horn. Dit kom voor of so 'n persoon slegs mag handel binne die raamwerk van die magte wat aan horn toevertrou is. Andersyds kan dit juis gesien word as 'n vryheid om te handel binne hierdie perke van die magte aan horn toebedeel.

Soos in enige gesagstruktuur is daar in 'n skool dus ook gesagsdraers en gesagsonderdane. Die opvoeders is gesagsdraers en oefen gesag uit op 'n bepaalde terrein (die klaskamer) en die leerders is die gesagsonderdane. Pace (2003:1559) vra besorg na watter invloed sosiale teorie en ideologie tans op die gesag van die opvoeder in die klas het. Sy kom tot die gevolgtrekking dat, strydig met die konvensionele opvatting van gesag in die klaskamer as iets wat iemand in staat stel om aan ander te dikteer, gesag eerder verhoudings is wat verskillende vorme aanneem, elkeen met 'n ander onderliggende onderwysideologie. Opvoeders pas soms teenstrydige benaderings toe om samewerking in die klaskamer te verkry. Dit sluit ook in 'n ontkenning dat hulle die meerdere is en leerders moedig dit ook selfs aan.

2.2.4.5 Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)

Volgens Steyn (2002:9) is die doel van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk om onderwys in Suid-Afrika te organiseer en leergeleenthede vir almal te skep. Deur middel van hierdie raamwerk ontvang 'n individu erkenning vir kwalifikasies en ervaring wat reeds voorheen behaal en opgedoen is. 'n Verdere doelwit is die beginsel van lewenslange leer, 'n beginsel wat ook gesteun word deur Brownhill (2002:73), wat verwys na die opgevoede persoon as die einddoel van lewenslange leer. Hierdie beginsel word ook deur Chapman (1996:27) aangeraak wanneer sy verwys na die voorsiening vir lewenslange leer deur werkplekke, universiteite en kolleges en alle ander onderwys-, sosiale en kulturele inrigtings van 'n formele en informele aard. Sy beskryf die doel van lewenslange leer aan die hand van die volgende drie sentrale elemente:

• Vir ekonomiese vooruitgang en ontwikkeling • Vir demokratiese begrip en aktiwiteit

• Vir persoonlike ontwikkeling en vervulling.

Hierdie Nasionale Kwalifikasieraamwerk speel dan ook 'n belangrike rol in die aanmoediging van lewenslange leer.

Volgens Steyn (2002:10) kan die algemene doelwitte van die raamwerk soos volg saamgevat word:

• Om alle onderwys en opleiding in een enkele raamwerk binne 'n nasionale sisteem te kombineer.

• Om dit vir leerders makliker te maak om in die onderwys- en opleidingstelsel in te kom en daarbinne te vorder.

• Om die gehalte van onderwys en opleiding in Suid-Afrika te verbeter.

• Om leer- en werksgeleenthede vir almal wat deur die vorige stelsel onregverdig behandel is, toeganklik te maak.

• Om leerders in staat te stel om hulle voile potensiaal te ontwikkel en sodoende die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van ons land aan te help.

Dit is ook belangrik om daarop te wys dat instellings die vryheid het om hul eie programme te ontwikkel wat opleiding binne hierdie raamwerk voorsien. Die reeds genoemde regulasies sal die gehalte daarvan kontroleer voordat die resultate van sulke programme erken word deur 'n kwalifikasie binne die raamwerk.

Aangesien die onderwysleier ook as lid van die skool se beheerliggaam betrokke is by die aanstel van opvoeders, moet hy/sy deeglik op hoogte wees van die werking van hierdie raamwerk. Die kwalifikasies wat leerders in graad 9 en graad 12 (die twee uittreevlakke in 'n sekondere skool) behaal, word ook binne hierdie raamwerk behaal. Die implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk word deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid gereguleer (SA, 1995b), en hierdie wet het twee stelle regulasies vir hierdie doel, naamlik die "National Standards Bodies Regulations" en die "Education and

Training Quality Assurance Bodies Regulations". Hierdie wet verskaf 'n raamwerk waarvolgens

kwalifikasies en standaarde wat deur alle rolspelers in onderwys en opleiding ooreengekom is, geregistreerword.